Die Waarheid
Vervang met die Hedendaagse Fariseïsme.
Menigtes
van opregte Christene glo in die waarde van verdienstelikheid
volgens
alle dinge van die Hebreeuse gebruike. Hierdie misleiding van Satan en sy
bedoeling is om
hulle
aandag weg te lei van alle
aangeleenthede wat belangrik is
gedurende
die laaste dae van die Aarde se geskiedenis.
Het jy al ooit
gekyk na ʼn handelsadvertensie vir ʼn wonderlike toestel wat waarborg om jou
besonderse lastige probleem wat almal aanvanklik in die wêreld ondervind op te los? Jy word verlei en is
opgewonde oor hierdie uitstekende nuwe toestel wat jou lewe sal verbeter! Jy
glo die vriendelike en charismatiese verkoopsman. Jy skakel haastig die nommer
of kliek net op die internetskakel. In ʼn oomblik is die geld verhaal vanaf jou
kredietkaart en die wonderlike toestel is op pad na jou toe. Jy wag op dit met
gretige verwagting! Eindelik arriveer die gesogte houer. Dit is hier! Dit is
hier! Nadat die houer opgemaak is die produk glad nie “blink” soos wat van dit
verwag is, en self minder effektief. Jy
voel bedrieg, en self ʼn oproep na die kliëntediens (is nutteloos), en nou
belowe jy om nooit weer ʼn slagoffer te wees van so ʼn bemarkings skelmstreek.
Hoeveel hartseer is daar nog as sulke tragiese gebeure hom afspeel oor
Geestelike aangeleenthede. Ontelbare aantal Christene val in ʼn soortelyke
lokval op die soeke na die waarheid. Sommiges aanvaar die woord van hulle
priesters of leraar vir wat die waarheid is, en die weiering om enige iets te
bestudeer wat nie die goedkeuring geniet van hulle geestelike raadgewers. Aan die ander, beskik Satan oor ʼn meer fynere
misleiding: die veronderstelling dat daar by die Jode geleer kan word oor
gevorderde lig.
Die Skrif bevat ʼn
ernstige waarskuwing: “Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die
duiwel, loop rond soos ʼn brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.” (1
Petrus 5 vers 8.) Die rede vir die duiwels se verhoogde woede word in
Openbaring 12 vers 12 verduidelik: “Daarom, wees verheug, o hemele en die wat
daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na
julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.”
Diegene wat met
verlange uitsien na die Verlosser se wederkoms is waaksaam. Soos die wyse maagde, het hulle ag geslaan op die oproep dat
die Bruidegom kom. In hulle liefde vir Hom, het hulle lampe voorberei, en ook
die stewe om hulle ganse lewe inooreenstemming met Hom te bring. Dit is hoe dit
moet wees. Dit is tragies dat baie opregte en konserwatiewe Christene
weggedwaal het van die ware aangeleenthede van die laaste dae, en deur die
leerstellings dat daar reddende waarde is in al die Hebreeuse dinge, en om so
(of om te word) Joods as moontlik te word en vir die ondersteuning van Israel as Yahuwah uitverkiesde volk.
John Hagee bevorder
die Messiaanse Judaïsme Boodskappe wat hy predik en miljoene van dollers word
gestuur om Israel te ondersteun. John Hagee, die senior pastoor van ʼn gemeente
van 18,000 lidmate,is alombekende advokaat vir hierdie geloof.
Gedurende Februarie
2006, het Pastoor John Hagee, Stigter en Algemene Voorsitter van die Christen
Vereniging vir Israel, besluit dat die tyd aangebreek het om die algemene
beweging vir gewone mense te skep wat gefokus is op die ondersteuning van
Israel. Hy het ʼn beroep op Christen leiers regoor Amerika gedoen om by hom aan
te sluit vir die oprigting van hierdie nuwe inisiatief. Meer as 400 Christen
leiers elkeen ʼn verteenwoordiger van ʼn gemeente, megakerk, media evangelisasie,
drukkers ondernemings, of Christen universiteit, het geantwoord op hierdie
oproep en die Christen Vereniging van Israel was gebore.1
Andere in die
opregte begeertes om so heilig as moontlik te wees, neem baie van die rabbynse
gebruike aan, deur sowel as die kleredrag en ook op ander gebiede. Hulle geur
hulle woordeskat met Hebreeuse woorde en aanhalings – somtyds tot so ʼn mate dat
dit vir ander moeilik is om te verstaan. Hulle samel fondse in vir die herbou
van die tempel in Jerusalem of om bomskuilings op te rig in Israel. Dit is ʼn
groot afleiding wat baie merkbaar verlossing deur werke word.
Die profeet Joël
skilder ʼn helder prentjie van die laaste geslag toe hy verklaar: “Menigtes,
menigtes in die dal van beslissing, want naby is die
dag van Yahuwah in die dal van beslissing!” (Joël 3 vers 14) Dit is deel
van die menslike natuur om ʼn geestelike “ghoeroe,” of dit nou ʼn sjamaan,
priester, pastoor of rabbi is, om jou te vertel wat om te glo. Yahuwah het geen mens aangewys vir hierdie
doel. Almal kan direk na die Verlosser
gaan om die water van die lewe te ontvang. Die Skrif verklaar: ” Want so sê Yahuwah van
die leërskare:…. want wie julle aanraak, raak sy oogappel aan.” (Sagaria 2
vers 8)
Gebaseer op
hierdie, en ook op ʼn ander soortgelyke teks, glo baie mense as hulle moontlik
Jode kan word in hierdie lewe, en deur hulle Joodse kleredrag en hulle
gebruike, dat hulle Yahuwah sal behaag. Ongelukkig
is alles wat hulle aanneem, meer en deels mens gemaakte tradisies van die Fariseërs.
Met
die vernietiging van die Tempel gedurende (70 n.C.) het die Sadduseërs
heeltemal verdwyn, en is al die Joodse aangeleenthede in die hande van die
Fariseërs gelaat. Voortaan, was die Joodse lewe gereguleer deur die Fariseërs, en was die algehele geskiedenis van Judaïsme
rekonstrueer vanaf die Fariseërs se beskouing, en is daar ʼn nuwe kenmerk
aan die Sanhedrin van die verlede gegee. ʼn
Nuwe ry van tradisies het die ouer priesterlike tradisies verdring….
Fariseïsme het die karater gevorm van Judaïsme en die samelewing en die denke
van die Jood vir alle toekoms.2
Diegene wat hulle
na Joodse tradisies wend om hulle geestelike lewe te versterk, keer hulle na Fariseïsme.
Joodse
geleerdes erken die feit dat die hedendaagse Judaïsme is Fariseïsme. Fariseïsme
het Talmoedis geword… (maar) maar die gees van die ou Fariseërs het bly
voortleef onveranderd. Wanneer die Jode die Talmoed bestudeer, herhaal hy egter
die argument wat deur die Palestynse akademici gebruik word. Die gees van die
[Fariseërs] leerstellings het spoedig blywend en belangrik en geword….. Vanaf
Palestina tot Babilonië, van af Babilonië tot Noord Afrika, Italië, Spanje,
Frankryk en Duitsland, en daarvandaan na Pole, Rusland, en Oos Europa in sy
geheel, het die oue Fariseïsme gedwaal.3
Die Verlosser se grootste teregwysiginge was
gerig na die Fariseërs. Hy het hulle “blinde gidse,”
“dwase en blindes,” “slange,” “en ʼn geslag van giftige slange.”genoem. Hy het ook die
Fariseërs “geveindstes” genoem, en Yahushua het
hulle vergelyk met: ”want julle is net
soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene
en allerhande onreinheid is.” (Mattheus 27 vers 23.)
Baie opregte Christene
glo vandag nog dat die Jode steeds Yahuwah se spesiale volk is omdat die Jode
dit vir hulle vertel. Alhoewel, die hedendaagse Judaïsme nie meer ʼn verlossende
deug het soos die ou farisese ekwivalent. Diegene wat na die Jode opsien vir
die bevestiging van lig, neem mensgemaakte tradisies, en verhoog hulle tot die
status van goddelike bevele. Yahushua het duidelik gewaarsku oor die
eindresultaat aan almal wat hulle wend tot hierdie bron van waarheid:
“Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs,
geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense;
want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om
in te gaan nie.
Wee
julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek rond oor see en
land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom ‘n kind
van die hel, twee maal erger as julle self.” (Mattheus 23 verse 13 en 15.)
Fariseïsme, is die hedendaagse Judaïsme, bestaan
uit mensgemaakte wette en tradisies. Die Jode het duisende wette, maar Yah
verklaar dat Hy hierdie tradisies “haat”:
“Ek haat, Ek versmaad julle feeste en het geen
welgevalle aan julle feestye nie.
Want
al bring julle vir My brandoffers saam met julle spysoffers, Ek het daar geen
welbehae in nie, en die dankoffer van julle vetgemaakte kalwers sien Ek nie met
welgevalle aan nie.
Verwyder
van My die geraas van jou liedere! En na die geluid van jou harpe wil Ek nie
luister nie.” (Amos 5 verse 21 tot 23.)
Hierdie was “heilige byeenkomste” wat deur Yahuwah tot stand
gebring is! Tog is die manier waarop hulle onderhou word so afgewater, deur
mensgemaakte reëls en wette wat die geestelike wese van wat die Wet Gewer
bedoel het, en wat dit moet wees vernietig is! Deur hulle poging om “volkome”
die goddelike wet te onderhou, het die Fariseërs in sy geheel ʼn waarde van
bykomende reëls en vereistes bygevoeg. Hulle leer dat hierdie bykomende reëls
jou bevry van sonde. As voorbeeld, die Sabbat onderhouding van sonsondergang tot sonsondergang, en is dit nie volgens
die Bybel. Daardie aanwysing was uitsluitlik vir die Dag
van Verootmoediging. Deur ʼn oordrewe en ywerige poging om die “grense
van die van die Sabbat te beskerm,” was die onderhouding van die Dag van
Verootmoediging uitgebrei om ook sowel die weeklikse Sabbat onderhouding in te
sluit.
Deur die woorde wat
tot vandag toe weergalm, het Yahushua hierdie bygevoegde werke van die
Fariseërs veroordeel en verduidelik: “Want hulle bind pakke saam wat swaar en
moeilik is om te dra, en sit dit op die skouers van die mense, maar self wil
hulle dit nie met hulle vinger verroer nie.” (Mattheus 23 vers 4.)
Hierdie opregte mense het geen benul dat die
gebruike wat hulle aanneem gegrond is op mens gemaakte reëls en tradisies. Hulle
dink dat hulle die slegte verwerp, en
deurdat hulle terugkeer na die Hebreeuse Oorsprong, maar die oorsprong reik
nie verder as Babilon!
• Die gebruik van Hebreeuse woorde verskaf nie
geregtigheid in jou denke.
• Deur geld te gee vir die herbouing van die
tempel kan nie toegang tot die Hemel koop.
• Deur na Jerusalem te verhuis (of Israel) het
geen verlossings waarde.
• Die Hedendaagse Jode is nie die primêre
gesag oor wat Yahuwah tevrede stel. Die meeste is wêrelds en diegene wat nie is, maak staat
op werke vir hulle eie saligheid.
Persoonlikheids
ontwikkeling word nie verkry deur die klere wat jy dra of die Hebreeuse woorde
wat jy toevoeg tot jou woordeskat of deur die Hebreeuse naam wat jy jouself
noem. Dit is ʼn gawe aan diegene wie se geloof gevestig in
die kosbare beloftes.
Selfs gedurende die vroeë dae van die Christendom, was daar ʼn
neiging onder Joodse gelowiges om ʼn hoë waarde te heg aan die geloof, van
die gebruike en tradisies van die konserwatiewe
groep: die Fariseërs. Aan diegene wat nader beweeg het aan hierdie menslike
tradisies, skrywe Paulus:
“Want daar is baie
wat tugteloos is, wat onsin praat en verleiers is, veral die wat uit die besnydenis is;
hulle mond moet gestop word. Hulle keer hele huise onderstebo deur
te leer wat nie betaam nie, ter wille van vuil wins” (Titus 1 verse 10 tot 11.)
“Hierdie getuienis
is waar. Daarom moet jy hulle skerp bestraf, sodat hulle gesond in die geloof kan wees, en hulle nie besig hou met
Joodse fabels en gebooie van mense wat
van die waarheid afwyk nie.” (Titus 1 verse 13 tot 14.)
“….Hulle bely dat hulle God ken, maar hulle
verloën Hom deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en
ongeskik vir elke goeie werk.” (Titus 1 vers 16.)
Dit is ʼn
waarskuwing aan diegene wat ag slaan op die Jode as die bewaarder van goddelike
wysheid. Deur die Jode aan te wys as die deurslaggewende gesag oor geestelike
aangeleenthede, word gelowiges gelei om dieselfde waarhede waaroor die Jode
beskik het, en wat hulle verwerp het ook te verwerp. Die belangrikste voorbeeld
is die ware Sabbat. Onder die swaar Romeinse vervolging wat gevolg het na die
Konsilie van Nicea, het die Jode die Bybelse Sabbat ter
syde gestel nadat Hillel II die kalender
“hervorm” het. Die Jode van vandag, aanbid op die Saterdag volgens die
Gregoriaanse kalender. Die resultaat is dat miljoene opregte Christene aanneem
dat Saterdag is die Bybelse Sabbat, en vir geen ander rede as dit, ook omdat
dit die dag is waarop die Jode aanbid, en omdat die Jode nooit sal aanbid, as
op die dag van die ware Sabbat. Dus, het die finale toets aangebreek en is dit ook verwerp vir geen ander rede as die
veronderstelling dat die Jode moet die waarheid besit, omdat hulle Jode
is.
Alhoewel, die Skrif
aan ons ʼn verskillende standpunt voorhou. Die Jode van die outyd, en die Jode
gedurende die Messias se tyd, en die Jode van vandag, het nie die goddelike wet
onderhou soos Yahuwah dit bedoel het:
“En die Yahuwah het Israel en Juda gewaarsku
deur die diens van elke profeet en elke siener en gesê: Bekeer julle van jul
verkeerde weë en onderhou my gebooie, my insettinge, volgens die hele wet wat
Ek julle vaders beveel het, en wat Ek deur die diens van my diensknegte, die
profete, vir julle gestuur het. Maar hulle het nie geluister nie en hul nek
verhard soos die nek van hul vaders wat nie op Yahuwah hulle Eloah vertrou het
nie. En hulle het sy insettinge en sy verbond verwerp wat Hy met hulle vaders
gesluit het, en sy getuienisse waarmee Hy hulle gewaarsku het, en agter nietige
afgode aan geloop en self nietig geword, en agter die nasies aan wat rondom
hulle was, van wie die Eloah verlaat….” (2 Konings 17 verse 13 tot 16)
Mensgemaakte
tradisies heilig nie die siel. Hulle
dien meer en deels as iets, om ʼn persoon verhewe te laat voel oor diegene wat
nie dieselfde gebruike onderhou.
“Die wet van Yahuwah is volmaak: dit verkwik
die siel; die getuienis van Yahuwah is gewis: dit gee wysheid aan die
eenvoudige.” (Psalm 19 vers 7.) Mensgemaakte tradisies, en die byvoeging van
reëls wat gegrond is op menslike verklarings, maak die goddelike wet
ingewikkeld. Die wet van Yahuwah is is eenvoudig en reguit. Yahushua het alle
tradisies van die Fariseërs eenkant toegevee, en die goddelike wet se
natuurlikheid mooi verduidelik en verstaanbaar gemaak:
“En een van hulle, ʼn wetgeleerde, het ʼn vraag
gestel om Hom te versoek en gesê: Meester, wat is die groot gebod in die wet?”
“En
Yahushua antwoord hom: Jy moet Yahuwah jou Eloah liefhê met jou hele hart en
met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod.
En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.” Mattheus 22 verse
35 tot 40.)
“Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed
is; en wat vra Yahuwah van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en
ootmoedig te wandel met jou Eloah?” (Miga 6 vers 8.) Paulus het sy bekommenis
uitgespreek dat die nuwe gelowiges hulle sou keer na tradisies, deur die
tersyde stelling van die eenvoudigheid en van die waarheid: “Maar ek vrees dat,
net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien
bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Yahushua.” (2
Korinthiërs 11 vers 3.)
Diegene wat hulle
wend na tradisies wat in Judaïsme gevind word, wys na al die beloftes wat aan
Israel gemaak is, maar hulle vergeet dat die beloftes was altyd gegee op die
voorwaardes van gehoorsaamheid. Israel het Yahuwah verwerp en ʼn koning geëis. “Toe
sê Yahuwah vir Samuel: Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want
nie jou het hulle verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie koning oor
hulle te wees nie.” (1 Samuel 8 vers 7.) Die feit dat Yahuwah lank verveeld was
met hulle selfs nadat hulle Hom verwerp het en word dit opgesom in die dikwels herhaalde frase- “terwille van My dienskneg
Dawid se onthalwe.” Die goddelike liefde sal nie teenwoordig wees waar dit nie
benodig word nie. Alhoewel dit mag lank talm, sal die goddelike liefde ten
laaste in hartseer buig voor die wense van die halsstarrige hart. ʼn Paar dae
voor Yahushua se dood, het Hy getreur met ʼn gebroke hart:
“Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete
doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders
bymekaarmaak net soos ʼn hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en
julle wou nie! Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat! Want Ek sê vir
julle: Julle sal My van nou af sekerlik nie sien nie totdat julle sal sê: Geseënd
is Hy wat kom in die Naam van Yahuwah!” (Matteus 23 verse 37 tot 39.)
Paulus
waarsku: oor die “Judaïseerders”, en daardie opregte
Christene wat volkome aan hierdie beskrywing voldoen. Deur te val vir die
geloof dat daar op een of ander manier ʼn verdienste is om meer Joods te word,
en in die stuur van geld na Israel, en die oprig van geheel ʼn eskatologie
rondom die veronderstelling dat Yahushua se wederkoms nie sal plaasvind
alvorens die Jode hulle nie bekeer, hierdie opregte Christene stel hulle self bloot
om deur verrassing oorval te word ten tye van die wederkoms. Yahushua waarsku:
“Kyk, Ek kom soos ʼn dief.” (Openbaring 16 vers 15) Wanneer Hy terugkeer sal
baie Christene verras wees omdat hulle nie aanskou het dat menigte Jode hulle
bekeer het. Hulle vertraag die Wederkoms so seker as wat die bose dienskneg
gesê het, “ My Meester vertraag sy koms.”
Die beloftes vir ou Israel is nou beskikbaar
aan geestelike Israel.
“Want julle is almal kinders van Eloah deur
die geloof in Yahushua die Gesalfde; want julle almal wat in Yahushua gedoop
is, het julle met Yahushua beklee. 8Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is
nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is
almal een in Yahushua die Gesalfde. En as julle aan Yahushua behoort, dan is
julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte.” ( Galasiërs 3 vers 26
tot 29.)
Verlossing is
steeds beskikbaar aan elke Jood, maar die geestelike seëninge is nou vir almal
wat dit sal aanneem en dit sal waar bly tot die sluiting van die aarde se
geskiedenis “totdat die tye van die nasies vervul is.” (Lukas 21 vers 24.)
Verlossing
is ʼn gawe van goddelike genade. Diegene wat hulle
Verlosser lief het en Hom wil eer in die mooiheid van heiligheid, en onbelemmerd deur mensgemaakte reëls en
tradisies. Yahuwah nooi diegene wat swaar kry onder farisese laste om na Hom te
kom, en Hy sal hulle rus gee.
“Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas
is, en Ek sal julle rus gee.” (Mattheus 11 vers 28.)
1.
http://www.cufi.org/site/PageServer?pagename=about_pastor_john_hagee
2. “Pharisees,”The Jewish Encyclopedia, Vol.
IX, (1901-1906 ed.), p. 666.
3. Louis Finkelstein, The Pharisees: The
Sociological Background of their Faith, Vol. 1, Forward to first edition, p.
XXI, emphasis supplied.