Mej. Wagner was
bekommerd. Die agtermiddag se veld
uitstappie na die trein museum met haar klas van graad twee het goed afgeloop. Die kinders het baie belanggestel en (vir die
grootste gedeelte) hulle goed gedra. Sy
was in staat om Chad en Tim se kortstondige stoeiery te keer voor daar enigiets
beskadig is by die museum. Sy was ook in
staat om ʼn badkamer net betyds vir klein Lindy te vind, wat regmatig steeds in
graad een moes gewees het. Alle kinders
behalwe een was betyds afgehaal deur hulle ouers.
Dit was Pamela
Forsythe wat nie kom haal is. Drie uur
het gekom en gegaan. Vier en ook vyf uur
is alreeds lank verby. Mej. Wagner het
nie die telefoon nommer van Pamela se ouerhuis gehad, en volgens die tyd was
daar niemand by die skool by wie sy kon vrae.
Sy het nie geweet waar Pamela woon en nog meer, Pamela het ook nie
geweet waar hulle woon nie.
Gedurende die herfs
van 1964 was Indianapolis op die grens van konflik as gevolg van rasse
spanning. Die vervoer museum was ook nie in die beste gedeelte van die stad en
Mej. Wagner het begin om angstig te raak. As sy Pamela saam met haar huis toe
neem, is daar geen manier om haar ouers te laat weet waar hulle klein
dogtertjie is. Met geen manier om hulle te kontak, is dit al wat sy kon doen is
om te sit en wag. Wag En wag.
Die onderwyser en
die dogtertjie het Spioen oog, en wat Sê
Simon asook verskeie raai, raai speletjies gespeel om die tyd te verdryf.
Herhaaldelik het die onderwyser aan die kind gesê om haar nie te bekommer,
waarna klein Pamela altyd gesê het, “Dit is reg my Ma sal kom om my te
haal.”
Om kwart oor 5, het
die man wat die museum bestuur uit gekom.
Hy was ook bekommerd. Hy het nie
daarvan gehou om weg te ry en om die vrou en die kind alleen agter te laat in
die donkerte en in die parkeer terrein.
Uiteindelik, om
17h30, meer as twee as twee ure nadat die ander kinders afgehaal is, het Mev.
Forsythe gearriveer in ʼn warrelwind en met verskonings en verduidelikings. Sy
gee haar klein dogtertjie ʼn drukkie wat kalm uit die onderwyseres se motor
klim, en met ʼn gewoel in haar moeder se motor klim en toe met ʼn vrolike gewuif
sê,” Dankie Juffrou Wagner! Sien jou môre!”
Terwyl sy huis toe
ry verwonder Mej. Wagner haar oor hoe kalm Pamela was. Sy was nie senuagtig. Sy was nie bang. Sy was nie bekommerd. Sy het geweet dat haar moeder haar sou kom
haal. Die gedagte het duidelik nie in
die kleine dogter se verstand bestaan dat haar moeder nie dalk sal kom. Inplaas
daarvan was, was sy ontspanne, vrolik en speletjies gespeel en gekuier met haar
onderwyseres. Sy het heeltemal volle
vertroue gehad in haar moeder omdat haar moeder gesê het dat sy sal kom. Hierdie
volle vertroue in haar moeder het dit toegelaat dat Pamela geduldig gewag het
vir twee ure totdat haar moeder opgedaag het.
Die Nuwe Testament
is gevul met vermanings aan gelowiges om geduld te beoefen, en eer aan diegene
wat dit doen. Dit is baie duidelik ʼn
belangrike geestelike eienskap om dit te besit. Die probleem is egter, die
meeste mense verstaan nie presies wat “geduld” is, soos waarvan daar in die
Skrif gepraat word. Deur om te onthou
hoe daar geskel was oor ons as kind, “Wees geduldig!” neem hulle aan dat geduld
niks anders is om kalm te wees in verveeld te voel tydens onvoorsiene
vertragings. Dit is sulke verklarings
wat deur die hedendaagse woordeboeke ondersteun word wat geduld beskryweas: “
die wil of vermoë om te wag of om te verduur sonder om te klae.”1
Alhoewel ʼn taal
veranderbaar is, en daar ʼn paar tale is en is hulle ook meer as net Afrikaans, wat daar gedurig woorde byvoeg word en beskrywings
wat verander, in sy ewigdurende uitbreiding van sy woordeskat. Om die volle
belangrikheid te begryp van wat na in die Bybel verwys word, wanneer daar beveel
word aan gelowiges om, “geduld” te beoefen, is dit nodig om te verstaan hoe die
woorde verklaar is toe die Bybel vertalers dit gekies het om die oorspronklike
Griekse woord te verteenwoordig.
Geduld is: Die
ontbering van leed, pyn, moeisaamheid, rampspoed, teistering of enige ander
boosheid, met ʼn kalm en bedaarde humeur, en die verduring daarvan sonder
murmurering of iesegrimmigheid. Geduld kan sy oorsprong vind uit die
grondigheid van vasberadenheid…. of deur Christelike oorgawe aan die
goddelike wil….. Deur die handeling van
die geduldige afwagting vir geregtigheid of vir die verwagte goeie sonder ontevredenheid.2
Baie meer as die
verduring van verveeldheid met kalm gees, is die Christen se geduld wat gevind
word in geloof, en is dit ʼn belangrike gedeelte van geestelike ontwikkeling.
Die beproewinge wat in ons lewe voorkom word toegelaat deur Yahuwah, om ons te
ontwikkel in geestelike krag en standvastigheid. Die gedeelte volgens Romeine
5, verduidelik Paulus die metode waardeur geduld aangeleer kan word, en
asook die geestelike beloning wat
daardeur verkry kan word:
“En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in
die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk, en die
lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop; en die hoop beskaam nie,
omdat die liefde van Yahuwah in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees
wat aan ons gegee is.” ( Romeine 5 verse 3 tot 5)3
Die worstelinge en
beproewinge en gevare wat oor die pad kom van almal wat Yahuwah volg word
toegelaat deur Sy oneindige Liefde. Hierdie besonderse versoekinge kan oorwin
word alleenlik deur geloof en in vertroue in die goddelike mag. Dit verskaf aan
elke persoon individuele kennis, en die individuele dat Yahuwah betroubaar
is.
“Geduld” is beskikbaar aan almal wat daarna
verlang. Dit word verkry deur te kies om om Yahuwa te vertrou in daaglikse
lewe. Dit is ʼn keuse van die gewete. Dit is nie ʼn gevoel wat gegrond is op
gevoel. Inderdaad, moet gevoel van, (vrees of twyfel) dikwels verontagsaam word
wanneer geloof beoefen word. Geloof is die “ inwilliging van die verstand tot
die waarheid wat deur ʼn ander verklaar word as die waarheid, en berus dit op sy
gesag en geloofwaardigheid, sonder enige ander bewyse.4
“Daar is baie dinge
wat Yahuwah verlang om vir Sy kinders te doen, maar as hulle kies om geloof te
beoefen, is Hy beperk wat Hy vir hulle kan doen. Soos dit Yahushua verduidelik
word: “Wat dit betref—as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat
glo.” (Markus 9 vers 23.)
Wanneer daar
geantwoord op die gebed in geloof, word daar deur Yahuwah gewerk in ʼn magtige
bevryding, en word dankbaarheid gewek in die hart. Op sy beurt is dankbaarheid
vir seëninge ontvang inspireer dit liefde. Dit is ʼn self indringende siklus van
liefde wat ontvang is, en wat verkry deur word deur hierdie ondervinding en
inspireer dit steeds groter geloof!
Maak die keuse om
die beloftes te glo wat in Skrif gegee word. Dit is Yahuwah se woorde aan jou.
Grond jou vertroue op jou persoonlike kennis van Hom as ʼn almagtige en in alles
liefdevolle Skepper. Dit was vir hierdie besonderserse rede dat Yahuwah
ontelbare beloftes in Sy Woord gegee het.
“Immers,
sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur
die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug, waardeur Hy
ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur
deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid
ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is. En juis daarom ook moet
julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die
deug die kennis, en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid,
en by die lydsaamheid die godsvrug, en by die godsvrug die broederliefde, en by
die broederliefde die naasteliefde. Want as hierdie dinge by julle aanwesig is
en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van Yahushua die Gesalfde nie.” (2 Petrus 1 verse
3 tot 8.)
Diegene wat in
vertroue oorgee aan die goddelike wil sal geduld verkry. Hulle vertrou Yahuwah
in alle dinge en wetende dat: “om aan jou bekend te maak dat die mens nie van
brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van Yahuwa
uitgaan.” (Deuteronomium 8 vers 3) Wanneer daar seergemaak of onreg gepleeg word
deur ander, is dit diegene met geduld wat nie weerwraak soek. Hulle vertrou op
Yahuwah in reg en onreg, en eis Sy beloftes: “Aan My kom die wraak toe, Ek sal
vergeld, spreek die Yahuwah.” (Romeine 12 vers 19)
Geduld, soos
gedurende die wedloop van ʼn atleet het Paulus dit verbind tot die ondervinding
soos die van ʼn langafstand wedloop en bemoedig:” Daarom dan, terwyl ons so ʼn
groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde
wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê,
die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir
die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en
aan die regterkant van die troon van Yahuwah gaan sit het.” (Hebreërs 12 verse
1 en 2) Die Christen se lewe word vergelyk soos die van ʼn langafstand atleet. Dit
kan nie gewen deur ʼn vinnige naelloop. Dit verg eerder geduld, en ʼn
standvastige wil en die gewilligheid om te wag vir die langverwagte beloning.
Die beloftes van Yahuwah se Woord word gegee om gelowiges te versterk in hulle
individuele wedloop.
“Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons
lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die
Skrifte hoop kan hê.” (Romeine 15 vers 4.)
Die boek van
Openbaring maak bekend dat die laaste geslag geduld as geestelike genade sal
besit.
“As iemand krygsgevangenes maak, gaan hy in
krygsgevangenskap; as iemand met die swaard doodmaak, moet hy met die swaard
doodgemaak word. Hier is die lydsaamheid en die geloof van die heiliges.”
(Openbaring 13 vers 10)
“En ʼn derde engel het hulle gevolg en met ʼn
groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ʼn merk op sy voorhoof
of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid
van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig
word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam. En die rook
van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen
rus nie hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam
ontvang. Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat
die gebooie van Yahuwah en die geloof in Yahushua bewaar.” (Openbaring 14 verse
14 tot 12.)
Dit
is baie interessant om op te let dat vir elke voorbeeld wat gegee word in verband
met die laaste stryd tussen Yahushua en Satan. Sal almal wat die duiwel oorwin
in die aarde se laaste stryd alleenlik dit kan doen in die krag van Yahuwah.
Hierdie krag is vir hulle gegee deur die geloof in hulle Verlosser. Deur die
beoefening van geloof wat gegrond is volgens die kennis van Sy persoonlikheid,
en dat hulle geduld sal beoefen.
Soos die geloof van
Yahushua in die Tuin van Getsemane getoets is sal hulle geloof ook tot die
uiterste getoets word.
Soos Yahushua aan
die kruis, sal daar tye wees wanneer, hulle emosioneel sal voel asof die
Hemelse Vader hulle verlaat het.
Soos Yahushua sal
hulle oorwin deur hulle volle vertroue in Yahuwah te stel. Hulle sal hulle wil
oorgee tot die goddelike wil, en sal hulle wag op Hom om hulle uit te red op
die manier wat Hy weet vir hulle die beste is. Hulle is tevrede om lank te wag
vir geregtigheid, wetende dat bevryding en beloning bo hulle wildste
verbeelding aan diegene gegee sal word wat vertrou op die Verlosser.
Yahushua se woorde
is deel van hulle persoonlike ondervindinge: “Maar julle sal oorgelewer word
ook deur ouers en broers en bloedverwante en vriende, en hulle sal van julle
doodmaak. En julle sal gehaat wees deur almal ter wille van my Naam. En geen
haar van julle hoof sal ooit verlore gaan nie. Deur julle volharding moet julle
jul lewe in besit kry.” (Lukas 21 verse 16 tot 19)
Die Heiliges
vertrou Yahuwah. Hulle het vertroue in Sy beloftes. Die vertroue is gebou op
individuele ondervinding. Hulle weet dat, “Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal
dit ook doen.” (1 Tessalonisense 5 vers 24) Hulle kan swaarkry verduur asook
vervolging en hoon omdat hulle volle vertroue het dat Yahuwah hulle sal uitred
en dat die beloofde beloning verseker is.
“Werp
dan julle vrymoedigheid, wat ʼn groot beloning het, nie weg nie. Want julle het
lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van Yahuwah gedoen het, die belofte
te verkry. Want nog ʼn klein tydjie, en Hy wat kom, sal kom en nie versuim nie.
Maar die regverdige sal uit die geloof lewe; en as hy hom onttrek, het my siel
geen welbehae in hom nie. Maar by ons is daar geen onttrekking tot verderf nie,
maar geloof tot behoud van die lewe.” (Hebreërs 10 verse 35 tot 39)
Almal wat geduld
ontwikkel deur die geloof in Yahuwah sal erfgename van Yahuwah en aansluit by
die erfgename van Yahushua. Hulle wat nie geduld ontwikkel sal verlore wees
“Hy
wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ʼn Eloah wees, en hy sal vir My
ʼn seun wees.
Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en
moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars
hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.”
(Openbarin 21 verse 7 en 8)
Dit is ʼn besonderse
volledige lang lys van wie verlore sal wees! Dit is nie ʼn verassing dat
towenaars, afgodsdienaars, leuenaars, hoereerders en moordenaars verlore sal
wees. Maar die bang? Waarom moet ʼn persoon verlore wees net omdat
hy bang is?
Die antwoord is
eenvoudig: die “vreesbevange” is verlore omdat hulle “ongelowig” is. Geloof is eenvoudig om Yahuwah op Sy woord te
neem vir wat Hy is (volkome Liefde en Almagtig), en benodig daar geen ander bewyse. Daarom vir die gebek aan
geloof oor Sy beloftes, is om Hom tot leuenaar te maak.
“Die geloof dan is ʼn
vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ʼn bewys van die dinge wat ons nie
sien nie.”
“En sonder geloof is
dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is
en ʼn beloner is van die wat Hom soek.” ( Hebreërs 11 verse 1 en 6.)
Dit baie belangrike maar tog ʼn baie
persoonlike ondervinding wat goed opgesom word deur een geestelike liedjie:
Geloof
is die wese van dinge ongesien;
Die
geloof dan is ʼn vaste vertroue op die dinge wat ons hoop.
Yahuwah
se Woord vertel dit en ek glo dit.
Omdat
die wonderwerk met my gebeur het.
Yahuwah
het dit vertel! En ek glo dit!
En dit is
voldoende vir my….
Alhoewel
sommige twyfel dat Sy woord die waarheid is,
Het ek
gekies om dit te glo, en wat van jou?
Yahuwah
het dit vertel! En ek glo dit!
En dit
is voldoende vir my.
As jy nie geloof in
Yahuwah het dat Hy, Sy beloftes sal hou, sal jy nie oor die geduld beskik om op
Hom te wag en om vir jou onthalwe te handel.
Sal jy nie vertrou dat Hy, Mahushu sal stuur om almal uit te red wat in
vertroue wag vir Sy wederkoms. In plaas
daarvan, sal jy bang wees. In die
evangelie van Mattheus is die tragiese woorde opgeteken aan almal wat te kort
skiet aan geloof, en misluk het om die Bybelse geduld te beoefen.
“Nie
elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele
nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.Baie sal in
daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u
Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan
hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die
ongeregtigheid werk!” (Lees Mattheus 7 verse 21 tot 23.)
Dus behoort dit nie
die lot van enigiemand te wees! “Die
Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is
lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal
tot bekering moet kom.” (2 Petrus 3 vers 9.) as jy te kort skiet aan kennis, en
te kort skiet aan geloof, en as jy te kort skiet aan geduld – vra dit van Yahuwah. Hy sal nooit die goeie weerhou van Sy
kinders.
Omdat geloof nie
gegrond is op gevoel, maak die eenvoudige keuse vandag om Hom te vertrou ongeag
wat jou gevoel is! maak dit ʼn gewoonte om te wag, in vertroue, en geduld op
Yahuwah.
“Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande
versoekinge val, omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof
lydsaamheid bewerk. Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom,
sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie. En as
iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van Yahuwah bid, wat aan almal
eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. Maar hy moet
in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van
die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.” (Jakobus 1 verse 2 tot
6.)
Maak dit ʼn
daaglikse gewoonte om jou rus te vind in Yahuwah. Vertrou op Sy beloftes, en vertrou Sy woord.
Jy mag ook die geduld van die heiliges besit, en die “erfgenaam van alle
dinge,”tesame met Yahushua ons Verlosser.
1. Webster’s New Universal Unabridged
Dictionary, Second ed., 1983.
2. Noah Webster, American Dictionary of the
English Language, 1828.
3. Alle Skrif verwysings is geneem vanuit die
1933 Afrikaanse Bybel Vertaling tensy anders vermeld.
4. Ibid.