Michael en Margaretha Sattler was gewone mense. Mense met eenvoudige vreugdes en hartseer, hoop en vrese nes enig iemand anders. Nietemin, in tyd van beproewing, het hulle getrou gebly aan Yahuwah. Hulle standvastigheid in die aangesig van teenstand sal grootliks in die Hemel beloon word. Lees hulle verhaal en kry inspirasie vir dit wat Yah vir ander gedoen het, Hy vir jou ook wil doen. |
“Kyk, hierna. Ons het Orkaan Grace wat
noord van die Atlantiese seekus beweeg. Enorm … wat massief raak.Twee, so laag
suid van Sabel Eiland, reg om op te blaas. Kyk hierna. Drie, `n vars swiepende koue front van Kanada
af. Maar dit vang `n rit op die stroombaan . . .en is met rasse skrede op breek
nek spoed aan`t versnelle na die Atlantiese oseaan. Wat as Orkaan Grace reg
daarop afpeil? Voeg tot die scenario die baba van Sabel Eiland, wat energie
saamskraap. Sy sal gevoed word van beide die Kanadese koue front . . . en Orkaan Grace. Jy kan vir jou hele lewe `n
weerkundige wees . . . . en nooit iets soos dit gesien het nie. Dit sou `n ramp
van epiese afmetings wees. Dít sal die . . . perfekte storm wees.”
~ Todd Gross, TV Meteoroloog
28 Oktober 1991: Teen die einde van die orkaan seisoen, het `n storm oos van Kanada in
die Atlantiese Oseean begin ontwikkel. Die storm, `n sterk noor’ ooster,” het
Orkaan Grace geabsorbeer en selfs groter geword. `n Rif van hoë atmosferiese
druk het die massiewe storm suid geforseer waar dit tot `n ontsaglike, en
verskriklike magtige sikloon ontwikkel
het. Dit was `n storm van epiese, historiese omvang geskep deur `n kombinasie
van faktore wat die gevolg was van `n ramp wat direk die lewens van 13 mense
geëis het en meer as $200 miljoen se skade beloop. Dit was: “die perfekte
storm.”
![]() |
Beeldmateriaal wat die Perfekte Storm van ‘91, suid van Nieu-Skotland, op 30 Oktober 1991, aandui. |
Vasgevang in die middel van hierdie sameloop van magtige storms was `n
22-meter kommersiële vissers boot, die Andrea
Gail. Kaptein Frank “Billy” Tyne, Junior, met sy bemanning van vyf mans,
was op `n visvang ekspedisie verder as die Grand Banks aan die Flaamse Kaap. Tenspyte
van waarskuwings van die weerburo oor slegte weer, het hierdie manne besluit om
huiswaarts te keer omdat hulle ysmasjien onklaar geraak het en hulle vrag nie
veel langer sou hou nie. Oppad huis-toe, was hulle omsluit deur die perfekte
storm.
Kaptein Tyne se laaste opgeneemde woorde was: “Sy`s aan`t kom, kêrels,
en sy kom sterk aan.” Brandstofdromme, `n brandstof tenk, `n leë lewensgordel
en `n paar ander wrakstukke was al wat ooit van die Andrea Gail te vinde was. Kaptein Tyne en die vyf bemanningslede
met hom, was deel van byna die helfte
van die afgestorwenes, in wat later
bekend geword het as die Perfekte Storm van `91.
Was dit maar net `n donderstorm, kon die manne dit gemaak het. Was dit
net `n orkaan, kon hulle rondgedobber het. Indien hulle ysmasjien nie onklaar
geraak het nie, kon hulle langer op see vertoef het, en nie gewaag het om deur
stormsee te vaar nie. Maar dit was die kombinasie van faktore wat `n rampspoedige situasie geskep het, waarin die skip, met
die hele bemanning aanboord, gesink het.
`n Perfekte Storm
Dit was die beste tye, dit was die
slegste tye, dit was die eeu van wysheid, dit was die tydstip van dwaasheid,
dit was die tydstip van geloof, dit was die tydstip van ongeloof, dit was die
seisoen van Lig, dit was die seisoen van Duisternis, dit was die lente van
hoop, dit was die winter van wanhoop, ons het alles voor ons gehad, ons het
niks voor ons gehad, ons was almal oppad na die Hemel, ons was almal direk
oppad in die teenoorgestelde rigting – kortom die tydperk was so ver nes die
teenwoordige tydperk, sodat sommige van haar luidrugtigste ampsdraers daarop
aangedring het om dit te aanvaar, vir beter of slegter, in die oortreffende
trap van vergelyking alleenlik.
~ Charles Dickens, A
Tale of Two Cities
`n Perfekte Storm is: `n Kombinasie van gebeure wat nie op hul eentjie
gevaarlik is nie, maar die gesamentlike gevolge skep `n rampspoedige nasleep.”1
Nie soos gewone storms, is `n perfekte storm veroorsaak deur `n “magtige
gekombineerde effek van `n unieke stel omstandighede.”2 Perfekte
storms vind nie baie dikwels plaas nie, maar dit is altyd rampspoedig wanneer
dit plaasvind.
![]() |
|
Sestiende eeuse Europa was `n perfekte storm van verskeie – en dikwelse
teenstrydige – idees. In Frankryk, was die Renaissance op sy ergste. In
Duitsland, het Martin Luther die Bybel in die spreektaal vertaal, wat die gesag
van die pous uitdaag, en die radikale konsep van verlossing deur geloof alleen
bevorder. In Italië, het Giordano Bruno voorgestel dat die sterre eenvoudig net
verre sonne was, moontlik omring deur hul eie planete terwyl Pietro Pompanazzi
die leerstelling van die onsterflikheid van die siel betwis het. In die Nuwe
Wêreld, het Spanje die Asteekse Ryk verower. Moeslim soldate val Europa binne,
moor en maak slawe van Christene soos hulle vorder.
Europa self was verdeel tussen Katolieke en Protestante. Die idee van natuurlike wet – dat sekere regte onafskeidbaar
en algemeen is aan die ganse mensdom – het veld gewin. Hierdie nuwe idee het
nuwe gedagtes laat posvat, nuwe aspirasies in die harte van die menigtes van
die onderdrukte boerestand laat opwel wie in opstand gekom het teen die hewige
belastings wat deur hul owerstes afgepers was. Dit het `n “perfekte storm”
geskep, wat op sy beurt, die grondslag gelê het vir die Eeu van Ontwikkeling
200 jaar later. In hierdie siedende kastrol van chaotiese verandering, was daar
een paartjie wie vasbeslote was om waarheid te volg, ongeag die koste daaraan
verbonde. Hulle tyd om aktief vir Yahuwah te arbei was eintlik baie kort –
minder as twee jaar – maar hulle invloed, sowel as hulle voorbeeld van
getrouheid in die aangesig van vervolging, duur tot op hede voort.
Omtrent die tyd toe Christopher Columbus probeer het om finansiële steun
te kry vir sy soeke van `n nuwe roete na Indië deur wes te vaar, was `n baba
seuntjie in Stauffen, Duitsland gebore. Baie min is bekend oor Michael Sattler
se vroeë lewe en opvoeding, maar wat bekend is, is dat hy by die Klooster van
St. Petrus naby Freiberg aangesluit het. Daar word geglo dat hy eintlik die
kloosterhoof van hierdie Benedicktynse klooster geword het, wat opsigself
voorstel dat hy `n goeie werksetiek gehad het, `n knaphandige administrateur
was, en `n vertrouenswaardige karakter gehad het. Dit was `n posisie van mag en
respek. Dit het van Michael `n lid van die hoë klas van sy tyd gemaak.
Omdat Michael intellektueel eerlik was, was hy toegewy aan sy
oortuiginge. Hy was betrokke in die inter-Benedicktynse Bursfeld hervorming, `n
geestelike herlewing te St. Petrus. As kloosterhoof, mag hy selfs in beheer
daarvan gewees het. Maar verandering het gekom, soos dit altyd moet wees vir
hulle wie intellektueel eerlik is. Eeue later het die Verenigde State
president, Abraham Lincoln opgelet: “Wanneer `n man wie eerlik fouteer die
waarheid hoor, sal hy eerder opgee om te fouteer of ophou om eerlik te wees.”
En Michael was eerlik.
![]() |
Sint Petrus Klooster in Freiberg, Duitsland |
In die mid-1520s het die Protestantse boerestand die St. Petrus klooster
ingeneem. Hulle het aangedring op die vrystelling van die hoë-belasting en die
onderdrukking deur die adelikes. Met die nuwe idee van Vryheid en die ewewig
tussen alle gelowiges, wou hulle geregtigheid en vryheid hê wat gebaseer is op
beginsels wat in die Skrifte vervat is.
Sommige van hierdie boerestand was Anabaptiste. “Anabaptis” beteken om
te her doop, omdat hulle baba doop as
onskriftuurlik verwerp het. “Hoe kan `n pasgebore baba `n bewustelike besluit
neem om Yahuwah te dien?” Was hulle vraag. Die Verlosser Self was nie gedoop
alvorens Hy `n volwassene was nie: “En toe die hele volk gedoop en Yahushua ook
gedoop is, en Hy besig was om te bid, het die hemel oopgegaan; en die Heilige
Gees het in liggaamlike gedaante soos `n duif op Hom neergedaal . . . En Hy,
Yahushua, was omtrent dertig jaar oud.” (Lukas 3:21-23, OV)
Dit is moontlik, selfs waarskynlik,
dat die boerestand hulle pleitredes aan Michael, as kloosterhoof, voorgelê het.
Hoewel geen geskrewe verslag van hierdie idee bewaar is nie, is drie feite
bekend:
- Michael Sattler was intellektueel eerlik
en `n toegewyde Christen mens. Soveel so, dat as waarheid uitgewys was, het hy
nie gehuiwer om dit te aanvaar nie. - Michael het die klooster in mid-15253
verlaat. - Na die verlating van St. Petrus, het
Michael na Waldshut area gereis van waar die meeste van die revolusionêres
afkomstig was.
Met hierdie bekende feite, is dit veilig om te verklaar dat, as `n intellektuele
openhartige man, het Michael simpatiekgesind geraak met die boerestand se saak
en hul belange, indien nie heeltemal oortuig van hulle geloof nie. Seersekerlik
het hy die geleentheid gehad om verdere studie te doen in die
geloofsoortuiginge van die Anabaptiste, na sy aankoms in Waldshut.
`n Paar maande later, dieselfde jaar November 6 tot 8, het Michael die
gewilde baba doop redetwis in Zurich, Switserland bygewoon. Hy het waarskynlik
net gegaan om die argument aan te hoor, vir en teen die onderwerp. “Teen 1525
was die hervorming stewig gevestig in die stad Zurich.”4 Alhoewel die Protestante in Zurich nog nie
die konsep van ware geloofsvryheid beet geneem het nie: die reg van elke
indiwidu om vryelik te aanbid soos deur sy of haar eie gewete voorgesê. Die
Protestantse owerhede wie die Anabaptiste ywerig vervolg het, het Michael gearresteer
en hom in die tronk gegooi. Hy was eintlik op 18 November 1525 vrygelaat om die
area te verlaat.
Hierdie vroeë teenstand was eenvoudig maar net `n voorsmaak van wat
binnekort sou gebeur.
Werk want die nag kom nader . . .
Ware karakter word openbaar in die
keuses wat `n mens onder druk maak– hoe groter die druk, hoe dieper die
openbaring, hoe waaragtiger die keuse tot karakter se essensiële natuur. ~
Robert McKee, Storie
![]() |
Olie verf skildery van `n kunstenaars voorstelling van die Anabaptiste leier, Michael Sattler wie in die woude preek. |
Iewers tussen 1525 en 1526 het Michael met `n vrou by name Margaretha,
wie `n Beguine non was, in die huwelik getree. Nes Michael, was Margaretha
intellektueel opreg en het sy die orde verlaat gebaseer op persoonlike
oortuigings van waarheid. In Junie van 1526, was Michael as `n volwassene
gedoop. Dit het baie moed geverg aan beide kante, want dit was waarskynlik dat
Magaretha ook her-doop was.
Die vroegste hervormers het die Vryheid van geloof as `n Yah-gegewe reg
verdedig. Maar net so gou as wat Protestantisme begin het om staatsgodsdiens te
word, het dit ook `n vervolgende mag geword.
Dit is `n feit wat deur vele onlangse geskiedkundiges erken word, dat
die vervolging van die Anabaptiste die vervolging van die vroeë Christene deur
paganistiese Rome in felheid oortref het! Vervolging het in Zurich begin nadat
die Broeders `n gemeente georganiseer
het. Inhegtenisnames van verskillende felhede, soms in donker kerkers, was
gevolg deur doodstraf. Binne-in `n kort tydperk het die leiers van die Broeders hul lewens in die vervolging
verloor.
Anabaptisme was `n hals misdaad.
Pryse was op die hoofde van Anabaptiste geplaas. Om aan hulle voedsel en
skuiling te verskaf was as `n oortreding gesien. Die hertog van Bavaria het in
1525 bevele gegee dat die aangehoude Anabaptiste aan die brandstapels moes verbrand word – tensy hulle herroep,
waar hulle in die geval dan onthoof
moes word.5
Die gevare om die dwaalleer op sy te sit en die waarheid te volg was `n
werklikheid. Nogtans het Michael en Margaretha die waarheid liefgehad. Waarheid
was kosbaarder aan hulle as enigiets anders. James Lane Allen het geskryf:
“Vyandskap bou nie jou karakter nie, dit openbaar dit.” En dit was waar van die
Sattlers. Vyandskap het die karakters verfyn in die skool van die Hemel, wat
skyn met die reflekterende lig van die Verlosser.
Die kwaliteit van karakter van Michael en Margaretha is bekendgemaak in
hul volgehoue vriendskap met diegene wie nie met hulle geloofsoortuiginge
saamgestem het nie. Laat in 1526, het Michael na Strassbourg gegaan waar hy met Wolfgang Capito, `n Duitse humanis en leidende
Protestantse hervormer gewoon het. Hier in Strassbourg, het Michael ook `n
ander Protestantse hervormer ontmoet, Martin
Bucer. Capito en Bucher het met Michael oor `n aantal
punte, insluitende die Anabaptiste se siening oor baba doop, verskil.
“Protestante van hierdie tyd het die Anabaptiste oor hul oortuigings verag, ook
omdat die meeste ongeletterd en ongesofistikeerd was. Michael was op hul sosiale
vlak en hulle het hom begin respekteer. Hy het op hulle `n beroep gedoen om die
Anabaptiste deur hulle in hegtenis geneem, te bevry.”6 Tenspyte van hulle verskillende
geloofsoortuiginge, het Michael se gemoedelike en innemende gees deurgeskemer
in die feit dat hy na Capito en Bucer as sy “geliefde broeders in God” verwys
het.
Selfs onder hedendaagse gelowiges, neem baie wie die waarheid volg `n
norse, veroordelende gees aan teen diegene wie nie gevolg het om nuwe lig te
omhels nie. Dit is maklik om diegene as verlore af te maak wie kleef aan ou
dwalinge. Michael se liefderyke, Christelike gees vir diegene wie nie sy menings
gedeel het nie is `n getuienis aan elkeen wie waarheid volg. `n Vriendelike,
lieftallige agting vir ander, wat respek vir `n ander persoon se waardigheid
wys, maak dieselfde wakker in die hart van die ander persoon. Na Michael se
veroordeling, het Capito en Bucer self na hom verwys as hulle “liewe vriend in
God.” Dit sê verskriklik veel omtrent die karakter van Michael Sattler tydens
`n era toe selfs ander Protestante bekend was aan marteling en die brandstapel van
diegene met wie hulle verskil het.
Michael se tyd om vir die Hemel te werk was baie kort, maar die golwe
van die werk wat hy gedoen het in daardie tyd word vandag steeds gevoel. In
Januarie tot Februarie 1527, het Michael na Lahr gereis, `n stad noord van
Freiberg, om die waarheid met andere te deel. Laat in Februarie, het hy na die
vallei van Schleitheim gereis vir `n belangrike vergadering onder die
Anabaptiste gelowiges. Dit was `n geheime byeenkoms. Dit was gevaarlike tye.
Diegene wie as leiers na vore getree het, het `n lewensverwagting van slegs
twee jaar gehad. Michael s`n was ver minder.
Michael was teenwoordig aan die byeenkoms van 24 Februarie, waar die
Anabaptiste eenstemmig was aangaande hul geloofsoortuiginge. Dit was baie revolusionêr
vir dié tyd. Behalwe die verwerping van baba doop, het hulle ook eed aflegging
verwerp as teenstrydig met die woorde van Yahushua; hulle het verklaar dat die
doop net `n uitwendige handeling is wat `n gelowige se bewuste geloofsbelydenis
demonstreer; en, die verbasendste van alles, eis hulle die algehele skeiding
van Kerk en Staat!
Deur saam te stem oor `n verklaring van sewe artikels, het Michael hulle
Geloofsbelydenis in `n dokument genaamd die Schleitheim
Belydenisse aangeteken. Hierdie dokument het nog
steeds enorme gesag onder die Amish, Mennoniete (doopgesindes), en Baptiste
kerke van vandag.
Die dorpie Schleitheim, noord van Zurich digby die Duitse grens.
“Dít is die tye wat die mens se siele
beproef . . .”
Ek het geleer dat waagmoed nie die
afwesigheid van vrees was nie, maar die sege oor dit. Die heldhaftiges is nie
diegene wie nie bang is nie, maar hy wat daardie vrees oorwin. ~ Nelson Mandela
Daar is `n geestelike opwelling wat kom met doen wat jy weet reg is.
Sonder twyfel het Michael en Margaretha Sattler vreugde en hoop vir die toekoms
gevoel wat gevolg het op die suksesvolle byeenkoms te Schleitheim. Maar dit sou
nie lank aanhou nie. Petrus het gewaarsku: “Wees nugter en waaksaam, want julle
teëstander, die duiwel loop rond soos `n brullende leeu en soek wie hy kan
verslind.” (1 Petrus 5:8, OV)
Wanneer waarheid die oorwinning behaal, sal die teenstanders van die
waarheid hulle uiterste doen om daarteen te veg. Net `n kort tydjie na die
Schleitheim byeenkoms, was Michael en Margaretha Sattler, saammet ander
Anabaptiste gelowiges, in Horb gearresteer op bevel van Graaf Joachim von Zollern,
die afgesant vir Aartshertog Ferdinant van Oostenryk. Na hulle inhegtenisname
in Maart 1527, was hulle na die gevangenis toring in Binsdorf geneem.
Hierdie was normale mense. Die arrestasies wat so vinnig opgevolg het na
die triomfantelike byeenkoms te Schleitheim, het die handjievol gelowiges
geskud en bevrees gelaat. Niemand wou vervolging, marteling, en die dood in die
gesig staar nie. Uit die tronk het Michael briewe aan hulle geskryf, om hulle
te bemoedig om sterk en vol geloof te wees.
Ek sê aan julle deur die genade van [Yah], dat, julle waagmoedig moet
wees, en wandel soos die heiliges van [Yah] betaam. . . . Laat niemand julle
afwend van julle doelstelling nie, soos dit die geval was met sommige tot nou
toe; maar gaan reguit aan in alle lankmoedigheid, sonder afwyking, dat julle
nie die kruis opneem wat [Yah] op julle gelê het, net om dit neer te lê in
teenstelling met die eer en lofsange van [Yah], tot die oortreding en
verontagsaming van Sy ewige, ware, regverdige, en lewe-gewende gebooie
nie.
Moenie moedeloos raak, as jy deur [Yahuwah] beproef word nie . . . want
hom wat [Yah] liefhet tugtig Hy, selfs soos `n vader wat ingenome is met sy
seun. Waarop sal julle terugval, as julle vlug van [Yah]? Wat kan jou help as
jy [Yah] verlaat? Is dit nie [Yah] wat die hemel en die aarde vul nie?
. . . En laat geen mens jou verwyder van die grondslag wat gelê is deur
die letter van die heilige Skrifte nie, en verseël is deur die bloed van Christus
en deur baie getuienisse van [Yahushua]. . . . Oorpeins wat ek aan julle skryf
; neem hierdie aangeleenthede ter harte. . . .sodat julle as nederige,
godsvrugtige en gehoorsame kinders van [Yah] gevind word. Geliefde broeders,
wees nie verwonderd dat ek hierdie saak met soveel erns behandel nie; want ek
doen dit nie sonder rede nie. Die broeders het sonder twyfel julle al laat weet
dat sommige van ons in die gevangenis is; en nadat die broeders van Horb ook
inhegtenis geneem is, het hulle ons na Binzdorf gebring. In hierdie tyd het ons
met verskeie planne van ons vyande te doen gehad. Eers het hulle ons met
gevangenisskap gedreig; toe met vuur, en agterna met die swaard. In hierdie
gevaar het ek myself heeltemal aan die wil van [Yahuwah] oorgegee. En saammet
al my mede broeders en my vrou, myself selfs vir die dood voorberei vir Sy
getuienis en dan het ek gedink aan die groot getal valse broeders, en aan jou,
wie maar min is, naamlik, `n klein kudde; asook, dat daar maar `n paar getroue
arbeiders in [Yahuwah] se wingerd is . . . daarom het ek dit noodsaaklik gesien
om jou op te wek deur hierdie berisping, om ons te volg in die goddelike
wapenstryd, sodat jy jouself moet vertroos daarmee, dat julle nie moeg moet
raak van die tugtiging van [Yahuwah] nie.7
![]() |
|
Michael se woorde skyn soos suiwere goud, skitterend deur die eeue. Sy
geloof in Yahuwah, sy liefde vir waarheid, was onwankelbaar.
Die verhoor het tussen 17-18 Mei 1527, in Rotterdam plaasgevind. Michael
het ter verdediging van al die gevangenis opgetree, wie `n beroep op die
Skrifte doen as die finale gesag in sake van reg en verkeerd.
Michael het verstaan dat ware geestelikheid veel meer is as net
lippediens aangaande mens se oortuiginge: dit is hartswerk. Byvoorbeeld, in sy
verdediging verduidelik hy waarom Anabaptisme teenstrydig was in die opneem van
wapens, sê hy:
As die Turke kom, moet ons hulle nie teenstaan nie; want daar is geskrywe:
Jy mag nie doodslaan nie. Ons moet nie onsself verdedig teen die Turke en ons ander
vervolgers nie, maar moet Yahuwah oorlaai met versoeke van ernstige gebed en
hulle teenstaan. Maar dit het ek gesê, sou oorlogvoering regverdig wees, dan
sou ek eerder die slag opneem teen die sogenaamde Christene, wie godsvrugtige
Christene vervolg, arresteer en vermoor, as teen die Turke, was om hierdie
rede: Die Turk is `n ware Turk, wat niks weet van die Christen geloof nie; en
is `n Turk volgens die vlees; maar jy, wie Christen is, en wie roem in
Christus, vervolg die godsvrugtige getuienisse van Christus, en is Turke
volgens die gees.8
Dit het groot moed gekos om so `n stelling te maak. Hy het sy
verdediging opgesom met nog `n duidelike stelling:
Julle dienaars van [Yah], ek waarsku julle om die einde waarvoor Yah
julle bestem het te oorpeins, om die boosheid te straf, en om die godsvrugtige
te verdedig en te beskerm.
“Aangesien ons dan nie
teenstrydig met [Yah] en die Evangelie gehandel het nie, sal julle vind dat nie
ek of my broeders of susters in woord of daad teen enige gesag oortree het nie.
Daarom dan, julle dienaars van [Yah], indien julle nie die Woord van [Yahuwah]
gehoor of gelees het nie, stuur van die geleerdstes, en van die heilige boeke
van die Bybel, van watter taal dit ookal mag wees, en laat hulle met ons
beraadslaag in die Woord van [Yah]; en as hulle uit die Heilige Skrifte aan ons
kan bewys, dat ons fouteer en in die war is, sal ons blymoedig ophou en herroep
en ook gewillig die oordeel en straf deurmaak waarvan ons beskuldig is, maar indien geen
fout aan ons bewys is nie, hoop ek tot [Yah], dat julle bekeer sal word, en die
instruksies ontvang.”
Oor hierdie toespraak het die regters uitgebars van die lag en hulle
koppe bymekaar gesit, en het die stadsklerk van Ensisheim gesê, “O jou
skandalige, desperate skurk en monnik, sal ons met jou redeneer? Die laksman
sal met jou afreken, ek verseker jou.”
Michael het gesê, “[Yah] se wil geskied.”9
Na net `n uur en `n half se beraadslaging, het die regters teruggekeer
en die vonnis uitgespreek:
In die saak van die Goewerneur van sy Keiserlike Majesteit versus Michael Sattler, is die oordeel
gevel, dat Michael Sattler aan die laksman uitgelewer word, wat hom na die plek
van teregstelling sal lei, en sy tong uitsny; hom dan op `n wa gooi, en daar sy liggaam twee
maal met rooiwarm tange skeur; en nadat hy buite die poort gebring is, sal hy
vyf keer op dieselfde wyse geknyp word.”10
Dit was `n afskuwelike, martelaars vonnis: deur sy tong uitgesny te hê
en vlees van sy liggaam geskeur met `n rooiwarm tang, net om uiteindelik lewend
verbrand te word. Sommige van die gevangenis het herroep. Maar Michael het
sterk gebly. Op die 20ste Mei, 1527, was Michael na die stadsplein in Rotterdam
geneem en gemartel. Deur hierdie verwikkelinge het sy geloof nooit gewankel
nie. Tenspyte daarvan dat sy tong gedeeltelik verwyder was, het hy voortgegaan
in gebed, en gesê:
“Almagtige, ewige [Yah], U is die weg en die waarheid; omdat ek
nie gewys is as in die dwaal nie, sal ek met U hulp op hierdie dag getuig tot
die waarheid en dit seël [sic] met my bloed.” Daarna was hy in `n groot vuur
gegooi. Soos die toue rondom sy hande weggebrand het, het Sattler `n sein aan
sy groep gegee dat hy vertroue gehad het op sy lot en gebid, “Vader, Ek gee my
gees in U hande oor.”11
Op 20 Mei 1527 was Michael Sattler na sy marteling aan `n leer vasgebind, en toe in `n vuur laat kantel, waarmee hy sy getuienis met sy bloed verseël het. Hy was `n Anabaptis vir minder as twee jaar.
Getrou Tot Die Dood Toe
“Ware heldemoed is om te weet dat jy geklop is voordat jy begin het,
maar jy begin in elkgeval en druk deur ongeag wat voorlê.”
~ Harper Lee, To
Kill A Mockingbird
Baie min is bekend omtrent Margaretha Sattler maar sy sou binnekort by
haar man aansluit. Margaretha was merkbaar `n vrou van sterk oortuiginge en is
een van die baie min vroue aktief geassosieer met die Hervorming. Baie van die
ander vroue wie saammet haar gevange geneem was, was vroue van die Radikales,
maar baie van hulle was vrygelaat weens hulle te kort aan werklike
betrokkenheid in die beweging en omdat die meerderheid van hulle herroep het
nadat hulle gevang is.”12
Haar heldemoed en krag het selfs die Gravin van Hechingen, die vrou van
Graaf Joachim von Zollern onder wiese bevel die Sattlers gearresteer en wie die
hoofregter tydens hul ondersoek was, beïndruk. Die gravin het Margaretha in die
gevangenis besoek, en haar aangemoedig om te herroep en haar `n plek belowe in
die hof waar sy gewoon het.
Margaretha se reaksie aan die gravin het haar eie sterkte van haar
oortuigings gewys. Toe die gravin voorstel dat Margaretha in die tronk was net
omdat sy `n pligsgetroue vrou was, wie haar man gehoorsaam, het Margaretha
waagmoedig geantwoord: “Ek volg nie my oortuiginge as gevolg van my man nie. Ek
volg my man as gevolg van my oortuiginge.”13
Twee dae nadat haar man tot as verbrand was, was Margaretha na die
Neckar Rivier geneem en verdrink, op Woendag, 22 Mei 1527. Hulle was getroud,
op die langste, vir net twee jaar; leiers vir minder as een.
n Gedenksteen aan Michael en Margaretha Sattler wat eenvoudig net sê: “Vir hulle geloof het hulle gesterf.”
“Omring
deur so `n groot wolk van getuienisse . . .”
Heldemoed is weerstand teen vrees,
oorwinning van vrees – nie afwesigheid van vrees nie. ~ Mark Twain
Michael en Margaretha Sattler se lewens was te kort geknip, maar vir
diegene wie sal lewe om Yahushua te sien terugkom, diegene wie moet lewe deur
die eindtyd dae van aardsgeskeidenis, wie ere aan Yahuwah bring, is hulle `n
skynende lig: `n belofte dat wat Yah vir hulle gedoen het, Hy ook vir jou kan
doen.
Stuart Hamblen was `n tawwe, plesier jagter sanger, akteur, en radio
omroeper. Nadat hy sy lewe aan Yahushua gewy het, het hy `n ongelooflike
transformasie van lewe en karakter ondergaan. Hollywood was aan`t gons — om
nie eens te sê nie — `n bietjie dronkgeslaan —- dat die eens jollende tawwe
tienie nou openlik `n Christen was. Een namiddag, het Hamblen `n vriend van hom
raakgeloop, `n mede-akteur, John Wayne.
“Wat is dit wat ek van jou hoor,
Stuart?” Het Wayne gevra.
“Wel, jy weet wat hulle sê,
John,” het Hamblen geantwoord. “Dit is geen geheim wat God kan doen nie.”
Klink soos die naam van `n lied,” het Wayne gedink.
Stuart Hamblen het huis toe gegaan en dit in `n lied getoonset. Die
getuienis van Michael en Margaretha Sattler, die les wat hulle deesdae leer, is
goed opgesom deur die woorde van daardie lied:
It is no secret what [Yah] can do.
What He’s done for others, He’ll do for you!
With arms wide open, He’ll pardon you.
It is no secret what [Yah] can do.
Deesdae het gelowiges `n unieke geleentheid. Ons lewe nou in die laaste
dae van die aardsgeskiedenis. Die tyd van benoudheid is net voor ons. Wanneer
die basuine begin blaas, sal daar geen rusperiode wees tot die einde nie. Ongekende chaos is op
die punt om oor die wêreld los te breek. Wanneer demone, as buitenste ruimte
wesens sal verskyn, die aarde sal oorstroom, wanneer die pous verheerlik sal word as die mens se verteenwoordiger, wanneer valse aanbidding afgedwing
word met die dood, het jy die geloof om getrou te bly aan die wet van Yah?
Wanneer Satan kom, wat Yahushua Homself naboots, en aanspraak daarop maak dat hy die antieke Sabbat na Sondag op die
Gregoriaanse kalender verander het, sal jy kleef aan die Woord van Yah alleen?
Die gedagte van vervolging in die gesig staar en die dood mag vir jou
vreeswekkend wees. Jy mag dink dat jy nie die heldemoed van martelare het nie.
Raai wat? Hulle het dit ook nie gehad
nie! Daardie waagmoed was `n geskenk, gegee deur Yah aan Sy getroue
kinders, toe dit nodig was.
Jy het nie nodig om die dae wat voorlê te vrees nie. Jy het nie nodig om
bekommerd te wees of jy onder druk sal swoeg nie. Jy kan dit alles in die hande
van `n liefdevolle Vader laat.
`n Perfekte storm is aan`t kom! Bose magte, demonies en menslik, sal saamwerk om almal wat ere aan
Yahuwah bring van die aarde af te verdelg.
Jou deel, op die oomblik, is om Yahuwah so goed te ken, dat jy aan Hom
sal vashou, aan Sy beloftes, en Sy liefde, en niks anders nie.
Maak die belofte. Vandag! “Met arms wyd oop, Vergeef Hy jou.” Gaan dan
na Hom toe.
Vandag.
`n Perfekte storm is aan`t kom. Berei vandag voor sodat wanneer dit tref, jy nie sal wankel nie.
“Yah
is vir ons `n toevlug en sterkte, as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate
beproef. Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die
berge weg in die hart van die see. Laat sy waters bruis, laat hulle skuim, laat
die berge bewe deur sy onstuimigheid! (Psalm 46:2-4, OV)
3 Some sources suggest Michael may have left the monastery as early as 1523.
4 http://history-switzerland.geschichte-schweiz.ch/reformation-switzerland-calvin.html
5 http://www.gracegems.org/C/persecution_of_the_anabaptists.htm, klem oorspronklik.
7 Thieleman Van Bragt and Jan Luyken, Martyrs Mirror, pp. 419-420.
8 Ibidem, hal. 418.
9 Ibidem.
10 Ibidem., hal. 419.
13 Soos aangehaal in The Radicals.