World's Last Chance

Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

While WLC continues to uphold the observance of the Seventh-Day Sabbath, which is at the heart of Yahuwah's moral law, the 10 Commandments, we no longer believe that the annual feast days are binding upon believers today. Still, though, we humbly encourage all to set time aside to commemorate the yearly feasts with solemnity and joy, and to learn from Yahuwah's instructions concerning their observance under the Old Covenant. Doing so will surely be a blessing to you and your home, as you study the wonderful types and shadows that point to the exaltation of Messiah Yahushua as the King of Kings, the Lord of Lords, the conquering lion of the tribe of Judah, and the Lamb of Yahuwah that takes away the sins of the world.
WLC Free Store: Closed!
Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

Die Sabbat | Deel 1 – Openbaring van Yahuwah se Karakter

Die Wet van Yahuwah is `n perfekte
transkripsie van Sy karakter, Sy diepste gedagtes en gevoelens. Yahuwah se Wet
is ewigdurend en onveranderlik. Dit sal vir
ewig
bestaan.

Satan weet dat die goddelike Wet die
maatstaf is vir die regering van beide die Hemel en die aarde. Hy weet ook dat
niemand wie die Wet oortree die Hemel sal beërwe nie. Daarom mislei Satan mense
met die gedagte dat hulle nie langer die Wet hoef te gehoorsaam nie. Satan leer
dat die Wet “nie langer bindend is nie. Hy maak daarop aanspraak dat dit “aan
die kruis vasgenael is.” Dit is nie net `n leuen nie, maar dit is in
teenstelling met die Skrifte!

“Want Ek, Yahuwah
het nie verander nie.” Sien Maléagi 3:6.)

Skrifte sê dit van die goddelike Wet:

“Dus is die Wet
heilig en die gebod is heilig en regverdig en goed.” (Romeine 7:12, OV)

Die Wet kan nie verander of “afgeskaf word
nie” want dit is heilig. Dit is regverdig!  Dit is goed
nes Yahuwah.  

heuning en heuningkoekDie wet van Yahuwah is volmaak : dit
verkwik die siel; die getuienis van Yahuwah is gewis : dit gee wysheid aan die
eenvoudige.

Die bevele van Yahuwah is reg : hulle
verbly die hart : die gebod van Yahuwah
is suiwer : dit verlig die oë
.

Die vrees van
Yahuwah is rein : dit bestaan tot in ewigheid ; die verordeninge van Yahuwah is waarheid – tesame is hulle regverdig.

Hulle is
begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud ; en soeter as heuning en
heuningstroop.

Ook word u kneg
daardeur gewaarsku : in die onderhouding
daarvan is groot loon.
(Sien Psalm 19: 8 – 12.)   

Die Wet is heilig
en volmaak. Om dit te verander of opsy te sit sal wees om dit te verswak tot `n
wet wat ontheilig en onvolmaak is.  As
die Wet kon verander of opsygesit
word, sou dit beteken dat daar iets verkeerd of onregverdig met die Wet is.  Dit impliseer dat daar iets verkeerd of
onregverdig is met die Wetgewer.

Baie opregte
Christene aanbid op Sondag, met die oortuiging dat die Wet aan “die kruis
vasgenael is” met die kruisiging van Yahushua. Inderwaarheid is die kruis die
grootste bewys dat die Wet vir ewig is
en kan nie “afgeskaf word nie”!

 Die Skrifte verklaar:

“Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle
aan die heerlikheid van Yahuwah. (Romeine 3:23.)

Yahuwah laat
niemand in die onkunde omtrent wat sonde
is nie.

“Want die sonde
is wetteloosheid.” (1 Johannes 3: 4.)

Die straf wat
gegee word vir die oortreding van die Wet word in die Bybel duidelik gemaak:

Die loon van die
sonde is die dood, maar die genadegawe van Yahuwah is die ewige lewe in Yahushua
die Gesalfde, onse Meester. (Sien Romeine 6:23.)

Dit was om die wêreld te red van sy
regverdige loon dat Yahuwah Sy eie Seun opgeoffer het om die kruisdood te
sterf.

“Want so lief het
Yahuwah die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat
in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” (Sien
Johannes 3:16.)

Hier is die bewys dat die goddelike Wet
nooit verander kan word, opsy gesit of “aan die kruis vasgenael” kan word nie.
As dit moontlik was om die Wet te verander, sou Yahushua nie hoef te gesterf
het nie! Die Vader sou eenvoudig net die Wet verander het, sodat die straf vir
die oortreding van die Wet nie die dood hoef te wees nie. Om daarop aanspraak
te maak dat die wet “ afgeskaf is by die kruis”
is om die ontsaglike onkoste van verlossing te minag. Dit is omdat die heilige,
regverdige en goeie wet NIE verander kon word NIE, dat Yahuwah gewillig was om
Sy eie Seun te offer om sondaars te red van die regverdige doodstraf wat hulle
verdien het. Yahushua is ons plaasvervanger. Hy, die Seun van die Wet-gewer,
het vir Wets-oortreders gesterf, sodat ons gered kan word!

hand, spyker en die Tien Gebooie

As dit moontlik was om die Wet te verander, sou Yahushua nie hoef te gesterf het nie! Dit was omdat die Wet NIE verander kon word nie, dat Yahuwah gewillig was om Sy eie Seun op te offer om sondaars te red van die regverdige doodstraf wat hulle verdien.

Die Bybel is gevul met raadgewing en
instruksies oor geregtigheid. “Geregtigheid” beteken eenvoudig maar net om “reg
te doen.” Met ander woorde, diegene wie in die Bybel as “regverdig beskou word,
is hulle wie die Wet van Yah onderhou!
Die ryke beloftes van die Skrifte is aan hulle wie die hemelse Wet gehoorsaam:
die regverdiges.

“Want U seën die
regverdige, o Yahuwah, U omring hom met welbehae soos met `n skild.”  (Psalm 5:13)

“Gewis, daar is
vrug vir die regverdige.” (Psalm 58:12)

“DIE oë van
Yahuwah is op die regverdiges, en Sy ore tot hul hulpgeroep. Die aangesig van
Yahuwah is teen die kwaaddoeners, [wie Sy wet oortree] om hulle gedagtenis van
die aarde af uit te roei. Hulle [die regverdiges] roep en Yahuwah hoor,en Hy
red hulle uit hul benoudhede. (Psalm 34:16-18.)

Yahuwah het dit duidelik gestel dat geen
rebelse Wets-oortreder in die Hemel toegelaat sal word nie. Net hulle wie
regverdig is, wie die Wet onderhou deur “reg te doen” sal die ewige lewe
beërwe.

“Die Seun van die
mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal
uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die
ongeregtigheid doen [die Wet oortree], en sal hulle in `n vuuroond gooi. Daar
sal geween en gekners wees van die tande.

“Dan sal die regverdiges [wie die goddelike Wet onderhou] skyn soos
die son in die koninkryk van hulle Vader.”
(Mattheus
13: 41-43)

Alle aardse regerings het wette. Die
hemelse Regering verskil nie hiervan nie. Deur die goddelike Wet opsy te sit,
deur te sê dat dit “vasgenael is aan die kruis” en dat dit nie “meer langer
bindend is nie,” is niks meer as om net te sê dat dit aanvaarbaar is om te
rebeleer en die Wet te oortree nie .Die
Skrifte stel die oortreding van die Wet gelyk aan goddeloosheid en is baie
duidelik dat niks “sondigs”die Hemel sal ingaan nie. Deur die doek terug te
trek wat die toekoms van die menslike oog verberg, sê die Bybel die volgende
van die Hemelse stad: En die stad het die son en die maan nie nodig om in hom
te skyn nie, want die heerlikheid van. . . [Yahuwah] het hom verlig, en die Lam
is sy lamp. .  .  .  En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig
en gruwelikheid en leuens doen nie,
maar net die wat geskrywe is in die
boek van die lewe van die Lam [want om Sy wet te onderhou sal daar ingang
gevind word].” (Openbaring 21: 23, 27) Laat dit hier ten volle verstaan word;
ons onderhou nie die Wet om Hemelse burgerskap te verkry nie. Maar ons hou die
Wet omdat
ons Hemelse burgers is, wedergebore in Yahushua.

Ten Commandments

Deur die goddelike Wet op sy te sit en te sê dat dit “vasgenael is aan die kruis” op een of ander wyse “nie meer langer bindend is nie” is niks meer as om te sê dat dit aanvaarbaar is om te rebeleer en die Wet te oortree nie.

Die doel van hierdie baie duur Verlossings
Plan was om die Wets-oortreders te versoen en hulle terug te bring as
Wet-houers.

“Want dit het die
Vader behaag dat in Hom [Yahushua] die ganse volheid sou woon en dat Hy deur Hom alles met Homself sou
versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis – ek sê deur Hom
– die dinge op die aarde sowel as die dinge in die Hemel.”
  (Kolossense 1:20.)

 Die
Hemel sal nie gevul wees met onsterflike Wets-oortreders nie. Met die
verlossings plan betaal deur die Hemelse Plaasvervanger, mag Wets-oortreders
die gawe ontvang van gereinigde, suiwer gedagtes. Dan word hulle
Wets-Gehoorsames.

“Want nadat Hy
tevore gesê het : Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae,
spreek Yahuwah verder : Ek sal My wette
gee in hulle hart
, en aan hulle
sondes en hulle oortredinge sal Ek nooit meer dink nie.” (
Hebreërs 10:16,
17)

Dit is die finale einddoel van die Vader en
die Seun: om Hulle se Hemelse Wet, die transkripsie van Hulle heilige
karakters, weereens die karakters van Hulle mense kinders te maak. Wanneer
hierdie transformasie vervul is, dan sal die gebed van Yahushua vervolmaak
wees, wat Sy ganse getroue volgelinge tot aan die einde van tyd omhels.

“Maar Ek bid nie
vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo – dat
almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U, dat hulle ook in Ons
een mag wees. . . . En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U my gegee het,
sodat  hulle een kan wees, net soos Ons
een is.” (Johannes 17: 20-23)

Toe Moses Yahuwah versoek “Laat my tog U
heerlikheid sien,” was die genadevolle antwoord:

Ek sal al my
majesteit by jou laat verbygaan en voor jou die naam van Yahuwah uitroep. (Sien
Exodus 33: 18, 19.)

En toe het Yahuwah
by hom verbygaan, het Hy geroep : Yahuwah, Yahuwah, barmhartige en genadige El,
lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou: wat die goedertierenheid bewaar
vir duisende, wat ongeregtighede en oortredinge en sondes vergewe.” (Sien
Exodus 34: 6, 7.)

Die Bybel is gevul
met instruksies en raad oor regverdigheid. “Regverdigheid” beteken eenvoudig
net “om reg te doen.” Met ander woorde, diegene waarna in die Bybel verwys word
as “regverdig” is hulle, wie die Wet van
Yahuwah
onderhou! Die ryke beloftes van die Skrifte is vir hulle wie die
goddelike Wet gehoorsaam: die regverdiges.

Wanneer die Heiland se “heerlikheid” (of Sy
karakter, Sy gedagtes en gevoelens) aan die bekeerde Wets-ootreders gegee word,
word hulle Wet-houers. Dan is hulle EEN met Yahushua, nes Hy EEN is met die
Vader. Yahuwah in Yahushua; Yahushua in die regverdiges; die regverdiges in
Hulle. Dit is die bestemming vir
almal wie die heilige Wet gehoorsaam, wie Satan se leuen verwerp dat dit
“vasgenael is aan die kruis.” Oortreders van die Wet sal nooit die ewige
koninkryk beërwe nie, maar die regverdiges, reg-doenende Wet-houers sal vir
ewig lewe, juig in die teenwoordigheid van die Vader en die Seun, met wie hulle
EEN is, want in elkeen is die heilige, reine en regverdige Wet.  

“Wanneer `n
stormwind verbygaan is die goddelose nie meer nie; maar die regverdiges is vir
ewig gegrondves. Die regverdiges sal vir ewig nie wankel nie, maar die
goddelose sal in die land nie bly woon nie.” (Spreuke 10: 25, 30)

“En jou volk sal almal regverdig wees: hulle sal
die land vir ewig besit.”(Jesaja 60: 21)

jong glimlaggende meisie wat die Bybel in die natuur lees 

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.