World's Last Chance

Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

While WLC continues to uphold the observance of the Seventh-Day Sabbath, which is at the heart of Yahuwah's moral law, the 10 Commandments, we no longer believe that the annual feast days are binding upon believers today. Still, though, we humbly encourage all to set time aside to commemorate the yearly feasts with solemnity and joy, and to learn from Yahuwah's instructions concerning their observance under the Old Covenant. Doing so will surely be a blessing to you and your home, as you study the wonderful types and shadows that point to the exaltation of Messiah Yahushua as the King of Kings, the Lord of Lords, the conquering lion of the tribe of Judah, and the Lamb of Yahuwah that takes away the sins of the world.
WLC Free Store: Closed!
Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

Aaneenlopende Weeklikse Siklus Vals Bewys

Moderne Sabbatariërs
dring daarop aan dat Saterdag die Sabbat van die Bybel is omdat hulle glo dat
die sewe-dae week sonder onderbreking sedert die Skepping gesirkuleer het. Een
rede vir hierdie oortuiging is die feit toe die Juliaanse kalender in 1582 verander
is na die Gregoriaanse kalender, daar geen dae van die week verlore gegaan het
nie. Donderdag, Oktober 4, 1582, op die Juliaanse kalender was deur Vrydag,
Oktober 15, van die Gregoriaanse kalender gevolg. Daarom, word dit
veronderstel, het geen dae “verlore” gegaan 
met die kalender hervorning van die Juliaanse na die Gregoriaanse nie, en
is die moderne week identies aan die Bybelse week.   

Die veronderstelling is verkeerd bewys in die historiese feite van die
Juliaanse kalender self. Die kalender van die Romeinse Republiek, nes die van
alle antieke kalenders, was oorspronklik gebaseer op die maan siklusse.
Paganistiese Roomse priesters, bekend as pouse, het die kalender beheer deur
die begin van die maande aan te kondig.  

bust of julius caesar
Julius Cæsar

Hierdie pouse, wie ook politieke ampte
kon hê, het die kalender skaamteloos gemanipuleer weens politieke redes, deur
ekstra maande in te reken om gewilde politici langer in hul ampte te hou of,
andersom, om nodige interberekeninge uit te los net om die tydperke van
politieke opponente te verkort. Teen hierdie tyd van Julius Caesar, was die
datums van die kalender heeltemal uit lyn met die seisoene. Julius Caesar het
sy reg1 as pontifex maximus2, hoë priester, uitgeoefen en
 hervorming ingebring wat `n moeisame en
onakkurate berekening van tyd geword het.

In die mid-1ste eeu v.C. het
Julius Caesar, Sosigenes, `n Alexandriese ruimtewetenskaplike uitgenooi, om hom
van advies te bedien omtrent die kalender hervorming, en Sosigenes het besluit
dat die enigste praktiese stap was om die lunar-solar kalender heeltemal te
verwerp. Maande moet op `n seisoenale basis ingerig word, en dat `n tropiese
(solar) jaar gebruik moes word, soos in die Egiptiese kalender. . .3

Neem notisie dat Sosigenes se
groot uitvinding was om die maan kalender berekening te verwerp.

Die groot moeilikheid wat enige
[kalender] hervorming in die gesig staar, was dat daar geen manier blyk te wees
wat `n verandering sou toelaat wat die maande steeds in lyn sal hê met die
fases van die Maan en die jaar met die seisoene nie. Dit was nodig om `n
fundamentele breek te maak met tradisionele bereken om `n effektiewe seisoenale
kalender te bedink.4

Om die nuwe kalender terug in lyn
te bring met die seisoene vereis die inter-berekening van 90 dae aan die jaar,
wat vir ewig daarna as die Jaar van Verwarring bekend geword het. Maar die
Juliaanse kalender van 45 v.C., selfs die Juliaanse kalender in die dae van
Christus, het nie soos die Juliaanse kalender gelyk toe Pous Gregorius XIII dit
verbeter het nie, en het dus nie soos die Gregoriaanse kalender van vandag
gelyk nie. Daar was geen Saterdag (of sewende-dag Sabbat aan die einde van die
week) op die oorspronklike Juliaanse kalender nie.

 Die Juliaanse kalender, nes die
kalender van die Republiek voor dit, het oorspronklik `n agt dae siklus gehad.
Elke agste dag was `n nundinae, of mark dag. Die kalenders was nie opgestel in
roosters soos die hedendaagse kalenders nie, maar die datums was in kolomme
gelys. Byvoorbeeld, Januarie het met dag “A” begin en sou vorder deur die loop
van die ag dae van die week (A tot H), wat die maand laat eindig met dag “E”.

Anders as die Hebreeuse kalender, het die Romeinse kalender `n
aaneenlopende weeklikse siklus regdeur die jaar gehad, met `n bietjie
verstelling aan die einde van die jaar. Omdat Januarie eindig op dag “E”, sal
Februarie begin op dag “F”. Net so eindig Februarie op dag “A” met Maart wat
met dag “B” begin:

A k Jan F k Feb B k Mrt
B G C
C H D
D A E
E, ens. B, ens. F, ens.

Hieronder is `n herkonstruksie van die Fasti Antiates, `n pre-Juliaanse kalender wat dateer uit die 60`s v.C.
ontdek in die terrein van Nero se villa in Antium. Die letters A was in rooi
geverf om die begin van die week aan te dui.

roman republic calendar
`n Herkonstruksie van Fasti Antiates, die enigste kalender van die Romeinse Republiek steeds in aansyn.5

Daar is 13 kolomme. Januarie, aan die
linkerkant, begin op dag “A” en eindig met dag “E”. Aan die onderkant van elke
kolom is groot Romeinse syfers wat die getal dae vir daardie maand aandui. Die
ver regterhandse kolom is die 13de, interberekende maand. Bykomende letters
verskyn langs die weeks dag letters. Dít was `n aanduiding van watter soort
besigheid op daardie dag gedoen kan word en wat nie. `n “K” was langs die
eerste letter van elke maand geverf. Dit het gestaan vir kalendæ.6

Dit is belangrik om te onthou dat die Bybelse week as `n indiwiduele tyd
eenheid soos gedefinieer in Genesis 1,  uit net sewe dae bestaan het: ses werksdae wat
gevolg is deur `n Sabbat dag rus op die laaste dag van die week. Die agt dae
siklus van die Juliaanse kalender was in die dae van Christus in gebruik.
Nogtans sou die Jode nie die sewende-dag Sabbat op die agt-dae weeklikse siklus
van die Juliaanse kalender gehou het nie. Dit sou vir hulle afgodediens
wees. 

`n Voorbeeld van `n Juliaanse kalender wat dateer uit die tyd van
Augustus7 (63 v.C. – A.D. 14) tot by Tiberius8 (42 v.C. –
A.D. 37), stone julian 8-day calendar, continuous weekly cylce proven falseis op hierdie brokstukke bewaar. Die agt-dae week is duidelik daarop
sigbaar. 

`n Latere sewe-dae week Juliaanse kalender, soos te siene in die
volgende skets van `n stok kalender wat ontdek is by die baddens van Titus (gebou
79 – 81 A.D.), verskaf verdere bewyse dat die Bybelse Sabbat nooit gevind kan
word met die gebruik van die Juliaanse kalender nie. Die middelste sirkel bevat
die twaalf tekens van die sodiak wat korrespondeer met die 12 maande van die
jaar. Die Romeinse syfers aan die linker en regter kant is `n aanduiding van
die dae van die maand. Oor die bokant van die stok kalender verskyn die sewe
planetêre gode van die paganistiese Romeine.9

planetary god stick calendar

Saterdag (of dies Saturni – die
dag van die Saturnus)10 was die eerste dag van die week, nie die
sewende nie. As die god van landbou, kan hy in sy voortreflike posisie van
belang gesien word, simbool in die hand, `n sekel. Volgende op die tweede dag
van die paganistiese planetêre week, verskyn die songod met ligstrale wat van
sy hoof uitstraal. Die tweede dag van die week was uit oorsprong dies Solis (dag van die Son – Sondag).
Die derde dag van die week wys die maan godin, met die gehoringde sekel maan as
haar kroon op haar hoof. Haar dag was diesLunæ (dag van die Maan – Maandag). Die res van die dae was verteenwoordig
deur ander planetêre gode, wat eindig met dies Veneris (dag van Venus, wat in Noord Europese tale verander was na
`n Noorse godin en Friga se dag, of Vrydag geword het.)11

Omdat die hele wêreld die Gregoriaanse kalender vir honderde jare
gebruik het, is dit `n dikwelse misgekykte feit dat in die verlede, nie net
verskeie lande verskillende kalenders gebruik het nie, maar daar was ook gebieds
verskille binne-in indiwiduele lande. Alhoewel die sewe-dae week populariteit
in Rome verkry het met die opkoms van die kulte van Mithras, het dit nie
amptelik geword totdat Konstantyn die week tydens die Raadsitting van Nicene
gestandaardiseer het nie.12

In die lig van hierdie feite, is dit logies om te veronderstel dat die Gregoriaanse
Saterdag die Bybelse Sabbat van die Skepping is. Dit is waar dat die Juliaanse
kalender getransmuteer het na die Gregoriaanse kalender sonder enige verlies
van dae. Maar, dit is ook waar dat die Gregoriaanse kalender, nes die Juliaanse
kalender voor dit, geheel en al gebaseer is op `n paganistiese stelsel van
kalender berekening. 

christopher clavius
Christopher Clavius (1538-1612)

Jesuïete ruimte wetenskaplike,
Christopher Clavius, het bevestig dat die Juliaanse kalender in suiwere
paganisme gewortel is en dat dit hoegenaamd geen bande met die Bybelse kalender
berekening het nie. Clavius is wêreld bekend as die argitek van die moderne
Gregoriaanse kalender. Omdat die Juliaanse kalender net `n bietjie te lank is,
het die lente-dag-en-nag-eweninge, teen die 16de eeu, nie meer langer op die
datum waarop dit willekeurig in die derde eeu aangedui is, geval nie: Maart 21.
Pous Gregorius XIII het Clavius die taak van kalender hervorming opgelê om die
lente-dag-en-nag-eweninge na Maart terug te bring.13

In sy boek, Romani Calendarii A Gregorio XIII P.M. Restituti Explicato, maak Clavius bekend dat toe die Juliaanse kalender die ekklesiastiese
kalender van die Kerk by die Raadsitting van Nicene gemaak is, het die Kerk
opsetlik die Bybelse kalendasie verwerp en instede daarvan die paganistiese
kalendasie aangeneem. In verwysing na die verskillende stelsels van kalender
berekening gebruik om die Bybelse Pasga vas te stel teenoor die paganistiese
plaasvervanger van Paasfees
het
Clavius gesê: “Die Katolieke Kerk het nooit die [Joodse] gebruik van die
viering van die Pasga gebruik nie, maar het altyd in haar viering die beweging
van die maan en son dopgehou, en dit was dus so geheilig deur die aller-oudste
en allerheiligste Bisdomme van Rome, maar ook bevestig deur die eerste
Raadsitting van Nicene.”14 Die Bisdomme waarna hy verwys is die
antieke priesters van paganistiese Rome.    

Hedendaagse Christene het van die veronderstelling uitgegaan dat die
Gregoriaanse Saterdag die Bybelse Sabbat is. Maar Christene wie geleef het in
die tyd toe die Juliaanse kalender siviele wetgewing afgeforseer was het geen
twyfel of verwarring oor die aangeleentheid gehad nie: die “Sabbat” was bereken
volgens die Bybelse luni-solar kalender; die “dag van die Here” (Sondag)
volgens die paganistiese solar kalender. Nes David Kapersky opgelet het, “Dit
was nie meer moontlik onder Konstantyn om die ou kalender toe te pas nie.”15Maar, Apostoliese Christene het nie aan die nuwe wetgewing gehoor gegee
nie.

In elke tree in die weg van die
afvalligheid, in elke stap geneem in die aanvaarding van die vorme van sonaanbidding,
en teen die aanvaarding van aanbidding van Sondag self, was daar `n
voortdurende protes deur alle ware Christene. Diegene wie aan Christus en aan
die waarheid van die reine woord van [Yahuwah] getrou gebly het,  het die Sabbat van die [Meester] volgens die
gebod onderhou, en volgens die woord van [Yahuwah], die Skepper van die hemel
en die aarde, word onderskei van alle ander [gode]. Hulle protesteer vervolgens
teen elke fase en vorm van son aanbidding. Andere, veral in die ooste, het
gekompromiteer, deur beide die Sabbat en Sondag te onderhou. Maar in die Weste
onder Romeinse invloed en onder die leierskap van die kerk en die bisdomme van
Rome, was Sondag alleen aangeneem en onderhou.16  

Die Raadsitting van Nicene  (A.D. 321-324)  het die Bybelse luni-solar kalender vir
ekklesiastiese gebruik verban, en die Juliaanse kalender daarmee vervang, wat
aanbeveel dat mense orals moet “hulde bring”17 aan die dag van die
Son.18  Sommige het begin
toegewings maak. Hoewel baie Christene steeds vasgehou het aan die
oorspronklike Sabbat volgens die luni-solar kalender, het andere, met die
rabbynse Jode, die sewende dag van die Juliaanse kalender: Saterdag onderhou.
Steeds het andere Saterdag sowel as Sondag onderhou. Dit het nie die kerk van
Rome tevrede gestel nie. Sy wou hê dat almal uitsluitlik op Sondag met aanbid. Toe
die uitvaardiging van Nicene nie die verlangde effek op die volk gehad het nie,
was die Raadsitting van Nicene byna 40 jaar later byeengeroep om die
aanvaarding van “die dag van die Here” af te dwing in die plek van die Bybelse lunar Sabbat.

Dat sy
haar oorspronklike ideale bereik, het dit nou vir die kerk nodig geraak om
wetgewing te verseker wat alle vrystellings uitwis, en die onderhouding van die
Sabbat verbied om die magtige protes [teen aanbidding van Sondag] uit  te blus. En nou … die “ware goddelike bevel” van
Konstantyn en die Raadsitting van Nicene dat “niks in gemeen met die Jode”
gehou moet word nie, was die grondslag van die wetlike gesag gemaak, om die
onderhouding van die Sabbat van die [Meester] in totaliteit uit te wis, om die
viering van Sondag instede daarvan te bevestig.19

Kerkreël 29 van die Raadsitting van
Laodicea het aanbeveel dat: “Christene sal nie ver-Joods en rustend op die
Sabbat wees nie, maar sal op daardie dag werk; maar die dag van die Here sal
hulle spesiaal huldig, en, as Christene, indien moontlik, nie op daardie dag moet
werk nie. Maar as gevind word dat hulle Joods-gesind is, sal hulle van Christus
verband word.”

Dit is belangrik om te weet dat die woord “Saterdag” aan die Engelse
vertaling gevoeg is. Volgens Katolieke biskop, Karl J. Hefele se History of the Councils of the Church from
the Original Documents,
is die woord wat gebruik was eintlik “Sabbat” in
beide die Grieks en Latyns en die woord anathema” (vervloekte) in die plek van
“uit geban”. Die Latynse weergawe bevat nie enige verwysings na dies Saturni (Saterdag) nie maar gebruik
instede Sabbato, of “Sabbat”:

Quod non oportet Christianos Judaizere
et otiare in Sabbato, sed operari in eodem die. Preferentes autem in
veneratione Dominicum diem si vacre voluerint, ut Christiani hoc faciat; quod
si reperti fuerint Judaizere Anathema sint a Christo.

Slegs in onlangse jare, namate historiese feite vergeet was, was Saterdag as die Bybelse Sabbat veronderstel. Toe die Juliaanse kalender op die
Christene afgedwing was vir geestelike gebruik, het niemand in daardie tyd dies Saturni met Sabbato verwar nie.

`n Paar dae voor Sy dood, het Christus `n diepsinnige stelling gemaak
wat oorpeins moet word in die konteks van die kwessie oor die ware kalender teenoor
die valse kalenders. Daarop sê Hy vir hulle: “Betaal dan aan die keiser wat die
keiser toekom, en aan Yahuwah wat Yahuwah toekom.”21 Hier het
Christus `n belangrike beginsel ingestel wat elke area in die lewe moet regeer.
Aanbidding hoort nie aan die Keiser nie. Dit is 
kom die Skepper  alleen toe.

`n Spreekwoord van ouds sê: “Hy wie die kalender beheer, beheer die
wêreld.” Wie heers oor jou? Die dag waarop jy aanbid, bereken deur die kalender
wat jy gebruik, openbaar watter Godheid/godheid in beheer van jou lewe is. Aanbidding
op die ware Sabbat is `n teken van lojaliteit aan ons Skepper. Slegs die Skepper,
die Een in beheer van die son, maan en die sterre, Sy kalender, het die reg om
Sy volk te vertel wanneer om te aanbid, deur die deug van daardie reg, om
daardie aanbidding te ontvang. 

 __________________________________________________________________

Verwante Inhoud:


1 Julius Cæsar was verkies as Pontifex
Maximus in 63 V.C. (James Evans, “Calendars and Time Reckoning,” The History and Practice of Ancient
Astronomy
, Oxford University Press, 1998, bl.
165.)
2 “Pontifex Maximus” is nou `n titel uitsluitlik vir die
pous. Dit is baie toepaslik omdat die Gregoriaanse kalender wat tans in gebruik
is, beide paganisties en pouslik is, wat gebaseer is op die paganistiese
Juliaanse kalender en verbeter is deur, en vernoem is, na `n pous.   .
3 “The Julian Calendar”, Encyclopedia Britannica.
4 Ibidem klem voorsien.
5 Palazzo Massimo Alle
Terme
, ed. Adriano La Regina, 1998.
6 “Calendar,” Encyclopedia Britannica aanlyn.
7 Keiser Augustus, eerste Romeinse Keiser, wat in die Bybel vermeld
is. Sy belastings aanvraag het gemaak dat Maria en Josef na Bethlehem moes kom.
Sien Lukas 2:1.
8 Tiberius volg Augustus in 14 A.D op., aftrede in 35 A.D. (Historic
Figures, www.BBC.co.uk/history.)
9 Die sewe-dae planetêre week was aangeneem in die paganistiese
kalender met die opkoms van die kultus van  Mithras. (Sien Sunday in Roman Paganism, by R. L. Odom, Review & Herald Publ. Assoc., 1945.) Die planetêre
gode het dus `n permanente deel van `n Juliaanse kalendasie en paganistiese
Romeinse kultuur geraak.
10 Vir verdere informasie oor die oorspronklike planetêre week sien,How Did Sunday Get It’s Name?, deur  R. L. Odom, by
www.4angelspublications.com/books.php. Kopiereg, 1972, deur Southern Publishing
Assoc., gebruik met toestemming.
11 J. Bosworth and T. N. Toller, Frig-dæg, An Anglo-Saxon Dictionary, 1898, bl.337, beskikbaar gemaak deur die  Germanic Lexicon Project. Sien ook
“Friday” in Webster’s New Universal Unabridged Dictionary, 2de uitgawe, 1983.
12 Sien R. L. Odom’s “The Planetary Week in the First Century
A.D.”, Sunday Sacredness in
Roman Paganism
, Review and Herald Publish Assoc.,
1944.
13 “Toe Gregorius XIII die kalender hervorm het, was die
verstellings so gemaak dat die lente eweninge die posisie vul aan hulle
toevertrou in die Paasfees tabelle, viz, Maart 21. “Hierdie tablette dateer
,,,, omtrent uit die derde eeu, Die belangrike punt is dat hierdie verstelling die lente eweninge op `n datum plaas wat suiwer willekeurig is en nie
noodwendig verwant is aan die datum waarop die ewening val nie toe die
hersiening van die kalender deur Julius Ceasar gemaak was (Brief van Dr. H. Spencer-Jones, Astronomer Royal, Royal Observatory,
Greenwich, London, aan Grace Amadon, gedateer Des. 28, 1938, Versamel 154, Bus
1, Lêer 4, Center for Adventist Research, Andrews University, klem voorsien.
14 Christopher Clavius, Romani Calendarii A Gregorio XIII P.M.
Restituti Explicato, bl. 54, soos aangehaal uit  “Report of Committee on Historical Basis,
Involvement, and Validity of the October 22, 1844, Position”, Deel V, Afd.
B, bl. 18, Versameling 154, Center for Adventist Research, Andrews University.
15 Astronomical Origin
of Jewish Chronology
, Parys, 1913, bl. 651.
16 A. T. Jones, The Two Republics, A. B. Publishing, Inc., 1891, bl.
320-321.
17 Eerbiedig: “Om met diepe respek en eerbied te aanskou:…om as heilig aan te
sien.”  Webster’s New Universal
Unabridged Dictionary
, 2de uitgawe, 1983.
18 “Konstantyn, Keiser 
Augustus, aan Helpidius: “Op die 
eerbiedige dag van die son laat al die magistrate en die volk wie in die
stede woon rus, en laat alle aanbiddings gesluit wees. Maar in die landelike
gebiede, mag persone betrokke by landbou vryelik en wettig hulle bedrywighede
uitvoer; omdat dit so dikwels gebeur dat `n ander dag nie so gepasd is vir
graan saaiery  of vir die plant van `n
wingerd nie, tensy deur die vernalatiging van die geskikte oomblik vir sulke
operasies die oorvloed van die hemel verloor sou word.  P. Schaff se vertaling, History of the Christian Church, Deel III, bl. 75.
19 A. T. Jones, The Two Republics, A. B. Publishing, Inc., 1891, p. 321,
klem voorsien.
20 Karl Josef von Hefele (1809-1893), Is `n uitstekende
gesaghebbende op die oorspronklike woordkeuse wat in die Raadsitting van
Laodicea gebruik was. `n Duitse geletterde, teoloog en professor van Kerk
geskiedenis, opleiding ontvang te T?bingen Universiteit, en later biskop van
Rottenburg, het toegang tot die Vatikaan argiewe en oorspronklike dokumente
gehad.
21 Sien  Matthéüs 22:21.

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.