Yahuwah is bekend
met die behoeftes van Sy skepsele. Deur Sy liefde, het Hy afsonderlik voorsien
vir elkeen. Yahuwah weet dat die mens nie aanhoudend kan werk sonder enige
onderbreking. Deur ons swakheid te ken, en ons behoefte aan rus, en ook ons
behoefte om gehoorsaam te wees, het Hy aan verdeling van tyd voorsien, Die
kortste verdeling van tyd is die DAG/Nag siklus, wat verdeel word deur daglig
en duisternis. Die volgende verdeling was die WEEK en die MAAND en wat regeer
word die OMWENTELING van die maan. Na dit volg die vier SEISOENE, en die somer
en die winter sonstilstandpunt, en die lente en herfs eweninge wat die JAAR
volgens die son verdeel. Hierdie verdelings van tyd buite die bereik van die
hande van die mens, en is dit onder die direkte beheer van Skepper en word dit
beheer deur die hemelse liggame.
“En
[Elohim] het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om
skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel
vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare…..En dit was so. (Genesis
1 vers 14 en 15.)
Elke maansomwenteling
was verdeel deur vier Sabbatte – ses dae van werk en op die sewende dag te rus.
Gedenk
die sabbatdag, dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;
maar die sewende dag is die sabbat van Yahuwah jou Eloah……
Want
in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat
daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die Here die
sabbatdag geseën en dit geheilig. (Lees Eksodus 20 verse 8 tot
11.)
Yahuwah is lief vir
vryheid en begeer dit ook vir al Sy kinders. Hy het die maanomwenteling gelas,
en dat die maand verdeel word deur vier
Sabbatte, maar het Hy die verdeling daarvan gelaat het in die in die hande van
die mens om hulle trou tot die Elohim van die Hemel te bewys, en hulle
gehoorsaamheid aan die 4de gebod. Terwyl die Sabbat rofweg die fases van die
maan volg, dit nie duidelik ʼn onderskeidende verdeling van tyd is soos die dae
van die maand. Yahuwah het verkies om
dit minder beskrywend te maak, en die gee van die geleentheid aan die mens om
gehoorsaam of om ongehoorsaam te wees, afhangende wat in sy hart is om te doen.
Diegene wat lief is
vir hulle Skepper en daarna streef om Hom te aanbid op die sewende dag van die
week. Is hulle maansomloop onderverdeel in vier sewe dae weke, met ʼn
“verplasing” van ʼn dag gedurende ʼn maand van 30 dae. Diegene wat wens om in
opstand te kom teenoor hierdie duidelike goddelike bevel word die vryheid
vergun om dit te doen. ʼn 30 dae maansomwenteling kan verdeel word in drie
tiendae weke, soos wat gedoen is met die kalender
van die Franse Republiek vanaf 1793 tot 1806, toe die regering
daarna gestreef het om Frankryk te ontkersten deur weg te beweeg vanaf ʼn
sewedaagse week. Dit kan ook verdeel word in ses weke, elkeen met ʼn week van vyf dae.
Aanbidding op die
sewende – dag van ʼn week, volgens ʼn sewedaagse week, en volgens die son – maan
kalender is ʼn teken van trou aan die Skepper. Dit erken Hom as die Lewe en
Wetgewer aan wie, gehoorsaamheid, liefde en toegewydheid verskuldig is. Die
geestelike doel vir die verdeling van tyd is om tyd toe te laat vir
selfondersoek. Elke sewende –dag Sabbat bring jou van aangesig tot aangesig met
die heiligheid van Yahuwah. Dit staan in sterk kontras van jou eie mislukkings
en onvolmaaktheid. In die aangesig van die goddelike heiligheid, roep die
belydende sondaar:
“Wee
my, ek is verlore! Want ek is ’n man onrein van lippe en woon onder ’n volk wat
onrein van lippe is; want my oë het die Koning, [Yahuwah] van die leërskare,
gesien!” (Jesaja 6 vers 5.)
ʼn Bykomende
aanbiddingsdag was gegee met elke maansomloop sodat ʼn persoon kan ondersoek
waar hy misluk het in die afgelope maansomloop, en om voornemings te maak vir
die komende maansomloop. Hierdie aanbiddingsdag is die Dag van die Nuwemaan, en
is dit die eerste dag van die Maan – Son kalender, en dui dit die Dag van die
Nuwemaan aan, asook die Sabbatte van elke maand, en is dit voor die aanvang van
die werksweek wat op die tweede dag van die maand begin. Die Dag van die Nuwemaan is ʼn tyd om te na te dink, en om jou
geestelike status te oorweeg. Hoe dit gegaan het tydens die maansomloop wat
verby is? Wat om verskillend te doen, en om my wil en my lewe ooreenkomstig die
wil van die Skepper te bring? Dit is ʼn tyd om vergiffenis te vra vir die
mislukkings van die verlede, en hulp vir die komende maand. ʼn Gebedsdagboek kan
baie handig wees, wanneer die elke Nuwemaan opgedateer word. Mense maak nuwe
voornemings maar selde word dit onderhou meer as een of twee maande. Yahuwah
verstaan hierdie menslike mislukkings, en gee aan ons die geleentheid om ons
voornemings te verfyn en te op te rig vir elke nuwe maand.
Die hedendaagse Gregoriaanse kalender, soos die
Juliaanse kalender voorheen, het bestaan uit maande wat heeltemal geskei is van
die siklus van die maan. Sodoende, bestaan daar nie Dae van die Nuwemaan in
hierdie alternatiewe metode van tydmeting.
Alhoewel, dit nie enige iemand verskoon om terug te keer om Yahuwah te
aanbid op die Dae van die Nuwemaan.
“Die
Nuwemaan bestaan steeds, asook die oorspronklike Sabbat wat afhanklik is van
die maan se siklus… Oorspronklik, was die Dag van die Nuwemaan gevier op
dieselfde manier as die Sabbat, geleidelik het dit minder belangrik geword
terwyl die Sabbat meer ʼn dag van godsdiens en humanisme, en godsdienstige
oordenking en onderrig geword het, en vir vrede en genot vir die siel.” (Universal Jewish Encyclopedia,
“Holidays,” bladsy 410.)
Die Nuwemane is ʼn
groep van aanbiddingdae op hulle eie. Dit was tye van danksegging en vreugde
oor die Hemel se goedertierenheid. In die outyd was hulle dae van fees viering
ook. Die verbod van kook op Sabbatte was die van toepassing op die Dae van die
Nuwemaan, en toegewyde Israeliete wat gevas het op ander dae, het nooit gevas
gedurende die Nuwemaan. Werk vir Yahuwah
kan gedoen word op die Nuwemaan. Nadat die Tabernakel opgerig was in die
Woestyn, het Moses al die uiteenlopende onderdele gemonteer op die Dae van die
Nuwemaan.
“En
in die eerste maand, in die tweede jaar, op die eerste van die maand, is die
tabernakel opgerig. En Moses het die tabernakel opgerig: hy het sy voetstukke
neergesit en sy style daarop gesit en sy dwarshoute vasgemaak en sy pilare
opgerig. En hy het die tentseil oor die tabernakel gespan en die dekkleed van
die tent daar bo-oor getrek, soos die Here Moses beveel het.” (Eksodus
40 verse 17 tot 19.)
![]() |
Geen inkomste uit handel was gedoen op die Dag van die Nuwemaan. |
Alhoewel, geen
besigheid gedoen moes word. Het die
wantrouige hart nooit die waardering gehad vir die geleenthede wat die Hemel
voorsien het om tyd saam met die Skepper te spandeer. Eeue later, het die opstandige Israel
gemurmureer oor die “verlore” besigheid en geleenthede as die Sabatte en
Nuwemane aanbreek.
“deur
te sê: Wanneer is die nuwemaan verby, sodat ons koring kan verkoop, en die
sabbat, sodat ons die graanskuur kan oopsluit — om die efa te verklein en die
sikkel te vergroot en bedrieglik te handel met ’n valse weegskaal; om die armes
vir geld te koop en die behoeftige vir ’n paar skoene; ook die afval van die
koring sal ons verkoop.” (Amos 8 vers 5 en 6.)
Sulke gedrag is
hoogverraad teenoor die regering van die Hemel. Die dae van die Nuwemaan, ssos
die sewende – dag- Sabbatte, is tye van heilige byeenkomste, en deur die
verwerping van hierdie heilige dae was dit ʼn direkte oorsaak vir omverwerping
van Israel deur Assirië. Verklaar die volgende teks verse:
“[Yahuwah]
het gesweer by die hoogheid van Jakob: Gewis, Ek sal in ewigheid nie een van
hulle werke vergeet nie. Moet hieroor die aarde nie bewe en elke inwoner
daarvan nie treur nie?” (Amos 8 verse 7 en 8.)
Terwyl Yahuwah in
genade met tye Sy “oë sluit” vir ons onkunde en onwetendheid oor ons
ongehoorsaamheid, en dit nie gesien word vir die opstandigheid wat dit is.
Israel se aanbidding het ontaard wat ook al in ʼn vorm van geen geestelike
waarde.
Yahuwah het Israel
se aanbidding verwerp, en verklaar:
“Ek
haat, Ek versmaad julle feeste en het geen welgevalle aan julle feestye nie.
Want al bring julle vir My brandoffers saam met julle spysoffers, Ek het daar
geen welbehae in nie, en die dankoffer van julle vetgemaakte kalwers sien Ek
nie met welgevalle aan nie. Verwyder van My die geraas van jou liedere! En na
die geluid van jou harpe wil Ek nie luister nie.” (Amos 5 verse
21 tot 23.)
While Israel went
through the motions of worshipping Yahuwah, they were, in fact, honoring Saturn
as had their forefathers in the Wilderness at the Golden Calf. Yahuwah demanded:
Terwyl Israel besig
was in die in die deelneming vir die aanbidding van Yahuwah, was hulle vir die
feit besig om Saturnus te vereer, net soos hulle voorvader gedoen het in die
Woestyn met die aanbiiding van die Goue
kalf. Yahuwah het beveel:
“Het
julle aan My slagoffers en spysoffers gebring veertig jaar lank in die woestyn,
o huis van Israel, en ook gedra Sakkut, julle koning, en Kewan, julle beelde,
julle stergod wat julle vir julle gemaak het? Daarom sal Ek julle anderkant
Damaskus in ballingskap wegvoer, sê [Yahuwah] wie se Naam [Yahuwah] van die
leërskare is.” (Amos 5 verse 25 tot 27)
Kewan – “Is die
ander vir die god Saturnus.” (The New
Strong’s Exhaustive Concordance of the Bible.)
![]() |
Dit is tragies, dat so baie belydende Christene vandag die toenemende lig verwerp oor Yahuwah se heilige kalender. |
Dit is tragies dat
baie belydende Christene vandag die toenemende lig oor Yahuwah se heilige
kalender verwerp.
Ou Israel, soos die
hedendaagse geestelike Israel, verwerp Yahuwah se Dae van die Nuwemaan en keer
terug in aanbidding op die dag van Saturnus, of Saterdag.
“Gebede aan die
planete op hulle bepaalde dae was deel van die aanbidding van hemelse
liggaame.” (R. L. Odom, Sunday in Roman
Paganism, bladsy. 158)
Sulke aanbidding is
nie aanvaarbaar vir Yahuwah. In Amos reg nadat hy hulle veroordeel het vir die
aanbidding van Saturnus, verklaar Yahuwah:
“WEE
die gerustes in Sion en die sorgelose op die berg van Samaría… julle wat die
dag van onheil veraf stel en die setel van geweld nader skuiwe! Daarom sal
hulle nou op die voorpunt van die ballinge in ballingskap gaan…..[Yahuwah]
die Elohim het by Homself gesweer…Ek het ’n afsku van die trotsheid van Jakob
en haat….. lewer Ek die stad oor en al wat daarin is.” (Amos
6 vers 1 en 3 en 7 en 8)
Dieselfde lot wag
op almal wat vaskleefaan die aanbidding op Saterdag van die hedendaagse
namaaksel van ʼn kalender, en wat nie ag slaan op die plig om die Sabbatte en
die Dae Nuwemane te onderhou volgens die Bybelse
maan – son kalender.
Aanbidding op AL die Sabbatte, of rus dae van Yahuwah, is die
onderskeidende merk wat Sy mense afsonderlik maak.
“Daarby
het Ek ook my sabbatte aan hulle gegee om ’n teken te wees tussen My en hulle,
dat hulle kan weet dat dit Ek, [Yahuwa,} is wat hulle heilig.” (Esegiël 20 vers 12.)
Inderdaad, deur
terug te keer na die aanbidding van die Skepper op Sabbatte en die Dag van die
Nuwemaan sal dit een van die vreugdes wees van die Verlostes op die nuwe aarde
en regdeur tot in alle ewigheid.

Verbind jou nou om
Yahuwah te aanbid op al Sy heilige
rusdae, Sabbatte, en Dae van die Nuwemaan en jaarlikse feeste.
Ongekende vreugde wag op diegene wat gemeenskap soek met Hom in wie alle
volheid van die Lewe woon.
Verwante Inhoud: