World's Last Chance

Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

While WLC continues to uphold the observance of the Seventh-Day Sabbath, which is at the heart of Yahuwah's moral law, the 10 Commandments, we no longer believe that the annual feast days are binding upon believers today. Still, though, we humbly encourage all to set time aside to commemorate the yearly feasts with solemnity and joy, and to learn from Yahuwah's instructions concerning their observance under the Old Covenant. Doing so will surely be a blessing to you and your home, as you study the wonderful types and shadows that point to the exaltation of Messiah Yahushua as the King of Kings, the Lord of Lords, the conquering lion of the tribe of Judah, and the Lamb of Yahuwah that takes away the sins of the world.
WLC Free Store: Closed!
Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

Geslaan in Die Gees: Waarheid of Kettery?

Die gees wat deur geloofsgenesers gemanifesteer en diegene wie daarop aanspraak maak om in “die gees te sneuwel”
is nie dít van die Heilige Gees van Yahuwah nie.

Dit het saggies begin. Net `n sagte,
fyn geluid wat die kloosterstilte versteur het. Maar toe gebeur dit weer. Het
`n kat sy weg in die klooster gevind? 

`n Tweede kat het by die eerste
aangesluit. Waarvandaan het die diere gekom? Die abdis moeder het geruisloos
met die gang afgewandel. Diere het geen plek binne hierdie gewyde mure nie! Sy
het die geluid na `n klein kamer gevolg waar `n suster bedaard gevee het. Waarom
het sy net daar gestaan en vee? Waarom het sy nie probeer om die kat te vang en
daarvan ontslae geraak nie?

Die non het omgedraai. Haar lippe
beweeg. “Miaau?”

Onmiddelik, verder af in die gang, kom
die antwoord: “Miaau!”

Moeder Owerste haas haar na die
volgende vertrek. Twee nonne kyk verbaas op en vra vriendelik, “Miaau?”

Dit was die susters wat die ophef
veroorsaak het! Maar toe het  `n ander
stem  aangesluit. Dit het versprei! Dit
was nie lank nie toe die katagtige infeksie na die ander nonne in die Franse
klooster versprei het. Toe gebeur iets vreemds. Die miaauende susters het begin
om hul kattemaaiery te sinchroniseer! Teen sekere tye van die dag, het hulle
almal vir verskeie ure tesame gemiaau. Niks wat die abdy gedoen het, kon hulle
laat stop nie.  

Die geraas het mense in die omliggende
dorp gepla. Die dorpenaars was bevrees dat die susters besete was en het die
insident aan die regering gerapporteer. Soldate was gestuur om die oorsaak van
die vreemde fenomeen te ondersoek. Nadat hulle die klooster deursoek het, het
hulle aangekondig dat elke non wie voortgaan om te miaau gegesel sal word.1

Pobleem opgelos. Geen gemiaau meer nie!
Eeue later, het dit `n fassinerende gevalle studie gebly van wat niks meer as
massa histerie was wat amok gemaak het onder vervelige kamermaats nie.

nonne miaau

Die nonne van Frankryk was nie die enigste Christene wie ooit deur die mag van ingewing beïnvloed was nie.

Maar so skokkend as wat dit is om voor
te stel, was dit nie die laaste keer dat massa histerie en die mag van
voorstelling Christene beïnvloed het nie.

[Onder
geen omstandighede is WLC `n voorstaander van die gewoontes en tradisies van die Rooms Katolieke Kerk nie. Bogenoemde verhaal
was gedeel net ter illustrasie.]

Geslaan in die Gees

In die eerste sendbrief aan Timotheüs,
waarsku Paulus: “Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van
die geloof afvallig sal word en verleidinge en leringe van duiwels sal
aanhang.” (1 Timotheüs 4:1, OV) Die charismatiese leerstelling van “gesneuwel
in die gees” is een van die leringe van duiwels.

Soms word daarna verwys as “geval in
die Gees” of die “aanraking van mag.” Dit gebeur dikwels wanneer iemand
genesing soek.

Die term “gesneuwel in die Gees” word
in die Charismatiese kringe van die Christen Kerke gebruik om `n veronderstelde
beweging van die Heilige Gees oor `n persoon aan te dui. Die aanspraak is dat
die Heilige Gees met só `n mag oor die persoon vaardig word, dat die persoon
“sneuwel.” Dit beteken nie dat die persoon sterf nie, maar dat hy/sy só
oorweldig is deur die teenwoordigheid van die Gees dat hy/sy op die grond
neerval, ten volle oorrompel.2

Natuurlik, is alle dinge met Yahuwah
moontlik. Omdat die Skepper al-magtig is, is dit heeltemal moontlik dat Hy
inderdaad, met so `n mag op `n persoon kan kom, dat hy/sy oorweldig word. Die
kwessie is nie of Yahuwah dit kan doen of nie, maar eerder of so `n uitgangspunt
– en deur uitbreiding, so `n gewoonte – Bybels is.   

Voorstaanders van hierdie gewoonte haal
verskeie gedeeltes uit die Skrifte aan as bewys dat dit in die Bybelse tye
gebeur het. Maar, `n noukerige ondersoek van hierdie gedeeltes verklaar dat
hulle nie deur die “gevallery/gesneuwel in die Gees” vervul kan word, sonder om
die Skrifte te verdraai nie.

Een dikwels aangehaalde vers beskryf
die inwyding van Salomo se tempel.

En toe die trompetblasers en die
sangers almal saam eenstemmig begin om Yahuwah te prys en te loof, en net toe
hulle die stem verhef met die trompette en met die simbale en die
musiekinstrumente, en met: Loof Yahuwah, want Hy is goed, want Sy goedertierenheid
is tot in ewigheid! – is die huis, die
huis van Yahuwah, vervul met `n wolk.

En die priester kon vanweë die wolk nie staan om diens te doen nie, want die heerlikheid van Yahuwah het
die huis van Elohim vervul. (2 Kronieke 5:13-14)

Neem notisie dat daar nie `n enkele
geval in bogenoemde verse is wat beskryf dat iemand omgekap het onder die mag
van Yah, of selfs deur genesing wat plaasgevind het nie. Heeltemal die
teenoorgestelde. Vers 11 sê deels, “Alle priesters wat teenwoordig was, was
geheilig.” Dit was teen die Levitiese kode vir enige man wie nie in goeie gesondheid
was om voor Yahuwah diens te doen nie, daarom sou nie een van die priesters
teenwoordig,  gesoek het na genesing nie,
want hulle sou nie daar wees nie. (Sien Levitíkus
21:16-23.)

Verdedigers verwys ook na die Heiland se
gevangeneming in die Tuin van Gethsémane. Toe Yahushua vra na wie hulle soek, “Hulle antwoord Hom: Yahushua, die Nasaréner. Yahushua sê
vir hulle: Dit is Ek. En ook Judas, Sy verraaier, het by hulle gestaan. Toe Hy
dan vir hulle sê: Dit is Ek, het hulle
agteruitgegaan en op die grond geval
.” (Johannes 18:5-6)

Nog `n gewilde teks wat gebruik word om aan te dui
dat dit Bybels is, is te vinde in die verhaal oor die bekering van Paulus van
Tarsus. “En toe hy op sy reis naby Damaskus kom,
omstraal hom skielik `n lig van die hemel af; en hy val op die grond en hoor `n stem vir hom sê: Saul, Saul,
waarom vervolg jy My?” (Handelinge 9:3-4)  

Nóg die bose ineenstorting tydens
Yahushua se arrestasie, nóg die val van Saul kan gebruik word om die moderne
geloofsoortuiging van die val in die Gees te ondersteun, want diegene wie kom
na die verskeie geloofsgenesers is gewoonlik baie opreg van hart, tot die beste
van hulle vermoë, is hulle regverdig voor Yahuwah soos hulle soek na Sy
seëninge.

lees Bybel 

Daar is `n paar gevalle in die Skrifte waar `n man
van Yahuwah oorweldig was deur die hemelse glans, heerlikheid, en goddelike
mag. Maar, die rigting waarin hulle val gegee is, sonder ommekeer altyd
vooroor, op hulle aangesig in `n wyse van aanbidding. Soos byvoorbeeld: “En ek het die geluid van sy woorde gehoor, en toe ek die
geluid van sy woorde hoor, het ek
bewusteloos op my aangesig, met my aangesig op die aarde, geval.
En kyk, `n
hand het my aangeraak en my op my knieë en op die handpalms waggelend laat
opstaan.” (Daniël 10:9-10, OV)

Dit is heeltemal anders as enigiets wat plaasvind
wanneer mense in die hedendagse Gees geslaan is. Toe Daniël ineenstort, het die
engel onmiddelik uitgereik en hom versterk. Johannes van Openbaring, ook, was
onmiddelik versterk toe hy deur die mag van Yah oorweldig was: “En toe ek Hom
sien, val ek soos `n dooie aan Sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en
vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste.” (Openbaring
1:17, OV)

Evangeliste en geloofsgenesers wie in
die gees slaan reik nooit uit om die sogenaamde geoorweldigdes deur die mag van
Yahuwah, te versterk nie. Dit lyk eerder of hulle hul verlustig in die demonstrasie van “hul” mag. Baie van hulle het inderdaad
“vangers” wie seker maak dat diegene wie agteroor tuimel, nie beseer word nie.

Nabootsing van die Ootmoedige en
Onderdanige Een?

Ten spyte van hierdie voorsorgmaatreël,
was mense voorheen beseer. Die familie van Ella Peppard het `n multi-miljoen
doller saak teen evangelis Benny Hinn aanhangig gemaak vir beserings wat sy
tydens `n herlewingsdiens opgedoen het – beserings wat hulle aanvoer haar dood
veroorsaak het. 

 “Peppard,
85, het op 23 Sept. 1986, gesterf weens geblokeerde are nadat sy gehospitaliseer
was vir `n gebreekte heup. Sy het die fraktuur 15 dae vroeër opgedoen tydens `n
herlewing by die Faith Tabernacle.”3

Peppard het in die lyn gewag om die seën
van Hinn te ontvang toe hy die man wat voor haar staan só hard slaan, dat sy
teruggedeins het, neerslaan en haar heup breuk.

Instede daarvan om haar mediese bystand
te verleen, het Hinn beveel dat Peppard van die verhoog verwyder moes word en
in `n sitplek naby die voorkant van die kerk te sit, het die hofsaak gesê.

Toe een begeleier aanbied om mediese
hulp aan Peppard te verleen, het getuies gesê dat Hinn die draer gestop het en
sê, “Laat haar alleen. God sal haar genees.”4

In nog `n insident waar Hinn betrokke
was, was sy seun en twee lyfwagte gearresteer omdat hulle `n doof stom man
geslaan en gemartel het wie die verhoog, soekende na seëninge,  met `n bietjie water bestyg het.  

Hestephen Araujo, 21, het herhaaldelike
hospitaal behandeling benodig na die insident … tydens `n godsdienstige
veldtog in Manaus, noordelike Brasilië.

Die polisie het Joshua Hinn, 21,
saammet twee van Benny Hinn se lyfwagte aangehou, op suspisie van marteling
nadat die drie mans Mnr. Araujo volgens bewering in `n sleepwa opgesluit en hom
fisies aangerand het. . . . 

Die mans het Mnr. Aruajo na `n woonwa wat
na aan die verhoog staan, geneem en hom na bewering daarbinne gevange gehou, en
hom geslaan en rondgestamp namate hulle wou weet wie hy was.

Omdat die man nie kon hoor of reageer
aan hulle vereistes nie, het die fisiese aggressie voortgeduur, luidens die
polisie verklaring.

Krygskundige offisiere het die woonwa
ingebars nadat bekommerde lede van die publiek die polisie ingeroep het.5

Dit is heeltemal teenstrydig met die
handelinge van Yahushua of enige van die apostels! Robert Liichow, wie eens
self in hierdie beweging betrokke was, is nou daarop uit om mense se verstande
te verlig oor die dwaalleer daarvan. Hy skryf:

val agteroorDie vanselfsprekende vraag is dit – as
God mense neerslaan, waarom moet ons hulle vang?
Hulle verduidelik
hierdie manifestasie as onmiddelik deur die mag en teenwoordigheid van die
Heilige Gees teweeggebring. Indien dit so is, [is] Hy … nie magtig genoeg om
te sien dat diegene wie Hy met soewereine mag neerslaan, ongedeerd bly deur Sy
seëninge nie? Hierdie kerke stel vangers aan omdat hulle (1) weet dat mense
baie keer voorgee om te val, dit is `n geprogrammeerde  respons. (2) Hulle kom kort aan geloof in
hulle eie opgestelde geloofoortuiginge. God is vanselfsprekend nie opgewasse
genoeg om Sy volk te beveilig nie.   

Saammet die vangers het ons
susters  … wie langs of agter die
vangers gaan met groot linne materiaal. Hulle bediening was om hierdie linne
materiaal oor die vrouens [sic] se bene en liggamme te plaas. Waarom? Want baie
kere wanneer vrouens in die gees geslaan word sal hulle in onbetaamlike
posisies neerval. 

Ons het gevalle waar [toe] sommige ongelukkige vroue geval het word hulle rokke
so hoog teen hul liggamme opgelig, dat hulle bene op onbetaamlike wyses
ontbloot word. Wanneer die Heer verkies om Sy dogters op hierdie wyses te
verontwaardig, moet ons daar vinnig op die toneel wees om hulle skaamte te
bedek. Klink dit werklik soos iets wat [Yahuwah Elohim] aan Sy dogters sou
doen?6 

Breek Weg

Yahushua het belowe, En julle sal die
waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.” (Johannes 8:32, OV) Meer en
meer mense wie voorheen aktief was in hierdie beweging het vrygebreek van
hierdie misleiding. Hulle is tans besig om andere te waarsku oor hierdie
vreemde geloof. Mark Haville is een so `n persoon. Wanneer gevra word wat hom
daaruit gekry het, antwoord Haville dat hy eenvoudig net die Skrifte lees.7

Mike Wright, `n ander broeder wie nie
meer langer oortuig is dat die Bybel hierdie gewoonte ondersteun nie, wys `n
ander probleem oor die geloof uit: brute krag. Hy skryf:  

Benny Hinn het tydens `n gebeds ontbyt
`n praatjie gelewer en ek het hom dopgehou bid vir my moeder aan die ander kant
van ons tafel. Die groep van Volle Evangelie Besigheidsmanne wie hierdie
ontluikende superster vergesel het, het soos `n eskader lyfwagte rondom die
president opgetree, wie groot verwagtinge en opgewondenheid verwag, en het mag
en prestige uitgestraal net op die wyse waarop hulle die skare genader en
daardeur beweeg het. 

Mammie was nie in-die-gees-geslaan-nie,
maar sy het my vertel dat – indien Benny bietjie langer getalm het om haar
voorkop agteroor te forseer – sou sy geval het. Dit was haar skynbare verontwaardigde respons teenoor die feit dat sy
nie getrou genoeg was, of genoeg toegegee het, of regverdig genoeg was’ om
geseënd te wees met hierdie (veronderstelde) wonderlike handeling van die
Heilige Gees nie. (
Dit was my eerstehandse siening van die skuld inbegrepe
– en dikwels uitdruklik – uitgeoefen op die soeker/ontvanger).8   

Druk word op die een geplaas wie soek
na seëninge of genesing om die krag van die Gees op `n fisiese respons te
demonstreer. As hulle nie een het nie, word dit (deur beide die wie kyk en die
indiwidu), veronderstel dat die fout lê met die persoon omdat hy te kort kom aan
genoegsame geloof. Dit is pure druk wat uitgevoer was in die geestelike
terrein. Wright kom tot die gevolgtrekking deur hartverskeurend op te let:  

Ek kan oor die dertig jaar se verhale
aan julle heruitsaai, en die slotsom van hulle almal is dat ons (onwetend) in
`n klugspel deelgeneem het – mislei deur mense wie van beter geweet het of wie
van beter moes geweet het. Deur [Yah] se woord oor die geval nou volledig te
ondersoek, kan ons die leerstelling van
gesneuwel-in-die-gees duidelik verwerp. Nêrens is die gewoonte in die Bybel te
vinde nie, en slegs op die vyande van [Yah] het die fors gekom om hulle
agteroor te laat val.
In elke ander geval wat gespesifiseer is, het mense
wie in die teenwoordigheid van Yah gekom het, gewilliglik vooroof gebuig, op hulle
aangesigte, (in ootmoedige aanbidding) – of het hulle GESTERF.9   

Verstand Beheer Verstand

Die ondervinding van “in die Gees
geslaan” word dikwels opgelet in groot byeenkomste of in evangelistiese
pogings, waar die prediker `n spesiale tyd vir genesing sal hê. Hy of sy sal
rondgaan, hande opleggings doen op die siekes se voorhoofde, wie dan agteroor
sal val. Sommige “geloofgenesers” soos Benny Hinn, sal selfs so ver gaan om `n
grap te maak van die mag van die Heilige Gees, deur sy pak se baadjie oor die
skare te swaai of oor hulle te blaas, waarvolgens hulle, voorspelbaar, sal
agteroor tuimel.

Mark Haville, vroeër genoem, was in `n
onderhoud gevra presies hoe gesneuwel in die gees werk. Hy het die volgende lys
opgestel:

  1. Mense is voorspelbaar. `n Persoon kan
    gelei word in `n voorgestelde gedagtegang, of in `n veranderde staat van
    bewustheid, waar hulle meer geneig is om deur die spreker beïnvloed te word en
    die reaksies van diegene rondom hulle.
  2. Program leiers kies opsetlik musiek wat
    korrespondeer met `n persoon se hartslag. Die maat van die meeste lof en
    aanbiddings musiek kom goed in lyn met die kardio vasikulêre stelsel.
  3. Vermaak kunstenaars verstaan die mag
    van groeps dinamiek. Dit is waarom komediante en rock sterre openings optredes
    het om die “skare op te warm.” Groeps dinamika werk ook voordelig met
    geloofsgenesers. Wanneer die verwagting van enigeen wat toekyk verwag dat jy
    moet val wanneer aangeraak aan die voorhoof, sal die meeste mense val.
  4. Herhaalde spreek patrone, en selfs
    sekere stem tone, kan help om gedagtegange te beheer.  Neuro-linguistic
    Programming and Eriksonian hypnosis het selfs daardie Christen denominasies ingesypel wie nie Pinkster is nie,
    met sommige pastore wie spog oor hulle vermoë om hulle gemeentes te
    hipnotiseer.
  5. Persone in sulke toneelskikkinge is vatbaar
    vir hipnotisme. Sodoende sal hul pyn vir `n tydperiode goed voorkom asof dit weg
    is. Maar, opvolgstudies het getoon dat die oorgrootte meerderheid van diegene
    wie in die eerste plek gedink het dat hulle genees was, inderwaarheid nie is
    nie.    

Charles S. Price het `n herlewing in
Brits Colombia gehou waar 350 mense self geglo het dat hulle genees was. Maar
ses maande later, het `n opvolg studie baie ontstellende resultate gewys. Van
die 350 mense wie hulself as genees beskou het, was 301 steeds siek, 39 wie
eintlik gesterf het, en vyf van hulle het besete geraak. Slegs vyf het
aangevoer dat hulle steeds genees was.10

Harville erken dat hierdie selfde
praktyke, wie presies dieselfde metodes gebruik, in oosterse godsdienste en
verskeie mistieke tradisies van oor die wêreld gebruik word.

Paulus waarsku hoe Satan homself kan
verander in `n engel van die lig, met die stelling: “En geen wonder nie! Want
die Satan self verander hom in `n engel van die lig. Dit is dan niks besonders
wanneer sy dienaars hulle voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle
einde sal wees volgens hulle werke.” (2 Korinthiërs 11: 14-15, OV) Dit is
presies wat gebeur met die Pinkster
beweging
: gewysigde toestande
van bewustheid, geestelike beswyminge, hipnose, ens. Deur Christelike
termonologie te gebruik, gebede na “Jesus”, oproep vir “herlewing”, berisping
van gelowiges om “geloof” te hê, klee hierdie Christen gurus die okkultiese
geloofsgebruike in `n gewaad van lig.  

Alhoewel geloofsgenesers en ander
openlike vertoon daartoe bygedra het,  was die Heilige Gees mag reeds vir `n lang tyd
teenwoordig, hierdie gewoonte het `n grootskaalse herlewing ontvang in die
Toronto Lughawe Kerk, Toronto, Kanada, in 1994. Een van die stigters van
hierdie beweging, Paul Goldee11, het in die eerste plek geglo dat
dit eerlikwaar van Yahuwah is. Maar na hy sommige mense soos honde hoor tjank
het, of opgetree het in `n dierlike manier veronderstellend onder die mag van
die Heilige Gees, het hy begin bevraagteken of dit werklik van Yah is. Hy
waarsku:     

Deesdae, sou ek sê dat dit baie
donkerder is …Deesdae, glo ek dat daardie gees `n valse gees is, `n valse
gees en nie die Heilige Gees
van die Skrifte nie
… Ek sal sê dat dit nooit `n ware,
opregte manifestasie van die Heilige Gees is nie, want die vrugte van daardie
kerk is verrot. … Die Heilige Gees, deur sy einste naam, is Heilig. Hy sal
nooit mense bemoedig om iets onheiligs te doen nie.  

Mense … is in die beeld van [Yah]
geskep. Waarom sou [Yahuwah] menslikheid beroof deur hulle te laat handel soos
diere? As daar enigiets wat manifesteer in hierdie byeenkomste teenstrydig met
die Heilige Gees, dan is dit nie van [Yahuwah] nie, omdat [Yah] nie verander
nie. … Moet dit nie aanneem nie; moenie dink dat dit `n nietigheid is nie.
… Dit is nie van [Yah] nie. … dit is `n uitvindsel van die duiwel en …
dit sal tot die algehele uitwissing van die manne, en die vroue, en die kinders
lei wie dit sal aanneem.12

 geslaan in die Gees

Skrifte bevat geen verwysing van vroeë gelowiges wie toegee aan enige van die gruwelike, onwaardige vertoon wat gesien word in diegene wie “geslaan is in die Gees” nie. Bybelse aanbidding was heilig, nes Yahuwah heilig is. Die vreugde van Yah het nooit die indiwidu se persoonlike waardigheid vernietig nie. Een van die vrugte van die gees is selfbeheersing. Sou Yahuwah iets waarin Hy probeer om Sy karakter te plaas, aktief vernietig? 

Vergelyk die onsekere en onwaardige gedrag van diegene waarvan gesê word dat “in die gees geslaan” met diegene wie `n werklike ondervinding van die helende aanraking van die Meester Yahushua ervaar het:  

En hulle het aan die oorkant van die see gekom in die land van die Gadaréners. En toe hulle uit die skuit gaan, kom daar dadelik uit die grafte Hom tegemoet `n man met `n onreine gees, wat sy verblyf in die grafte gehad het. En niemand kon selfs met kettings hom bind nie; want hy was dikwels met voetboeie en kettings gebind, en die kettings is deur hom uitmekaar geruk en die voetboeie stukkend gebreek; en niemand was in staat om hom te tem nie. En altyd, nag en dag, het hy aangehou om te skreeu op die berge en in die grafte en homself met klippe stukkend te slaan. En toe hy Yahushua van ver af sien, hardloop hy en val voor Hom neer en skreeu met `n groot stem en sê: Wat het ek met U te doen, Yahushua, Seun van die Aller Hoogste Yah? Ek besweer U by Elohim om my nie te pynig nie. Want Hy het vir hom gesê: Onrein gees gaan uit hom uit! En Hy vra hom: Wat is jou naam? En hy antwoord en sê: Legio is my naam, want ons is baie. Toe smeek hy Hom dringend om hulle nie uit die land weg te stuur nie. En dáár teen die berge het `n groot trop varke gewei, en al die duiwels het Hom gesmeek en gesê: Stuur ons in die varke, sodat ons in hulle kan vaar. En Yahushua het dit dadelik toegelaat; en die onreine geeste het uitgegaan en in die varke gevaar, en die trop –daar was omtrent tweeduisend – het van die krans af in die see gestorm en in die see verdrink. En die wagters van die varke het gevlug en dit in die stad en in die buitewyke vertel; en hulle het uitgekom om te sien wat daar gebeur het. Toe kom hulle by Yahushua en sien die besetene sit, gekleed en by sy verstand – die een wat die legioen gehad het en hulle was bevrees. (Markus 5:1-15) 

Nota: Die verandering wat Yahushua teweegbring is die teenoorgestelde van diegene wie “in die gees geslaan is.” Die Gees van Yah, in bovermelde gedeelte, het die onsekere gedrag van die duiwelbesete man gekalmeer en het aan hom `n gesonde verstand besorg. Diegene wie die onbybelse gebruik van in die gees geslaan verdedig, vertoon die teenoorgestelde hiervan; hulle word verander van `n skynbare gesonde verstand na `n roekelose en wilde onsekere toestand van emosie/gedrag.

duiwel-besete man van Gadara genees

Benny Hinn – Geslaan in die Gees Kettery


Ware Bybelse Geestelikheid

Skrifte berispe gelowiges: “Maar toets
dit alles, behou wat goed is, en bly weg van alles wat sleg is.” (1 Thessalonicense
5:21-22, NV). Yahuwah doen `n beroep op hedendaagse Christene om terug te keer
na ware, Bybelse geestelikheid. `n Opregte verbintenis met die Almagtige kom
nie deur `n luidrugtige groep nie. `n Betroubare geestelike ondervinding kom
indiwidueel deur, indien die afgesonderde siel in stilte, daardie klein fyn
stemmetjie kan hoor.

Op die berg Horeb, was Elia geleer dat
Yahuwah nie in die groot sterk wind wat die berge verskeur het was nie. Hy was
nie in die aardbewing wat die aarde laat beef het nie. Hy was nie in die
verterende chaotiese vuurvlamme nie. Instede daarvan, verkies die Skepper van
Alles om van-aangesig-tot-aangesig, in die gesuis van die aand koelte met Sy
dienskneg te gesels. (Sien 1 Konings
19:11-12.)

Hierdie les is deesdae vir ons. Die
Vader ken die verlangens van jou hart vir `n hegte, intieme verhouding met Hom.
Hy sal dit nie onvervuld laat nie. Daardie verlange is deur Hom in jou hart
ingeplant!

Laat die Verlosser ons voorbeeld wees.
“Die môre vroeg, toe dit nog nag was, het Hy opgestaan en buitentoe gegaan na
`n eensame plek en daar gebid.”  (Markus
1:35, NV) Jy mag in `n oorvol woonstel bly. Jy mag omring wees deur ongelowige
familie lede. Maar ook jy kan na jou eie afgesonderde plek gaan.  

Dalk is jou afgesonderde plek jou eie
slaapkamer. Dalk is dit jou binnekamer. Dalk is dit `n bankie in die stilte van
`n parkie. Miskien is dit jou kar geparkeer in die verste hoek van die inkopies
winkel parkeer area. Dalk is die enigste stilte wat jy kan kry om jou in die
badkamer toe te sluit. Waar ookal jy `n stil plekkie kan uitkerf om te fokus en
te luister na die stil, fyn stemmetjie, sal jou Vader jou nader, en persoonlik
met jou praat.

Die gebruik van “gesneuwel in die gees”
steun swaar op emosionele opgewondenheid.

Deur `n seëning na te jaag het hulle
waarheid opgegee vir `n bonatuurlike ondervinding. Dit [is] nie `n Bybelse
ondervinding nie, maar kan `n bonatuurlike een wees. Deur so te doen het hulle
onopsigtelik blootgestel geraak om hierdie misleiding sonder enige vuurproef te
aanvaar … Mense het geswig onder die oudste raaisel, in hulle soeke na `n
seën het hulle die Bybelse waarhede versaak in die plek van bonatuurlike
ondervinding sonder om ooit die oorsprong daarvan met Bybelse bewyse te
beproef. 13

Goddelike waarheid steun nie op emosie
nie, maar doen `n beroep op die denke. Yahuwah sê: “Kom nou en laat ons die
saak uitmaak.” (Jesaja 1:18, OV)
Vergelyk teologie en die Skrifte met
rasionele denke. Moenie teologie met emosie
vergelyk nie, omdat die hoë emosies deur toeskouers ervaar tydens `n rock
konsert is dieselfde sin van eenheid en euphoria wat jy kan beleef wanneer jy
lofliedere sing met 2,000 ander gelowiges by kampvergaderings. 

Emosie moet nooit aanvaar word as `n
bewys van enigiets nie, laat staan nog iets so belangrik soos verlossing. Verlossing vereis bekering en geloof in Yahushua, nie een of ander ekstatiese beswyming of
emosionele vlug van die verbeelding nie. 

Indien u betrokke geraak het met sulke
irrasionele, emosionele vertoon, moet asseblief nie ons woord daarvoor neem dat
dit onbybels is nie. Lees die Skrifte vir jouself! Beproef alle dinge deur die
woord van Yahuwah. Laat staan dit wat nie ooreenstem met die woord van Yahuwah
nie en behou die goeie. Yahuwah sal altyd die sielsverlange bevredig van almal
wie koester om naby Hom te wees.


1 J. F. C. Hecker, Epidemics of the Middle Ages, p. 127.

2 Matt Slick, “What Does It Mean To Be Slain In The
Spirit?” Christian Apologetics and Research Ministry.

3 http://newsok.com/article/2225326

4 Ibidem.

5 http://www.dailymail.co.uk/news/article-2280403/Evangelist-Benny-Hinns-son-arrested-Brazil-beating-deaf-dumb-man-fathers-events.html

6 http://www.ovrlnd.com/FalseDoctrine/slaininthespirit.html, klem in die oorspronklike.

7 https://www.youtube.com/watch?v=YCJ9v_-aJho

8 http://www.bereanresearchinstitute.com/03_Doctrines/D.0003_Slain_in_the_Spirit.html, klem voorsien.

9 Ibidem., klem voorsien.

10 Sien Nader Mikhaiel, The Toronto Blessing and Slaying in the Spirit, referenced in http://www.ukapologetics.net/slain.htm.

11 Sien https://www.youtube.com/watch?v=FfmAIxz1yBs&spfreload=5. Paul se van mag verkeerd gespel wees,
omdat die audio effens onduidelik is en moeilik is om uit te maak.

12 Ibidem.

13 http://www.letusreason.org/Pent14%20.htm

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.