Hemelse formule om
verborge waarhede te vind
WLK glo dat Skrifte die metode van studie bekendstel |
Die oorblyfsel, diegene wie die voorstaanders is vir die
geregtigheid in die slottonele van die aarde se Geskiedenis, is toevertrou met
`n spesiale seën soos nooit voorheen aan enige generasie gegee nie. Die finale
generasie besit die gekombineerde bekendgemaakte lig deur al die eeue heen.
Daardie waarhede waarin patriarge en profete verlang het om te aanskou en na
uitgesien het om te verstaan was blootgelê aan die insig van almal wie,
deesdae, wil soek na waarheid.
![]() |
Die oorblyfsel, diegene wie vir die waarheid in hierdie laaste dae sal staan, is voorsien van `n spesiale seëning wat geen ander vorige generasie ooit ontvang het nie. Die finale generasie besit die gekombineerde openbaarde lig deur alle eeue heen. |
Satan is `n knaende waaksame vyand. Met elke bekendgestelde
ligstraal, was hy daarop uit om verwarring, dwaalleer, hoogmoed van geloof en
selfs vergeetagtigheid in te bring. Baie belangrike waarhede het verlore gegaan
en was deur die eeue heen verberg weens aanvaarde dwaalleer, veronderstellings
en tradisies. Maar die waarheid self, kan nie vernietig word nie. Daar is vele,
vele juwele van waarheid onder die rommel van dwaalleer. Die waarheidsoeker
moet beide nederig en ywerig wees in sy soeke na hierdie verstrooide juwele.
Wanneer `n persoon opgevoed is om dwaalleer te glo, kan die soeke na
waarheid maar alte verwarrend wees. Waarheid, ongeag van hoe rein, kan
emosioneel verkeerd voel, wanneer dit met `n persoon se hartsoortuiging bots.
Yahuwah het niemand laat staan om alleen te worstel nie. In Sy Woord het Hy `n
maatstaf voorsien waarmee enigeen onderskeid kan tref tussen waarheid en
dwaalleer. Hierdie maatreël is om die gekombineerde gewig van bewyse te
gebruik.
`n Fout wat baie persone onwetend maak word “teks vers bewys” genoem.
Dit gebeur wanneer `n algehele geloofsoortuiging op net een enkele teks gebou
word, deur ander tekste te ignoreer wat die betekenis of interpretasie van een
proef teks sal verander. Dit is waar dat: Die hele Skrif is ingegee en is
nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die
geregtigheid, sodat die mens van Yahuwah volkome kan wees, vir elke goeie werk
volkome toegerus. (2 Timothéüs 3:16 & 17) Maar, dit beteken nie dat `n
enkele vers as die basis vir doktriene gebruik kan word, terwyl ander verse oor
die onderwerp geignoreer word nie. Ernstige foute word in teologie gemaak,
indien hierdie metode vir die instelling van leerstelling gebruik word.
Een voorbeeld van `n valse leerstelling gebaseer op teksvers bewys
is die oortuiging van die onsterflikheid van die siel en `n ewigbrandende hel.
Hierdie leerstelling is afgelei uit die gelykenis van die ryk man en Lasarus
(sien Lukas 16:19-31)
en `n teks in Openbaring wat sê: “En die rook van hul pyniging gaan op tot in
alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie – hulle wat die dier en sy
beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang.” (Openbaring 14: 11)
Om hierdie gedeeltes te gebruik om `n onsterflike siel en `n ewig-brandende hel
teorie te bewys, moet die gewig van bewyse wat die teendeel bewys, geïgnoreer
word.
Voorbeelde van foutiewe leerstellinge verewig deur teksvers bewyse:
`n Verkeerde opvatting of verontagsaming vir die Skrifte het baie opregte Christene gelei om paganistiese feesdae te verewig en te herdenk: |
Nog `n algemene fout wat deur teks vers bewys gemaak word, is die
geloofsoortuiging dat die Sabbat onderhou moet word van sonsondergang tot
sonsondergang. Hierdie hele gebruik is gebaseer op `n enkele vers uit die
Skrifte: `n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet julle
verootmoedig. Op die negende van die maand in die aand, van aand tot aand, moet
julle jul Sabbat hou.” (Levítikus 23:32) Maar, wanneer dit in konteks gelees
word, raak dit duidelik dat die heilige onderhouding daarvan verwysend is na
die negende dag van die sewende maand: Versoendag alleenlik. Die gekombineerde
gewig van bewyse stel bekend dat die dae in die Bybelse kalender eintlik teen
dagbreek begin!
Baie geliefde tradisies is op niks meer as net teks vers bewys
gebaseer nie. Om versekerd te wees dat mens by die waarheid uitgekom het, moet
die soeker na waarheid al die tekste bymekaar maak oor die onderwerp wat
studeer word. Wanneer elke teks vers binne konteks gestudeer word, is die
interpretasie wat nie kontrastreer nie, die korrekte uitleg van die Skrifte.
Jesaja 28 bevat `n breedvoerige waarskuwing teen valse doktrines waaraan met
hardnekkigheid verbete vasgeklou word deur diegene wie nie die gewig van bewyse
as hul maatreël van Skriftuurlike interpretasie gebruik nie.
Die hoofstuk begin deur `n weë: “Wee die trotse kroon van die
dronkaards van Efraim, en wee die
blom wat verwelk , sy pronksieraad, wat daar is op die top van die vrugbare dal
van hulle wat deur die wyn verslaan is.” (Jesaja 28:1) Geestelike hoogmoed is
een van die mees verraderlike sondes. Dit is uitermate moeilik om enigeen wie
geestelik hoogmoedig is te kry om die Bybel met `n ope gemoed te ondersoek. In
die Bybel word bedwelmende wyn herhaaldelik as `n simbool van valse
leerstelling gebruik. Dus, is hierdie gedeelte `n waarskuwing aan almal wie
vasklou aan dwaalleer, wie trots is op hul verkeerde geloofsoortuiginge.
“En ook die manne hier wankel deur die wyn en
waggel deur sterk drank; priester en profeet wankel deur sterk drank, hulle is
verward van die wyn, hulle waggel van sterk drank, hulle waggel as hulle
gesigte sien, hulle waggel by die regspraak.
Want al die tafels is vol walglike uitbraaksels,
sodat daar geen plek is nie.
Vir wie wil hy dan kennis leer, vir wie wil hy
die openbaring verstaanbaar maak? Vir die wat van die melk gespeen, wat van die
moederborste weggeneem is? (Jesaja 28:7-9)
![]() |
Deur Bybel tekse uit verband te neem en `n algehele geloofsisteem daarop te bou sal altyd lei tot veronderstellings, valse leerstellings en dwaalleer — die wyn van Babilon. Selfs pastore en kerk leiers is nie immuun teen die gevaar van hierdie gewoonte nie. |
Deur verse uit verband te neem en om `n algehele geloofs sisteem
daarop te bou sal altyd tot veronderstellings, valse leerstellings en dwaalleer
lei – die wyn van Babilon. Selfs pastore en kerkleiers is nie immuun teen
hierdie gewoonte nie.
Maar daar is hoop vir almal wie bekeer en na Yahushua kom om deur
Hom geleer te word. Die metode waardeur waarheid verseker kan word is duidelik
uitgespel:
“Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, reël
op reël, reël op reël, hier `n bietjie en daar `n bietjie.” (Jesaja 28:10)
In hierdie gedeelte, dring Yahuwah daarop aan dat sou hierdie metode
gebruik word, sal die onversadigde hart waarhede en rus vir die siel vind. Dit
is jammer dat dit ook wys dat te veel mense verwerp Yahushua se ingestelde
metode vir die insig in waarheid:
“Dit is die rus, gee rus aan die vermoeides, en
dit is die verkwikking. Maar hulle wou nie luister nie. Daarom sal die woord
van Yahuwah vir hulle wees gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël
op reël, hier `n bietjie daar `n bietjie sodat hulle kan heengaan en agteruit
struikel en verbreek en verstrik en gevang word. (Sien Jesaja 28:12 en 13)
`n Ander Bybelse maatstaaf
vir die vasstelling van waarheid word in 2 Korinthiërs 13:1 gevind: “In die
mond van twee of drie getuies sal elke woord vasstaan.” Dit was die maatstaf deur
Yahushua self ingestel in aangeleenthede van burgerlike onenigheid:
“Een getuie mag nie teen iemand optree insake
enige misdaad of enige sonde, by enige misstap wat hy begaan nie; op die
verklaring van twee getuies of op die verklaring van drie getuies sal `n saak
van krag wees.” (Deuteronómium 19:15)
Op die verklaring van twee of drie getuies moet
die veroordeelde gedood word; hy mag nie gedood word op die verklaring van een
getuie nie. (Deuteronómium 17:6)
As iemand `n mens doodslaan moet die moordenaar
op verklaring van getuies gedood word; maar een getuie is nie genoegsaam om
iemand tot die dood te veroordeel nie. (Númeri 35:30)
Bybelse beginsels vir die instelling van 1. Want dit is gebod op
2. Op die verklaring van twee getuies of op die |
Hierdie maatreël was deur die Heiland
herhaal met Sy stelling:
En as jou broeder
teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou
luister, dan het jy jou broeder gewin; maar as hy nie luister nie, neem nog een
of twee met jou saam, sodat uit DIE MOND VAN TWEE OF DRIE GETUIES DIE WOORD
VASSTAAN. (Matthéüs 18: 15 en 16)
Yahushua se gebruik van hierdie beginsel
vir meer as net eerste graadse oortredinge openbaar dat dit `n maatreël van die
lewe is wat net sowel in ander areas toegepas kan word.
Die herhalings beginsel is baie belangrik
in die ondersoek van die waarheid. Toe Josef voor Farao gestaan het om die
droom uit te lê, het hy verduidelik: “Wat Yahuwah van plan is om te doen, het
Hy Faroa laat sien. En wat dit betref dat die droom twee maal aan Farao herhaal
is – dit is omdat die saak deur Yahuwah vas besluit is en Yahuwah sal dit gou
laat doen.” (Genesis 41: 28 en 32.) Geen leerstelling moet net op een enkele
vers ingestel word nie. Maar Yahuwah sal altyd `n gewig van bewyse voorsien waardeur die soeker vir
waarheid gesonde teologie mag vasstel.
![]() |
Die gewig van bewyse maatreël van ondersoek en studie bemoedig onafhanklike denke. Dit voorsien beskerming van gewilde dwaalleer en misleidings. |
Yahuwah het geweet dat na 6,000 jaar van
die aarde se geskiedenis, sal `n berg van Satan se leuens en verleidelikhede
versamel wees om die waarheid te verwring en te versteek. Maar, nes in enige
soort noodgeval, het Hy uit liefdevolheid `n onbeweeglike middel voorsien
waardeur enige indiwiduele persoon mag studeer om waarheid vir himself te
ondek. Die gewig van bewyse reël van ondersoek en studie bemoedig onafhanklike
denke. Dit voorsien beskerming teen populêre dwaalleringe en misleidings.
Niemand sal wetend verkies om te kleef aan
dwaalleer nie, maar dikwels word dit gedoen uit onkunde en die liefde vir
tradisie. Niemand moet opsien na enige ander mens nie, of daardie persoon `n
pastoor, kerk amptenaar, ouer, wederhelf of onderwyser is om die waarheid uit
te lê nie. Ouderdom maak nie van dwaalleer waarheid nie. Jy is vir jouself
verantwoordelik aan Yahuwah en daarom moet jy vir jouself studeer. As jy gered
wil wees en die verwoesting wil vryspring wat die goddelose sal tref, moet jy soek
na, aanvaar en die waarheid vir jouself gehoorsaam.
Al was hierdie
drie manne, Noag, Daniël en Job, daarin, dan sou hulle deur hul geregtigheid
net hulle eie siel red, spreek die Soewereine Yahuwah.
Al was hierdie
drie manne daarin, so waar as Ek leef, spreek die Soewereine Yahuwah, hulle sou
geen seun of dogters red nie, maar net hulle sou gered word. (Sien Esegiël
14:14 en 18.)
Baie mense voel baie onseker, selfs bevrees
om vir hulle self te studeer. Hulle wil vertel wees wat om te glo deur `n gesaghebbende
figuur. Dit is nie Yahuwah se plan dat elke onsekerheid beantwoord sal word aan
hierdie kant van die ewigheid nie. Indien alle twyfel opgelos sou wees en elke
vraag beantwoord was, sal daar geen ruimte gelaat word vir geloof nie en dit is
in konflik met twyfel dat geloof versterk word.
Daarom verheug
julle jul, al word julle nou – as dit nodig is- `n kort tydjie bedroef onder
allerhande beproewinge, sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie
kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word
tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Yahushua die Gesalfde; vir
wie julle al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien
julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met `n onuitspreeklike en heerlike
blydskap, en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele,
verkry. (Sien 1 Petrus 1: 6-9.)
![]() |
Moet nooit bevrees wees om vir jouself te studeer nie. Moet nooit bevrees wees om die enigste een te wees wat jy ken wie in `n spesifieke oortuiging glo nie. As jou geloof in die Skrifte uitgestudeer is, deur die gewig van bewyse te gebruik, mag jy dalk alleen staan . . . maar die hele Hemel staan agter jou. |
Moet nooit bevrees wees om vir jouself te
studeer nie. Moet nooit bevrees wees om die enigste een te wees wat jy ken wie
`n spesifieke geloofsoortuiging onderhou nie. As jou oortuiginge in die Skrifte
uitgestudeer is, deur die gewig van bewyse te gebruik, sal jy dalk alleen moet
staan, maar die ganse Hemel staan agter jou. Net voor Yahushua se dood, het Hy die vertroostende
versekering herhaal: “Ek sal julle nie as wese agterlaat nie: Ek kom weer na julle toe: maar die Trooster,
die Heilige Gees, wat die Vader in My Naam sal stuur, Hy sal julle in alles
leer en sal julle herinner aan alles wat Ek aan julle gesê het. (Johannes 4: 18
en 26.)
Dit is vir julle
voordelig dat Ek weggaan, want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na
julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek hom na julle stuur; en as Hy kom, sal
Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel: . . . Nog
baie dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit nie nou dra nie. Maar
wanneer Hy gekom het, die Gees van die Waarheid, sal Hy julle in die hele
waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor,
sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig. (Johannes 16: 7, 8,
12 en 13. )
Eeue gelede het
Yahuwah die verwarring gesien wat sou heers aan die einde van tyd. In die
Skrifte het Hy die maatreëls aangeteken waardeur jy moet weet hoe om die
waarheid vir jouself te ontdek, en dwaalleer, veronderstelling en tradisie te
onderskei. Dit is veilig om in Yahuwah te vertrou. Houvas aan Sy beloftes om
jou in alle waarhede te lei. Hy wie belowe het om jou in alle waarheid te lei
sal jou verstand veilig bewaar van dwalinge. Hy sal indiwidueel aan jou
openbaar wat die gekombineerde gewig van bewyse is.
Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg,
Ek wil
raad my oog sal op jou hou.
(Psalm 32:8 NV)