World's Last Chance

Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

While WLC continues to uphold the observance of the Seventh-Day Sabbath, which is at the heart of Yahuwah's moral law, the 10 Commandments, we no longer believe that the annual feast days are binding upon believers today. Still, though, we humbly encourage all to set time aside to commemorate the yearly feasts with solemnity and joy, and to learn from Yahuwah's instructions concerning their observance under the Old Covenant. Doing so will surely be a blessing to you and your home, as you study the wonderful types and shadows that point to the exaltation of Messiah Yahushua as the King of Kings, the Lord of Lords, the conquering lion of the tribe of Judah, and the Lamb of Yahuwah that takes away the sins of the world.
WLC Free Store: Closed!
Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

Hel: ʼn Verdraaide Waarheid Ontrafel

Vraag: Sal diegene wat Yahuwah
se genade verwerp meedoënloos gepynig
word regdeur die oneindige eeue van die ewigheid?

Die Bybelse Antwoord: Nee. Hulle
sal vernietig word. Die bose sal
verewig “afgesny” word. Hulle sal uiterlik “vergaan.” Hulle sal “verteer,”
“verorber,” en “vernietig” word deur vuur en sal “nie meer daar wees.” Daar
“sal aan hulle gedink word asof hulle daar was.”

Job 20: verse 7 tot 26

7Soos [die bose] sy  eie drek vergaan hy verewig; die wat hom
gesien het, vra: Waar is hy? …26Pure duisternis is bewaar vir sy
skatte; ʼn vuur wat nie deur mense aangeblaas is nie, verteer
hom; dit wei af wat in sy tent oorbly.

Job 31: vers 2 en 3

2Wat
tog is die lot wat Eloah daarbo beskik, en die erfdeel van die Almagtige uit
die hoogtes —3 is dit nie ondergang vir die kwaaddoener en ongeluk vir die werkers van
ongeregtigheid nie?

Psalm 5 vers 7

6U
sal die leuensprekers laat omkom;
van die man van bloed en bedrog het Yahuwah ʼn afsku.

Psalm 9 verse 6 en 7

6U
het die heidene gedreig, die goddelose laat omkom, hulle naam uitgedelg vir ewig en altyd. 7Die
vyande het omgekom — puinhope vir ewig; ook die stede wat U verwoes het; hulle
gedagtenis, ja, dié het vergaan.

Psalm 9 vers 18

18Die
goddelose sal teruggaan na die doderyk [“Hel” = H7585: sheol (die graf.)]..

Psalm 11 vers 6

6Hy
sal op die goddelose vangnette, vuuren swawellaat reën; en ‘n gloeiende wind
sal die deel van hulle beker wees.

Psalm 21 vers 10

10
U sal hule maak soos ‘n vurige oond as U verskyn; Yahuwah sal hulle verslind
in sy toorn, en vuur sal hulle verteer

Psalm 28 vers 5

5Omdat
hulle nie let op die dade van Yahuwah of op die werk van sy hande nie, sal Hy
hulle afbreek en nie bou
nie.

Psalm 37 verse 9 tot 11

9Want die kwaadoeners sal uitgeroei word; maar die wat Yahuwah verwag, hulle sal
die aarde besit
. En nog ‘n klein rukkie en die goddelose sal daar nie wees nie. 10Die
ootmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot
vrede.

Die sonde en sondaars sal vernietig word in ‘n helse vuur op hierdie
aarde: “
Maar die teenswoordige hemele en die aarde
is deur dieselfde word as ‘n skat weggelê en word vir die vuur bewaar teen
die dag van oordeel en die verderf van die goddelose mense.” ( 2 Petrus 3
vers 7.) 

Die ootmoediges sal dan die Nuwe 
Aarde beërwe wat Yahuwah sal maak: “
Want soos
die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek maak, voor my aangesig sal bestaan,
spreek Yahuwah, so julle nageslag en julle naam bestendig wees. (Jesaja 66
vers 22.)

Psalm. 37 vers 20

20Maardie goddelose sal omkom
en die vyande van Yahuwah
soos die prag van die weivelde;
hulle verdwyn
soos rook, hulle verdwyn.

Psalm 37 verse 34 tot 38

 

34Wag
op die HERE en hou sy weg, en Hy sal jou verhoog, om die aarde te besit; jy
sal met welgevalle neersien op die uitroeiing van die goddelose mense.35Ek
het die goddelose gesien,
’n geweldenaar, terwyl hy hom uitbrei soos ’n
groen inlandse boom. 36Toe
gaan iemand verby, en kyk, hy was daar nie; en ek het hom gesoek, maar
hy was nie te vinde nie.37 Let op die vrome en kyk na die opregte, want daar is ’n toekoms vir
die man van vrede. 38Maar die oortreders word
tesame verdelg
; die toekoms van die goddelose
word afgesny.

Psalm  52 verse 1 tot 5

1Waaarom
beroem jy jou in die kwaaad , o geweldige?…. 5So sal El jou da nook
verewig omverwerp, jou wegruk en jou uit die tent uitsleep; ja, Hy sal jou
ontwortel uit die land van die lewendes.  

Psalm 55 vers 24

24Maar
U, o Elohim, sal hulle laat neerdaal in die put van vernietiging…

Psalm  59 vers 14

14Vernietig hulle in grimmigheid, vernietig hulle,sodat
hulle daar nie meer is nie
;
en laat hulle weet dat Elohim heers in
Jakob, tot by die eindes van die aarde!

Psalm 73 vers 18

18Waarlik,
U stel hulle op gladde plekke; U laat hulle in die puin val.

Psalm  73 vers 27

27Want
kyk, die wat hull ever van u af hou, vergaan;
U roei almal uit wat van U
afhoereer

Psalm 83 verse 15 en 18

15Soos
vuur wat ‘n bos verbrand, en soos ‘n vlam wat die berge aansteek… 18Laat
hulle beskaamd staan en verskrik wees vir ewig, en laat hulle rooi van
skaamte word en omkom.

Psalm 92 vers 8

8As die
goddelose mense groei soos die plante en al die werkers van ongeregtigheid
bloei, is dit om hulle vir ewig te verdelg.

Psalm  92 vers 10

10Want
kyk, u vyande, o Yahuwah,
Want kyk, u vyande sal vergaan….

Psalm  140 vers
11

11Laat
vurige kole op hulle afgegooi word; mag Hy hulle laat val in die vuur, in
kuile, sodat hulle nie weer opstaan nie.

Psalm  145 vers
20

20Yahuwah
bewaar almal wat Hom liefhet, maar Hy verdelg al die goddelose.

Spreuke 2 vers 22

22Maar die goddelose sal uit die land uitgeroei, en die ontroues sal daaruit
weggeruk
word.

Spreuke
5 verse 11 en 12

11En
jy uiteindelik moet steun
as jou liggaam en jou vlees verteer is,

12
en
moet sê: Hoe het ek die tug gehaat en in my hart die kastyding versmaad.

Spreuke
10 vers 25

25Wanneer
ʼn stormwind verbygaan, is die goddelose nie meer nie; maar die regverdige is verewig gegrondves.

Spreuke 10 verse 28 tot 30

28Die
verwagting van die van die regverdiges is vreugde,
maar die hoop van die goddelose vergaan.
29
Die
weg van Yahuwah is vir die opregte ʼn vesting,
maar ʼn ondergang vir die werkers van ongeregtigheid.
30Die
regverdiges sal vir ewig nie wankel nie,
maar die goddelose sal in die
land nie bly woon nie.

Let Wel: Die goddelose en die onbekeerde sal
vernietig word, hulle sal verewig tot niet gaan [sterwe]. Hulle sal nie die
Nuwe Aarde beërwe wat Yahuwah sal skep. Deur van die regverdiges te spreek,
sê Yahuwah:  “Want soos die nuwe hemel
en die nuwe aarde wat Ek maak, voor my aangesig sal bestaan, so sal julle
nageslag en julle naam bestendig wees.

Spreuke 12 vers 7

7Die
goddelose mense word omgekeer,  en
hulle is daar nie meer
nie
; maar die huis van die regverdiges bly staan.

Spreuke 13 vers 13

13Wie
die Woord verag, moet dit ontgelde; maar hy wat die gebod vrees, ontvang
vergelding.

*Jesaja
1 verse 28 en 31

28Maar daar sal verbrekingwees van oortreders en die sondaars almal
saam;

en die wat Yahuwah verlaat ,
sal omkom

31  En die sterke word vlas en sy werk tot ‘n vonk,
en hulle sal altwee tesame brand sonder sonder dat
iemand dit uitblus.

Let Wel: Die goddelose sal vernietig / verbrandword deur vuur. “Sonder dat iemand dit uitblus” hierdie
vuur sal “onuitblusbaar” wees.” (Mattheus 3 vers 12, en Lukas 3
vers 17
) Om te “blus” beteken eenvoudig om “dood” te maak. Met ander
woorde niemand sal in staat wees om hierdie vuur uit te blus. Dit sal nie
doodgaan voor alles verbrand is ( vernietig) is.  Die goddelose sal in werklikheid
verander word in kaf en as.  

 “Want kyk, die dag kom, en dit brand soos ʼn
oond. Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe, ʼn stoppel wees; en die dag wat
kom, sal hulle aan die brand steek,sê Yahuwah van die leërskare; sodat dit vir hulle geen wortel of tak sal oorlaat nie. Maar vir
julle wat my naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal
genesing onder sy vleuels wees;  en
julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal. En julle sal die
goddelose vertrap, want hulle sal
soos stof wees onder julle voetsole op
die dag wat Ek skep, sê
Yahuwah van die leërskare.” (Maleagi 4 verse 1 tot 3.) 

Jesaja 5 vers 24

24Daarom,
soos die vuurtong stoppels verteer en
die droë gras in die vlam inmekaarsak,
so sal hulle wortel soos poeier word en hulle uitspruitsel soos stof
opstuiwe; omdat hulle die wet van Yahuwah van die leërskare verwerp het en
die woord van die Heilige van Israel verag het.

*Jesaja 10 verse 16 tot 18

16Daarom
sal Yahuwah Elohim, van die leërskare onder sy vettes ʼn maerte stuur; en
onder sy heerlikheid sal hy ʼn brand laat uitslaan soos die brand van vuur.17En die lig van Israel sal ʼn vuur wees, en sy Heilige ʼn vlam; en
dit sal distels en sy dorings verbrand
en verteer
op een dag.18Ook sal Hy die heerlikheid van sy bos en van sy vrugteboord verteer, van die siel af tot die vlees toe, sodat dit is soos
wanneer ʼn kranke wegkwyn.

Let Wel: Die voorspelling van die uiterlike
vernietiging van die Assiriese leër: Word hier gevind in ʼn profetiese voorkou
van die uiteindelike lot van die goddelose wanneer Yahuwah se oordeel voltrek
word.

Jesaja 10 vers 25

25Want
nog ʼn baie kort rukkie, dan is die grimmigheid ten einde, en my toorn gaan
uit om hulle te vernietig.   

Jesaja 13 vers 9

9Kyk, die dag van
Yahuwah kom, verskriklik, met grimmigheid en toorngloed, om die aarde ʼn
woesteny te maak en sy sondaars daaruit te verdelg.

Jesaja 26 vers 11

11Yahuwah, is u hand
opgehef, hulle sien dit nie, maar hulle sal dit sien en beskaamd staan; die ywer vir die volk, ook die vuur teen u
teëstanders sal hulle verteer.

Jesaja 26 vers 14

14Dooie mense herlewe
nie, skimme staan nie op nie;
daarom het U hulle besoek en verdelg en
alle gedagtenis aan hulle laat vergaan.

Jesaja 29 vers 6

6Vanweë Yahuwah van die
leërskare sal jy in genade besoek word, met donder en aardbewing en groot
gedruis, wind en storm en die vlam van ʼn verterende
vuur.

Jesaja 30 verse 27 en 30

27KYK, die Naam van
Yahuwah kom van ver af, sy toorn brand, swaar wolke kom op; sy lippe is vol
grimmigheid en sy tong soos ’n verterende vuur,30En Yahuwah sal sy
stem vol majesteit laat hoor en die neerdaling van sy arm laat sien, met
grimmige toorn en die vlam van ’n verterende vuur, storm en stortreën en
haelkorrels.

Jesaja
34 verse 1 tot 4

1KOM nader, o volke, om
te hoor; en nasies, luister! Laat die aarde hoor, en die volheid daarvan, die
wêreld en alles wat daaruit voortkom. 2Want die toorn van Yahuwah is oor al die nasies, en grimmigheid oor
al hulle leërskare; Hy het hulle met die banvloek getref, Hy het hulle oorgegee om geslag te word. 3En hulle gesneuweldes sal weggewerp word, en die stank van
hulle lyke gaan op, en die berge smelt van hulle bloed. 4*En al die
leërskare van die hemel vergaan, en die hemel word inmekaar gerol soos ’n
boek en al sy leërskare val af soos ’n blad van die wingerdstok afval en soos
vye afval van die vyeboom
.

* Die toorn van
die Lam:
Lees Openbaring 6 verse 14 tot 17

Jesaja 47 vers 14

14Kyk, hulle het geword soos stoppels,vuur het hulle verbrand;
hulle kan hulself nie red uit die mag van die vlam nie — dit is geen kool om
by warm te word nie, geen vuur om daarvoor te sit nie!

Esegiël 18 vers 4

4Kyk, al die siele is
myne; soos die siel van die vader, so die siel van die seun – hulle is myne; die siel wat sondig, dié moet sterwe.

*Obadja 1 verse 15 tot 16

15Want die dag van
Yahuwah is naby oor al die nasies; soos jy gedoen het, sal aan jou gedoen
word, jou daad sal op jou hoof neerkom.16 Want net soos julle
gedrink het op my heilige berg, sal al die nasies gedurigdeur drink, ja,
hulle sal drink en swelg en word
asof hulle nooit bestaan het nie.

Hahum
1 verse 9 tot 10

9Wat wil julle beraam
teen Yahuwah? Hy maak daar ’n einde aan; die benoudheid sal nie twee maal
opkom nie.10
Want
al is hulle saamgevleg soos dorings, en soos hulle drank so deur en deur nat
hulle sal soos droë stoppels
volkome verteer word.

Let Wel: In die byvoeging vir die bevestiging en nogtans vir nog ʼn keer dat
die goddelose vernietig sal word, is daar ʼn baie wonderlike verklaring wat in
hierdie gedeelte ten opsigte die ewigheid van die toekoms: “ Die benoudheid sal nie twee maal opkom
nie.”
Dit is om te sê: dat die sonde, rebellie, en al die ellende wat
hulle vergesel verewig uitgewis word, en om nooit weer te voorskyn te kom!
Loof Yahuwah!

Sagaria 14 verse 3 en 4, 9 en 11 tot 12

3En Yahuwah sal uittrek
en stryd voer teen dié nasies soos op die dag van sy stryd, die dag van
oorlog.4En in dié dag sal sy voete staan op die Olyfberg…….9 En
Yahuwah sal Koning wees oor die hele aarde; in dié dag sal Yahuwah een wees,
en sy Naam een….11  En hulle sal daarin woon, en daar sal
geen banvloek meer wees nie, en Jerusalem sal in veiligheid woon. 12 En
dit sal die plaag wees waarmee die HERE al die volke sal tref wat opgetrek
het om teen Jerusalem te veg: Hy
sal hulle vlees laat wegteer, terwyl hulle nog op hul voete staan; en hulle
oë sal wegteer in hulle holtes, en hulle tong wegteer in hulle mond.

*Maleagi 4 verse 1 tot 3

1WANT
kyk, die dag kom, en dit brand soos
’n oond
. Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid
bedrywe, ’n stoppel wees;
en die dag wat kom, sal hulle aan die brand steek, sê Yahuwah van die
leërskare; sodat dit vir hulle geen
wortel of tak sal oorlaat nie.
2Maar vir julle wat my Naam
vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy
vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.3En
julle sal die goddelose vertrap, want
hulle sal soos stof wees onder julle voetsole
op die dag wat Ek skep,
sê Yahuwah van die leërskare.

Johannes 3 vers 16

16Want
so life het Yahuwah die wêreld gehad, dat hy sy enigebore seun gegee het,
sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore
[G622
] mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Note: The
text says "perish," not "suffer everlasting life in
torment."

Let Wel: Die teks verwys na “verlore” en nie
“na foltering van ewigdurende lewe van pyniging.”

 “Verlore” [G622]: Vanaf G575 en die basis van G3639; om ten volle te vernietig (
reflekteer na vernietiging, of verlore), letterlik of figuurlik: – om te
vernietig, sterf, te verloor, te verderf, of tot niet gaan. (Strong’s
Concordance
)

Romeine 6 vers 23

23Want die loon van die sonde is die dood,
maar die genadegawe van Yahuwah is die ewige lewe in Yahushua die Christus,
onse Meester.

Let Wel: Die teks wys daarop dat die: “die loon van die sonde is die dood.”
Die teks vertel nie dat:  ”die loon van die sonde is ʼn ewigdurende
lewe van foltering.”

Filippense 3 verse 18 en 19

18 …..
wandel as vyande van die kruis van Christus.19 Hulle einde is
die verderf
, hulle god is die
buik en hulle eer is in hulle skande; hulle bedink aardse dinge.

2 Thess. 1 verse 8 en 9

8In vuur en vlam, wanneer
Hy wraak uitoefen op die wat nie Yahuwah nie ken nie en op die wat aan die
evangelie van onse Meester Yahushua die Gesalfde nie  gehoorsaam is nie.19Hulle sal
as straf ondergaan ʼn ewige verderf
,
weg van die aangesig van ons Meester en van die heerlikheid van sy sterkte,

Let Wel: Dat die teks sê: ʼn “ewige verderf,” nie ‘n “ewigdurende foltering.”

2
Petrus 2 verse 9 tot 12

9Yahuwah
weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te
bewaar vir die dag van oordeel
om gestraf te word;10 en
veral die wat die vlees in vuile begeerlikheid agternaloop en die heerskappy
verag. Vermetel en aanmatigend, skroom hulle nie om die heerlike wesens te
belaster nie,11 terwyl
die engele, hoewel groter in sterkte en krag, geen lasterlike oordeel teen
hulle by Yahuwah voorbring nie. 121Maar hulle sal, omdat hulle belaster wat hulle nie ken nie, soos
redelose diere wat die natuur volg, gebore om gevang en vernietig te word, in hulle verdorwenheid te gronde gaan.

*2 petrus 3 vers 7

7Maar die teenswoordige hemele en die
aarde is deur dieselfde woord as ’n skat weggelê en word vir die vuur
bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense.

Let Wel: Die “Hel” brand nie op hierdie
oomblik. Die aarde waarop ons nou staan
sal ʼn vlammende helse vuur word. Hierdie vuur sal Satan heeltemal vernietig,
en sy engele, sonde, en sondaars, en die dood verewig. Dit is die tweede
dood. (Openbaring 2 vers 11; 20 vers 6; 20 vers 14; en 21 vers 8.)

Die sonde sal verewig uitgewis word en sal nooit weer te voorskyn kom: “Wat wil julle beraam teen Yahuwah? Hy maak daar ’n einde aan; die
benoudheid sal nie twee maal opkom nie.” (Nahum 1 vers 9.)

Yahuwah sal dan ʼn  nuwe aarde
skape:
“Want soos die nuwe hemel en die nuwe aarde
wat Ek maak, voor my aangesig sal bestaan, spreek Yahuwah, so sal julle
nageslag en julle naam bestendig wees.” (Jesaja 66 vers 22.)

Openbaring 11 vers 18

18En
die nasies was vertoornd, en u toorn het gekom en die tyd van die dode om geoordeel te word en om die loon
te gee aan u diensknegte, die profete, en aan die heiliges en aan die wat u
Naam vrees, klein en groot, en om die verderwers van die aarde te verderf.

Openbaring 20 verse 7 tot 9

7EN wanneer die duisend jaar voleindig
is
, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word; 8en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier
hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die
oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see. 9En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van
die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van Yahuwah uit die hemel neergedaal en hulle
verslind.

Vanwaar het die gedagte gekom van ʼn
ewigdurende foltering?

Die leerstelling
van ʼn ewigdurende brandende vlammesee waarin die verlorenes verewig foltering
ondergaan na die dood was gewild gemaak deur die Roomse Katolieke Kerk (die Hoer van Openbaring 17), wat dit
aangeneem vanaf die Grieke en die heidene. Die Roomse kerk het hierdie
leerstelling baie voordelig gevind gedurende die middel eeue, omdat dit hulle
in staat gestel het om ryk te word deur die verkoop van “guns”. Nêrens
word daar in die Skrif vermeld dat die verlorenes verewig gefolter sal
word. 
(Vir meer oor Die Roomse
Katolieke Dier se Mag, kyk na: “Wie
is die Dier van die Boek Openbaring.”
)


Vir Algemene Verkeerdverstane Begrippe ( Kliek hier om Uit te Brei.)

Begrip #1 wat verkeerd verstaan word.

Jesaja
66 vers 24: 24En hulle sal uitgaan
en die lyke sien van die mense wat teen My opgestaan het; want hulle
wurm sal nie sterwe en hulle vuur sal nie uitgeblus word nie, en hulle sal
afgryslik wees vir alle vlees.

Markus 9
verse 43 en 44:  43En as jou hand jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om
vermink die lewe in te gaan, as om twee hande te hê en in die hel te gaan
[G1067: Gehenna], in die onuitbluslike vuur, 44waar hulle wurm nie
sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.

Antwoord/ Verduideliking: Hierdie gedeeltes
bevat twee baie raaiselagtige frases wat so dikwels verkeerd verstaan word:
(1.) “Hulle wurm sal nie sterf nie.” (2.) “ook sal hulle vuur ook nie uitgeblus
word.”

“Hulle wurm sal nie sterf nie.”

Die woord wat
vertaal word as “hel” soos in Markus 9 vers 43 is: “gehenna” (G1067). Gehenna,
wat genoem word  as die “vallei van  Hinnom” van die Ou Testament, was dit ʼn diep
en noue vallei suid van Jerusalem was, nadat Agas die vuur van die gode
ingestel het, en die afvallige Jode hulle kinders geoffer het aan Molog. Hier
is waar die liggame van die dooie diere en die vullis van die stad gegooi was.
Vure het gedurigdeur gebrand, en wurms het die karkasse besmet van die dooie
diere. Wat die vuur nie vernietig het, het die wurms verorber. So was dit ʼn
tipe van algehele vernietiging. Yahushua het dit gebruik om daarna te verwys om
te illustreer wat die uiteindelike lot van die goddelose sal wees.  

Neem kennis dat
dit nie liggaamlose siele is waarop die 
wurms teer, maar “karkasse,” (Jesaja 66 vers 24) of dooie liggame van
mense. Diegene wat gegooi is in die meer van vuur sal in ʼn liggaamlike
vorm
wees ( Markus 9 verse 43 tot 45); Mattheus 5 vers 30.)  Jesaja 51 vers 8
verklaar dat:  “en die wurm sal  hulle verteer soos wol,” en dit
beteken dat
hulle geheel en al vernietig sal word, en ophou om te bestaan.

Die
wurms/maaiers waarvan die dooie liggaam van krioel, vernietig sterwe nie, hulle
verander in papies en verander in volwassenes, wat weer op hulle beurt, meer
eiers lê. Sodoende, hou die siklus aan totdat alle vlees geheel en al vernietig
is. 

“Ook nie sal hulle vuur
uitgeblus word.”

Om te “blus”
beteken eenvoudig om daaraan ʼn “einde” te maak. Met ander woorde, niemand sal
in staat wees om hierdie vuur uit te doof. Dit sal voort woed totdat alles
verbrand en (vernietig) is. Die goddelose
sal letterlik in stoppels en as verbrand word.

“Want kyk, die
dag kom, en dit brand soos ʼn oond. Dan sal al die vermeteles en almal wat
goddeloosheid bedrywe ʼn stoppel wees; en die dag wat kom, sal hulle
aan die brand steek, sê Yahuwah van die leërskare; sodat dit vir hulle
geen wortel of tak sal oorlaat nie. Maar vir julle wat my Naam vrees, sal
die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en
julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal. En julle sal die
goddelose vertrap, want hulle sal stof wees onder julle voetsole op die
dag wat Ek skep, sê Yahuwah van die leërskare.” (Maleagi 4 verse 1 tot 3)

‘ʼn Voorbeeld van ʼn
“Onuitblusbare” Vuur:

“Maar as julle na My nie luister om die
sabbatdag te heilig nie en om geen las te dra of deur die poorte van Jerusalem
op die sabbatdag in te gaan nie, sal Ek ʼn vuur in sy poorte aansteek,
wat die paleise van Jerusalem sal verteer en nie uitgeblus sal word nie.”
( Jeremiah 17 vers 27)

Hierdie profesie was vervul in hoofstuk 52:

“En in die vyfde
maand, op die tiende van die maand – dit was die negentiende jaar van koning Nebukadnesar,
die koning van Babel – het Nebusaradan, die owerste van die lyfwag, wat voor die
koning van Babel gestaan het, in Jerusalem gekom; en hy het die huis van
Yahuwah en die paleis van die koning verbrand; ook al die huise van Jerusalem
en elke groot huis met vuur verbrand. En die hele leër  van die Chaldeërs wat by die owerste van die
lyfwag was, het al die mure van Jerusalem rondom omgegooi.” (Jeremiah 52 verse
12 tot 14)

Die vervulling ten opsigte van hierdie
profesie oor die onuitblusbare vuur van Jerusalem word daar weer na dit verwys
in 2 Kronieke:

 “En hulle het die huis van Yahuwah verbrand en
die muur van Jerusalem omgegooi en al die paleise daarvan met vuur verbrand,
sodat al die kosbare voorwerpe daarvan vernietig is. En die wat van die swaard
oorgebly het, het hy na Babel in ballingskap weggevoer, en hulle het vir hom en
sy seuns slawe geword, totdat die koninkryk van Persië tot heerskappy gekom
het, sodat die woord van Yahuwah deur die mond van Jeremiah vervul sou word:
totdat die land vir sy sabbatte vergoeding gekry het; al die dae van verwoesting
het dit gerus om sewentig jaar vol te maak.” (2 Kronieke 36 verse 19 tot 21)    

Let Wel: Dit is duidelik dat die vuur wat
in Jerusalem aan die brand gesteek is ( nie uitgeblus sal word), en brand dit
nie meer vandag  nadat alles deur die
vuur verteer is.


Begrip #2 wat verkeerd verstaan word.

Mattheus
25 vers 46 – 46 En hulle sal weggaan in die ewige
straf, maar die regverdiges in die ewige lewe.

Antwoord/ Verduideliking:
“Die ewige straf,” is die lot van die goddelose, nie “ewigdurende foltering.”
Yahuwah se oordeel, die straf van die goddelose (d.w.s. die  vernietiging), sal vasstaan verewig; en die
gevolge sal ewigdurend wees. Die goddeloses nooit in der ewigheid weer lewe. “Laat
vurige kole op hulle afgegooi word; mag Hy hulle laat val in die vuur, in
kuile, sodat hulle nie weer opstaan nie!” (Psalm 140 ver 11). “En nog ’n klein
rukkie en die goddelose sal daar nie wees nie; ja, jy sal ag gee op sy plek, maar
hy sal daar nie wees nie.” (Psalm 37 vers 10). “Maar die goddelose sal omkom en
die vyande van die HERE soos die prag van die weivelde; hulle verdwyn soos rook, hulle verdwyn.” ( Psalm 37 vers 20). “Maar
die oortreders word tesame verdelg; die toekoms van die goddelose word afgesny.”
(Psalm 37 vers 38).

Vergelyk dit met
2 Tessalonisense 1 verse 8 – 9:

 “ ʼn vuur en
vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat Yahuwah nie ken nie en op die wat
aan die evangelie van onse Yahushua die Gesalfde nie gehoorsaam is nie. Hulle sal as straf ondergaan ’n
ewige verderf, weg van die aangesig van die Meester en van die heerlikheid van
sy sterkte.” (2 Tessalonisense 1 verse 8 – 9).

Let Wel: Weer wys dit op die “vernietiging”
(die straf) wat ewigdurend is, en nie die foltering. Nêrens in die Skif word verwys dat die
verlorenes gefolter sal word tot in alle ewigheid.


Begrip #3 wat verkeerd verstaan word.

Openbaring 14 vers 11 – 11En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en
hulle het dag en nag geen rus nie — hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en
elkeen wat die merk van sy naam ontvang.

Openbaring 19 vers 2 en 3 – 2Want sy oordele is waaragtig en regverdig; want Hy het die groot hoer
geoordeel wat die aarde met haar hoerery verderf het, en Hy het die bloed van
sy diensknegte op haar gewreek. 3En vir die tweede maal het hulle gesê: Halleluja! En haar rook gaan
op tot in alle ewigheid.

Openbaring 20 vers 10 – 10 En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel
gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig
word tot in alle ewigheid.

Antwoord/
Verduideliking: Die term “verewig” volgens die Bybel beteken eenvoudig ʼn
tydperk van tyd, bepaald of onbepaald.
“Verewig” word 56 keer gebruik in die Bybel in verband met dinge wat alreeds
geëindig het. Volgens Jona 2
vers 6, beteken “verewig drie dae en drie nagte” (Jona 1 vers 17). Volgens Deuteronomium 23 vers 3, beteken
“verewig 10 geslagte. “In die geval van die mens beteken “Verewig so lank as hy
lewe” of “tot die dood intree.” ( Lees 1 Samuel 1 vers 22 en 28, en Eksodus 21 vers 6).Hierdie
vlam van oordeel sal verskil volgens die graad van sonde van elke individu,
maar na die straf, sal die vuur uitgedoof word. Die sonde waar ook al gevind
word: “Want onse Eloah is ’n verterende vuur.” ( Hebreërs 12 vers 29). Deur
almal wat hulle onderwerp tot Sy mag die Gees van [Yahuwah] sal dit die sonde
vernietig. Maar as die mens bly vaskleef aan die sonde, word hulle
geïdentifiseer met die sonde. Dan sal die heerlikheid van [Yahuwah], wat die
sonde vernietig, hulle  vernietig.” (Ellen White, Desire of Ages,
p.107)

“Kyk, hulle het geword soos stoppels, vuur het
hulle verbrand; hulle kan hulself nie red uit die mag van die vlam nie — dit is
geen kool om by warm te word nie, geen vuur om daarvoor te sit nie!” (Jesaja 47
vers 14).

 “….. Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe, ’n
stoppel wees; en die dag wat kom, sal hulle aan die brand steek, sê Yahuwah van
die leërskare.” (Maleagi 4 verse 1 tot 3).

Die leerstelling
van ewigdurende pyniging het baie daartoe bygedra dat mense ateïste word en na
waansin gedryf word, as enige uitvindsel van die duiwel. Dit belaster die
persoonlikheid van ons genadige Hemelse Vader en het baie skade berokken vir
die Christene se saak.

As opregte Bybel
studente, is dit ʼn opdrag dat ons al die belangrike gedeeltes van die Skrif oor
ʼn onderwerp bestudeer voor ons enige definitiewe gevolgtrekkings maak. Ons moet
altyd getrou bly aan die gewig
van die bewyse. 


Begrip #4 wat verkeerd verstaan word.

Die gelykenis van Lasarus en die Kyk Man
(Lukas 16 verse 19 tot 31).

Antwoord/ Verduideliking: Lasarus en die Ryk Man (Lukas 16 verse 19 tot 31).


Begrip #5 wat
verkeerd verstaan word.

Wat beteken die:
“lyding en wraak van die ewige vuur?” 

Antwoord/Verduideliking: Die “lyding en wraak van die ewige vuur,” is nie om vir ewig te
ly in ʼn vuur wat nooit uitgeblus word nie.” Eerder is dit om te ly onder die
ewige en rampspoedige  gevolge van die
vuur se uitwerking, naamlik die vernietiging.  

“Soos Sodom
en Gomorra en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as hierdie
mense gehoereer en agter vreemde vlees aangeloop het, as ’n voorbeeld gestel
is, terwyl hulle die straf van die ewige vuur ondergaan.”  (Judas 1 vers
7).

Die Skrif stel
dit duidelik dat Sodom en Gomorra gely het onder “die wraak van die ewige
vuur.” Alhoewel, hierdie stede en sy inwoners nie meer vandag brand. Die vuur
het dood gegaan nadat alles vernietig is. Die gevolge, was aldus verewig. Die
swael en as het as het oorgebly rondom die Dooie See, en dit getuig van die
onveranderlikheid van Yahuwah se oordeel van vuur oor hierdie stede.

Die apostel
Petrus maak dit ook duidelik dat hierdie stede tot as verbrand is:

“en deur die stede van
Sodom en Gomorra tot as te verbrand, hulle tot ondergang veroordeel het
en as ’n voorbeeld gestel het vir die wat in die toekoms goddeloos sou wees.”
( 2 Petrus 2 vers 6).

Die inwoners van
hierdie goddelose stede was in as verander net soos die profete onder goddelike
inspirasie vermeld het, en wat die goddelose sal wees met die finale oordeel.

“WANT kyk, die
dag kom, en dit brand soos ’n oond. Dan sal al die vermeteles en almal wat
goddeloosheid bedrywe, ’n stoppel wees; en die dag wat kom, sal hulle aan die
brand steek, sê die HERE van die leërskare; sodat dit vir hulle geen wortel of
tak sal oorlaat nie…. En julle sal die goddelose vertrap, want hulle sal soos
stof wees onder julle voetsole op die dag wat Ek skep, sê die Yahuwah van die
leërskare. (Maleagi 4 verse 1 tot 3).

Let Wel: Daar bestaan ‘n ewigdurende vuur,
maar is nie wat jy dink!



Gevolgtrekking:
Die bose en die onbekeerdes sal vernietig word deur vuur na die duisendjaar. Dit is die
“tweede dood.” Hulle sal ophou om te bestaan verewig.

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.