Paassondag is die
hoogtepunt van die godsdienstige jaar vir baie mense. Baie geliefde tradisies
word geassosieer met hierdie vakansie tydperk. Paassondag, is die grondslag van
die hedendaagse Christendom. Dit is rede waarom die groot meerderheid van die
Christendom op Sondag aanbid. Die algehele teologie is gebou op die geloof dat
die sewende – dag Sabbat, wat vas gespyker is aan die kruis, en dat die heiligheid van die
Sabbat verander na Sondag.
Paassondag is die
Kerk se Kenmerk, dat Paasfees die tradisionele
dag van Yahushua se opstanding is, en die rede wat gegee word vir die
aanbidding op Sondag.
“Die Dag van die Here” – soos dit Sondag genoem word vanaf die Apostoliese tydperk – en is
daar ook altyd spesiale aandag daaraan verleen in die geskiedenis van die Kerk,
omdat dit in noue verbintenis is met die kern van die besonderse Christen geheimenis.
Die feit is, in die weeklikse erkenning van tyd, is Sondag die herinnering aan
die dag van Christus se Opstanding. Dit is Paasfees wat week vir week terugkeer,
vir die viering van Christus se oorwinning oor sonde en die dood, die
vervulling in hom van die eerste skepping, en die aanbreek van ‘die nuwe
skepping’.” (Pous Johannes Paulus II, Dies
Domini, Proloog, 1, bladsy 1.)
Protestante is
vinnig om die Roomse Katolieke te volg in die aanbidding op Sondag
“Sondag,
is die dag van Christus se opstanding, en die verskyning aan die dissipels van
die gekruisigde en opgestaande Christus, en is dit die vernaamste dag waarop
Christene byeenkom, om te vergader in aanbidding. Dit is by hierdie byeenkomste
dat die Woord gelees word en gepredik word en die sakramente gevier word.” (Die Gebruik en die Betekenis van Genade,
Evangeliese Lutherse Kerk van Amerika.)
Die probleem is,
dat Yahushua die Verlosser nie opgewek was op Sondag van die hedendaagse
kalender! Die verwarring het ontstaan deur twee feite:
- Sondag
is die eerste dag van die Gregoriaanse week. - Die
Skrif leer ons dat Yahushua opgewek is: “EN baie vroeg in die môre, op die
eerste dag van die week.” (Lukas 24 vers 1.)
Omdat die Bybel duidelik
is dat Yahushua opgewek is op die eerste dag van die week, en sedert Sondag die
eerste dag is van die hedendaagse week,
en die veronderstelling dat Yahushua opgewek is op Sondag blyk oortuigend te
wees. Alhoewel die hedendaagse kalender nie deur die Israeliete gebruik is
gedurende die tyd van Yahushua. Dit uitgedink is deur die Jesuïetiese astroloog, genaamd Christophorus
Clavius, gedurende 1582. Tevore, het Europa die Juliaanse
kalender gebruik. Geen dae was
verlore toe daar oor gegaan is vanaf die Juliaanse kalender na die Gregoriaanse
kalender. Alhoewel, dit nie ʼn bewys is dat Yahushua opgewek is op Paassondag.
![]() |
ʼn Voorbeeld van die Juliaanse Kalender op klip gedeeltes, wat dateer vanaf die tyd van Augustus (63 v.C. tot 14 n.C.) tot Tiberius (42 n.C. tot 37 n.C.), is bewaar op hierdie gedeeltes van klip. Die agtdae week is duidelik waarneembaar. |
Die Juliaanse
kalender was uitgedink deur die heidense astroloog, Sosigenes, gedurende 45
v.C.. Dit het bestaan uit ʼn agtdae week. Die dae van die week is aangewys deur
die letters vanaf A tot H. Yahushua en die Israeliete gedurende Sy dae het nie
hierdie kalender gebruik van hulle Romeinse verowerraars. Hulle het nie die
Sabbat of die heilige feeste volgens hierdie heidense agtdae week bereken. Die
Israeliete het die antieke “mosaïese” kalender gebruik – die metode van tyd
berekening wat vasgestel is, deur Yahuwah met die Skepping, en wat herbevestig
is aan Moses ten tye van die Uittog.
Volgens die Skepper se kalender, hernu die weeklikse siklus
elke maand met die Nuwemaan. Sodoende kom die dae voor van elke maand altyd op
dieselfde dag van die week. Levitikus 23 voorsien aan die datum vir die Pasga:
“In die eerste maand, op die veertiende van
die maand, teen die aand, is die pasga van die [Yahuwah].” (Levitikus
23 vers 5.)
Die veertiende van
elke maand volgens die maan kom altyd voor op die sesde dag van die week.
Gedurende die eerste maand, word die Pasga onmiddellik opgevolg deur die begin
van die Fees van Ongesuurde Brood.
“en op die vyftiende dag van hierdie maand is
die fees van die ongesuurde brode……. “ (Levitikus 23 vers
6.)
Dit was genoem ʼn “
Groot Sabbat,” omdat die eerste dag van die fees plaasvind op die weeklikse
sewende – dag Sabbat. Yahushua was gekruisig op die Pasga,
die sesde dag van die week wat die “Voorbereidingsdag” was, vir die Fees van
die Ongesuurde Brode.
“En
dat die liggame nie op die sabbat aan die kruis sou bly nie, aangesien dit die
voorbereiding was — want die dag van daardie sabbat was groot — het die Jode
Pilatus gevra dat hulle bene gebreek en hulle weggeneem moes word.” (Johannes 19 vers 31.)
Die datums wat
gegee word in die Skrif vir die kruisiging. Is dit duidelik datums volgens die
antieke maan – son kalender. Dit vertel nie dat die Jode die liggame vanaf die
kruis wou neem omdat dit Dag F (die sesde dag) van die Juliaanse kalender was.
Ook vertel dit nie, dat die volgende Dag
H was, die laaste dag van die Romeinse agtdae week.
Yahushua was
opgewek op die 16de van die maand, wat genoem word die dag van die Eerste
Vrugte. Dit was ook die eerste dag van die week volgens die maan. Paulus
verleen erkenning aan die simboliek van die opstanding, en oor die Fees van die
Eerste vrugte toe hy verklaar:
Maar
nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat
ontslaap het…. Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal
in Yahushua lewend gemaak word….. as eersteling Yahushua, daarna die wat aan
Christus behoort by sy koms. (Lees 1 Korinthiërs 15 verse 20 en
22 tot 23.)
![]() |
Die herkonstruksie van die Babiloniese Poort van Ishtar in die Pergamum Museum in Berlyn. |
Paasfees is ʼn heidense fees, wat die
fees is van die godin van liefde en oorlog, Ishtar en wat gespel word as ISHTAR,
en wat uitgespreek word as EASTER (Engels). Die heidense ritus wat beoefen is
wanneer die godin van liefde en vrugbaarheid se feeste gehou was dit onder
andere die mees vernederendste van die heidenisme.
Die Paashaas, en
die gekleurde eiers is antieke vrugbaarheid simbole wat nog steeds die korrupte
godin vereer.
Die suiwere
godsdiens van die vroeë Christene het nooit toegelaat dat die heidense
feesvieringe onderhou word, en verseker was hulle nooit die grondslag gewees
vir wanneer aanbid moet word. Die Apostoliese Christene het altyd aanbid op die
antieke sewende – dag Sabbat, wat bereken was volgens die maan – son kalender.
Dit was eers gedurende die vierde eeu dat die Konsilie van Nicea, byeen geroep
is deur die heidense keiser, Konstantyn, en die dekreet uitgevaardig is vir die
verbanning van die onderhouding van Paasfees.
“Tydens die
Konsilie van Nicea [sic.] was die naelstring geknip wat die Christendom verbind
met sy voorvaders. Die fees van Paasfees was tot nou toe vir die grootste deel
van die tyd gevier volgens die tyd van die Joodse Pasga, en inderdaad volgens
die dae wat bereken is, en vasgestel is deur die Sanhedrin van Judea om op fees
te vier, maar die toekomstige berekeninge vir die onderhouding sal geheel en al
onafhanklik van die Joodse kalender wees….” (Heinrich Graetz, Geskiedenis van die Jode, Vol. 2, bladsy 563.)
Die heidendom het ten volle getriomfeer oor
die Apostoliese ekklesia toe die antieke Sabbat tersyde gestel is met die aanvaarding van Paasfees.
“Die
Christen [Romeinse] keisers het die Joodse metode vir die berekening van die kalender
verbied, en nie toegelaat dat die feesdae aangekondig word.” (Grace Amadon,
“Historical Basis, Involvements, and Validity of the October 22, 1844,
Position, p. 17.)
“Hierdie
verandering van die kalender met betrekking tot Paasfees is bygewoon met gewigtige
gevolge. Dit het in die Kerk die grofste korrupsie en die slegste vorm van
bygeloof ingebring. . . “(A. Hislop, The Two Babylons, bl. 106.)
![]() |
Dit is tragies, dat baie Christene nie eers die heidense tradisies bevraagteken wat hulle beoefen. |
Vanaf die vroegste
tye, was Paasfees gevier volgens die eerste volmaan na die lentenagewening.
“Paassondag” word nou deur miljoene gevier op die eerste Sondag na die volmaan
na die lentenagewening.
Hierdie verandering
van aanbidding van die Bybelse Sabbat na Sondag ter ere van “Paassondag,” word
erken deur die Roomse Katolieke:
“Sondag
is ʼn suiwere skepping van die Katolieke Kerk.”.” (American Catholic Quarterly Review, January 1883)
“Sondag…
is die alleenlik wet van die Katolieke Kerk..” (American Sentinel (Catholic), June 1893)
“Sondag is ʼn
Katolieke instelling en die aanspraak vir aanbidding kan alleenlik verdedig
word volgens Katolieke beginsels. Vanaf die begin tot aan die einde van die
Skrif is daar nie enkele gedeelte wat dit regverdig vir die verandering van die
weeklikse openbare aanbidding vanaf die laaste dag van die week na die eerste.”Catholic Press, Sydney, Australia,
August, 1900)
Almal wat aanbid op
Sondag ter ere van “Paassondag” as die dag van die Verlosser opstanding vereer
ʼn Roomse Katolieke instelling wat opsigself gevestig is op antieke heidense vrugbaarheid
feesvieringe.
“Hulle [die
Protestante] ag dit hulle plig om Sondag heilig te hou. Waarom? Omdat die
Katolieke Kerk aan hulle voorskryf om so te doen. Daar is geen ander rede is….
Die onderhouding van Sondag word sodoende ʼn kerklike wet wat in sy geheel
afsonderlik is van die goddelike wet vir die onderhouding van die Sabbat…. Die outeur van Sondagwetgewing… is die
Katolieke Kerk.” (Ecclesiastical Review, February 1914)
![]() |
Daar is geen Bybelse bewyse van die apostels of die vroeë Christene wat Yahushua se opstanding gevier het behalwe, as en deur die vervulling van die Fees van die Eerste Vrugte. |
Daar is geen
Bybelse bewyse van die apostels of die vroeë Christene wat Yahushua se
opstanding gevier het behalwe as die vervulling van die Fees van die Eerste
Vrugte. Hulle het Sy dood gedenk gedurende Paasfees, die 14de volgens die maan
– maand. Hulle het Yahuwah aanbid op die sewende – dag Sabbat gedurende die,
8ste, 15de, 22ste en die 29ste dae van elke maand volgens die maan.
“Paassondag”, bly
wat dit altyd was: ʼn heidense vrugbaarheid feesviering. Geen benaming deur
sogenaamde “Christen” name kan dit reinig van heidenisme. Almal wat in
dankbaarheid erkenning wil gee vir die Hemele se geskenk van Yahushua sal dit
doen op die herdenking van Sy dood: Paasfees. Hulle sal aanbid op die sewende –
dag Sabbat, wat bereken word volgens die Hemelse geordende sisteem van
tydhouding: die maan – son kalender.
Julle moet sekerlik
my sabbatte onderhou, want dit is ’n teken tussen My en julle in julle
geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek Yahuwah is wat julle heilig. Onderhou
dan die sabbat….. moet die sabbat onderhou deur die sabbat te vier……as ’n
ewige verbond. (Lees Eksodus 31 verse 12 tot 16.)
Dit is vandag die
hemel se oproep aan elke opregte Christen om afstand te doen van heidenisme.
Aanbid die Skepper op Sy aangewese dag, die sewende – dag Sabbat
Verwante Inhoud:
- Paasfees | Die Heidense Pasga (Video)