“En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier
aanbid…. En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name
nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam
wat geslag is, geskrywe is nie.” (Openbaring 13 verse 4 tot 6 en 8. )
Hierdie profesie is opgeteken in die laaste boek van die Bybel, en is
dit ʼn openbaring van die nabye toekoms. Dit bevestig dat die finale stryd sal
wees tussen die magte van die goeie en die magte van die Bose, en dit sal gaan oor
aanbidding.
Die feit is dat die stryd oor aanbidding so ʼn
belangrike rol speel in die profesieë oor die finale stryd, dat dit wil te
kenne gee dat daar iets verskillend moet wees, twee omsigtige sieninge oor
aanbidding wat nog nie voorheen deel, en in die kollig van Wêreld se Godsdiens gesprekvoerings
was.
Hierdie teenstrydigheid kan alleenlik net gaan oor die dag van
aanbidding, omdat, die dag waarop aanbid word, wys dit jou lojaliteit watter godheid jy aanbid. Yahuwah Homself het
dit benadruk op watter dag Hy aanbid moet word toe Hy vermaan het:
Die sewende dag is die Sabbat van Yahuwah jou
Elohim. (Lees Exodus 20 verse 8 tot 10)
Gedurende die onlangse jare, het toenemende
lig oor die Sabbat ʼn lank vergete waarheid ontbloot, en die feit is dat hierdie
Bybelse sewende dag Sabbat, nie gevind kan word deur die gebruik van ʼn heidense kalender.
Alleenlik deur die gebruik van die
antieke Hebreeuse kalender, wat in gebruik was by die Skepping, kan die ware
Sabbat gevind word.
Verskeie besware oor die uitgangspunt van
hierdie waarheid is geopper. Sommige het hulle gehaas na hulle pastoor en met
ywerige navrae: “Is al hierdie dinge waar?” Ander was weer verward deur
weersprekings. Vele artikels en video’s was gemaak om hierdie “fout” oor die
geloof van die Sabbat volgens die maan te bewys.
Deur ʼn versigtige ondersoek van die Skrif word
hierdie waarheid bewys. In die lig van die Skrif, word die “bewys” teen die
maan Sabbat, dat dit nie teenstrydig is met die Bybel, en ook bewys word, en
ook in die manier hoe Yahuwah werk.
Hier volg 10 algemene besware wat geopper word teenoor die Bybelse Maan
Sabbat, en met elkeen sy onderskeie Antwoord.
BESWAAR # 1: “As die Maan Sabbat
waar is waarom het ons nie voorheen daarvan gehoor? Dit kan tog nie waar wees
omdat God dit nooit sal toelaat dat die Sabbat verlore en vergeet word!!”
ANTWOORD: Omdat die Sabbat so baie belangrik is, het baie hierdie
veronderstelling gemaak. Alhoewel, dit ʼn verkeerde veronderstelling is. Die
Bybel profeteer self dat die ware Sabbat vergeet sal word.
“Yahuwah het soos ʼn vyand geword, Hy het Israel verslind, al sy paleise
verslind, sy vestings verwoes en geklaag en geklag by die dogter van Juda
vermenigvuldig. En Hy het sy eie omheining soos ‘n tuin verniel, sy eie
feesplek verwoes; die Yahuwah het in Sion feestyd en sabbat laat vergeet, en in
sy grimmige toorn koning en priester verwerp.” (Lees Klaagliedere
2 verse 5 tot 6. )
Wanneer die waarheid nie gekoester word soos dit moet wees, verwyder
Yahuwah dit vir veilige bewaring. Toe
die vroeë Christene ʼn ooreenkoms gemaak het, en heidendom omhels het, is die
Sabbat deur Yahuwah se handeling, versteek.
“En Ek maak ʼn einde aan al haar vreugde, haar
feeste, haar nuwemane en haar sabbatte, ja, aan al haar feestye.” (Lees Hosea 2 vers 11)
Die belofte is egter dat die laaste oorblyfsel
teen die einde van tyd, die waarheid sal herstel:
“Nogtans het my volk My vergeet,….. dié het
hulle laat struikel op al hul weë, op die ou paaie, om te loop op sypaaie, ʼn
ongemaakte pad;….” ( Jeremiah 18 vers 15)
“So
spreek die HERE: Staan op die weë, en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die
goeie weg is, en wandel daarin; en julle sal rus vind vir julle siel.” (Lees Jeremiah 6 vers 16)
“En die wat uit jou voortkom, sal die ou puinhope bou; die fondamente
van vorige geslagte sal jy oprig, en jy sal genoem word: Herbouer van gebreekte
mure, hersteller van paaie, om bewoonbaar te maak. As jy jou voet terughou van die sabbat—om nie
jou sake op my heilige dag te doen nie, en as jy die sabbat ‘n verlustiging
noem…..” (Jesaja 58 verse 12 en 13)
BESWAAR # 2: “Die weeklikse
siklus het ononderbroke vanaf die Skepping gekom. Saterdag is die sewende – dag
van die week, natuurlik is dit die ware Sabbat!”
ANTWOORD: Tyd is in homself aaneenlopend. Alhoewel, daar verskillende maniere
is om daardie tyd te meet. Die kalenderformaat van ʼn ononderbroke weeklikse
siklus het nie verander, totdat die Babiloniërs een aangeneem het, ʼn
paar honderd jaar voor die geboorte van die Verlosser. Alle antieke kalenders
het bestaan uit weeklikse siklusse wat hernu is, elke maand met die Nuwemaan,
of jaarliks met die sluiting van die Oujaar.
Volgens ʼn kalender waar die weeklikse siklusse hernu met elke maand,
sal die dae van die week altyd voorkom op dieselfde datums as die kalender.
Wanneer die weeklikse siklus met elke Nuwemaan hernu, kom die sewende – dag van
elke week altyd voor op 8ste, 15de, 22ste en die 29ste dae van die maand.
Die Bybel ondersteun hierdie kalender formaat. Dit is merkwaardig dat
elke keer wanneer daar in die Bybel ʼn
datum gegee is vir ʼn sewende – dag
Sabbat, direk of in teksverband, kom dit altyd voor op die 8ste, die
15de, 22ste of die 29ste. Dit bevestig dat die Bybelse kalender volgens die
maanmaand is, waarin die dae van die week altyd voorkom op dieselfde datums van
die maand.
BESWAAR # 3: “Die maan was eers op die vierde dag gemaak! Dit is duidelik dat dit
nie die Sabbat kan bepaal omdat dit nie gemaak is voor die Vierde Dag van die
Skeppings week!”
ANTWOORD: Hierdie argument is
net so geldig teen Saterdag as wat dit is teen die maan Sabbat. Saterdag word
eers gevind in die latere Juliaanse, ʼn
heidense kalender, en in die hedendaagse Gregoriaanse kalender, ʼn pouslike
kalender. Die juliaanse en Gregoriaanse kalenders is beide son kalenders. As
die ligte wat aan die hemel op die vierde dag gemaak is, nie gebruik kan word
vir tydhouding, dan moet Saterdag ook verwerp word, omdat die Gregoriaanse
kalender gegrond is op die aarde se, son, en maan, son tye.
Die feit is, dat beide die son en maan was gemaak deur ʼn verordening
van die Skepping. Hulle is gemaak toe die verstand van Yahuwah dit bedink het,
en daar gespreek is, en hulle het bestaan. Yahuwah het ouderdom in alles
geskape. Adam en Eva is volmaakte voorbeelde van geskape ouderdom. Adam was nie
geskape om ʼn fetus te wees of as om soos baba gebore te word, maar as ʼn
volgroeide man. So is ook die voëls en
diere was nie geskape as onuitgebroeide eiers, of blinde hulpbehoewende baba
diere.
Net soos die juwelier ʼn horlosie na die regte tyd stel, het die Skepper
die maan op regte posisie akkuraat geplaas, om tyd te hou van al die tyd wat
sal kom. Toe Yuhawah die son gemaak het, het Hy hom op die presiese plek
geplaas: die korrekte afstand vanaf die aarde wat sal voorsien aan die korrekte
temperature, nie te naby en nie te vêr. So het Hy versigtig en doelbewus die
maan in die presiese posisie geplaas wat nodig is die vir werking van Sy
tydhouding sisteem.
BESWAAR # 4: “My pastoor het my vertel dat die maan son kalender was alleenlik
gebruik vir die feeste, en NIE vir die Sabbat!”
ANTWOORD: Die Bybel leer ons
net van een metode om tyd te bereken: die maan son kalender. Genesis 1 vers 14
verklaar:
“En God het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die
hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens
sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare.”
Die woord “seisoen” is afgelei vanaf die
Hebreeuse woord, “mo‘ed.’
“Mo’ed, mo’adah: vergadering, feestelike samekoms, aangewese,
teken….. [Yahuwa] het Israel op bepaalde tye ontmoet op tye om Sy wil aan
hulle bekend te maak. Dit is algemene naam vir die aanbiddings byeenkomste van …. [Yahuwah se volk.” (#
4150, Lexical Vigs to the old Testament, Key – Word Study Bible.)
Die sekel maan “Mo’ed’ is ook vertaal as
“seisoene” in Psalm 104 vers 19:
“Hy het die maan gemaak vir vaste tye [
mo’adah].”
Dit bepaal duidelik dat die maan was gemaak
vir die uitsluitlike doel om die tye van aanbidding .
Die feeste (mo’adah) van Yahuwah word beskryf
in Levitikus 23. Die einste eerste fees
wat genoem word, is die Sewende – dag Sabbat!
“Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê: Spreek met die kinders van Israel en sê vir
hulle: Die feestye van die HERE wat julle moet uitroep as heilige samekomste
dit is my feestye. Ses dae lank kan werk gedoen word, maar op die sewende dag
is dit ʼn dag van volkome rus, ʼn heilige vierdag; géén werk mag julle doen nie
dit is ʼn sabbat van Yahuwa in al julle woonplekke.” (Lees
Levitikus 23 verse 1 tot 3)
Die Bybel bied nie aan ons twee kalenders: een vir die weeklikse Sabbat,
en ʼn ander een vir die jaarliksefeeste. Boonop,
moet dit onthou word toe maan vasgestel is, was dit vir die doel vir die
vasstelling van aanbiddingstye, en was daar nog nie ander feeste! Die enigste
“fees” in die Skeppingsweek was die weekliksefees: die sewende – dag
Sabbat.
BESWAAR # 5: “ Johannes 7 tot 9
bewys dat somtyds die weeklikse Sabbat voorgekom het op ʼn datum verskillend as
die 8ste, 15de, 22ste of die 29ste. In hierdie gedeelte het die sewende – dag
voorgekom op die 23ste na die laaste dag van die Huttefees op die 22ste!”
ANTWOORD: Johannes 7 tot en
met 9 is daar die bewyse ten gunste van die Sabbat wat bereken is volgens die
maan. Dit verbind duidelik die sewende – dag
Sabbat tot die 22ste dag van die maand. Die verhaal begin met ʼn
verklaring wat deur die Verlosser gemaak is op die sesde dag van die week:
“En op die laaste dag,
die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As
iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!” (Lees
Johannes 7 vers 37)
Die Fees waarna verwys is die huttefees, want
in Johannes 7 vers verklaar dit:
“En die
fees van die Jode, die huttefees, was naby.” (Johannes 7 vers 2)
Die Huttefees is ʼn sewedaagse fees wat
onmiddellik opgevolg is deur die sewende – dag Sabbat wat in Levitikus 23
genoem word ʼn
“Spreek met die kinders van Israel en sê: Op die vyftiende dag van
hierdie sewende maand is dit sewe dae lank die huttefees vir Yahuwah. Sewe dae
lank moet julle aan Yahuwah ‘n vuuroffer bring. Op die agtste dag moet daar vir
julle ʼn heilige vierdag wees, en julle moet aan Yahuwah ʼn vuuroffer bring. Dit is ʼn feestyd; julle mag geen beroepswerk
doen nie.” (Lees Levitikus 23 verse 34 en 36)
![]() |
Die Huttefees is ʼn sewe daagse fees, wat begin op die 15de en eindig op die 21ste. |
Die Huttefees begin altyd op die 15de dag van die sewende maand, of op
die vyftiende dag in opvolging van die Nuwemaan. Dit is ʼn sewedaagse fees wat
eindig op die 21ste van die maand. Dus, is die einste volgende dag ʼn sewende dag Sabbat.
Johannes 7 tot 9 ondersteun dit. Die Bybel wys
daarop, “En op die “laaste dag, die groot dag van die fees,” het Yahushua gestaan
en uitgeroep en gesê:” Op die laaste dag van die fees dit is die 21ste. Nadat
Yahushua tot die mense gespreek het:
Het elkeen het huis toe gegaan. “Maar Jesus het na die Olyfberg gegaan.
En vroeg in die môre het Hy weer in die tempel gegaan, en al die mense het na
Hom gekom, en Hy het gaan sit en hulle geleer.” (Lees
Johannes 8 vers 1 en 2)
Die Verlosser het die nag deurgebring op die Olyfberg, en vroeg die
volgende môre, op die Sabbat het Hy weer in die tempel gegaan. Dit was by die
geleentheid dat Jode hom probeer stenig het vir godslastering.
Alhoewel:
“Yahushua
het stilletjies uit die tempel gegaan en tussen hulle deurgeloop; en so het Hy
vertrek En toe Hy verbygaan, sien Hy ʼn man wat blind was van sy geboorte af.” (Lees Johannes 8 verse 59 en 9 vers 1.)
Die Verlosser se hart van liefde was nie in
staat om weg te draai sonder om hierdie siel in nood te help.
“spuug Hy op die grond en maak klei van die
spuug en smeer die klei aan die oë van die blinde man….. En dit was sabbat
toe Jesus die klei gemaak en sy oë geopen het.” (Lees Johannnes 9 vers 6 en
vers 14.)
Sommige mense het aangeneem dat hierdie Sabbat
moes voorgekom het op die 23ste van die sewende maand. Alhoewel hierdie foutiewe veralgemening is
gegrond op ʼn verkeerde begrip van die “laaste dag die groot dag” van die Huttefees. Soos dit verduidelik word in Levitikus 23, is
die laaste dag van die Huttefees die 21ste van die sewende maand, omdat dit
slegs ʼn sewe daagse fees is wat begin op die 15de van die weeklikse
Sabbat. Baie vêr vir die
weerlegging van die maan Sabbat, Johannes 7
tot 9 ondersteun dit eindelik.
BESWAAR # 6: “Maar waar word die kalender in die Bybel verduidelik? Verskaf aan my ʼn
teks, net een teks, wat dit verduidelik hoe hierdie kalender werk!”
ANTWOORD: Dit blyk ʼn billike versoek te
wees. Is dit in ooreenstemming met die Bybel?
Daar is ʼn aantal verskeie dinge wat nie in die Bybel bewys kan word deur
net een enkele teks. Verder die
beginsels van betroubare Bybelstudie word
gegee in die Bybel as:
“Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod,
reël op reël, reël op reël, hier ʼn bietjie, daar ʼn bietjie.” (Jesaja 28 vers
10.)
Elke student van die Skrif moet vra: Hoe swaar weeg die bewys? As al die tekste saamgevoeg
word oor ʼn onderwerp, wat is die gevolgtrekking oor hierdie saak?
Dit is ontmoontlik om ʼn Saterdag – Sabbat
volgens die Skrif te bewys. Die gewig van die bewyse ondersteun duidelik die
Sabbat wat bereken word volgens die Nuwemaan, die “maan” Sabbat.
Daar is nie een enkele vers in
die Bybel wat die formaat van die maan – son kalender kan verduidelik, omdat
dit algemene kennis was! Al die nasies het oorspronklik die son – maan kalender
gebruik.
ʼn Algemene veronderstelling wat deur baie gemaak word, is dat die
Juliaanse week in die eerste eeu v.C. en n.C., identies was as die hedendaagse
week, wat begin op Sondag, en eindig op Saterdag. Argeologiese en historiese bewyse het
vasgestel sonder enige twyfel dat die vroeë Juliaanse week bestaan het uit ʼn
agt dae week! Toe die heidense week volgens die planete aanvaar is in die eerste eeue
n.C., het dit begin op Saturnus dag en het dit geëindig op Venus Dag, of, die
moderne Vrydag.
Die waarskynlikheid vir die vind van ʼn verduideliking van die Juliaanse
kalender tussen die geskrifte van die vroeë “Kerk Vaders” is hoogs
onwaarskynlik. Net soos die Bybelse
skrywers dit aangeneem het dat die lesers geweet het van die maan – son
kalender, so het die verheidense Christene aangeneem dat die lesers geweet het
van die Juliaanse kalender, soos en wat die kalender was wat toe in gebruik
was.
BESWAAR # 7: “As
die Jode tydens Christus se tyd op aarde die verkeerde Sabbat gebruik het, sou
Hy die reggestel het. Omdat Hy dit nie
gedoen het, kan ons met sekerheid aanvaar dat hulle die ware Sabbat onderhou
het.”
ANTWOORD: Dit is waar dat die Verlosser sou die dit reggestel het vir die
Israeliete as hulle op die verkeerde dag sou aanbid het. Die absolute feit is dat Hy dit nie gedoen
het nie, is dit die bewys dat op daardie tydstip, het hulle op die ware Sabbat
aanbid het. Bykomende bewyse is dat die
Israeliete die ware Sabbat onderhou het, gedurende die Verlosser se tyd op
aarde, en word dit gevind, in die feit dat gedurende daardie tyd, het Saterdag
nie bestaan in die Romeinse Juliaanse kalender. Die Juliaanse kalender van
daardie tyd, het bestaan uit ʼn agt- dae week. Die Israeliete was steeds besig
om te aanbid volgens die kalender van Moses, en nie volgens die kalender van
die Romeinse veroweraars.
BESWAAR # 8: “Voor die hand liggend is Saterdag die ware Sabbat. Dit is wanneer die
Jode aanbid en hulle het nog nooit die Sabbat verloor.”
ANTWOORD: Dit is waar dat die Jode op
Saterdag aanbid. Dit is ook waar dat
hulle nog nooit die beginsel van die sewende – dag Sabbat ”verloor” het. Alhoewel deur hulle eie erkenning, het hulle
doelbewus die Bybelse kalender wat deur die Nuwemaan bereken word tersyde
gestel.
“Die Nuwemaan bestaan nog altyd,
en ook die oorspronklike Sabbat, was en is altyd afhanklik van die maan
siklus…..” (Holidays,” Universal Jewish Encyclopdia, p.410.)
“Die bekendmaking van die begin van die nuwe
maand en deur die waarneming van die verskyning van die nuwemaan, en die nuwe jaar met die aanbreek van die lente kon alleenlik
gedoen word deur die Sanhedrin. Gedurende die tyd Hillel II [4de eeu n.C.]…..
het die Romeine hierdie gebruik verbied. Hillel II was toe verplig om ʼn vaste
kalender vas te stel……” (“ The Jewish Calender; Changing the calender, www.torah.org.)
Rabbi Louis Finklestein
Rabbi Louis Finklestein, is ʼn welbekende
geleerde van die Joodse Teologiese Kweekskool van Amerika en hy het onomwonde
verklaar:
“Die hedendaagse Joodse kalender was vasgestel
gedurende die vierde eeu.” ( Louis Finkelstein)
Maimonides, ʼn Middeleeuse Joodse geleerde, en baie ander Joodse
tydgenote stem saam, dat die hedendaagse Joodse kalender, is gegrond op die
“gemiddelde bewegings” van die son en die maan, en dat die ware (kalender)
tersyde gestel is.” (Maimonides, kiddusch Ha – hodesch.)
Die feit dat die Jode vandag aanbid op Saterdae is GEEN bewys dat
Saterdag is die sewende – dag Sabbat van die Bybel en moet nie gebruik word as
ʼn bewys van enigiets behalwe ʼn kalender verandering.
BESWAAR # 9: “Volgens die maan kalender, kry jy somtyds agt of nege dae tussen
Sabbatte. Klaarblyklik is dit verkeerd, omdat die Sabbat elke sewende dag moet
wees.”
ANTWOORD: Die vierde gebod vermeld dat die Sabbat volg na ses dae se arbeid:
“Ses
dae moet jy arbei en al jou werk doen;
maar die sewende dag is die Sabbat van Yahuwah jou Elohim.” ( Lees Eksodus 20 verse 9 en 10)
Daar is nooit meer as ses dae se werk per week volgens die ware
kalender. Die weeklikse siklus hernu elke maand, maar die dag van die Nuwemaan is aanbidding dae.
“Oorspronklik, was die Nuwemaan gevier op dieselfde manier as die
Sabbat, geleidelik het dit minder belangrik geword, terwyl die Sababbat meer en
meer belangrik geword het as ʼn dag vir godsdiens en menslikheid, en van godsdienstige oordenking en onderrig…..”
( “Holidays,” Universal Jewish Encyclopedia, p.410.)
Die dag van die Nuwemaan was dikwels
gekalsifiseer as Sabbatte in die Bybel:
“So sê
die Adonai Yahuwah: Die poort van die binneste voorhof wat na die ooste kyk,
moet gedurende die ses werkdae gesluit wees; maar op die Sabbatdag moet dit
oopgemaak word; ook moet dit op die dag van die Nuwemaan oopgemaak word.” (Lees Esegiël 46 vers1.)
Omdat die dag van die Nuwemaan ook aanbidding dae is, is daar nooit
meer as ses werkdae voor die volgende dag van aanbidding. Volgens die hedendaagse son kalender, word
daar nie eers ag geslaan op die verskyning van die Nuwemaan dae, en dit daar
gelaat wat nog as ʼn aanbiddingdag! Tog sal die dag van die Nuwemaan, as dag van
aanbidding die grondslag wees vir Bybelse tydhouding, en sal dit onderhou word
op die nuwe aarde en regdeur tot in alle ewigheid!
“En
elke maand op die nuwemaan en elke week op die Sabbat sal alle vlees kom om te
aanbid voor my aangesig, sê Yahuwah.” ( Lees
Jesaja 66 vers 23)
As ons die Skepper gaan aanbid op die dag van
die Nuwemaan regdeur tot in alle ewigheid, sal ons Hom, nie nou ook op daardie dae aanbid?
BESWAAR # 10: “Die Sabbat volgens die maan is so moeilik om te verstaan! Die waarheid
moet tog so eenvoudig wees dat selfs ʼn kind dit sal kan verstaan. God sal nie ʼn
toets uit enige iets, vir geloof so moeilik gemaak het om dit te verstaan.”
ANTWOORD: Geen nuwigheid of gedagte, of probleme om te verstaan is ʼn geldige
rede om iets as verkeerd te verwerp. Die Verlosser het self gebid:
“Ek loof U, Vader, Here van die
hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige
mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. Ja, Vader, want so was dit u
welbehae. (Mattheus 11 verse 25 en 26)
Die waarheid is dat kinders het
dikwels ʼn makliker manier om die tyd te verstaan van die Bybelse kalender as
volwassenes! Enige jong kind kan tot
sewe tel. Die moeilikheid is wanneer daar van hulle verlang word om despotiese
heidense name vir dae en maande te memoriseer.
Die onderwerp van ʼn verskillende kalender is waarskynlik meer van ʼn
probleem, vir volwassenes om te verstaan, omdat hulle vir soveel jare geleef
het volgens die Gregoriaanse kalender.
Die verskillende metode van die meting van tyd, is as eerste manier vir
hulle moeilik om te begryp.
Die moeilikheid is egter, alhoewel, dit nie
gaan oor om te bewys dat die maan Sabbat valse is. Dit meer een deels gaan oor
die bevestiging van die waarheid wat die Skrif voorspel:
“En hy
sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste
mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander.” (Daniel 7 vers 25)
Hierdie onderwerp is veels te belangrik om dit te delegeer na iemand
anders om te bestudeer, of dit nou ʼn priester of pastoor is. Elkeen het die verantwoordelikheid om dit vir
homself die waarhede van die Bybel te bestudeer. Yahuwah se belofte om die “Gees van die
Waarheid” te stuur aan almal wat die waarheid wil weet, in die waarheid. Studeer asseblief hierdie belangrike
onderwerp vir jouself. Studeer dit met ʼn
oop gemoed – ʼn gemoed wat gewillig is om te gehoorsaam, en as die Heilige Gees
jou oortuig dat dit waar is.
ʼn Aanhaling van Winston Churchill oor wat hy
gesê het:
“Die meeste mense strompel in hulle lewe, oor waarheid. Die meerderheid spring op, en stof hulle af,
en gaan haastig aan met hulle lewe of
niks gebeur het.” (Winston Churchill)
Die waarheid is te belangrik om dit eenkant toe te skuif. As dit aangebied word aan ʼn persoon is dit sy
verpligting om dit vir homself te bepaal of dit so is of nie, en as dit is, om
daaraan gehoorsaam te wees.
“Wanneer ʼn man eerlik verkeerd
is en die waarheid hoor, sal hy daarvan ontslae raak om verkeerd te wees, of
sal hy ophou om eerlik te wees.”
(Richard Humpal)
Will jy jou voorneem om die waarheid te
bestudeer?
Wil jy aan daardie waarheid gehoorsaam wees
wanneer jy dit vind?
Jou ewigheidbestemming mag beïnvloed word oor jou
besluit wat jy moet maak: om iemand anders se woord vir die waarheid te vat..
of om vir jouself dit te bestudeer.
Kliek hier om na die
video te kyk!