World's Last Chance

Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

While WLC continues to uphold the observance of the Seventh-Day Sabbath, which is at the heart of Yahuwah's moral law, the 10 Commandments, we no longer believe that the annual feast days are binding upon believers today. Still, though, we humbly encourage all to set time aside to commemorate the yearly feasts with solemnity and joy, and to learn from Yahuwah's instructions concerning their observance under the Old Covenant. Doing so will surely be a blessing to you and your home, as you study the wonderful types and shadows that point to the exaltation of Messiah Yahushua as the King of Kings, the Lord of Lords, the conquering lion of the tribe of Judah, and the Lamb of Yahuwah that takes away the sins of the world.
WLC Free Store: Closed!
Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

Die Jesuïete & Die Bolvormige Aarde: Die Moeder Van Alle Samesweringe!

Toevallige datums, agendas en doelwitte, verbind
die Jesuïete aan `n massiewe misleiding aangaande die ware vorm van die aarde –
alles ten doel van `n multi-fasette eind-tyd bedrog.

Sameswering. Die woord het `n slag rondom die laaste 20 jaar
geslaan. Bewyse wat die bestaan van samesweringe ondersteun word dikwels
verwerp met `n veragtende houding van net nog maar `n malle teorie. Maar mense wie gou is om
omstandigheidsgetuienis van boosheid as niks meer as ydel praatjies te verwerp,
kyk gewoonlik een belangrike punt mis: wanneer daar genoegsame bewys is om `n
teorie te ondersteun, gaan dit van die gebied van veronderstelling en raak `n
moontlikheid. Dan, `n waarskynlikheid. En einde ten laaste `n feit.

Verbasende nuwe
bewyse betrek die Jesuïte
orde as die meesterbreins agter `n bedrog wat oor eeue heen strek.
Hierdie artikel sal die aksies
en invloede van die Jesuïete se betrokkenheid naspeur in die
uitvoering van daardie leuen. Die doelwit was om die begrip van die menigtes aangaande
die aarde te verander, die gesag van die Bybel, die heelal en die Skepper se
posisie daarin. Hierdie veranderng lê die grondslag vir die oorweldigende
bedrog wat binnekort oor die wêreld sal kom onder die eerste wee, of die vyfde basuin,
soos geprofeteer deur Openbaring 9: demoniese “ruimte” inval.

Soms is dit
omstandigheids bewyse. Maar, omstandigheidsgetuienis kan baie noodsaaklik wees
en moet nie laatvaar word nie. Volgens `n afgetrede federale regter:

Daar is algemeen
gesproke twee soorte bewyse, direkte en omstandigheids. Direkte bewyse is die
getuienis deur `n getuie omtrent wat die getuie persoonlik gesien of gehoor of
gedoen het. Omstandigheids getuienis is
indirekte getuienis, dit is, getuienis waarvan jy kon aflei `n ander feit
bestaan, selfs as dit nie direk bewys is nie. Daar is nie `n wettige onderskeid
tussen direkte en omstandigheids getuienis so ver as waardigheid van bewys;
die
wet laat jou toe om gelyke gewig aan albei te verskaf. . .

Daar is geen rede om bevooroordeeld teen bewyse te wees net omdat
dit omstandigheidsgetuienis is nie . . .

Inderwaarheid, bewyse deur omstandigheids getuienis mag so oortuigend wees soos
die getuienis van getuies wat spreek volgens hul eie waarneming. Omstandigheidsgetuienis,
is dus, aangebied om bewys te lewer dat `n sekere feit waarna jy gevra word om die bestaan van `n ander feit of stel feite af
te lei.
Voordat jy besluit dat `n feit bewys is deur omstandigheidsgetuienis,
moet jy al die bewyse in die lig van die rede, ondervinding en algemene kennis
oorweeg.1


“ In
die groot bedrog is daar altyd `n sekere mag van geloofwaardigheid; omdat die
oorgrote meerderheid. . . geredeliker slagoffers word van die groot leuen as
van `n klein een, omdat hulle dikwels self klein leuens vertel in netelige sake
maar sal beskaamd staan om oor te slaan na grootskaalse valshede. Dit sal nooit
in hul gedagtes inkom om kollosale onwerklikhede te fabriseer nie, en hulle sal
nie glo dat ander die onbeskaamdheid sal hê om die waarheid so skandelik te
verdraai nie.

“Selfs wanneer die feit wat dit bewys dat dit so is,
voor hulle verstande gebring word, sal hulle steeds twyfel en weifel en steeds
aanhou dink dat daar dalk `n ander verduideliking is. Want die uitermate
onbeskaamde leuen laat altyd `n sleepsel na, selfs as dit vasgestel is, `n feit
wat bekend is aan alle deskundige leuenaars in hierdie wêreld en aan almal wie
saamsweer in enige kuns van die leuen.”

(Adolf Hitler, Mein Kampf, Deel 1, Hfstk. X.)


`n Bolvormige aarde
is onbewysde pseudo-wetenskap maar dit word wêreldwyd geglo. Dit is `n enorme leuen wat `n
lewe van sy eie aangeneem het, wat van generasie na generasie oorgedra is.
Enigeen wie durf waag om dit te bevraagteken word bespot en uitgejou. Vladimir
Lenin het herhaaldelik opgemerk: “`n Leuen wat dikwels genoeg herhaal word raak
later die waarheid.”

Flat Earth (erroneous mental image of things falling off the edge)

As `n persoon selfs die woord “plat aarde” gebruik sal die hoorder daarvan verontwaardigend snork. Die teenstrydige verstandelike beeld wat onmiddelik in die verstand vorm is van `n plat plein waar, indien mens nie versigtig is nie, `n persoon kan struikel en van die rand afval.

Nêrens word hierdie
fenomena so duidelik gesien in die oortuiging dat die aarde `n sfeer is nie,
wat spin deur die ruimte namate dit om die son wentel – wat self ook duisende
kilometers per uur deur die ruimte spoed. Selfs as `n persoon die woorde “plat
aarde,” uitspreek, sal die hoorder verontwaardig runnik. Die inkorrekte
verstandelike uitbeelding wat onmiddelik in die gedagte opspring is `n plat
landskap waar, indien jy nie versigtig is nie, `n persoon mag struikel en oor
die afgrond val.

WLK nooi jou uit om
jou oortuiging in `n ronde aardbol op te skort. Studeer die versamelde bewyse
van `n ingeslote aarde wat nie om die
son wentel nie.

Dit het met `n man
begin . . .

Nicolaus
Copernicus

Copernicus is
bekend vir die voorstelling van `n nuwe en anderste model van die heelal. Voor
Copernicus, het die meeste goed opgevoede mense geglo in die Ptolemaise model van die heelal, wat `n plat ingeslote
aarde in die senter van die heelal geplaas het. Copernicus het voorgestel dat
die son, nie die aarde, die
middelpunt van die sterre stelsel was en dat die aarde daaromheen wentel.
Hierdie “heliosentriese” model is wat deesdae voorgestaan word, terwyl die
vroeë “geosentriese” model van alles wat rondom die aarde wentel na
die historiese snippermandjie geredelegeer is.

Die meeste mense is
daarvan bewus dat dit oor die bevordering van Copernicus se idee was waarom
Galileo Galilei deur die Rooms Katolieke hierargie vervolg was nie eens 100
jaar na die dood van Copernicus nie. Omdat hy van kettery beskuldig was, was hy
gedwing om sy oortuiging op te gee en het hy die laaste nege jaar onder
huisarres deurgebring. Maar wat die meeste mense nie weet nie, is die volgende
belanghebbende feite:

Nicolaus Copernicus, 1473-1543

Nicolaus Copernicus, 1473-1543

1. Copernicus was
lid van die Derde Orde van St Dominic. Met sy versoek om `n beroep in die kerk
te volg, het hy, saam met ander dinge, astrologie en astronomie studeer.

2. Alhoewel ander
bronne volhou dat Copernicus nooit die eed van `n priester afgelê het nie, was
hy `n geestelike en het nooit getrou nie. En “die feit dat die koning Sigismund
van Poland in 1537 sy naam op die lys van vier kandidate vir die vakante
biskopale setel van Ermland geplaas het, maak dit waarskynlik dat, ten minste
in latere lewe, hy die priesterskap betree het.”2

3. Toe hy genader
is vir advies hoe om die kalender te verander, het Copernicus in die eerste
plek met bedenkinge daarteen geantwoord, maar het later `n reeks briewe aan
Pous Paul III geskryf wat akkurate waarnemings wat sewentig jaar later “gedien
het, as `n basis vir die ontwerp van die Gregoriaanse kalender.”3

4. Vir `n lang tyd
het Copernicus geweier om sy oortuiginge aangaande `n heliosentriese heelal te
publiseer. Eindelik, in 1531, het hy `n opsommende uittreksel gepubliseer,
waarin hy sy teorie in sewe grondstellings staaf. Hiervandaan het dit vinnig
versprei.

5. Twee jaar later,
het Albert Widmanstadt voor Pous Clement VII lesings gegee op die Copernicus
model, `n optrede waarvoor hy beloon was.

6. In 1536, het
Kardinaal Schonberg, wie Aartsbiskop van Capua was, Copernicus gedring om sy
teorie in sy totaliteit te publiseer of, ten minste `n kopie daarvan te maak op
die onkoste van die Kardinaal.

7. Tussen 1539 en
1541, was `n 66- bladsy brief en `n inleidende hoofstuk gepubliseer en
versprei.

8. Soos Copernicus
in `n brief aan Pous Paul III verduidelik het, het hy eintlik ingegee tot die
volgehou aandrang van Kardinaal Schonberg, Biskop Giese van Culm, en ander
vername manne, en het hy ingestem om sy manuskrip vir  publikasie voor te lê. `n Volledige,
gepubliseerde eksemplaar van sy boek was in Copernicus se hande gelê, net ure
voor sy dood op Mei, 24, 1543.

Dit is belangrik om
te noem dat Copernicus se teorie van `n heliosentriese heelal goed bekend was onder
die ring koppe van die Katolieke Kerk in sy leeftyd. Alhoewel Copernicus
verkies het om sy teorieë na sy dood te publiseer, was dit weens die volgehou
versoeke van hooggeplaasde kerk amptenare waarom hy uiteindelik ingestem het om
sy manuskrip te publiseer. Verder, was dit nie die Katolieke wie sy idees
verwerp het nie, maar Martin Luther, Philip Melancthon en ander Protestantse
leiers. Katolieke self erken: “Teenstand teen die Copernicus sisteem was in die
eerste instansie deur die Protestantse teoloë weens Bybelse redes gevoer.” 4

Vraag: Waarom sou die Rooms Katolieke
kerkleiers aanhoudend by Copernicus aandring om sy teorie van `n heliosentriese
heelal te publiseer waarvoor hulle minder as 100 jaar later vir Galileo vervolg?

Die antwoord
daarvoor is gekompliseerd, maar dit lê motivering van die Jesuïete sameswering
bloot: dit was nodig om die publiek se insig van  `n akkurate vorm van die aarde te verander na
`n valse oortuiging sodat mense ontvankliker moet wees vir die misleidings van
`n “ruimte” inval.

Hegeliaanse
Dialektiek 

Die Hegeliaanse
dialektiek is `n middel wat deur die regerings en verskeie veranderings
agentskappe gebruik word om die publieke denkrigtings te beïnvloed en `n
voorafopgestelde verandering in te bring. Eenvoudig gestel, `n probleem word kunsmatig geskep. Die
probleem sorg vir `n vooraf-vasgestelde respons.
Die respons word dan gebruik om die verlangde oplossing te verkry.     

Byna alle
hoofstroom gebeure in die geskiedenis gebruik die Hegeliaanse Dialektiek van: Probleem – skep `n krisis of trek
voordeel uit een alreeds in plek om die verlangde Reaksie te weeg te bring van `n burgerlike versoek waardeur die
publiek `n Oplossing eis, wat reeds
al van die begin voor–af vasgestel is.5

Die Katolieke
hierargie was met `n volmaakte geleentheid bewapen om die, grondlegging vir `n
totale bedrog te lê om vrug te dra in die finale generasie. Hierdie misleiding
het `n klein aard bol, wat spin deur onsagtlike, eindelose wydtes van die
ruimte, `n ruimte wat bewoon word deur “ruimtewesens” en ander gevoelige lewens
vorme. Dit het twyfel in die Bybel as die geinspireerde Woord van Yahuwah
geskep, omdat die Bybel die aarde as onbeweeglik voorgestel het. Dit het ook
die Skepper ver van Sy skepping verwyder deur die heelal as ondenkbaar
ontsaglik voor te stel. Die veranderings agent wie die ingenieurs was vir
hierdie transformasie in oortuiging, was die nuut gestigte Sosïeteit van Jesus,
algemeen bekend as die Jesuïete.

Jesuïete
& Die Teen Hervorming  

Paul III Approves the Jesuits

Paul III erken die Jesuïete © Jesuïete Instituut.

In dieselfde tyd
toe Copernicus versoeke teengestaan het om sy teorie van `n heliosentriese
sonnestelsel te publiseer, het die Rooms Katolieke Kerk oorlog gevoer teen die
nuwe Protestante. Katolieke erken dat die “Teen Hervorming`n poging” was “om
die gety van Protestantisme te stuit deur die ware hervorming binne in die
Katolieke Kerk.”6 Die Jesuïete Orde was in 1540 gestig onder die
goedkeuring van Pous Paulus III – die einste pous met wie Copernicus in
korrespondensie was aangaande die kalender hervorming en aan wie Copernicus sy
boek, Omwentelinge van die Hemelse
Liggamme
opgedra het!

Dit kan nie
oorbeklemtoon word nie: die
Katolieke Kerk was die mag agter
Copernicus, wie volhoudend die onwillige geestelike gepor het om sy
heliosentriese teorieë te publiseer wat teenstrydig met die Bybel is. Die nuut
gevormde Jesuïete was die volmaakte instrumente om `n heimlike operasie uit te
voer, verandering van die publieke persepsie aangaande die outoriteit van die
Skrifte, die aarde en die Skepper. Die verskil tussen die Jesuïete en alle
ander Katolieke ordes was dat die Jesuïete opsetlik demoniese geeste binne in
hul volgelinge uitgenooi het. Dit was gedoen deur die “ geestes inoefening” van Jesuïet stigter,
Ignatius Loyola. Hierdie geestelike inoefening het feitlik gemaak dat hulle
verstands-beheerde slawe was. In hulle eie woorde om soos `n “lyk of kadawer”
te wees “sonder versuim” die wil van hul owerstes “te gehoorsaam.”

Wanneer die Jesuïete
met opset hul verstande oopstel vir die invloed van demone, bring dit `n gees
van boosheid en demoniese intelligensie te weeg wat ongeëwenaard in Katolisisme
is. Dit het ook die Jesuïete uitermate suksesvol in elke onderneming gemaak. Omdat
die menslike lewe so kwesbaar is, indiwiduele lewens so kort is, het nie een
persoon, of selfs`n groep persone, die boosheid wat sulke lang tentakels het
deur die Jesuïte in hierdie wêreld vir ewig uitdink en implementeer nie.

Met bonatuurlike
demoniese intelligensie wie hulle gids en inspirasie is, het die Jesuïete
ongewild geraak in hulle bedrewenheid en bedrieglikheid en voorwendsels; hul
bekwaamheid om regerings en die onderwys-instellings binne te sypel, en die
invloed wat hulle uitoefen, as raadgewers voor konings en leiers in die
onderwys te dien. Deur te werk via die regerings entiteite en opvoeding, was
hulle by magte om wetenskaplike navorsing te lei om hul eie doelstellings te
bevorder en om die grootste leuen van alle tye voor te stel: `n ronde aarde.

Volg
Die Bewyse…

Na Copernicus se
onwilligheid om sy teorië te publiseer, het die Jesuïete orde meer astronome
geproduseer as enige ander spesifieke demografie in Europa. Dat `n oënskynlike
godsdienstige orde soveel wetenskaplikes voortbring is in homself `n kwessie
van verbasing. Dat die wetenskaplikes van genoemde orde byna uitsluitlik
gefokus was op net een area van die wetenskap is `n
verdere oorsaak vir ondersoek. `n Ondersoek van astronome van die 16de eeu
regdeur die 21ste eeue openbaar `n ware Wie is Wie van leidende astronome wat terselfdertyd ook Jesuïete priesters was.
Selfs die moderne burgerlike kalender, was uitgedink deur `n Jesuïete
astronoom, Christopher Clavius.

So lank as wat die
mense die Skriftelike kosmologie van
die aarde as `n vaste, onbeweeglike planeet onder `n beskermende bedekking
aanvaar, was daar geen fondament om leuens te bou wat ontwerp was om die
menslike denke in die Woord van Yah te betwyfel nie. Deur die mense se vertroue
in die Bybel as bron van afhanklikheid te verminder, het dit merkwaardig
vertroue in die pous as die Hemel se aangewese gesag oor wat om te glo, verhef. Die Jesuïete was altyd maar
vyande van die Bybel. Sedert die Katolieke Kerk in elk geval pouslike wet en
tradisie bo die Skrifte stel, het die afnemende vertroue in die Skrifte
vertroue in pastore, priesters en die pous as gesaghebbendes wat meer weet as
wat die gewone mens by magte is om te besef, bevorder.    

Die Jesuïete & Die Bolvormige Aarde: Die Moeder Van Alle Samesweringe! image 

Antieke Hebreeuse Voorstelling van die Heelal


Die Israel van ouds het die wêreld verdeel in Hemel, Aarde, See, en die Onderwêreld.
Hulle het die lig as die hemel koepel beskou wat op `n fondasie rus – miskien berge – met deure en vensters wat die reën inlaat. God woon in die lig daarbowe, verberg in wolke en majesteit.
Die wêreld was beskou as `n skyf wat dryf op die waters, geanker of vasgemeer deur pilare. Die aarde was die enigste bekende gebied – die terrein daaromheen was as onkenbaar beskou.
Die Onderwêreld was `n water of ondergrondse kerker van waar niemand teruggekeer het  nie. Beskou as `n fisiese plek onder die aarde, wat slegs deur die dood bereik kan word.

    • GRAFIKA DEUR KARBEL MULTIMEDIA KOPIEREG 2012 LOGOS BYBEL SAGTEWARE       
    • GOD / GOD
    • HEAVEN OF HEAVENS / HEMEL VAN DIE HEMELE
    • HEAVENS/HEMELE
    • GATE OF HEAVEN / POORT VAN DIE HEMEL
    • WATERS ABOVE THE FIRMAMENT/ WATERS BO DIE FIRMAMENT
    • FIRMAMENT/FIRMAMENT
    • THE SKY/DIE LUG
    • WINDOWS AND DOORS OF HEAVEN/ VENSTERS EN DEURE VAN DIE HEMEL
    • SUN/SON
    • CLOUDS/WOLKE
    • MAAN/MOON
    • STARS/STERRE
    • MOUNTAINS/BERGE
    • SEA/SEE
    • EARTH/AARDE
    • FOUNDATIONS OF THE HEAVENS/GRONDSLAG VAN DIE HEMELE
    • SHEOL/SHEOL
    • FOUNDATION OF THE EARTH/FONDASIE VAN DIE AARDE
    • THE GREAT DEEP/DIE GROOT WÊRELDVLOED

    So gou as die
    Bybelse geosentriese model opsy gesit was, was `n nuwe verduideliking
    noodsaaklik. `n Bolvormige aarde, wat miljoene myle rondom die son beweeg, wat
    self ook deur onbeperkte terreine van die ruimte beweeg, het `n noodsaaklike
    verduideliking geraak om die nuwe heliosentriese model van die heelal te
    verduidelik. Dit het op sy beurt, `n omgewing geskep waarin die geskrifte van
    Charles Darwin `n ontvanklike gehoor gevind het, wat sy elementêre gissinge
    steeds verder geneem het. Solank as wat mense op die Bybel gesteun het as die
    opperste gesag, sou hulle nooit Darwin se teorie aanvaar het nie. Maar toe
    wetenskap eers “bewys” dat die Bybel verkeerd was omtrent iets so eenvoudig
    soos die vorm en beweging (of nie-beweging) van die aarde, het die wetenskap
    skerp weggedraai van godsdienstige geloofsoortuiging. Enigiets was moontlik!
    Niks was bokant twyfel nie, selfs die skepping van die wêreld en die bestaan
    van ruimtewesens nie.

    Bevordering
    van die Leuen

    “Die Oer Knal
    Teorie is [hedendaags] die leidende verduideliking omtrent hoe die heelal begin
    het. In sy eenvoudigheid praat dit van die heelal soos ons dit ken met `n klein
    enkelvoudigheid, en oor die volgende 13.8 biljoen jaar in grootte toegeneem tot
    die kosmos wat ons vandag ken.”7 Die Oer Knal Teorie is `n ateïstiese
    wetenskap antwoord op Genesis 1.

    Vader Andrew
    Pinsent dien in die Fakulteit van Teologie te Oxford Universiteit. Hy besit
    gevorderde grade in teologie van die Priesterlike Gregoriaanse Universiteit in
    Rome sowel as `n doktoraat in filosofie. Hy het ook `n doktoraat in skeikunde
    van Oxford. Hierdie ongelooflike priester/wetenskaplike het in 2015 gesê:

    Deur beide `n
    priester en voormalige skeikunde fisikus by CERN te wees, word ek dikwels gevra
    op geloof en wetenskap. Baie dikwels vra jong mense my die volgende vraag, “Hoe
    kan jy `n priester wees en glo in die Oer Knal?” Waarop ek verheug is om te
    antwoord, “Ons het dit uitgevind!” Of presieser, Vr Georges Lemaître het die
    teorie uitgevind wat vandag as die ‘Oer Knal’ bekend staan en almal moet van
    hom weet.”8

    Monseigneur Georges Lemaître, Jesuit-trained priest, author of the "Big Bang" theory

    Monsseigneur Georges Lemaitre Jesuïet-opgeleide priester, uitvinder van die “Oer Knal” teorie (Foto: Wikipedia via Katholieke Universiteit Leuven)

    Dit is waar. Die
    uitvinder van die Oer Knal teorie was niemand anders as die Jesuïete opgeleide
    priester, Vader Georges Lemaître nie. Op Oktober 28, 2014, het Sarah Kerr oor
    Pous Francis se redevoering aan die Priesterlike  Akademie van Wetenskappe verslag gedoen. In sy
    opmerkinge het die priester “gesê dat die Oer Knal teorie verenigbaar is met
    die Katolieke Kerk se leerstelling omtrent die skepping.”9 Pous
    Francis het bevestig dat: “Die Oer Knal, wat vandag beskou word om die
    oorsprong van die wêreld te wees, nie die skeppings tussenkoms van God
    kontrasteer nie, dit is `n vereiste.”

    Deur oorsaak tot
    gevolgtrekking te volg: sonder `n bolvormige aarde wat wentel om die son deur
    die verre dele van die ruimte, het jy nie die Oer Knal nie. Sonder die Oer Knal
    het jy nie evolusie nie. Sonder evolusie, is jy meer geneig om die skepping as `n
    handeling van of intelligente ontwerp deur `n goddelike Skepper te aanvaar. Die
    Rooms Katolieke Kerk aanvaar inderwaarheid evolusie. In haar verslag, het Kerr
    verder verduidelik: “Die pous het aangevoer dat dit moontlik is om in altwee te
    glo, deur vol te hou dat God verantwoordelik was vir die Oer Knal waaruit alle
    lewe ontwikkel het.”10

    Aanvaarding van
    evolusie en sy ingeboude wet van die “oorlewing van die bestes,” was die
    oorsprong van die bloedbaddens van die 20ste eeu waarin miljoene hul
    lewens verloor het. Verskeie navorsers het onweerlegbare verbintenisse tussen
    die Vatikaan, Switserse bankiers, en die Nazi party bewys.11
    Karlheinz Deschner het sover gegaan deur te sê dat daar openlike samewerking
    tussen die Vatikaan en die Nazis was, (om nie die betrokkenheid van die Amerikaanse Bush dinastie) se merkwaardige
    invloed na die Tweede Wêreld Oorlog op te haal nie.

    Operation Paperclip het honderde
    Nazi wetenskaplikes, insluitende top SS offisiere wie verhoorafwagtend was vir oorlogsmisdade,
    Amerika ingesmokkel om gebruik te word in Amerika se Koue Oorlog ruimte
    program.13 Een van hierdie Nazi party lede, Werner von Braun, was `n hoër pos aangebied om aan
    die hoof te staan van NASA se Marshall Space Flight Center, as hoof amptenaar het
    hy die ontwikkeling van die Saturnus V hulp vuurpyl ontwikkel om die “wedren in
    die ruimte” met die Sowjet te wen.

    Onder Operasie
    Skuifspeld was omtrent 350 Duitse wetenskaplikes en voormalige intelligensie agente
    van visas en goed betalende poste voorsien. Baie van hierdie wetenskaplikes het
    vraagtekens wat oor hulle verlede hang. Braun self was `n aktiewe lid van die
    Nazi party, en sy kollega by NASA, Dr. Hubertus Strughold, `n spesialis in
    lugvaart medisyne, het eksperimente op konsentrasie kamp inwonendes gedoen.14

    Die Jesuïete & Die Bolvormige Aarde: Die Moeder Van Alle Samesweringe! image

    Nazi wetenskaplikes by Ford Bliss, Texas, Wernher von Braun staan in die voorste ry, sewende van links.

    Die doel van
    hierdie massiewe – en onwettige – onderneming skyn te wees vir die instelling
    van `n wêreld wye gesag in alle dinge in verband met die ruimte en astronomie.
    NASA het die publiek se gesig van die ruimte geword. Dit het lank as `n front
    opgetree in die voorsiening aan `n niksvermoedende wêreld van pseudo wetenskap,
    wettig gemaak deur die Amerikaanse regering. (Vir meer inligting aangaande die
    bedrieglike nalatenskap van NASA, sien “The Occult Roots of NASA & The
    Ongoing Fraud,” Deel 1, Deel 2, en Deel 3.)

    NASA is sy eie
    monopolie. Dit beheer die uitsaai van openbare inligting op astronomie terwyl
    dit feite weerhou waarvan hulle nie wil hê die publiek bewus van moet wees nie.
    Hoewel baie lande en universiteite sterrewagte besit, is dit altyd die stellings,
    fotobeelde, en “ontdekkings” van NASA wat die nuushooftrekke haal. Met NASA in
    beheer van die beweging van astronomiese inligting aan die publiek, kom dit
    voor asof die Vatikaan `n sentrale rol het in die ware, regte astronomie wat
    nie aan die publiek vrygestel word nie.

    Vir honderde jare,
    het die Vatikaan die
    eienaarskap van die meeste teleskope en sterrewagte as enige ander
    organisasie besit: privaat, universiteit of regering. NASA en die Vatikaan het gesamentlike besit van LUCIFER, die wêreld se grootste
    ver kyker teleskoop. Volgens die amptelike Vatikaan webwerf, is die Vatikaan sterrewag “een
    van die oudste astronomiese instellinge in die wêreld.” Maar waar is die
    fotobeelde? Waar is die nuusvrystellings van die laatste ontdekkings? Wat het
    die Jesuïete astronome vir die laaste 500 jaar gedoen? Net hulle alleen weet.

    J.Edgar Hoover

    “DIE INDIWIDU WORD GEKNIEHALTER DEUR VAN AANGESIG-TOT-AANGESIG TE KOM MET `N SAMESWERING WAT SO MOSTERAGTIG IS DAT HY NIE KAN GLO DIT BESTAAN NIE. DIE AMERIKAANSE DENKE HET EENVOUDIG NIE TOT DIE BESEF GEKOM VAN DIE EUWEL WAT IN ONS MIDDE INGEBRING IS NIE. DIT VERWERP SELFS DIE VERONDERSTELLING DAT WAT GOED EN ORDENTLIK IS VERNIETIG MOET WORD.”  

     J. EDGAR HOOVER, DIREKTEUR FBI SOOS AANGEHAAL IN THE ELKS MAGAZINE (AUGUSTUS 1965)

    NASA se openbare
    vrystelling van inligting, wat die idee van `n altyd groterwordende,
    uitbreidende heelal van ontsaglike afmetings verdedig, het natuurlik tot die
    veronderstelling gelei dat daar ruimte wesens op ander planete woon. As
    dieselfde bedrieglike gebeure wat, per slot van sake, lewe op aarde voortgebring
    het, wat oral mag bestaan weens die Oer Knal, waarom kan intelligente lewe nie
    iewers ander ook ontwikkel het nie? In samewerking met Hollywood en die
    wetenskap – fiksie genre, het NASA `n omgewing geskep waarin kontak met
    buiteruimtelike lewens vorme net so verlang as wat dit gevrees word.

    `n Onlangse boek
    mag die sleutel tot die insig hê van die finale stap in hierdie eeue oue
    sameswering om die finale generasie te mislei.

    LUCIFER,
    Ruimtewesens & Die Koms van Christus

    Tom Horn en Chris
    Putnam, skrywers van Petrus Romanus: The
    Final Pope Is Here,
    het onlangs `n verbasende boek gepubliseer waarin hulle
    aanvoer dat die Vatikaan aktief besig is om vir buite-ruimtelike lewensvorme te
    soek met hulle nuwe LUCIFER teleskoop. Die boek, Exo Vaticana: Petrus Romanus, Project LUCIFER, and the Vatican`s
    Astonishing Exo-Theological Plan for the Arrival of an Alien Savior,
    voer
    aan dat die Vatikaan wag op `n buitenste ruimte
    verlosser.

    Om navorsing vir hulle
    boek te kry, was Horn en Putnam, in September 2012 toegang verleen om die
    sterrewag op Berg Graham te besoek, waar die Vatican Advanced Technology
    Telescope (VATT) gemonteer is.

    Nie net was hulle
    by magte om die studie van die verre ruimte te bespreek met die Jesuïete
    astronome nie, maar hulle het ook toegang verkry tot een van die top Vatikaan
    astroloë in Rome.

    The Vatican's Large Binocular Telescope on Mt. Graham

    Die Vatikaan se Groot Ver Kyker Teleskoop op Graham Berge

    Horn het gesê dat
    Broeder Guy Consolmagno, wie ook die pouslike astroloog genoem was, die skrywer
    van sommige verbasende inligting voorsien het tydens die vyf onderhoude wat
    toegestaan was.

    “Hy het sonder
    verskoning gesê dat binnekort sal die volke van die wêreld uitsien na die
    ruimte wesens vir hulle verlossing”, het Horn gesê.

    Consolmagno het ook
    aan die skrywer private Vatikaan dokumente gegee wat baie bekend stel omtrent
    die hoë-vlak teologie en astronome se filosofie binne in die Kerk.

    Horn het gesê dat hierdie dokumente toon dat hulle oortuig is
    dat ons binnekort deur `n ruimte verlosser van `n ander wêreld besoek sal word.
    15

    Hierdie verklarings
    is nie so skokkend wanneer die Vatikaan se altyd ontvouende posisie oor
    wetenskap en ruimte begryp word nie. In Mei 12, 2014, het Pous Francis, `n ywer uitgespreek om ruimte wesens
    te doop wie verlang om gedoop te word. Hoewel die kommentaar duidelik in
    `n  grappenderwyse, tong-in-die-kies
    manier gedoen was, het dit internasionale hooftrekke gehaal, met een hoofopskrif wat dit
    uitbasuin: “Koel Pous is so Koel Dat Hy Bereid Is Om Marsmannetjies Te Doop!”
    Die netto resultaat is dat dit oorgeplaas is van die gebied van wetenskap
    fiksie na die gebied van moontlikheid. Met die eintlike handeling deur daarvan
    te praat asof dit `n moontlikheid mag
    word, raak die verstand meer gewoond aan hierdie konsep.

    Nadat die Vatikaan
    `n vyf-dae konferensie oor die moontlikheid van buite-ruimtelike lewe aangebied
    het, het die Rooms Katolieke priester, Vader Jonathan Morris, op die Amerikaanse
    Fox News verskyn om sekere vra te beantwoord. Die priester se verklaring
    openbaar die verborge agenda wat die Jesuïete volg sedert die dae van
    Copernicus. Met die vraag aan hom hoe dit die kerk leerstelling sal beïnvloed
    as dit bevestig kan word dat intelligente buite-ruimse lewe werklik bestaan,
    het Morris geantwoord:

    Dit sal ons
    definitief terug laat kom en sê, “Dalk moet ons insig omtrent altyddurende [wat
    vir `n onbepaalde lang tyd aangehou het] waarhede aangepas word.” Die wyse
    waarop ons nou daarna kyk is so: dit is nie omtrent of God die Skepper was nie,
    maar eerder hoe Hy dit geskape het. Dit is nie `n kwessie of oorspronklike
    sonde, of hierdie Adam en Eva storie, waar is of nie, maar ons begrip van hoe
    dit afgespeel het. Dus, neem dit toe in ons begrip as altyddurende waarheid.16

    En daar is dit:
    bevraagtekening van die kosmologie van die aarde, gee aanleiding tot die
    bevraagtekening van die Skrifte en die Skrifte se Skrywer. Dit berei die weg
    voor vir die oorweldigende misleiding soos geprofeteer in Openbaring 9.

    Die Eerste Wee

    Die stelling was vroeër gemaak: Die Katolieke hierargie was voorsien van `n volmaakte geleentheid om die grondslag te lê vir `n wêreldwye bedrog, wat sou vrug dra in die finale generasie. Die doel van hierdie hele ingewikkelde multi-verdieping misleiding, wat oor eeue heen strek, is om die wêreld se menigtes te mislei om `n verlangde uitkoms te hê. Dit is die ou Hegeliaanse Dialektiek (vroeër verduidelik) van voor af. Om die wêreld `n Een Wêreld Godsdiens te verenig, met die pous as die opperheerser oor almal, sal die Duiwel `n PROBLEEM skep. Hierdie probleem sal `n REAKSIE onder die aardbewoners bewerkstellig, wie `n OPLOSSING sal vereis. Die oplossing is `n voorafvasgestelde uitweg.

    Die al-wetende wyse Skepper het hierdie toppunt van misleiding in Openbaring 9 voorspel.

    7 Basuine van Openbaring | Demoniese Inval van die 1ste Wee (Basuin 5)

    7 Basuine van Openbaring | Demoniese Inval van die 1ste Wee (Basuin 5)

    En toe die vyfde
    engel blaas, sien ek `n ster wat uit die hemel op die aarde geval het, en aan
    hom is die sleutel van die put van die afgrond gegee.

    En hy het die put
    van die afgrond oopgemaak, en daar het rook opgekom uit die put soos rook van
    `n groot oond, en die son en die lug is deur die rook van die put verduister.

    En uit die rook het
    daar sprinkane uitgekom op die aarde, en aan hulle is mag gegee soos die
    skerpioene van die aarde mag het.

    En aan hulle is
    gesê dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom
    moet beskadig nie, maar alleen die mense wat die seël van [Yah] nie op hul
    voorhoofde het nie.

    En dit is aan hulle
    gegee, nie om hulle te dood nie, maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou
    word; en hulle pyniging was soos die pyniging van `n skerpioen wanneer hy `n
    mens steek.

    En in dié dae sal
    die mense die dood soek en dit nie vind nie; en hulle sal verlang om te sterwe,
    en die dood sal vir hulle wegvlug.

    En hulle het sterte
    gehad soos dié van skerpioene, en
    daar was angels in hulle sterte, en hulle mag was om die mense vyf maande lank
    skade aan te doen.

    En hulle het as
    koning oor hulle die engel van die afgrond; sy naam in Hebreeus is Abádon, en
    in Grieks het hy die naam van Apóllion. (Openbaring 9: 1-6, 10-11 OV.)

    Die sleutel om
    hierdie profesie te ontsluit is te vinde in die frase “put van die afgrond”.
    Dit is afgelei van die Griekse woord, abussos,en is die presiese selfde woord wat as “onderwêreld” in Lukas 8:31 vertaal is toe die demone gesmeek het
    om in die varke gestuur te word eerder as om na die put sonder afgrond te gaan.
    Dit is dieselfde as die Engelse woord, abyss..

     Die ster wat uit die Hemel val, is `n
    duidelike verwysing na Lucifer/Satan. Wanneer hy dan die “sleutel van die put
    van die afgrond” gegee word, bevry hy hordes demone op die aarde.

    Hierdie
    gebeurtenis, bekend as `n “wee” deur die Openbaarder, sal voorkom asof dit `n
    inval deur ruimte wesens uit die buitenste ruimte is. Hierdie bose engele sal
    `n kenmerkende voorkoms hê, soos beskryf in die Skrifte. As buiteruimte wesens,
    sal hulle `n afskuwelike aanval loods op die wêreld wat vyf maande of 150 dae
    sal duur.

    In hierdie tyd, sal
    Yahuwah se volk, diegene wie Sy seël ontvang het, beskerming geniet teen
    hierdie bose wesens. Dit is nie die finale seël wat gegee sal word om die
    regverdiges te beskerm tydens die sewe laaste plae nie. Maar, beskerming van
    demoniese aanvalle sal voorsien word aan almal wie die Skepper liefhet en
    gehoorsaam. Almal wie wetend gerebeleer het teen die Hemel sal tot die uiterste
    leiding deurmaak onder die genadelose demone.

    Die basuine,
    waarvan die eerste wee die vyfde is, is nie dieselfde as die sewe laaste plae
    nie. Die basuine kom voor die afsluiting van genade tyd. Beide van hulle is `n
    ernstige waarskuwing en `n genadevolle uitnodiging. Hulle waarsku dat die
    genadetyd vir almal binnekort sal eindig en hulle nooi elke persoon op aarde
    uit om Yahuwah se gratis geskenk van die ewige lewe te aanvaar. Hulle wie
    gehoor gee aan die waarskuwing van die basuine sal hulle liefde en dankbaarheid
    bewys deur hulle lewens te onderwerp aan Sy wil. Hulle sal verkies om in
    gehoorsaamheid aan die  vereistes van Sy
    goddelike wet te leef, insluitende die vierde gebod.

    Die basuine is `n
    liefdevolle geskenk aan diegene wie spoedig in die teenwoordigheid van `n
    Heilige Skepper moet staan sonder `n Middelaar nadat die genadetyd afgesluit
    is. Hierdie reeks gebeure was byna 2,000 jaar gelede voorspel, ver voordat daar
    ooit `n Rooms Katolieke Kerk was, om nie eens te praat van `n Jesuïete Orde
    nie. Dit wys soos niks anders kan nie, die Vader se voorkennis. Hoewel dit
    waarsku van die spoedig naderende afsluiting van genade, sal dit ook geloof en
    vertroue inspireer in Hom wie hierdie rampspoedige gebeure byna twee millennia
    voor dit gebeur het, vooruitgesien het. Die oorblyfsel sal sterk geloof moet hê
    in die Vader se liefde namate hierdie gebeure ontvou. Soos hulle sien hoe die
    basuine blaas, een vir een volgens profesie, sal hulle geloof en waagmoed
    toeneem en sal hulle gelei word om met meer fermheid te vertrou op die beloftes
    van Hom wat nie kan lieg nie.

    `n Ruimte inval is
    die gefabriseerde PROBLEEM. Die natuurlike REAKSIE, wat kom van elke lydende
    persoon hier op aarde sal vir `n man wees wat tussen beide sal tree, om `n
    vredesverdrag met die invallers te sluit. Nes in alle ander tye toe die
    Hegeliaanse Dialektiek gebruik was om gebeurtenisse te manipuleer en wêreld
    politiek te vorm, sal die probleem,
    en die oplossing alles voorafbeskik
    word onder die beheer van Satan self.

    Pous Francis, as “die agste koning” (Openbaring 17) en finale pous, sal die verlosser van die wêreld wees wie sal optree en vrede bewerkstellig. As `n Jesuïet, het hy alreeds onder die direkte beheer van demone via die geestelike inoefening van Ignatius Layola gekom.

    Lees die Demoniese Jesuïete Eed!

    Pous Francis, as “die agste koning” en finale pous, sal die wêreld
    se redder wees om op te tree en vrede te bewerkstellig. As `n Jesuïet, het hy
    reeds onder die direkte beheer van demone gekom deur die geestelike inoefening
    van Ignatius Layola. Ook het hy simpatieke bande met ander gelowe gevestig.
    Daarom is hy die logiese keuse om die mensdom se verteenwoordiger in die
    vestiging van `n vredesverdrag met hierdie invallers uit die buitenste ruim, te
    wees.

    Hierdie verdrag
    sal:

    1. Die oorlog presies 150 dae
      nadat dit begin het eindig.
    2. Die pous as die mensdom se
      verteenwoordiger aan die hoof van die Nuwe Wêreld Orde plaas.
    3. Die pous as die mensdom se
      redder aan die hoof van `n nuwe, verenigde Een Wêreld Geloof plaas

    As “redder van die wêreld” sal die pous dan in die volmaakte posisie
    wees om `n een aanbiddingsdag vir almal in te stel, Sondag, bereken deur die
    paganistiese/pouslike kalender. Hierdie vereniging van die wêreld onder een
    regering en een godsdiens sal voor kom, onder die omstandighede, om logies te
    wees, en almal wie die maklike weg uit verkies sal deelneem en hierdie nuwe een
    wêreld teokrasie bevorder. Alle staatshoofde sal hulle soewereiniteit aan die
    pous oorhandig soos die Skrifte uitdruklik duidelik maak. “En die tien horings
    wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie,
    maar hulle ontvang mag soos konings een uur lank saammet die dier. Hulle het
    een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier.” (Openbaring 17:
    12, 13, OV)

    Dit is wat die finale stryd tussen die magte
    van goed en kwaad aanjaag. Onder die gevaar van voortdurende ruimte wesenlike
    aggressie, sal die mense op aarde verenig en meedoenlose oorlog voer teen almal
    wie die waarheid verdedig. Hierdie gewetensgetroue minderheid wie die Woord van
    Yah bo alle aardse wetgewing plaas sal as gevare raakgesien word. Die
    indiwiduele godsdienstigte vryheid sal op die altaar van gerief geoffer word en
    daar sal van die standpunt uitgegaan word dat dit beter is dat `n paar
    vernietig moet word eerder as die ganse wêreld onder gedurige ruimte wesenlike
    aggressie.

    Toe die vyfde seël geopen was, het Johannes “sien ek onder die
    altaar die siele van die wat gedood is terwille van die woord van [Yahuwah] en
    die getuienis wat hulle gehad het. En hulle het met `n groot stem uitgeroep en
    gesê: Hoe lank, o Heilige en Waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons
    bloed op die bewoners van die aarde nie? Die antwoord wat verskaf word is
    bewonderingswaardig. Dit voorspel die intense vervolging wat sal kom op al die
    regverdiges na die eerste weë wanneer baie vir hulle geloof gemartel word
    wanneer hulle weier om met die res van die goddeloses te verenig op `n dag van
    aanbidding ter ere aan die groot Bedrieër. “En aan elkeen van hulle is wit
    klere gegee; en aan hulle is gesê dat hulle `n klein tydjie moet rus totdat ook
    hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood sou word soos hulle,
    voltallig sou wees.” (Openbaring 6: 11, OV)

    Maak Klaar!  Maak Klaar! 
    Maak Klaar!

    Hierdie bedrog sal nooit werk solank mense die ware vorm van die
    aarde en die heelal ken nie. Daarom die noodsaaklikheid van `n massiewe
    her-opvoedings program.

    Vir 500 jaar, het hierdie Jesuïete sameswering geleer van `n
    bolvormige aarde, wentelend om die son – wat self wentel om die middelpunt van
    `n ontsaglike melkweg wat net so snel deur die onmeetlike ruimte spoed. Binne
    in hierdie onsagtlike gebied, word daar veronderstel dat daar ander
    intelligente lewende spesies is wat ander wêrelde bewoon. Hierdie leuens sal hoogtepunt
    bereik in die klimaktiese “ruimte wesenlike inval” geprofeteer in Openbaring 9.
    Die uiteindelike bedrog sal geskied wanneer die pous vir `n vredesverdrag met
    demone onderhandel om die onthalwe van die menslike ras. As Satan se
    verteenwoordiger, sal hy leierskap van die wêreld aanneem in die persoon van
    die pous, Satan sal dan sy eeue oue-verlangde doel as heerser van die aarde
    bereik.

    Die eerste weë, getrou beskryf deur die Openbaarder, lê die begin
    van die opeenvolgende gebeure in Satan se eind toneelspel om die wêreld te
    bedrieg net voor die Wederkoms van Yahushua bloot. Vir byna 500 jaar, het die
    Jesuïete gewerk om die mense ras te oortuig dat die wêreld rond is. So `n
    oortuiging het saam met dit `n groot versameling dwalinge alles ten doel om die
    uiteindelike bedrog spel: `n ruimte wesens inval wat hierdie Jesuïete pous sal toelaat om die wêreld te verenig onder
    een regering en een godsdiens.

    Maar tog is die eerste weë slegs die begin. Dit is die opening salvo
    in hierdie klimaks van die eeue. Dit lê die grondslag vir nog `n groter bedrog
    wat binnekort sal volg . . . .

    Bolivian Salt Flats prove Flat Earth 

    Die Boliviaanse soutpanne is die grootste in die
    wêreld, met `n omvang van rofweg 11,000 vierkante kilometer. As die wêreld `n
    sfeer, eerder as plat was, sou hierdie foto nie moontlik wees nie. Die
    vasgestelde omtrek van die aarde by die ewenaar sou beteken dat sy kurwe mens
    sou verhoed om die bergreeks hier sigbaar in die middel van die foto oor die
    sout vlakte te siene te kry. Beeld:
    http://www.dailymail.co.uk.

    WLK het gevoel dat dit gebiedend wys is om die verbintenis tussen
    die Jesuïete se agterbakse operasies, die “bolvormige” aarde leuen, te
    publiseer en die dreigende blaas van die Basuine voor dat dit al die
    besonderhede deel aangaande hoe die span by hierdie insig daarvan uitgekom het.
    Yahuwah se wil, sal WLK spoedig materiaal publiseer wat illustreer hoe ons vir
    seker kan weet dat die Aarde nie
    bolvormig is nie. 
    In die tussen tyd,
    word almal bemoedig om hierdie kwessie met gebed vir homself te ondersoek. Let
    asseblief daarop dat nie alle bolvormige afbeeldinge van die aarde van die webtuiste
    verwyder is nie. Dit sal verwyder word so gou as wat ons by magte is om dit te
    doen. Loof Yahuwah vir elke addisionele ligstraal in hierdie laaste dae.

    In Yahuwah se Diens,
    Die
    WLK Span  


    1 H. Lee Sarokin, “Die Rede vir die
    Onskuldige Uitslag in die Casey Anthont Saak,
    “http://www.“http://www.huffingtonpost.com/regter-h-lee-sarokin/casey-anthony-jur
    _b_898550.html, klem verskaf.

    2 http://www.newadvent.org/cathen/04352b.htm

    3 Ibidem,

    4 Ibid.,
    klem verskaf.

    5 http://www.infiwars.com-the-hegelian-dialectic-and-its-use-in-controlling-modern-society/

    6http://www.catholicculture.org/culture/library/dictionary/index.cfm?id=32849

    7 http://www.space.com/25126-big-bang-theory.html

    8  http://thesestonewalls.com/gordon-macrae/fr-georges-lemaitre-father-big-bang-2/

    9 https://www.youtube.com/watch?v=7KVupdK_pBU

    10 Ibid.,klem verskaf.

    11 Sien Unholy Trinity: The Vatican, The Nazis, & The Swiss Banks and
    Hitler & The Vatican.

    12 Mit
    Gott und den Faschisten,
    Hans E. Gunther Verlag, http://www.deschner.info.

    13 Sien Operation Paperclip: The Secret Intelligence Pogram that Brought Nazi
    Scientists to America.

    14 http://www.pbs.org/opb/historydetectives/feature/nazi-technology/

    15 http://www.ecumenicalnews.com/article/vatican-astronomers-are-searching-for-alien-life-say-authors-22068,klem-voorsien.

    16 Sien https://www.youtube.com/watch?v=Xh81JZRdjl4.

    This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.