Opregte Christene het met verlange uitgesien na die “Laatreëns,” of die beloofde “verkwikking” van die Heilige Gees wat hulle verwag om hulle gereed te kry om die Luide Geroep voor die Wederkoms te gee. `n Misgekykte vers in Deuteronómium openbaar dat die “Laat Reëns” heeltemal anders is as wat verwag is en dat dit alreeds besig is om uitgestort te word! |
![]() |
Die Iroquois Teater, Chicago Illinois, in Desember 1903. |
Met die opening van die Iroquois Teater op November 23, 1903, was dit
wyd opgehemel as `n voorbeeld van wat teaters moet wees. Die ligging, naby die
polisie-gepatroleerde Loop inkopie distrik, was redelik veilig. Die Chicago Daily News het dit uitbasuin: “Nêrens is daar `n teater mooier as die
Iroquois nie. Behalwe L’Opera in
Parys, geen teater wat ek ooit gesien het is so skitterend besield in
argitektuur nie.”1 Die Chicago
Tribune was selfs meer rojaal in sy lof, deur te sê:
`n Toneelhuis so pragtig in sy eie hoedanigheid, so beeldskoon in al sy
dele, so manjifiek en tog so gerieflik, het Chicago tot op hede nog nie haar
eie genoem nie. Die Iroquois is sekerlik sonder gelyke in perfeksie onder die
gewone vermaaklikheids plekke van die weste, en dit is te betwyfel of die ooste
kan roem oor meer as een of twee huise van sy gelyke.2
Advertensies en aanplakbiljette het die gebou as “Absoluut Brandbestand”
besing.3
Ag en dertig dae later, op Desember 30, was die teater tot op kapasiteit
gevul. `n Beraamde 2,100-2,200 mense het mekaar verdring vir `n middag
vertoning. Ten minste 200 mense–meestal vrouens en kinders—het nie sitplekke
gehad nie maar was toegelaat om in die agterkant te staan en in die gange te
sit.
Vroeg in die tweede opvoering, het `n neteldoek vlam gevat. Binne twee
minute, was die hele vlug gallery bokant die verhoog in vlamme gehul.
Eddie Foy, `n akteur in die toneelstuk, het probeer om `n gevaarlike stormloop
deur die gehoor te voorkom deur die gerustelling, “Bly in jul sitplekke. Dis
niks nie. Dit sal binne `n paar minute uitgesit word. Speel, Dilea, speel!4
Direkteur van musiek, Joseph Dillea, het Foy se raad gevolg en voortgespeel.
![]() |
Liggamme was tien voet hoog opgestapel agter geslote deurgange, of onvoldoende vir die massa mense wat daarteen druk. |
Oor die 600 mense het weens die brand gesterf, die meeste binne minute.
Hierdie een tragedie in `n “Absolute Vuurvaste” gebou — `n vuur wat as
“`n Nietigheid aanskou was, Dit sal binne minute geblus wees” – het die dodelikste
enkele-brand in `n gebou sowel as die gevaarlikste teater vuur in die VSA
geskiedenis gebly.
Die teatergangers, wie vertel was dat die vuur as net `n nietige
lastigheid beskou was, het geen idee gehad dat, terwyl hulle so sit en luister
na die spelende orkes, vlamme steeds nader gestorm het nie, wat alles in hul
weg hongerig verteer. Hulle het `n gelukkige einde aan `n genotvolle uitstappieverwag. Hulle het verwag om binne `n paar ure huis-toe te
keer.
Die realiteit was dat gebeure alreeds plaasgevind het wat honderde sou
verhoed om nooit hul verwagtinge te besef nie.
Hierdie treurige waarheid is dat dieselfde scenario deesdae herhaal
word, maar hierdie keer, is baie meer in gedrang, die ewige verlossing van
menigtes.
Die Vroeë Reëns
Die uitstorting van die Heilige Gees op
Pinkster was `n geestelike gebeurtenis van ontsaglike belang.
“En toe die dag van die pinkster
aangebreek het, was hulle eendragtig bymekaar. En daar kom skielik uit die
hemel `n geluid soos van `n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul
waar hulle gesit het. Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulle self
verdeel en op elkeen van hulle gaan sit het. En hulle is almal vervul met die
Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee
het om uit te spreek. (Handelinge 2: 1-4, OV)
“Die geweldige geskenk van die
Heilige Gees wat sonder maat uitgestort was, het die dryfkrag voorsien, die
mag, om die vroeë gelowiges te bemagtig om die hele evangelie boodskap in `n
enkele generasie na die hele bekende wêreld te neem. Dit was die koms van die
beloofde “Trooster” en was as die “vroeë reëns” uitgestort.
Wat selfs kosbaarder vir gelowiges deesdae is, is die ontdekking van `n
teks in die Ou Testament wat `n herhaling van hierdie gawe beloof, net in dié
tyd, in “laat reëns” kragtigheid. “En julle, kinders van Sion, juig en wees bly
in Yahuwah julle Eloah, want Hy gee julle die leraar tot geregtigheid en laat
op julle neerdaal die reëns, die vroeë reëns en die laat reëns, soos voorheen.
Kosbare belofte! `n Uitstorting van
die Heilige Gees wat die siel en lewe reinig, om `n volk
voor te berei om Yahushua in die hemele te ontmoet en aan hulle mag gee om die
laaste waarskuwings boodskap aan die wêreld te gee. Baie gelowiges sien
verlangend uit na hierdie gebeurtenis. Hulle hunker na reiniging. Hulle wil met
die Hemel saamwerk om die Luide Geroep (laaste waarskuwing) aan die wêreld te
gee, en bid tot Yahuwah om hulle die laat reëns te stuur om hulle voor te berei
vir die aarde se slottonele.
Tragies, baie maak die presiese einste fout wat baie mense in die
Iroquois Teater gemaak het, namate hulle in hul sitplekke gesit het en kalm na
die musiek geluister het, wie ten volle verwag het om na die vertoning
huiswaarts te keer. Hulle stel die verwagte uitstorting van die laat reëns êrens in die toekoms uit hoewel, in die
einste oomblik, gebeure plaasvind wat hulle baie goed kan verhoed om daardie
verwagte reis terug na die Hemel te neem.
Om te verstaan waarom hierdie verwarring plaasgevind het, is dit nodig
om te weet wat die vroeë en laat reëns in Palestina was, en wat dit is as hulle
as simbole gebruik word.
Reënstorm
Ek het opgegroei in die rollende heuwels van die koring lande. Dit was
baie droog en woestynagtig. Jaarlikse reënval was omtrent 20 duime (50 cm.),
meestal van herfs en lente reëns en winter sneeu. Die landbouers het die kuns
van droë land boerdery bemeester. Hulle sou winter graan in die herfs plant.
Dit sal dan ontkiem en begin groei. Wanneer die winter aanbreek, sou die jong
koring wag, beskerm van die ysige koue onder die beskermende sneeu kombers.
Wanneer die lente reëns val, het die koring vinnig tot wasdom gegroei. Dit het
dan uitgedroog onder die warm somer son voordat dit in Julie geoes is.
Droë land koring boedery is baie dieselfde soos die besproeiings boerdery bedrywighede van Israeli landbouers in antieke Palestina.
(Fotobeeld gebruik met toestemming van Michael Brandt Photography.)
Hierdie jaarlikse siklus was dieselfde, in baie gevalle, soos hoe graan
in die ariede klimaat van Palestina verbou was. Landbouers het in die herfs hul
oeste gesaai. Het in die lente hul gars geoes en in die somer die koring.
Israelitiese boere was afhanklik van twee reën seisoene om hul gewasse te laat
groei. Die “vroeë reëns” het kort na planttyd in die herf geval. Dit het die
graan laat ontkiem en was die begin van die groei tydperk.
Die “laat reëns” het aan die einde van die groei siklus geval, in die
lente, wat die graan tot wasdom gebring het. Die “laat reëns” het `n
oorvloedige oes inlewering verseker.
Is dit is nie verrasend dat die Gees van Inspirasie die vroeë en die
laat reëns uitkies as simbole van die geestelike groei en rypwording van
gelowiges met Pinkster en, weereens, net voor die Wederkoms nie.
Ja, maar
…wat is dit?
Goed. . . die laat reëns is die Heilige Gees. Maar wat, spesifiek, is
die betekenis daarvan? Hoe maak dit die gelowige vir die Hemel gereed?
Die antwoord
op hierdie vraag openbaar `n opwindende waarheid: die laatreëns het alreeds
begin! Dit word nou uitgestort!
Yahushua het hierdie spesiale werk van die Heilige Gees verduidelik, met
die stelling:
Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek
weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie;
maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur.
En as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig
van sonde en van geregtigheid en van oordeel.
Van sonde, omdat hulle in My nie glo nie;
En van geregtigheid, omdat Ek na My Vader gaan en julle My nie meer sal
sien nie;
En van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is.
Nog baie dinge het Ek om julle te sê,
maar julle kan dit nie nou dra nie.
Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in
die waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy
hoor, en die toekomstige dinge aan julle verkondig.
Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en
aan julle verkondig. (Johannes 16: 7-15, OV)
Die Heilige Gees word gegee om te onderrig!
Om die nederige leerder in die Hemel se waarheid op te voed. Die “laat reëns,”
is dus, toenemende waarheid!
Hierdie feit word bevestig deur twee belangrike verse, verberg in die
boek van Deuteronómium: “Luister, o hemele, dat ek kan spreek, en laat die
aarde hoor die woorde van my mond. Laat
my leer drup soos die reën, my woorde vloei soos die dou, soos reëndruppels op
die grasspruitjies en soos reënbuie op die plante.” (Deuteronómium 32:1-2,
OV)
Die laat reëns is leerstellings. Dit is nuwe lig! Om in die aangesig van
`n heilige Yah sonder `n middelaar te staan vereis die herstelling van
lang-verborge waarhede. Waarhede verberg onder lae van onkunde, bygelowe en
mens-gemaakte tradisies word herstel onder die lewegewende uitstorting van die
laat reëns.
En dit gebeur alreeds!
Toenemende Lig
Diegene wie vashou aan ou gewoontes en
gryse dwaalleringe het die feit dat lig altyd toenemend is op die weg van almal
wie [Yahushua] volg waarheen Hy ookal
mag lei, uit die oog verloor; die waarheid is altyd ontvouend aan die volk van
[Yah]. Ons moet voortdurend voorwaarts as ons ons Leier volg. Dit is wanneer
ons die lig volg wat oor ons skyn, die waarheid gehoorsaam wat aan ons
verstande blootgelê is, dat ons meer lig ontvang. Ons kan nie verskoon word in
die aanvaarding van slegs die lig wat ons vaders een honderd jaar gelede gehad
het nie. Indien ons God-vresende vaders die lig gesien het wat ons sien, en dit
gehoor het wat ons hoor, sou hulle die lig aanvaar het, en daarin gewandel het.
As ons verlang om hulle getrouheid na te boots, moet ons die waarhede wat vir
ons geopenbaar is, nes hulle dít wat aan hulle voorgelê was aanvaar het; ons
moet doen nes hulle gedoen het, as hulle in ons tyd geleef het.5
Toenemende lig is `n yslike geskenk.
Yahuwah bemagtig Sy kinders deur hulle ewige toenemende kennis, wysheid
en insig omtrent die diepe dinge van Yah te skenk. Oneindige liefde is
gedemonstreer deur niks van die waarheid te weerhou, wat wanneer dit aanvaar
word, die siel sal versterk en toerus op sy aardse pelgrimstog. Wanneer Sy volk
honger en dors na Sy ligstrale, sal die Vader hulle nooit teleurstel nie.
“Slegs hulle wie die lig uitlewe wat hulle ontvang het, sal meer lig ontvang. Tensy ons daagliks vorder in die opheldering van die aktiewe Christen deugde, sal ons nie die manifestasie van die Heilige Gees herken nie. Dit mag op harte rondom ons val, maar ons sal dit nie bemerk of ontvang nie.” (Testimonies to Ministers, bl. 507.)
|
Yahushua het gesê, “Salig is die wat honger en dors na geregtigheid,
want hulle sal versadig word.” (Matthéüs 5:6, OV) Yahuwah beloon diegene wie
ywerig soek na meer lig. Diegene wie die waarheid waardeer, ongeag van die koste daarvan, sal ryke
geestelike belonings in hierdie lewe ontvang, en steeds groter vergoedings in
die ewige lewe. Yahuwah verdiep hulle liefde vir die waarheid met nuwe
ligstrale van Sy genade troon.
Maar sulke vreeslike geestelike gawes, bring aan hulle uitermate
geestelike verantwoordelikheid. Ja,om wat hulle geleer het met ander te deel,
maar ook om voort te gaan in die weg om altyd-vermeerderende lig te soek. Vir
te lank nou al was die Christen kerke tevrede met die lig wat hulle alreeds
het. Die Rooms Katolieke Kerk, die
oudste onder die georganiseerde denominasies, roem in haar oue tradisies en
baseer baie van haar leerstellings op niks anders as die “leerstellings van die
kerk vaders nie.” Hoe verskil dit van die “rabbynse tradisies van die oudstes”
wat so duidelik deur Yahushua veroordeel is?
Die denominasies wat uit die Protestantse Reformasie verrys het, het die
kosbare strale van die Hemel se lig omhels in die priesterskap van alle
gelowiges, regverdigheid deur geloof, volwasse doop deur onderdompeling en andere, maar daar het hulle
stagneer. Die tweede en derde Protestantse generasies was tevrede met die lig
van hul ouers en grootouers. Hulle het nie voortgegaan om vir meer waarheid te
soek nie.
“Baie van die belydende onderwysers van die volk is heeltemal tevrede om hul kleim in te slaan en hoegenaamd self geen vordering te maak nie, en hulle is baie verontwaardig wanneer andere aangedryf word om vir nuwe waarhede te soek. Wanneer nuwe lig voorgestel word, voel hulle nes die Fariseërs gevoel het, maar hulle doen alles in hulle mag om andere te verhoed in die soeke na waarheid.” (Review & Herald, Junie 29, 1886.) |
Net so het die verskeie post-Protestantse Hervorming denominasies wat in
die laat 19de eeu verrys het, verby wat die Protestantse Hervormers as lig
aanvaar het, gevorder. Die Sewende Dag Baptiste het die sewende-dag Sabbat aanvaar
en dit met die Sewende-dag Adventiste gedeel. Die Mormone het `n gesonde
lewensstyl omhels. Die Jehowa se Getuies het vir die ware naam van Yahuwah
gesoek en het al die paganistiese heilige dae verwerp. Bykomend tot die
aanvaarding van die sewende-dag Sabbat en die gesondheidsboodskap, het die Sewende-dag
Adventiste die ontsaglike waarheid van die heiligdom en die lesse wat dit leer
omtrent die verlossings plan bestudeer.
Maar…
Maar elke enkele een van daardie
denominasies het die foute van die verlede herhaal,
en ook hulle, het gestagneer. Hulle het nie voortgegaan om met die lig te
vorder nie.
Om nuwe en dieper lig te ontvang, moet elke soeker na waarheid vry
wegstap van elke mens-gemaakte tradisie. Hy of sy mag alle voorafopgestelde
veronderstellings opsy sit en gewillig wees om te gehoorsaam wat die Heilige
Gees ookal as waarheid blootlê.
Lê jou voorafopgestelde opinies en jou oorgeërfde en gekweekte idees
voor die deur van ondersoek neer. Julle sal nooit die waarheid bereik as jy die
Skrifte ondersoek om jou eie idees te verdedig nie. Los dit by die deur, en met
`n ootmoedige hart gaan in en luister wat [Yahuwah] te sê het . . .
Moenie jou geloofsbelydenis na die Bybel neem en die Woord in die lig
van jou vorige opinies lees nie. Moenie probeer om alles met jou
geloofsoortuiging te laat saamstem nie. Ondersoek die Woord deeglik en gebedvol
met `n verstand vry van vooroordeel. Soos jy lees sal oortuiginge kom, en jy
sien dat jou mees gekoesterde opinies nie in harmonie met die Woord is nie,
moenie probeer om die Woord met hierdie opinies te klee nie. Jou opinies die
Woord laat pas nie. Moenie toelaat dat wat jy in die verlede geglo en beoefen
het jou insig beheer nie. Maak jou geestes oog oop om wonderlike dinge uit die
wet te sien. Vind uit wat geskrywe is, en plant jou voete op die ewige Rots.6
Deur slegs dit te doen, is dit moontlik om bokant ingewortelde
vooroordele uit te styg en die waarheid te volg waar dit ookal mag lei.
Om die behoefte te vervul wat deur die mislukking van die kerke om toenemende
lig te aanvaar, verwerp is, het verskeie onafhanklike bedienings verskyn om die
Hemel se waarhede te versprei. Hierdie bedienings het die lig aan hulle gegee,
getrou gedeel, maar byna sonder uitsondering, het hulle verkies om vas te klou
aan hulle een ligstraal, wie weier om op te volg en steeds meer waarhede te
bestudeer. Slegter nog, nes die verskeie denominasies voor hulle, het die
onafhanklike bedieninge hulle volgelinge geleer om enige lig meer as wat hulle alreeds het, te verwerp.
Dit is `n groot tragedie. Ook is dit `n groot gevaar vir die siele van
diegene wie daardie vorderende lig verwerp. Hemel se waarhede moet ywerig uit
studeer word! Dit moet versigtig ondersoek word en met ywer aanvaar word. Nie
`n enkele juwele waarheid, ongeag van hoe nietig dit ookal mag voorkom, moet
sorgeloos eenkant gesit word of weggegooi word nie. Alles moet bymekaar gemaak,
gekoester, en gehoorsaam word.
Dit is die verantwoordelikheid van elke opregte gelowige om: 1) te soek vir waarheid; 2) die waarheid geskenk te aanvaar; en, 3) `n lewe ooreenkomstig tot geopenbaarde lig te lewe. |
Geheilig Deur Gehoorsaamheid
“Lig” is waarheid. Maar meer as
dit, dit is die bewyse van waarheid, wat aan die intellek tuis gebring word, en
uitgeleef word in `n lewe van gehoorsaamheid. `n Loutere intellektuele
inwilliging sal niemand red nie. Die duiwels het die mag van Yahuwah erken en
gesidder, maar het in rebellie voortgegaan, die waarheid het hulle nie gered
nie. Om ten volle aanvaar te wees, moet die waarheid gehoorsaam wees en dit is
wanneer die hart vasbeslote is om te gehoorsaam dat die Gees van Waarheid die
siel heilig.
Paulus het Yahuwah vir hierdie waarheid geloof: “Maar ons moet [Yahuwah]
altyd oor julle dank, broeders wat deur [Yahuwah] bemin word, dat [Yahuwah]
julle van die begin af verkies het tot saligheid in heiligmaking van die Gees
en geloof in die waarheid.” (2 Thessalonicense 2:13, OV)
Die woord wat hier as “geloof” in Engels vertaal word, is heeltemal
passief. In Arabies, is dit die aktiewer woord gelowige. Dit is die aksie om te glo (met die samehangende
gehoorsaamheid) wat heilig. Nie `n passiewe verstandelike inwilliging nie. Die
woord kom van die Hebreeuse pis`tis
(#4102) wat oortuiging, oorreding en versekering beteken.
Die siel word deur gehoorsaamheid geheilig. Dit is `n uitermate
belangrike punt. Nuwe konsepte, waarop gereageer word, word fundamentele beginsels. Hierdie
fundamentele beginsels, op hul beurt, raak deel van die houdings en oortuigings van die indiwidu. Die houdings en die
oortuiginge vorm die gedagtes en
gevoelens. En dit is die denke en die gevoelens wat die karakter vorm.
Die karakter is die enigste iets wat ons na die Hemel neem. Niemand kan
dit waag om die kleinste ligstraal te vermy nie, omdat elkeen die fondasie vir
steeds meer lig lê, wat sou lei na gehoorsaamheid en die siel heilig. Selfs die
eerste tree weg van volle aanvaarding van waarheid stel die siel in gevaar.
Verhard Deur Ongehoorsaamheid
Die geskiedenis van die Israeliete nasie is `n ernstige waarskuwing aan
gelowiges van vandag. Dit verklaar die verskriklike gevolge van wanneer die
hart teen vorderende lig gesluit word. Die heel eerste tree wat die Israeliete
in die verwerping van die Verlosser geneem het was `n gevaarlike een omdat dit
`n voorbeeld geskep het om waarheid te verwerp. Later, namate verslae oor Sy
groot wysheid, Sy verhewe karakter, die wonderwerke wat Hy vermag het verklaar
is, het die oortuiging harte beetgeneem dat Hy inderdaad die langverwagte
Messias was. Maar die gevalle menslike karakter wat dit was, se hoogmoed wou
nie die leiers toelaat om te erken dat hulle `n fout gemaak het nie. Die leiers
het toe die res van die nasie beïnvloed om die Verlosser te verwerp en die volk
was te trots om te erken dat hulle hul geloof in hul leiers geplaas het wie
verkeerd was.
![]() |
Die laatreëns was geskenk om harte gereed te kry vir die oes. Slegs diegene wie hierdie toenemende lig aanvaar sal die vlak bereik van volle rypheid in Yahushua. (Beeldmateriaal gebruik deur toestemming van James Richman.) |
Elke opregte soeker na waarheid moet bewus wees dat hierdie selfde
scenario homself deesdae weer afspeel. Kerk leiers word voorsien van nuwe lig,
en meer as dikwels, is hulle eerste reaksie om na hulle pastoor, priester of
rabbi te hardloop, met die vraag, “Is hierdie dinge waar?”
Godsdiens leiers is wel bewus dat die nuwe lig sommige van hul
vasgestelde leerstellings van die organisasie wie hul salarisse betaal, kontrasteer. Dit is in hul beste belang om
alle nuwe lig te verwerp, wat hulle ook doen. Die skrywer is persoonlik bekend
met `n handvol Sewende-dag Adventiste pastore wie daarvan oortuig is dat die lunar Sabbat die waarheid is, maar hulle leer dit nie aan hulle gemeentes nie. Hulle
bly stil daaroor. Hulle gaan voort om `n salaris tjek van `n organisasie te
trek wat standpunt ingeneem het teen hierdie toenemende lig. Dit word elke keer
herhaal wanneer iemand `n ander persoon die finale outoriteit maak omtrent wat
waarheid is.
Waarom vra hierdie mense nie vir
Yahuwah nie? Die Vader het genadiglik almal uitgenooi
om vir wysheid na Hom te kom: “En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom
dit van Yahuwah bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit
sal aan hom gegee word. ” (Jakobus 1:5, OV)
Nes die Fariseërs in Yahushua se dae, heg die godsdiens leiers groot
waarde aan hul geleerdheid. Hulle was
by seminare! Hulle het Hebreeus en
Bybelse Grieks gestudeer. Hulle het
skolastiese werke gelees wat die gemiddelde persoon nooit van gehoor het nie!
Hulle neem sommer so aan omdat hulle beter kennis het en voel seergemaak in die
moontlikheid dat sommige van hulle oortuiginge foutief mag wees.
Sodoende tree hoogmoed in en hulle voel minagting vir enigiemand wie
voorstel dat hulle `n meer gevorderde greep op die waarheid het as wat hulle
leiers self het. Hulle verwerp die bewyse aangebied as, by tye vals, by tye
verwarrende, argumente. Die leiers self studeer nie met `n openhartigheid nie,
omdat hulle die status quo moet handhaaf. Deur hulle voorbeeld, lei hulle die
menigtes om die nuwe lig te betwyfel en bemoedig suspisie op enigeen wie waag
om vrae vra.
Wanneer addisionele bewyse die verstande van die godsdiens leiers bereik
en hulle van die waarheid oortuig is, erken hulle dit steeds nie aan hulle
volgelinge nie. Al die bewyse in die wêreld is nie genoegsaam om deur die
verharde hoogmoed te breek nie. Hulle hou hul koers standvastig, en weier om te
erken dat hulle verkeerd is.
Daar is gevaar dat wanneer [Yahuwah] spesiale lig aan sy volk sal stuur,
hulle ook hulleself in dieselfde kant as die Fariseërs plaas. Maar laat nie een
van die mense wie gevorderde lig het, die posisie inneem dat hulle al die lig
het wat daar is om vir alle tye openbaar gemaak te wees, en dat daar geen
verdere ligstrale skyn op hul weg uit die woord van [Yah] nie. Hoe meer ons
mense die Skrifte ondersoek, hoe meer sal die ryk juwele van waarheid bekend
gestel word. Sal diegene wie die gees van onderdrukking van hul broeders in die
kerke gevoel het, doen wat hulle in ander veroordeel het? Sal hulle doen soos
die eie-geregtige Fariseërs? Sal hulle argumente met bespotting, skertsery, en
sarkasme tegemoet gaan? Sal hulle van die ligdraers sê soos wat hulle van die
wêreld se Verlosser gesê het, ‘Hy het `n duiwel”? Sal hulle gereed wees om sy
boodskap te verbied, “omdat hy nie soos ons dink nie”? Sal die boodskapper wie
[Yahuwah] met spesiale lig sal stuur met bespotting en veragting behandel word,
nes Paulus deur die heidene behandel is, wie gesê het, “Laat ons hoor wat
hierdie babbelaar te sê het”?
Vind Vreugde In Die Lig
Wanneer jy vir jouself na Yahuwah gaan, sal Hy jou as indiwidu leer. Dit is nie
nodig om die opinie van godsdiensleiers te vra nie. Waarhede wat op hierdie
manier geleer word, word baie kosbaar. Wanneer Yahuwah jou onderwyser is, sal
Hy jou in die waarheid setel sodat niks jou geloof kan skud nie.
Dit is baie inspirerend vir geloof om terug te kyk oor die ondervindinge
wat Yahuwah gelei het, deur die waarheid te leer.
Die WLK span is nie anders as jy nie. Ons is eenvoudig net `n groep van
nederige gelowiges, oor die wêreld heen versprei wie lief is vir Yahuwah en wie
`n brandende begeerte het om die waarhede wat aan ons bekend gemaak is met te
deel. Dit het somtyds `n publieke erkenning van dwalinge vereis oor foute uit die verlede.
Met elke aanvaarding van vorderende lig, word meer waarhede gegee namate
die verkwikkende buie van die laatreëns steeds meer waarheid bring. Dit is hierdie
einste waarhede wat die siel voorberei vir die oes aan die einde van die
wêreld.
Die reis vir die WLK span het in 2002 begin toe ons oortuig was met die
behoefte om uit alle gevalle en afvallige denominasies te vlug. Nadat ons tot die slotsom gekom het om Yahuwah en Yahushua
alleen te volg, het die Vader Sy hemelse stort reëns mildelik en voortdurend in
die volgende kronologiese orde uitgegiet:
Jaar 2002:
- Die dringende behoefte om die
stede te verlaat.
Jaar 2005:
- Verwerping van die Rooms Katolieke Drie-enigheids
leerstelling.
Jaar 2006:
- Die ware interpretasie van die sewe
konings van Openbaring 17 en hul tydlyn.
Jaar 2009:
- Die kalender van die Skepping en die verwerping
van die valse Gregoriaanse kalender. - Die ware weeklikse siklus is nie aaneenlopend nie.
- Die antieke Bybelse Sabbat.
- Die werklike tyd wanneer `n
dag begin. - Die geskenk van Nuwe
Maan dae. - Die behoefte om die paganistiese
feesdae van Kersfees en Paasfees te verwerp. - Die ewige karakter van Yahuwah se feeste.
Jaar 2010:
- Die finale stryd is oor aanbidding.
- Die kennis van die Vader en die Seun se ware name en die voorreg om dit aan
te roep. - Dieper insig in die seël van Yahuwah.
- Duideliker insig aangaande die merk van die dier.
Jaar 2011:
- Die volle vervulling van die sewe Basuine van Openbaring is in die toekoms en
nie in die verlede nie. - Die bybelse aftelling na die Fees van Weke.
Jaar 2012:
- Die bybelse begin van die jaar.
Jaar 2013:
- Meer lig en dieper afskuwelikheid van
die rol wat die Jesuïete gespeel het in die stryd teen waarheid sedert hulle stigting in 1540. - Ware identiteit van die antichrist en teenwoordigheid in die hedendaagse
wêreld.
Jaar 2015:
- Insig in die Vryheid wat Yahuwah oor
die onderwerp van die doop gegee het, soos geinspireer deur die ondervinding van die Anabaptiste.
Jaar 2016:
- Die ware vorm en posisie van die
Aarde. - Ware interpretasie van Daniël 11 en
12, en die nabyheid van die sluiting van genadetyd. - Insig in die verbintenis tussen die koning van die noorde en
die sewe konings van Openbaring 17. - Insig in Genesis 6:1-4 en die onderwerp
van Nephilim, nes dit Yahuwah se onfeilbare liefde regverdig. - Kennis van die Israel van vandag en sy bedrieglike status.
- Die verbintenis tussen die Jesuïete en die bolvormige bedrog.
- Die verborge agenda agter die duiwelse drie-enigheid leerstelling.
- Die finale bedrogspil soos gebaseer op die bolvormige aarde bedrog
Aanvaarding van Lig, Verwerping
van Dwaalleer
Deur gehoorsaamheid, berei dit die hart voor vir die Hemel.
Nuwe lig is nie iets om te vrees en voor te beef nie. Dit is `n voortreflike
geskenk! Elke straaltjie lig lê ook dwaling bloot. Deur dankbare aanvaarding en
in die lewe ingeweef deur gehoorsaamheid, berei dit die hart vir die Hemel
voor.
Bid vir nuwe lig. Doen deeglike navorsing daarvoor, nes vir verborge
juwele. Daar is geen beter bewys dat Yahuwah jou leiding gee as wat Hy steeds
aan jou Sy leerstelling leer.
Ondersoek jou eie hart. Watter nuwe lig het jy ontvang? Is daar lig wat jy verwerp het? Is jy seker dat dit
dwaalleer was wat jy verwerp het en nie lig nie? Gaan terug en studeer weer van
oor af. Om met `n ope gemoed te ondersoek beteken dat jy al die bewyse bepeins
met `n gewillige hart wat wil gehoorsaam as die Heilige Gees jou oortuig dat
dit waarheid is. Maak seker dat jy al die lig beskikbaar aanvaar het en pleit
vir meer.
Die laat reëns word uitgestort.
Die weelde van inligting en waarheid tans beskikbaar is ongeëwenaar in die lang
geskiedenis van geestelike duisternis wat die wêreld omgewe. Hierdie nuwe lig
is van die uiterste belang vir jou siel omdat dit die lig is wat jou voorberei
om Yahushua in vrede te ontmoet wanneer Hy kom.
En Hy is byna hier!
Die strale van ewige dagbreek is selfs nou besig om op die horizon te gloei. Aanvaar met vreugde en dankbaarheid die nuwe leerstellings wat Yahuwah uitstort en maak klaar vir die Hemel.
(Beeldmateriaal gebruik met toestemming van James Richman.)
1 Amy Leslie, aangehaal in Chicago Death Trap: The Iroquois Theater
Fire van 1903, deur Nat Brand, bl.25.
2 W. H. Hubbard, ibidem.
3 Brand, bl.5.
4 Christopher Cerf, The Experts Speak, bl. 247.
5 Ellen G. White, Historical Sketches, bl. 197.
6 Ellen G. White, Manuscript Releases, No. 209, bls. 431-432.
7 The Home Missionary, September 1, 1894.