World's Last Chance

Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

While WLC continues to uphold the observance of the Seventh-Day Sabbath, which is at the heart of Yahuwah's moral law, the 10 Commandments, we no longer believe that the annual feast days are binding upon believers today. Still, though, we humbly encourage all to set time aside to commemorate the yearly feasts with solemnity and joy, and to learn from Yahuwah's instructions concerning their observance under the Old Covenant. Doing so will surely be a blessing to you and your home, as you study the wonderful types and shadows that point to the exaltation of Messiah Yahushua as the King of Kings, the Lord of Lords, the conquering lion of the tribe of Judah, and the Lamb of Yahuwah that takes away the sins of the world.
WLC Free Store: Closed!
Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

Bid die Psalm: In U Hande (Psalm 31)

Hierdie is `n nie WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus beskou word asof hulle direk van WLC af kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lesers nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self en soek dit waar dit ookal gevind mag word.

Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image

Psalm 31:5 In U hand gee ek my gees oor; U het my verlos, Yahuwah, God van my trou…15 Maar ék vertrou op U, o Yahuwah! Ek sê: “U is my God.” 16 My tye is in U hand; red my uit die hand van my vyande en van my vervolgers. 17 Laat U aangesig skyn oor u kneg, verlos my deur U goedertierenheid.

Een honderd jaar voordat Matin Luther die Protestantse Hervorming begin het, het manne soos Johannes Huss die weg voorberei. Huss was `n Rooms Katolieke priester in Bohemia wie teenstrydig was met die gruwels oorheersend in die kerk. Omdat hy uitgesproke was teen die pous en die leerstellings wat teenstrydig was met die Woord van Yahuwah, was Johannes Huss veroordeel om as ketter op die brandstappel te sterf. Toe hy aan die brandstappel vasgebind was, het die biskop gesê; “Nou vertrou ons jou siel aan die duiwel toe.” Waarop Johannes Huss geantwoord het, “Maar ek vertrou in U hande, o Heer [Yahushua] Christus, my gees toe wat U verlos het. 1

Psalm 31:5 was `n bron van vertroosting en sterkte vir heiliges regdeur die eeue.

Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image

Psalm 31:5 was `n bron van vertroosting en krag vir baie heiliges regdeur die eeue. Dit was die eerste gebed wat Joodse moeders aan hul kinders geleer het tydens hul slapenstyd. Dit was die laaste woorde op die lippe van die sterwende heiliges soos hulle hulself aan Yahuwah se sorg toevertrou het. Na ure van lyding aan die kruis met die sondelas van die wêreld op hom, het Yahushua hierdie woorde uitgespreek voordat Hy gesterf het, “In U hand gee ek my gees oor.”

Dit is die uiterste gebed van vertroue! Wanneer ons Psalm 31 lees, voel ons Dawid se benoudheid emosionele impak op hom. Hy beskryf sy lewe as “verteer deur angs” en sy liggaam wat swak raak en die dood nader soos met verdriet en kommer (31:9-13). Sy kommer het hom selfs versoek om te glo dat Yahuwah nie vir hom omgee nie, maar instede, daarvan het hy in Yahuwah se liefde gerus en ander bemoedig: “wees sterk en laat julle hart sterk wees, almal wat op Yahuwah wag!” (31:9-13).

Weereens met die vertroue om ons lewens in die hande van Yahuwah te plaas, herinner Dawid ons ook “my tye is in U hand” (31:15). Dit is `n uitstekende gedagte! Die baanbreker Afrika prediker Dan Crawford (1870-1926) het dit so gestel: “My hele lewensweë en wanneers en waars en waaroms is in [Yahuwah] se hande! 2

GEBED GEDAGTE: In 1 Petrus 4:19, eggo die apostel hierdie woorde: “So laat dan ook die wat volgens die wil van Yahuwah ly, hulle siele aan Hom as die getroue Skepper toevertrou met goeie dade.” Dalk voel jy soos Dawid? Jy voel omring van alle kante, en dat daar geen uitkoms is nie! Dawid bemoedig ons om op te hou om op gevoelens te vertrou en instede daarvan in geloof te lewe. Neem jou sorge en gevoelens na Yahuwah en onthou:

“Want U is my Rots en my Bergvesting, en om U Naam ontwil sal U my lei en my bewaar.” (31:4)

“Laat U aangesig skyn oor U kneg, verlos my deur U goedertierenheid.” (31: 17)

“o Hoe Groot is U goedheid wat U weggelê het vir die wat U vrees.” (31:20)


1 Foxe’s Book of Martyrs. Chapter VIII – Persecution of John Hus

2 John Philips. Exploring the Psalms, Volume 1, p. 236


Hierdie is `n nie-WLC artikel. Bron: https://s3.amazonaws.com/media.cloversites.com/19/196db2ea-297d-4503-9a12-49043489c907/documents/Jan_4_-_Into_Your_Hands_-_Psalm_31.pdf

Ons het al die heidense name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronlik gegewe name. Verder het ons die name van die Vader en Seun in die Skrif herstel soos dit deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is. – WLC Span

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.