World's Last Chance

Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

While WLC continues to uphold the observance of the Seventh-Day Sabbath, which is at the heart of Yahuwah's moral law, the 10 Commandments, we no longer believe that the annual feast days are binding upon believers today. Still, though, we humbly encourage all to set time aside to commemorate the yearly feasts with solemnity and joy, and to learn from Yahuwah's instructions concerning their observance under the Old Covenant. Doing so will surely be a blessing to you and your home, as you study the wonderful types and shadows that point to the exaltation of Messiah Yahushua as the King of Kings, the Lord of Lords, the conquering lion of the tribe of Judah, and the Lamb of Yahuwah that takes away the sins of the world.
WLC Free Store: Closed!
Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

8 Onontbeurlike Wapens in die Stryd Teen Seksuele Sondes

Dit is Hoogtyd om Reguit op te Tree teen Seksuele Sondes.
Genadetyd is op die punt om te sluit. Dit sal baie dwaas vir hedendaagse
Christenewees om nie alle wapens in die stryd teen seksuele onsedelikheid te gebruik nie.

Ons
het `n behoefte om volkome te wees in die optrede teen seksuele
onsedelikheid in hierdie oorblywende oomblikke van genade tyd, Satan voer `n baie
vreeswekkende stryd teen Yahuwah se belydende volk om te verseker dat hulle
verslaafd bly aan pornografie en seksuele onsedelikheid. Ons is in Sy Woord gewaarsku dat diegene wie
in seksuele sondes betrokke is verdoem sal word. (1
Korinthiërs 6:9-10
; Galasiërs 5:19-21). By WLC is ons ten volle bewus van die  tipe meedoënlose oorlog wat Satan teen Yahuwah
se volk in hierdie area, regoor die wêreld voer. Maar niemand hoef hulpeloos of
ver van hulp in hierdie stryd te voel nie. Loof Sy Naam vir hierdie feit.

men in battle

Ons moet heeltemal volkome wees in ons stryd en gewillig wees om elke wapen te
gebruik. Die Hemel is aan ons beskikbaar om oor seksuele onsedelikheid te seëvier.

Ons moet heeltemal volkome wees in ons stryd en
gewillig wees om elke wapen wat die Hemel aan ons bied vir die sege oor
seksuele onsedelikheid aan te wend.

Yahushua het gewaarsku, “En as jou hand
of jou voet jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; dit is
vir jou beter om in die lewe in te gaan, kreupel of vermink, as om twee hande
of voete te hê en in die ewige vuur gewerp te word. En as jou oog jou laat
struikel, ruk dit uit en werp dit weg van jou af. Dit is beter om met een oog
in die lewe in te gaan, as om twee oë te hê en in die helse vuur gewerp te
word.” (Matthéüs 18:8-9). Ons Ouer Broer Yahushua beveel ons om baie rewolusionêr
te wees in die optrede teen sonde, bv, wees bereid om alles wat dit kos, te
doen, om in hierdie onverbiddelike oorlog suksesvol te wees.

Om hierdie rede, wil ons `n lys van 8
wapens deel wat deur elke Christen aangewend moet word wie `n verslaafde aan
enige vorm van seksuele onsedelikheid is, Ons stel dít nie `n sekere volgorde
op nie. Almal hiervan moet
ernstig terselfdertyd aangewend word om `n permanente en volhoubare oorwinning,
deur Sy genade te verseker:

Wapen #1:
Begin Deur Jou Verslawings Verhaal Te Deel.

Dit is altyd moeilik, want seksuele
verslawing is skandelik, en die slagoffer is dikwels traag om sy skandaad met
ander te deel. Maar om jou storie met ander te deel doen veel om die bande van
verslawing te breek. Alkoholiste Anoniem het vir `n lang tyd die belangrikheid
van die deel van mens se verslawings verhaal met ander, verstaan, en hulle het
elkeen bemoedig om vryheid van verslawing te soek, deur hulle storie oor te
vertel. 

Die Bybel se beginsels vir hierdie effektiewe
wapen is te vinde in Jakobus 5:16: “Bely mekaar julle misdade en bid vir
mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van `n regverdige het
groot krag.”

Hoewel sommige hierdie bogenoemde verse
mag toepas op belydenis van wedersydse oortredinge teenoor mekaar, verduidelik
Kalvyn sy eie insig van hierdie vers in die volgende teks:

“Daarom
dink baie dat Jakobus hier praat van broederlike versoening, dit is, deur
wedersydse erkenning van sondes. Maar soos dit gesê is, sy [Jakobus] se objek
was anders; want hy verbind wedersydse gebed met wedersydse belydenis; waardeur
hy te kenne gee dat belydenis vir die doel baat, dat ons gehelp kan word tot  . . . . [Yahuwah] deur die gebede van ons
broeders; want hulle wie ons behoeftes
ken, is geneig om te bid dat hulle ons mag help; maar hulle aan wie ons siektes
onbekend is, is traer om hulp aan ons te verleen.”
(https://www.studylight.org/commentary/james/5-16.html)

WLC Versoek: Oorwin jou skandaad en deel jou storie met een of meer wie jy kan
vertrou, sodat hulle jou kan ondersteun in effektiewe gebed. Jy het behoefte
aan alle hulp moontlik in die stryd teen seksuele verslawing, en hierdie wapen
verseker dat ander vertrouenswaardige partye jou sal bystaan in ywerige gebed.

Wapen #2:
Verander die Omgewing wat Jou in Versoeking Lei.

Kanselleer jou betaalde TV-kanaal,
vernietig video winkel kaartjies, vermy om alleen te wees tydens die dag en die
nag, blokkeer pornografie van jou rekenaar, kanseleer subskripsies. Dít is maar
net `n paar stappe wat jy kan neem. Elke pornografie verslaafde moet alle areas
van kwesbaarheid en versoeking van hulle daaglikse roetine elimineer. Jy het
behoefte daaraan om radikaal pro-aktief te wees in die kanselasie van alle
omstandighede wat bydra tot jou seksuele verslawing, en waardeur Satan jou
aanval. Lees die volgende teregwysings van ons rol model, onse Meester Yahushua
deeglik deur:

Julle het gehoor dat aan die mense van
die ou tyd gesê is: Jy mag nie egbreek nie. Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat
na `n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg
het. As jou regteroog jou dan laat struikel, ruk dit uit en gooi dit weg van
jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele
liggaam in die hel gewerp word nie. En as jou regterhand jou laat struikel, kap
dit af en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou
lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie. (Matthéüs 5:
27-30)

Wees meëdoenloos in jou optrede met jou boesem sonde van onsedelikheid. Jy veg hier vir jou lewe en jou ewige lot is op die spel. Daar is `n hel om te verban en `n hemel om te win.

8 Onontbeurlike Wapens in die Stryd Teen Seksuele Sondes image

Maar elkeen wat hierdie kleintjies wat
in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat `n meulsteen om sy nek
gehang word en hy wegsink in die diepte van die see. Wee die wêreld weens die
struikelblokke! Want dit is noodsaaklik dat daar struikelblokke kom, maar wee
die mens deur wie die struikelblok kom. En as jou hand of jou voet jou laat
struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; dit is vir jou beter dat om in
die lewe in te gaan, kreupel of vermink, as om twee hande of twee voete te hê
en In die ewige vuur gewerp te word. En as jou oog jou laat struikel, ruk dit
uit en werp dit weg van jou af. Dit is beter om met een oog in die lewe in te
gaan, as om twee oë te hê en in die helse vuur gewerp te word. (Matthéüs 18:6-9)

WLC Versoek: Wees meëdoenloos in jou optrede met jou boesem sonde van onsedelike
verslawing. Jy veg hier vir jou lewe en jou ewige lot is op die spel. Daar is
`n hel om te verban en `n Hemel om te win. Sou jy nie elke wapen tot jou beskikking
gebruik in die moeder van alle oorloë teen Satan en sy bose gevalle engele,
terwyl Yahushua steeds in die Allerheiligste dien nie? Her-organiseer jou
daaglikse roetine en bly weg van plekke waar jy blootgestel is aan versoeking,
en vermy ten alle koste om alleen te wees.

Wapen #3:
Waak oor die Poort na Jou Oog.

Leer van die regverdige Job, hoe om die
poort van jou oog te bewaak.

Ek het `n verbond gesluit met my oë:
hoe sou ek dan ag gegee het op `n jonkvrou? Job 31:1

Elke volgeling van Yahuwah het die
behoefte om `n verbond met sy oë te maak, en `n eed voor Yahuwah maak dat sy oë
nooit agter `n vroumens aan kyk om haar te begeer nie. Hierdie verbond moet
elke uur van die dag hernu word, totdat die oog behoorlik gedissiplineer is.
Dit is `n werklike stryd om die oog behoorlik te oefen, want die oog is baie
rebels in hierdie saak en altyd gereed om in hierdie geval te dwaal om die
teenoorgestelde geslag te begeer. As Job, die regverdige, behoefte gehad het om
`n verbond met sy oë te sluit, moet elke belydende volgeling van Yahuwah nie
deesdae dieselfde verbond sluit nie? 

WLC  Versoek: Moenie jou aanhoudende pogings opgee om
jou oog te leer om nie na enigeen te kyk met `n begerige oog nie. Ongeag van
hoe lank hierdie opvoeding neem, soek aanhoudend goddelike hulp met volle
beslistheid om jou doel te bereik om `n moderne Job te wees, wanneer dit kom in
die opvoeding van jou oë.

Wapen #4:
Weier Satan se Uitnodiging vir Sonde deur “NEE” vir Versoeking Uit Te Roep.

Wanneer Satan jou versoek om te sondig,
verwerp so `n uitnodiging deur hardop “NEE” in sy gesig te skree. Moenie gepla
wees wat ander om jou mag dink as hulle hoor jy luid  “NEE” uitroep nie. Die spontane verbale
uitdrukking van jou kant sal die Hemel gelukkig maak, en `n engel sal
onmiddelik genoop word om jou ten hulp te wees. Hier is hoe Paulus ons herinner
omtrent ons plig om “NEE” luid uit te roep elke keer wanneer ons versoek word:  

Want die reddende genade van Yahuwah
het aan alle mense verskyn en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse
begeerlikhede te verloën,
ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe. (Sien Titus
2:11-12)

WLC Versoek: Waarom sou jy nie `n engel van die Hemel volgens opdrag vir hulp na jou
laat kom as jy versoek word? Wanneer jy hardop “Nee” vir Satan se versoeke
skree, sal jy die vervulling van sy kosbare beloftes onmiddelik vind: “Die
engel van Yahuwah trek `n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.”
(Psalm 34:8)

Wapen #5:
Maak Jouself Verantwoordbaar aan Andere.  

Dit is `n merkwaardige magtige wapen in
hierdie lewe en dood stryd teen seksuele onsedelikheid en is met Wapen #1
verbind. Dit is belangrik om `n ander man of ander manne wie jou kamerade in
jou stryd is te vind en aan wie jy verantwoording moet doen. Om verantwoordbaar
aan hierdie betroubare manne te wees beteken dat jy eerstens jou swakhede met
hulle deel, en vra hulle om vir jou spesifieke behoeftes te bid. Dit beteken
dat jy verantwoordbaar aan hulle is wanneer jy faal, en sal die rede van jou
mislukking aan hulle verduidelik elke keer wanneer jy faal. Jy sal moet erken
wanneer jy nie jou beloftes aan hulle gehou het nie, of nie by die raad gehou
het nie. In die Bybel vind ons die voorligting vir hierdie magtige wapen in
Prediker 4:9-12:

Twee is beter as een, want hulle het `n
goeie beloning vir hulle moeitevolle arbeid. Want as hulle val, kan die sy maat
optel, maar wee die een wat val sonder
dat daar `n tweede is om hom op te tel
. Verder, as twee bymekaar lê, kry
hulle warm; maar hoe kan een allenig warm word? En as iemand die een aanval,
kan altwee hom teëstand bied; en `n drie
dubbele lyn word nie gou verbreek nie
.  

Dieselfde tema word in Jakobus 5:14-15
herhaal:

Seksuele onsedelikheid is `n oneindige ernstige en  dodelike siekte as die ergste van die liggaamlike ongesteldhede. Siekte mag ly na die vernietiging van die liggaam en eintlik na die dood daarvan. Maar as seksuele onsedelikheid toegelaat word om ongeneeslik te word, sal dit lei na die vernietiging van die liggaam en siel.

8 Onontbeurlike Wapens in die Stryd Teen Seksuele Sondes image

Is daar iemand onder julle wat ly? Laat
hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat
hulle hom in die Naam van die Meester met olie gesalf het. En die gebed van die
geloof sal die kranke red, en die Meester sal hom oprig. Selfs as hy sonde
gedoen het, sal dit hom vergewe word.

Seksuele onsedelikheid is `n oneindige
ernstige en dodelike siekte as die ergste van die liggaamlike ongesteldhede.
Siekte mag tot die vernietiging van die liggaam lei en uiteindelik tot die dood
van die liggaam. Maar as seksuele onsedelikheid toegelaat word om ongeneeslik
te word, sal dit lei tot die vernietiging van die liggaam en die siel. Dus, as
ons ernstig siek word en `n behoefte vir genesing het, word ons deur Jakobus
van raad bedien om hulp by die ouderlinge van die ekklesia te soek en oor ons
te bid. Hoeveel te meer het `n seksueel verslaafde behoefte om hulp te soek van
ander betroubare volgelinge van Yahuwah in sy stryd met seksuele sondes?

Verantwoordbaarheid aan die Vader deur
betroubare vriende, in die stryd teen seksuele onsedelikheid, sal die volgende
voordele inhou.

  • Dit sal help om seker te wees dat ander ons liefhet ongeag van ons
    swakhede.
  • Dit sal ons help om `n vergewende gesindheid teenoor diegene te
    ontwikkel wie teen ons sondig.
  • Dit sal ons wellus vir sondige verlangens verminder
  • Dit sal ons help om vinnig te herstel van ons wonde van mislukkings uit
    die verlede.
  • Dit sal ons help om intiemer, liefdevoller en geduldiger met ons
    wederhelftes en vriende te wees.
  • Dit sal ons help om op te hou om seks met liefde en siels vervulling
    gelyk te stel.
  • Dit sal ons help om beter ouers te wees.

WLC Versoek: Moenie versuim om een of meer betroubare vriende te vind met wie jy
jou gevegte deel nie, en deur wie jy jouself verantwoordbaar maak aan Vader
Yahuwah. Dit is so dat `n seksueel verslaafde traag sal wees om aan ander oop
te maak. Maar in hierdie lewe en dood stryd, moet die seksueel verslaafde nie
huiwer om alle wapens wat beskikbaar is te gebruik nie. Een of ander tyd sal
elke geheime sonde op die lappe kom (Sien Lukas 8:17). Sou dit nie wyser wees om hierdie
magtige wapen te gebruik en die nodige hulp te kry as om dit weg te steek
totdat dit openbaar gemaak word oppad na die hel toe nie? Dit sou onnosel wees
om ons seksuele onsedelikheid te verdoesel en die beskikbare hulp in tye van
gevaar vir ons siele te verwerp.

Wapen #6:
Soek Berading. Soek Berading. Soek Berading.

Die Bybel is goed voorsien met
instruksies omtrent die belangrikheid van soeke na raadgewing van andere. Hier
is ondersteunende Bybel verse oor hierdie saak:

sword bathed in lightAs daar nie goeie oorleg is nie, val `n
volk; maar in die veelheid van raadgewers is redding. (Spreuke 11:14)

Planne misluk sonder beraadslaging,
maar deur die veelheid van raadgewers kom dit tot stand. (Spreuke 15:22)

Planne kom deur beraadslaging tot stand;
voer dan oorlog met goeie oorleg. (Spreuke 20:18)

Want deur goeie oorleg kan jy
voorspoedig oorlog voer, en die oorwinning is deur die menigte van raadgewers.
(Spreuke 24:6)

Dit is `n teken van krag en nie
swakheid nie, wanneer die seksueel verslaafde die raad van Christen raadgewers,
of ouer Christene opsoek.  

WLC
Versoek:
Wanneer ons deur `n ernstige
liggaamlike siekte besoek word, gaan ons na `n mediese dokter vir hulp en raad.
En dikwels spreek ons meer as een spesialis om seker te maak dat die diagnose
gemaak veilig en korrek is. Kan die belydende volgelinge van Yahushua, wie
deurloop onder die dodelike siekte van seksuele onsedelikheid, minder ywerig
wees in sy soeke na eksterne raad van Yahuwah-vresende manne? Dit sal baie
dwaas wees om nie hulp te soek nie; dwaser nog, nalaat om raad te soek is
teenstrydig met die waarskuwings van Vader Yahuwah, soos uitgelê in bogenoemde
verse. Weereens, pleit ons by seksueel verslaafdes om hulp te soek, en dit gou
te soek.

Wapen #7:
Wend die Mag van Yahushua se Naam aan wanneer in Versoeking.

Daar is oneindige mag in die naam van
Yahushua, onse Meester. Wanneer deur Satan versoek, spreek die naam van
Yahushua hardop uit.

Ons was deur niemand anders as Yahushua
Self belowe dat as ons enigiets in Sy naam vra, ons dit sal ontvang.

Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle,
wie in My glo – die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke
doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan. En wat julle ookal in My naam vra, dit
sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. As julle iets in
My naam vra, sal Ek dit doen. (Johannes 14:12-14)

Wanneer `n seksuel verslaafde versoek
word, as hy hierdie woorde spreek, “Yahushua,
help my”
glo dat daar gesag in Sy naam is, sal die mag van die versoeking
onmiddelik verdwyn. Ja, daar is onbeskryflike mag in die uitspraak van Sy Naam
wat die duisternis sal verlig en Satan en sy bose engele wegdrywe.

Deurdat U u hand uitstrek tot genesing,
en tekens en wonders deur die Naam van u heilige Kind Yahushua plaasvind.
(Handelinge 4:30)

WLC Versoek: Wanneer in versoeking, moenie eens vir `n sekonde huiwer om hardop “Yahushua,
help my” te sê om versoeking te weerstaan nie, en maak aanspraak op die belofte
“Ek is tot alles instaat deur Christus wat my die krag gee.” (Fillipense 4:13)
Daar is geen versoeking wat nie oorwin kan word wanneer jy vertrouend op Sy
Naam roep nie. Oefen daarin om self op Sy Naam te roep wanneer jy versoek word,
en die nodige hulp sal onmiddelik tot jou beskikking wees.

Wapen #8:
Memoriseer `n Lys van Skrifte om te Gebruik Elke Keer Wanneer Jy Versoek Word.

Hier is die raad van Dawid ter
ondersteuning van hierdie baie magtige wapen:

Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer
hou? Deur dit te hou na u woord. Ek soek U met my hele hart; laat my nie
afdwaal van u gebooie nie. Ek het u woord in my hart gebêre; dat ek teen U nie
sal sondig nie. (Psalm 119:9-11) 

Daar is geen tyd om te versuim nie. Genade is op die punt om af te sluit, en jy het alle hulp nodig wat verkry kan word om te oorwin in alle vorme van seksuele onsedelikheid. Die Hemel staan meer as slaggereed om te help, maar jy moet jou gereedheid en gewilligheid om die stryd aan te sê, wys. Goddelike hulp sal na hulle kom wie gewillig is om gehelp te word.

8 Onontbeurlike Wapens in die Stryd Teen Seksuele Sondes image

WLC Versoek: Begin onmiddelik om jou eie lys gewilde Bybel verse te maak wat jy kan memoriseer en elke dag kan herhaal, veral in
versoeking. Omdat daar mag is wat verkry kan word in die uitspraak van die naam
van Yahushua, net so is daar krag om verkry te word in die opsê van Skrifte. Is
dit nie hoe Yahushua [Hyself] Satan met versoekings tegemoet geloop het nie?

Ter Opsomming:

Ons dring by Yah se
ganse volk aan wie stry teen enige vorm van seksuele verslawing om onmiddelik
te begin om die 8 wapens van oorlog te implimenteer. Wanneer die wapens
gesamentlik ontplooi word, sal hulle lei tot `n blywende oorwinning in alle
vorme van seksuele onsedelikheid, wat baie van Sy hedendaagse belydende
volgelinge pla. Moenie van die
gelysde wapens kies en keur nie. Wanneer u veg vir u lewe en die lewe van u
familie wat daaronder ly, onthou dat elke wapen in die lys van 8 `n rol sal
speel in die verswakking van versoeking en `n volhoudende sege verseker. Daar
is geen tyd om te versuim nie.
Genade is op die punt om af te sluit, en u
benodig alle hulp beskikbaar om alle vorme van seksuele onsedelikheid te
oorwin. Die hemel staan meer as slaggereed om te help, maar u moet
gereedheid en gewilligheid toon om gehelp te word. Goddelike hulp sal na
hulle kom wie gewillig is om gehelp te word.  

By WLC bid ons vir elke man en vrou wie
betrokke is in hierdie oorloë, en ons bid ook dat goddelike wysheid die
geaffekteerde vrouens, manne, broers, susters, ouers, en ander gesins lede
beloon word sodat hulle die nodige ondersteuning en insig kan voorsien.

Mag Vader Yahuwah Sy Heilige Aangesig
op ons almal laat skyn, namate ons besluit het om soos Yahushua te wees. Amen.


Verwante Artikels:

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.