Knoeiery is: “Die handeling van die voordeel wat geneem word deur iemand se posisie om geld en eiendom te verkry, ens. soos oneerlikheid in die politiek.” (Websters Woordeboek.) Die dwaling “Evangelie van Voorspoed,” is niks meer as geestelike knoeiery. |
Gedurende
die 9de Augustus, 2016, het die New York Post ʼn
artikel gepubliseer wat begin is met
ʼn onstellende aanspraak: “Hillary Clinton het die [VSA] Staatdepartement as te
koop aangebied, met hoë amptenare wat toutrek en ten gunste vir
kripvreterdonateurs aan die Clinton Stigting… volgens onweerlegbare e-posse
wat Dinsdag vrygestel is.” die artikel was versigtig bewoord om ʼn lastersaak te
vermy, maar die titel self het die gevolgtrekking van die publiseerders
openbaar: “E –pose openbaar Hillary se skokkende betaal – om te speel
plan.
Knoeiery
is sinoniem aan politiek, maar dit is ook onwettig, dus probeer politici om die
bewyse van hulle korruptheid te versteek. Die feit is, dat bewerings van
knoeiery ʼn groot rol gespeel het in Hillary Clinton se verrassende verloor teen
Donald Trump gedurende die VSA se 2016 presidensiële verkiesings. Knoeiery het
ingedring in die hoofstroom van Protestantisme en baie geestelikes is skuldig
van deelname daaraan.
Na die
volg van die Tweede Wêreldoorlog, het Amerikaanse evangeliste ʼn ontploffing
gesien van Pinkster herlewings.
Gedurende
1941 het Amerika haar in oorlog begeef, en in ʼn kort rukkie se tyd het die
ekonomiese terneergedrukte Verenigde State verander in ʼn fiskale magsblok…..
Na die Tweede Wêreldoorlog het Amerika
haarself geag as dubbel geseënd. Die ekonomie het gebloei… Goeie gesondheid
het minder wonderwerke vereis… Positiewe denke het die saamgegaan met die
nasie se oorwinnende gemoed…. Self Pinkstergelowiges het die boodskap
onweerstaanbaar gevind. Gedurende 1940 en 1950 het onafhanklike Pinkster
gesondmakende evangeliste begin praat oor finansiële seëninge, geestelike
wette, en die betekenis van verhewe – geestelike geloof. Hulle nuwe fokus oor
die mag van denke om gesondheid en rykdom te verkry, sou dit die begin wees van
die hedendaagse welvaart beweging.1
![]() |
Kenneth en Gloria Copeland het baie ryk geword deur die prediking van hulle “honderdvoudige dividend” dwaling.
|
Uit
hierdie na –oorlogse herlewing, was daar geboorte gegee aan ʼn nuwe dwaling: die
“evangelie van welvaart.” Bradley A Koch omskrywe hierdie ideologie en
verklaar: “Die Evangelie van Welvaart is die leerstelling dat God wil hê dat
die mense voorspoedig moet wees, en veral finansieel. Aanhangers van die
Evangelie van Welvaart glo dat rykdom ʼn teken is van God se seëninge, en dat
die armes arm is as gevolg ʼn tekort aan geloof.”2
Dit klink
goed. Om seer te kry vir geld? Gee wat jy het aan God, en Hy sal dit aan
jou terug besorg saamgepak en met oorvloed! Gloria en Kenneth Copeland
predik ʼn leerstelling van “honderdvoudige terug kry. In haar boek, God se wil is Voorspoed, het Gloria
Copeland geskrywe:
As jy $1
vir die saak van Evangelie gee, en $100 behoort aan jou; gee $10 en ontvang
$1,000; gee $1,000 en ontvang $100,000. Ek weet dat julle kan vermenigvuldig,
maar as julle dit wil sien in swart en wit hoe groot die honderdvoudige
opbrings is … Skenk een huis en ontvang honderd huise of een huis wat honderd
keer meer werd is. Skenk een vliegtuig en ontvang honderd keer die waarde van
die vliegtuig. Skenk een motor en jy sal op jou beurt voorsien word met ʼn
leeftyd van motors. In kort, Markus 10 vers 30 is ʼn
goeie ooreenkoms.3
Dit is erger as knoeiery. Dit is simonie.
Simonie is knoeiery vermom in die gewaad van lig. Dit word omskrywe as, “Die
handeling van koop en verkoop vir die bevordering van kerklike kwytskeldings,
en ander dinge wat geag word as heilig of
geestelik.”4 Die term is afgelei vanaf Simon Malgus, wie se
verhaal ʼn verkriklike waarskuwing bevat aan alle gelowiges om die gevare van
hierdie valse evangelie te vermy.
Simon
Malgus
Simon was
ʼn towenaar. Hy het ʼn goeie lewe daaruit gemaak. Hy het al die plaaslike
inwoners oortuig dat die “wonderwerke” wat hy gedoen het, dit van Yahuwah was.
Toe het
Filippus in die stad aangekom. Die verskil tussen die wonderwerke wat deur
Filippus gebring is deur geloof in Yahuwah teenoor diegene wat mislei is deur
Simon se beswerings en swart towerkuns was so groot, dat diegene wat voorheen
deur Simon mislei is, hulle geskaar het
by Filippus en sy prediking. Wonderwerke was uitgevoer. Die siekes was gesond
gemaak. Duiwels was uitgedrywe. Simon self het geglo (na die mode) en was ook gedoop. Maar daar was nog
meer om te kom.
Toe die
apostels in Jerusalem hoor dat Samaria bekering gekom het, het hulle Petrus en
Johannes na hulle gestuur. Met hulle aankoms het Petrus en Johannes vir die
bekeerlinge gebid, en die Vader gevra om Sy gees oor hulle uit te stort, en het Hy dit gedoen!
Toe Simon
Malgus dit sien was hy verstom. Dit was ʼn vlak van mag wat hy nie besit het. Hy
wou dit gehad het! Hy vra toe aan Petrus om aan hom hierdie bekwaamheid te
verkoop. “En toe Simon sien dat deur die handoplegging van die apostels die
Heilige Gees gegee word, het hy hulle geld aangebied en gesê: Gee aan my ook
hierdie mag, sodat elkeen wat ek die hande oplê, die Heilige Gees kan ontvang.” (Handelinge
8 verse 18 en 19)
Petrus
was ontsteld. Hy het Simon Malgus skerp bestraf, in een van die hardste
veroordelings wat in die Skrif opgeteken is, deur te sê: “ Maar Petrus sê vir hom: Mag jou geld saam
met jou vergaan, omdat jy gedink het om die gawe van [Yahuwah] deur geld te
verkry. Jy het geen deel of lot in hierdie saak nie, want jou hart is nie reg
voor [Yah] nie. Bekeer jou dan van hierdie boosheid van jou, en bid [Yahuwah]
of die gedagte van jou hart jou miskien vergewe mag word. Want ek sien dat jy
in ’n gal van bitterheid en bande van ongeregtigheid is.” (Handelinge 8 verse 20 tot 23.)
Hierdie
artikel sal demonstreer dat die sonde van Simon Malgus grondliggend is tot die
sogenaamde “Evangelie van Welvaart.”
Dwalinge
van Verkeerdheid
Die
leerstelling van welvaart vrot van verkeerdheid. Dit is gegrond op drie
veronderstellings:
- Rykdom
is ʼn teken van Yahuwah se guns en seëninge. - Armoede
is ʼn teken van Yahuwah ontevredenheid met jou of iets in jou lewe. - As jy
gee aan Yahuwah, Hy gebonde is deur Sy
Woord om aan jou meer terug te gee as wat jy gegee het.
Deur Gesondheid, Rykdom en Geluk: Het die
Evangelie van Voorspoed, die Evangelie van Christus Oorskadu? Die skrywers
Russell S. Woodbridge en David W. Jones identifiseer vyf teologiese foute
waarop aanhangers van die Evangelie van Voorspoed dwaal.
Hierdie
foute word as volg gegee:
- Die
Abrahamiese verbond is ʼn manier tot materiële aanspraak. - Jesus se boetedoening reik uit na die “sonde” van materiële armoede.
- Christene
gee in orde om materiële vergoeding van God te verkry. - Geloof
is ʼn self – voorbringende geestelike mag wat tot voorspoed lei. - Gebed is ʼn instrument om God te dwing vir die gee van voorspoed.5
1. Die
Abrahamiese verbond is ʼn manier tot materiële aanspraak.
![]() |
Welvaart prediker, joel Osteen, hoof van die Lakewood Kerk, ʼn nie- dominiale charismatiese reusagtige kerk. Met ʼn gemiddeld van 52,000 mense wat elke week dienste bywoom. Joel en Vitoria Osteen woon in ʼn oorweldigende herehuis met ʼn waarde van $10,500,000
|
Welvaart
voorstaanders verdraai die Skrif, en maak aanspraak op die geestelike seëninge wat in werklikheid materiale welvaart en beloftes inhou. Dit is ʼn groot fout en dit
lei vinnig volgelinge na ʼn soort van
leerstellings wat gevaarlik is. Edward Pousson som hierdie siening van die
voorspoed evangelie oor die Abrahamiese verbond op, en verklaar: “Christene is
Abraham se geestelike kinders en erfgename van die geloof… Hierdie Abrahamiese erfenis is hoofsaaklik
uitgedos in terme van materiële aansprake.”6
ʼn
Gedeelte van Paulus word gereeld aangehaal ter ondersteuning van hierdie
verdraaide vertolkings: “Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet
deur vir ons ’n vloek te word… Sodat
die seën van Abraham na die heidene kan kom in Yahushua die Messias.” (Galasiërs
3 verse 13 tot 14)
Die
probleem is, dat hulle nalaat om die tweede gedeelte aan te haal van die vers, wat
duidelik wys op die geestelike toepassing soos Paulus bedoel het: ” Sodat die seën van Abraham na die heidene
kan kom in Yahushua die Messias.” (Galasiërs 3 vers 14.)
Die werk
van die Heilige Gees was duidelik verklaar deur die Verlosser:
Maar Ek
sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek
nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal
Ek Hom na julle stuur;
en as Hy
kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel:
van
sonde, omdat hulle in My nie glo nie;
En van
geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie;
en van
oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is.
Nog baie
dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit nou nie dra nie.
Maar
wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele
waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor,
sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig. (Johannes
16 verse 7 tot 13.)
Neem
kennis: dat nie ʼn enkele boodskap van materiële welvaart kan gevind word in
hierdie verse. Die Gees bring rykdom van
die Hemel met geestelike seëninge!
Dit word bevestig in Galasiërs 3 vers 29 wat
verklaar: “ En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van
Abraham en volgens die belofte
erfgename.” Dit is vanselfsprekend dat dit ʼn geestelike toepassing het,
en nie ʼn fisiese een. ʼn Heiden gelowige
hoef nie sy mitochondriale DNA toweragtig te verander met bekering. Ons
behou ons fisiese liggame na bekering maar ons is die geestelike saad van Abraham. Dit volg op die “belofte” waarvan
gepraat is oor geestelike rykdom, en nie materiële welvaart.
2. Jesus
se boetedoening brei uit na die “sonde” van materiële armoede.
Weer, klink dit goed op die
oppervlakte. Maar dit plaas ‘n ontsettende las van skuldgevoelens op volgelinge
deur die leerstelling dat materiële armoede ʼn sonde is. Met die toevoeging van
fisiese ontberings en siekte wat sowel as sonde gereken word. Kenneth Copeland
skrywe:
Die
besonderse beginsel van die Christen lewe is om te weet dat God ons sondes van
siekte, kwale, hartseer, lyding en armoede op Jesus geplaas het by Golgota. Vir
God om dit alles op ons te plaas om ons te leer om ons geloof te versterk sal
dit ʼn misgeboorte van geregtigheid wees. Om te glo dat God ʼn doel het met siekte sou dit beteken dat Jesus ons siekte
tevergeefs gedra het. Wat ʼn belediging van Sy liefde is, versorging en medelye
vir ons!7
Dit is niks anders as dieselfde oue las
wat die Fariseërs gebruik het op onskuldige lyers! Yahushua het altyd sulke geloof verwerp.
EN toe Hy
verbygaan, sien Hy ’n man wat blind was van sy geboorte af. En sy dissipels vra
Hom en sê: Rabbi, wie het gesondig, hierdie man of sy ouers, dat hy blind
gebore is?
Yahushua
antwoord: Hy het nie gesondig nie, en sy ouers ook nie; maar die werke van
Yahuwah moet in hom openbaar word. (Johannes 9 verse 1 tot 3)
3. Christene
gee in orde om materiële vergoeding te verkry van God.
Daar is ʼn
woord vir dit en dit word genoem omkopery. Omkopery is: “ Geld wat gegee word
vir gunste wat gegee word of belowe is in orde om die oordeel te beïnvloed of
handeling van ʼn persoon in ʼn vertrouens posisie… iets wat dien om invloed te
verkry.”8 Omkopery is onwettig in die meeste lande, en tog is dit
presies wat Christene doen wanneer hulle gee om te ontvang.
Welvaart
predikers verwys self na dit as die “Wet van vergoeding.” Dit is nie om
onselfsugtige gee, maar die uiterste verpersoonliking van selfsugtigheid. Hulle gee in orde selfs iets groter te ontvang. Dit
weerspreek die onderrig van die Verlosser wat sê: “ Maar julle moet jul vyande liefhê en goed
doen en leen sonder om iets terug te
verwag, en julle loon sal groot wees; en julle sal kinders van die
Allerhoogste wees; want Hy self is goedertieren en oor die ondankbares en
slegtes. (Lukas 6 vers 35) Die
beloning sal groot wees wat in die Hemel ontvang sal word. Materiële voorspoed
is nie aan een belowe aan hierdie kant van die ewigheid.
4. Geloof
is ʼn self genereerde geestelike mag wat tot voorspoed lei.
![]() |
“Die Kenneth Copeland Lughawe, is ʼn private lughawe wat deur sy bedieninge gevestig is, sigbaar van die noord – ooste van die huis. Die organisasie parkeer ‘n Citation X vliegtuig van $20 miljoen, en nog ʼn ander kleiner een daar. Gedurende 2007, was Copeland beskuldig dat hy die vliegtuig vir persoonlike vakansies en vriende gebruik het.” Copeland “besit drie vliegtuie, en sowel sy kerk, noordwes van Fort Worth, beskik ook oor ʼn klein vloot. Verlede Maart, nadat daar vir donateurs gevra is om om ongeveer $20 miljoen by te dra, het sy kerk eienaarskap ontvang van ʼn vliegtuig wat in staat is om een myl in 60 sekondes te vlieg. Onlangs, het die kerk ʼn vyfde vliegtuig bekom: teen $3,4 miljoen.” (http://virtualglobetrotting.com/map/kenneth-copelands-house/) (http://www.religionnewsblog.com/19870/kenneth-copeland) |
Die Bybel
leer ons dat geloof ʼn gawe is. Dit groei
deur die hoor van die woord van Yah. Geloof word omskrywe as: “ Geloof, is die
inwilliging van die verstand tot die waarheid wat verklaar word deur ʼn ander,
en die berusting op sy gesag as geloofwaardig, sonder enige bewyse.”9 Dit is geloof. Welvaart predikers hou ʼn aanloklike aas voor
as byt. Hulle gebruik ‘n woord met ‘n positiewe konnotasies (geloof), maar dan
geleidelik herdefinieer dit in iets wat
nie ondersteun word deur die Woord van Yah!
Kenneth
Copeland verklaar: “Geloof is ʼn geestelike krag, en ʼn geestelike energie, en ʼn
geestelike mag. Dit is hierdie krag van geloof wat die wette van die geestelike
wêreld funksioneer. … Daar is sekere regerende wette oor voorspoed wat in God
se woord openbaar word. Geloof veroorsaak dat hulle funksioneer. Hulle sal
funksioneer as hulle aangewend word, en hulle sal ophou om te funksioneer
wanneer die krag van geloof gestaak word.” Dan voeg hy by met lasterlike
veronderstellings: “Sien julle hoe dit funksioneer? Die wette van welvaart werk
dieselfde as die wette van redding, gesondmaking en so aan.”10
Welvaart
predikers leer van ʼn verskillende geloof wat gevind word in die evangelie, want
die evangelie van welvaart is ʼn valse
evangelie. Paulus praat van valse leermeesters, en waarsku gelowiges teen,”
heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die
mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring.” (Efesiërs 4 vers 14.)
5. Gebed
is ʼn middel om God te dwing vir die gee van voorspoed.
Welvaart
predikers leer dat die veronderstelling, en van die gedagte dat sekere woorde
en sekere aansprake, die Almagtige kan forseer om te doen wat ook al die
gelowige se versoek is. Dit is nie verskillend van die heidense opsweping wat
beplan is om die geeste te dwing om
te gehoorsaam!
![]() |
Creflo A. Dollar verklaar: “ Wel jy benodig om te hoor van geld, omdat jy geen liefde en vreugde en vrede sal besit totdat jy geld kry nie!” |
Creflo
Dollar, ʼn Amerikaanse televisie – evangelis en stigter van die World Changers
Church Internasionaal, skrywe in ʼn, “Gebed: Jou Pad na Sukses:” “ Wanneer ons
bid, en glo dat ons alreeds ontvang het waarvoor ons vra, God geen ander keuse het om aan ons gebede te voldoen. Hy eer Sy
Woord, en nie ons emosies… Deur toe te laat dat die Woord die grondslag is van
ons lewe van gebed, sal ons vertroue in ons gebedenuwe hoogtes bereik.”11
Gebed is
die asemhaling van die siel, maar dit is nooit die medium om die Almagtige te
laat voldoen aan ons vereistes. By
Getsemane, het die Verlosser ernstig gebid dat Hy nie die “beker hoef te
drink,” maar elke keer as Hy pleidooi daarvoor gelewer het, het Hy by
gevoeg, ”Laat nogtans nie my wil nie,
maar u wil geskied! (Lukas 22 vers 42)
Verder en
meer, moet ons vertroue wees in die liefde van die Vader, en in die meriete van
die Verlosser, en nie in ons eie gebede!
Dit is
aanmatigend om Yah te beveel
Dawid het
gebid: “Hou u kneg ook terug van moedswillige sondes; laat dit nie oor my heers
nie. Dan sal ek onbestraflik wees en vry van groot oortreding.” (Psalm 19
vers 14.) Die Welvaart dwaalleer is niks anders as vermetelheid! Dit is ʼn veronderstelling, en
ongeag wat die toestand is van iemand se hart, en dat ʼn persoon aanspraak kan
maak op die belofte dat enigiets kan kry waarvoor hy wens.
David W.
Jones, in sy voorwoord van Health, Wealth
& Happiness, verklaar:
Terwyl ek
versekerlik vroeg in my lewe blootgestel is aan die evangelie van welvaart, was
dit nie tot ek begin het met my kweekskool opleiding, dat ek vergryp het die grootte en invloed van
die beweging van die evangelie van voorspoed. Ek was verbaas om te vind dat my
klasmaats en leke wat hulle verhouding met God sien as ʼn onderneming van gee en
ontvang. Hulle beskou God as ʼn soort van vroetelpappie wat bestaan om hulle
gesondheid, rykdom en geluk te gee as rekening vir dienste gelewer. Terwyl God
verseker voorsien en omsien na Sy volgelinge, die teologie van voorspoed is die verdorwenheid van Sy
openbaring, en ʼn verdraaiing van Sy plan van verlossing, en ʼn denke wat uiteindelik
daartoe sal lei, in die roekelose aanskouing van die materiële wêreld.12
Hierdie
roekelose siening is gegrond op ʼn veronderstelling, en dit ʼn werklike probleem
is wat ontelbare opregte individue laat seerkry. Pastoor Rick Henderson,
waarsku oor die voorspoed prediker, Joyce Meyer, en skrywe: “ Nie alleenlik
leer sy om te gee as ʼn hefboom om meer geld te ontvang van God, en is sy
roekeloos met desperate mense. Sy is
glad nie bekommerd as mense aan haar gee eerder as om hulle rekeninge te
betaal. Dit is onverdraaglik!13
Steeds
slegter, is dit wat hierdie valse evangelie nou regoor die wêreld uitgedra
word, en teister diegene wat alreeds swaarkry en desperaat arm is in die derde
wêreld lande.
Yahushua
het gewaarsku: “EN Hy het vir sy dissipels gesê: Dit is onvermydelik dat die
struikelblokke kom, maar wee hom deur wie hulle kom. Dit is beter vir hom as ’n
meulsteen aan sy nek gehang en hy in die see gegooi word, as dat hy een van
hierdie kleintjies sou laat struikel.” (Lukas 17 verse 1 en 2) Die
“kleintjies” waarvan hier gepraat word in nie alleenlik kinders. Hulle is
enigiemand wat weerbaar is, en waardeur daar deur iemand anders voordeel verkry
word.
Skrywer
en spreker, John Piper, spreek hom sterk uit met woorde wat hy sê oor die
predikers van welvaart, wat miljardêrs geword deur te aas van weerloses wat finansieel
swaarkry.
Hierdie welvaart
predikers praat nie alleenlik met Amerikaners wat alreeds gegoed is … hulle
klim op hulle vliegtuie, hulle persoonlike vliegtuie, en vlieg hulle na Afrika
of die Filippyne, en land daar en vergader hulle ʼn stadium vol van 100,000
desperate arm mense, en vertel hulle as hulle glo in Jesus, sal hulle ryk word,
en aan hulle behoeftes voorsien sal word ….. en dan klim hulle in hulle
vliegtuie met hulle sakke vol en keer huis toe. Dit is boos. Omdat die Bybel so
gevul is met leringe dat in hierdie lewe, dit maar ʼn kortstondige pyniging is.
Hierdie lig oor kortstondige pyniging vir ons tot nut is as ʼn ewige bate van
die heerlikheid wat verder is as enige vergelykbaarheid.14
Biskop David Oyedepo is ʼn Nigeriese prediker, en die stigter van die Living Faith Church Wêreldwyd. Hy besit ʼn netto waarde van 150 miljoen, en besit vier private vliegtuie, met huise in die Verenigde State en Engeland. Oyedepo se kerk het ʼn 214,48 hektaar (530 akker) fataliteit bekom, bekend as Kanaanland, wat dien as sy hoofkwartier. Dit huisves ‘n 50,000 sitplek audotoruim, die “Faith Tabernacle,” wat die sogenaamde grootste kerk audotoruim bevat in die wêreld. Dit is ook opgeteken deur die Guiness Book of Records as ʼn prestasie.” https://genemcvay.wordpress.com/2014/11/02/rich-preacher-poor-preacher/
Geestelike
Kunstenaars van Bedrog
Carlo
Ponzi was gebore te Parma Italië, gedurende 1882. Hy het gedurende 1903 na die
VSA geïmmigreer. Gedurende sy reis na die VSA het hy al sy geld weg gedobbel,
en verklaar later: “Ek het in hierdie land aangekom met net $2,50 in kontant en
ʼn miljoen verwagtinge wat my nooit verlaat het.” Nadat ek ʼn paar jaar in ʼn Kanadese tronk
deurgebring het ( vir Tjek bedrog) en ʼn ander keer in die VSA vir die smokkel
met onwettige emigrante, het ek ʼn plan uitgebroei om een miljoen dollars te maak deur verwagtinge, en wat ʼn werklikheid geword het.
Hy het daarin
geslaag! “ Hy het ʼn herehuis te Lexington, Massachusetts gekoop, met lugreëling
en ʼn verhitte swembad. Hy het verklaar dat hy $250,000 per dag gemaak het.”15
Dit het nie lank gehou, en alhoewel gedurende 1920 was daar ʼn ondersoek na sy
opbrengs. Beleggers het paniek bevange
geraak, en geëis dat hulle geld terug
betaal word. Ponzi kon natuurlik dit nie betaal. Ponzi was ʼn bedrieër
kunstenaar. Beleggers was bedrieg uit ongeveer sewe miljoen dollars. Ponzi het
die volgende 14 jaar in die tronk deurgebring, en het sy naam verleen aan ʼn
besonderse bedrog beleggings skema wat kwaksalwers steeds poog om te gebruik
tot vandag: die Ponzi Skema.
Hierdie
ryk welvaart predikers is selfs slegter as die Carlo Ponzis en Bernie Madoffs van
die wêreld. Hulle is slegter omdat hulle eintlik, Yahuwah, en Sy karakter
verkeerd voorstel. Wanneer ʼn gelowige die leuens aanvaar, en die vervoerings,
en in die desperaatheid van finansiële verligting, gee hy wat hy kan, en in die
werklikheid gegee wat hy nie kon bekostig, en uiteindelik opeindig deur sy huis
en werk te verloor, en blameer hy nie die prediker wat hom geleer het om dit
aan te neem nie. In plaas daarvan, twyfel hy oor die liefdevolle karakter van Yahuwah
wat verkeerd voorgestel word.
Hierdie geestelike bedrieërs van kunstenaars gebruik emosionele manipulasie om steeds meer geld
van hulle luisteraar uit te wurg. Hulle
gebruik die nood van diegene wat alreeds finansieel swaarkry om die bietjie te vat wat hulle oor
het, deur die belofte as hulle hulle offerandes betaal, sal hulle meer ontvang
as wat hulle gegee het. Hulle sê dat, “Jy nooit genoeg kan gee aan God,”
en as ‘n ekstra aansporing om elke laaste pennie tot die welvaart evangelie
bediening te gee.
Miskien
is die hardvogtige verdraaiing wanneer die argument gegrond is op die
sogenaamde nood vir die bou van die derde tempel. As die mense gereeld bydrae
tot die welvaart bedieninge en nooit ʼn finansiële dividend ontvang ten spyte
van hulle al hulle bydraes, mag hulle wakkerskrik en ophou om by te dra tot
daardie bediening. Dit nie so is as die rede wat gegee word gebruik word om te
gee vir die behoefte en vir die herbouing van die tempel in Jerusalem.
Hierdie
argument word gegrond op Yahuwah se belofte aan Abraham: “En Ek sal seën diegene
wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte
van die aarde geseën word.” (Genesis 12 vers 3.) Dit is ʼn
fyne bedrogspul wat miljarde dollars jaarliks invorder. Miljarde dollars
verdwyn in die niet, omdat die tempel steeds nog nie gebou is, en die
behoefte steeds bestaan.
www.InPlainSite.org Het die leefwyses van 22 televisie – evangeliste en evangeliese welvaart predikers ondersoek . Joel Osteen Kenneth Copeland Creflo Dollar Paula (And Randy) White Benny Hinn Eddie Long “Bishop” Elijah Bernard Jordan T.D. Jakes |
Godsdienstige
Bedrog
Die
“Evangelie van Welvaart,” het sy oorsprong vanaf die antieke – heidendom, en
deur Katolisisme, na die hedendaagse
Evangeliese Protestantisme. Dit is besigheidsooreenkoms.
In die handel word iets ontvang in ruil vir iets anders. In die heidendom, is
die prys wat betaal word in ruil vir gesondheid, rykdom, of oorwinning was dit
dikwels die offer van ʼn kind. Roomse Katolieke het geld in ruil gegee vir
beloofde guns. Hedendaagse Evangeliste wat die weelde dwaling aanhang
verkondig, gee, en gee, en gee in die hoop, en in ruil van die wil van Yahuwah
wat verplig sal word om aan hulle weelde te verskaf.
Hierdie
begrip is lewendig en goed gevestig in Afrika waar, “Welvaart leermeesters in
Afrika daarop aanspraak op die vermoë van gesondmaking, die breek van vloeke,
herstel van huwelike, en om ongeluk ongedaan te maak, en meer.”16
In ʼn
verslag vir TGC International Outreach het, … Charles Karuri die probleem
aangespreek van valse leerstellings wat regoor die Afrika kontinent waai.
Karuri, die pastorale assistent by die Emmanuel Baptiste Kerk in Nairobi,
Kenia, beskryf die “weelde evangelie, ”as ʼn boosaardige versinsel: “Afrika
armoede, werkloosheid, en algemene gemeenskaplike wanfunksionering asook die
ontmoeting van die antitesis wat gebore is uit Pentekostalisme en tradisionele
Afrika gelowe … Hierdie is die besonderse dinge wat die toordokter terug in die
statte doen lank voor die boodskap van die evangelie van weelde aangekom het op
ons strande,” het Karuri gesê.17
Lewens is
verwoes, individue het seer gekry, en geloof was vernietig deur hierdie
godsdiens bedrog wat geen plek het in die
Christendom. (Om Tom Killingsworth se ondervinding te lees as werknemer
van Copeland Bedieninge, kliek
hier.) Die Skrywer Soren Dreir beskrywe die bedrog baie duidelik,
en verduidelik: “Die geskenke is nie ʼn werklikheid, omdat hulle plaasvind as ʼn
bedoeling tydens spesiale geleenthede.
Die geskenke is nie ʼn werklikheid
omdat dit omkopery is: ‘As jy dit doen, en dat – sal ek jou beloon.’ Enige vorm van geskenk wat gegee as ʼn alternatiewe bedoeling nie ʼn geskenk is, dit
is manipulasie, en ontbloot dit die ‘gewer’ en die ‘gewer’ se agenda.”
Geld wat
gegee word met die bedoeling om iets in ruil daarvoor te ontvang is nie ʼn
vrywillige offergawe. Dit is omkopery. Die evangelie wat Yahushua geleer heeltemal
teenoorgesteld van dit is. Hy sê:
PAS op
dat julle nie jul liefdadigheid voor die mense bewys om deur hulle gesien te
word nie; anders het julle geen loon by julle Vader wat in die hemele is nie.
Wanneer jy dan liefdadigheid bewys, moenie ’n trompet voor jou blaas soos die
geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen, dat hulle deur die mense
geëer kan word nie. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg. Maar jy,
as jy liefdadigheid bewys, laat jou linkerhand
nie weet wat jou regterhand doen nie. (Mattheüs 6 verse 1 tot 3.)
Mense wat
mislei is deur die evangelie van welvaart hou deeglike rekord van wat hulle
gegee het, met die volle verwagting van groot dividende op hulle “belegging.”
Hulle verseker nie gee deur vergeetagtigheid, en nie toelaat dat hulle
regterhand nie weet wat die linkerhand gee.
Gedurende
die verlede, wanneer kerke ʼn sekere grootte bereik, sal hulle afstig en ʼn nuwe
gemeente vorm. Dit was om 1.) die evangelie te versprei en te evangeliseer, en
2.) om die bestaande behoefte van lidmate te ontmoet. Die predikers van die
evangelie van welvaart dit nie doen. In
plaas daarvan, is hulle houding hoe groter hoe beter! Nie alleenlik vermeerder
dit die fondse van hulle bedieninge ( en sodoende ook hulle salaris tjeks te
verhoog) maar is dit ook ʼn subtiele invloed op die verstand onder kerk lidmate.
Die evangelie van welvaart werk alleenlik met die mentaliteit van kuddes van
groot groepe. Dit is die manipulering van die denke omdat dit, wat as rede
gegee word “So baie mense kan nie verkeerd wees!”
“Pastoor [Joel] Osteen bekom ʼn nuwe huis vir die Lakewood Church vanaf die voormalige Compaq Sentrum gedurende 2005. Die 16,000 sitplek arena is die huis van die nasie se grootste gemeente, (43,000 lidmate) en het dit ʼn opknapping ondergaan van $95 miljoen, volgens die artikel van die New York Times gedurende 2005. ‘Soos baie van die nuwe evangeliese kerke, het die gebou geen kruis, en geen gekleurde glas, of enige ander godsdienstige beeldbeskrywinge. In plaas daarvan, het dit ʼn kafee met wifi internet toegang, 32 video speletjies kiosks en ʼn kluis vir die bêre van die offers,’ het die koerant se verslag gemeld.”(http://www.christianpost.com/buzzvine/joel-osteens-10-5-million-mansion-cross-less-church-and-other-surprising-facts-about-the-mega-pastor-106986/)
Geen Mens
Kan Twee Meesters Dien.
Mense wat
die dwaling van die welvaart evangelie
aanhang pak die ontmoontlike aan. Yahushua het prontuit gesê: “Niemand kan twee
here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die
een aanhang en die ander verag. Julle kan nie Yahuwah én Mammon dien nie!” (Mattheus
6 vers 24.) “ Mammon is ʼn interessante klein woordjie wat afgelei is
van die Grieks, Mammonas, of hebsug. Hebsug is die “Oordrewe of Onversadigbare
begeerte na rykdom of wins.”18
Die welvaart evangelie is die evangelie van Mammon.
Petrus
het ernstig gewaarsku oor hierdie vernietigende leerstelling, en verklaar:
MAAR daar
was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars
sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook Judas die
[Yahuwah] wat hulle gekoop het, verloën en ’n vinnige verderf oor hulleself
bring; en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg
van die waarheid gelaster word; uit
hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek. Oor hulle is
die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie. (2
Pertrus 2 verse 1 tot 3.)
Die
evangelie van welvaart is baie gewild omdat dit ʼn oproep maak op twee groot
groepe van mense: die gulsige, en die wat finansieel swaarkry. Byna almal kom
voor in hierdie twee kategorieë. Alhoewel, deur hierdie dwaling, is jou sukses
nie afhanklik op Yahuwah se goedheid en liefde.
Eerder, is jou sukses afhanklik van jou vermoë om positief te dink, en
jou werklikheid te verander deur jou eie werke: deur die betaling van tiendes
en offers. Slegter nog, dat jou geestelike verhouding met Yah veroordeel word
deur enige uitwaartse vertoon van rykdom wat jy kan maak. Dit volg omdat armoede en begeerte sonde is, en dat
spoggerige vertonings van rykdom ʼn teken is van Yah se guns! Geestelike trots
neem oor. Dit is nie verskillend van die houding van die Fariseërs van 2,000 jaar gelede.
Hierdie
dwaling skaamteloos die Skrif weerspreek, wat herhaaldelik verklaar dat
verdrukking die lot is van Yahushua se volgelinge hier op aarde. “Dit het Ek
vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle
verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.” (Johannes
16 vers 33)
Welvaart
evangelie predikers vergader skatte wat verganklik is. Slegter nog, dat hulle
menigtes op ʼn dwaalspoor lei, en hulle aanmoedig om dieselfde te doen. Yahushua
se boodskap is heeltemal teenoorgesteld van die evangelie van welvaart. Hy sê:
MOENIE
vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar
diewe inbreek en steel nie;
maar maak
vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar
diewe nie inbreek en steel nie;
want waar
julle skat is, daar sal julle hart ook wees. (Mattheus 6 verse 19 tot 21.)
Yahushua
het verder gewaarsku dat deur rykdom kom groot geestelike gevaar! “Dit is
makliker vir ’n kameel om deur die oog van ’n naald te gaan as vir ’n ryk man
om in die koninkryk van [Yahuwah] in te gaan.” (Markus 10 vers 25.) Paulus
was meer prontuit. Hy skrywe:
Maar die
wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike
begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang. Want die
geldgierigheid is ’n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het
hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor. Maar jy,
man van Yah, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid,
godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid. (1 Timotheus 6 verse 9 tot 11.)
Welvaart
predikers moedig mense aan om te strewe na die dinge waaroor Paulus waarsku om
te vlug, omdat dit baie hartseer veroorsaak!
Die Bybel
is duidelik: dat die lewe op die sondige aarde vol van hartseer en wee is. Ons
gaan die Koninkryk van die Hemel in alleenlik deur baie beproewinge en
verdrukkinge. Yahushua het aan Pilatus gesê: “My koninkryk is nie van hierdie
wêreld nie.” (Johannes 18 vers 36.) Die
beloftes wat gegee word vir die lewe op aarde grootliks geestelike beloftes is, terwyl die beloftes vir materiële voorspoed hoofsaaklik is vir die lewe wat
gaan kom.
Moenie
mislei word deur jou geld te stuur aan kwaksalwers. Moenie aanneem as jy
finansieel swaarkry jy onder die vloek
van Yah is. Die Vader werk nie op daardie manier. Yahushua het selfs nie ʼn huis gehad om sy eie
te noem, en tog het die Vader aan Hom gesê:
“Dit is my geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het.” (Mattheus
3 vers 17.)
Neem jou
kruis en volg in die voetstappe van Yahushua. Gee jou aandag (en jou offers)
vir die redding van siele en wees tot seëninge vir diegene wat in nood verkeer
rondom jou. Wêreldse welvaart is aan niemand aangebied in hierdie lewe, maar ʼn
goddelike Kameraadskap is belowe. Hy sal
nooit verlaat of jou in die steek laat, ongeag die paaie waarop jy geroep is om
te gaan.
Laat jou
weg aan die [Yahuwah] oor en vertrou op Hom, en Hý sal dit uitvoer;
Swyg voor
[Yahuwah] en verwag Hom; wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is
nie, op die man wat listige planne uitvoer nie.
ʼn Klein bietjie is vir die regverdige beter as
die rykdom van baie goddelose;
want die
arms van die goddelose sal verbreek word, maar die Here ondersteun die
regverdiges.
[Yahuwah]
ken die dae van die opregtes, en hulle erfdeel sal tot in ewigheid bly.
Hulle sal
nie beskaamd staan in die slegte tyd nie, en in dae van hongersnood sal hulle
versadig word.
Deur
[Yahuwah] word die gange van ’n man bevestig, en Hy het ’n welbehae in sy weg.
As hy
val, dan stort hy nie neer nie; want [Yahuwah] ondersteun sy hand.
Ek was
jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien,
of dat sy nageslag brood soek nie. (Psalm 37 verse 5; 7; 19 tot 19, en 23
tot 25.)
Vertrou
op Yahuwah. Hy weet wat jou nood is en Hy sal hulp stuur wanneer jy dit nodig
het. Hy hoef Hom nie om te koop. Hy is lief vir jou. Hy is verheug om aan Sy
kinders elke goeie ding te gee.
Dit is
voldoende.
1. Kate
Bowler, Blessed: A History of the American Prosperity Gospel, p. 39.
2. Koch,
“Who Are the Prosperity Gospel Adherents?” Journal of Ideology, Vol. 36, 2014.
3. Gloria
Copeland, God’s Will Is Prosperity, p. 54.
4. Simony,
Webster’s New Universal Unabridged Dictionary, 1983 ed.
5. David W.
Jones, “5 Errors of the Prosperity Gospel,” The Gospel Coalition, June 5, 2015.
6. Edward
Pousson, Spreading the Flame: Charismatic Churches and Missions Today, 1992.
7. “Why Do
Bad Things Happen?” http://www.kcm.org/real-help/spiritual-growth/learn/why-do-bad-things-happen
8. https://www.merriam-webster.com/dictionary/bribe
9. Noah
Webster, American Dictionary of the English Language, 1828 ed.
10. Kenneth
Copeland, The Laws of Prosperity.
11. https://www.thegospelcoalition.org/article/5-errors-of-the-prosperity-gospel,
emphasis supplied
12. David W.
Jones, and Russell S. Woodbridge, Health, Wealth & Happiness: Has the
Prosperity Gospel Overshadowed the Gospel of Christ?, p. 8.
13. http://www.huffingtonpost.com/pastor-rick-henderson/osteen-meyer-prosperity-gospel_b_3790384.html
14. https://www.youtube.com/watch?v=jLRue4nwJaA
15. http://www.biography.com/people/charles-ponzi-20650909
16. Norlan
De Groot, Patti Richter, “Untangling a Twisted Gospel in Africa,”
https://www.thegospelcoalition.org/article/untangling-a-twisted-gospel-in-africa
17. Ibid.