Die
Ander
1.
2. |
Okkultiese
kennis.
Verborge
wysheid.
Dit
is woorde wat Christene laat sidder. Hulle neig na die duistere
kunste. Hulle fluister verbode kennis. Kennis geoes van die Boom van
Kennis van Goed en Kwaad.
`n
Algemene sinsnede in die esoteries/okkultiese kunste “soos
daarbowe, so ook benede.” Tog openbaar hierdie sinsnede `n
geheime kode, `n geheim vir die blote oog sigbaar wat elkeen moet
weet.
Die
sinsnede van die skets openbaar die modus operandi van die bose. Dit
stel die feit bloot dat die Boom van die Kennis van Goed en Kwaad
lewend en florerend is, en biljoene mislei. Waar die slang se leuens
ookal versprei het, ook daar, is die wortels van die Boom van Kennis.
Satan
se agenda was altyd om die Vader Yahuwah te onttroon. Vir millennia,
het hy sy massiewe intellek gebruik om hierdie doelwit te bereik.
Skrifte gee verslag van sy hoogmoedige aspirasies:
Hoe
het jy uit die hemel geval, o môre ster, seun van die dageraad! Hoe
lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies!
En
jý het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel my troon verhef
bo die sterre van Yahuwah en sit op die berg van samekoms in die
uithoeke van die Noorde
Ek
wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die
Allerhoogste! (Jesaja 14:12-14)
`n
Boom groei en lewe nie sonder wortels nie, en die wortels van die
Boom van Kennis strek so ver terug as Eden. Dit is sterk en diep
gesetel. Daaruit het die ontsaglike, gekompliseerde masjienerie van
boosheid gegroei wat verantwoordelik is vir die misleiding van die
ganse aarde in Satan se pogings om almal so ver te kry om die Hemel
te verbeur.

Satan
is nie `n kind, wie probeer om `n koekie voor aandete te gaps nie. Hy
is te slinks om `n sigbare spoor van krummels, wat na die waarheid
lei, agter te laat. Sy leuens is bedek met meer leuens: `n algehele
sisteem van fabels en verleidings. Valsheid is met mekaar verweef en
ondersteun ander valshede. Die einste kompleksiteit gee die leuens `n
oppervlakkige standvastigheid.
![]() |
Die |
Om
die waarheid te vind, is dit nodig om terug te werk van wat gesien
word, na dit wat nie gesien word nie. Die Boom van Kennis is bedek in
aantreklike, afleidende groen lower. Dit is nodig om die
kamoeflerende lower-leuens te verwyder, en om die takkies terug te
volg na die takke, af tot op die groot stompe, van die kollosale
verborge misleiding, wat die Boom van Kennis onder-steun.
Die
Jesuïete, die meesterbrein agter die 500-jaar-oue bolvormige
aarde sameswering of
Plat Aarde verborgenheid, is meesters in die geheimhouding van
waarhede onder meervoudige lae leuens. Sedert hulle vroegste bestaan,
het die Jesuïete misleiding as deel van hulle instelling gemaak.
Hulle is die bron van `n oorweldigende aantal verskeie samesweringe
van booshede wat oor generasies heen strek.
Namate
kennis vermeerder het, het `n groterwordende wolk van getuienisse hul
stem verhef ter verdediging van die waarheid. Sommige het die leuen
van `n bolvormige aarde blootgelê. Andere waarsku van die gevare van
Big Pharma en die nano-partikels ingebed in die moderne verdowings
middels en geneties voorbereide voedsel. Steeds trek ander die gordyn
opsy wat die dade van duisternis deur die elite mag wat die wêreld
regeer, uitvoer.
Iemand
wat aan een kant van die Boom van Kennis staan, wie die gawe van
goddelike onderskeiding het om `n bondel leuens raak te sien wat een
misleiding wegsteek, kan dikwels nie verstaan dat die leuens ontsyfer
deur iemand anders alles deel van dieselfde boom is, metdieselfde misleidende agenda, deur dieselfde groep bedryf
.
Vir
byna 500 jaar het die Jesuïte saamgewerk met bonatuurlike
intelligensie in `n omvangryke sameswering. Hierdie komplot is veel
groter as wat enigeen ooit vorrheen besef het. Die Jesuïete was
direk betrokke in die uitvoering van die bolvormige aarde leuen. Maar
die waarheid omtrent die plat, ingeslote aarde is slegs die nuutste
bevordering van waarheid, daar is nog `n Jesuïete leuen wat ook `n
direkte verbintenis het op die finale generasie. Dit is binne sig
verberg. Dit is iets wat so dikwels as vanselfsprekend beskou word,
dat niemand eers oogknip om dit te bevraagteken nie. Maar die ewige
lotsbestemming vir menigtes skarnier op die waarhede wat begrawe is
onder hierdie enorme bedrog: die Gregoriaanse kalender.
Jesuïete
en Jesuïet-opgeleide priester-ruimtewetenskaplikes het `n groot rol
gespeel in die uitvoering van `n valse insig van die aarde(en
gevolglik die heelal), so was die Jesuïete die grondleggers van `n
bedrog wat die Skepper se ware Sabbat weggesteek het en die
aanbidding van die Vader Yahuwah ontspoor het. Die Jesuïete orde is
direk verantwoordelik vir vandag se valse sewende dag Sabbat, gevolg
deur `n vervalsde opstandings “Sondag”.
Deesdae
is die wêreld verenig in die gebruik van die Gregoriaanse kalender
vir die siviele berekening van tyd. Maar omdat die mens se lewe
gereguleer word deur werk en skool kalenders, is hulle dae van
aanbidding, deur versuim, ook beheer deur die Gregoriaanse
kalender.
“Die ware stryd in Israel is die stryd oor die kalender: want hy wie die kalender beheer, beheer die geestelike tye van alle lewende siele.” |
Die
idee dat die kalender uitgedink was deur en vir landbouers sodat
hulle kan weet wanneer om te saai en wanneer om te oes was lank reeds
as vanselfsprekend beskou; dit misluk albei toetse, logika en
feitelikheid. Landbouers het nie `n kalender nodig om te weet watter
seisoen dit is nie, en die primitiewe gemeenskappe het reggekom om
hulle self vir generasies te voed sonder `n kalender.
Die
historiese feit is dat die kalender uitgedink was ter ere van die
gode. Met ander woorde, die kalender was dus `n godsdienstige
uitvindsel. 1
Dit
is nog steeds. `n Antieke slagspreek sê: “Hy wie die kalender
beheer, regeer die wêreld.” Die Jesuïete Orde, as die argitek van
die Gregoriaanse kalender, kontroleer in werklikheid die wêreld se
aanbiddings dae. Hulle kontroleer en reguleer die aanbiddingstye van
almal wie hul aanbiddingsdae bereken volgens hierdie kalender.
Ironies genoeg, omsluit dit al drie die gelowe van Abraham:
- Jode
aanbid op Saterdag, die sewende-dag van die moderne week; - Katolieke,
Ortodoks en die meeste Protestante aanbid op Sondag ter ere van die
dag van Christus se opstanding, terwyl sommige Protestante op
Saterdag as die sewende-dag Sabbat, aanbid; - Moeslims
woon die moskee op Vrydae by vir gebede, wat oorspronklik, eintlik
die sewende dag van die week was. (Meer oor dit later.)
Aanbidding
word as volg verduidelik: “die handeling van geestelike eerbied aan
`n Opperwese; of die eerbied en hulde aan hom in godsdiens
beoefening.” 2 Dus, enigeen wie die kalender beheer,
beheer (of beoefen gesag of dominerende invloed oor3)
aanbidding.
Rooms
Katolieke erken openlik dat hierdie universele beheer van
aanbiddingstye hulle teken of merk van gesag is:
- “Die
Sondag …is in werklikheid `n uitvindsel van die Katolieke
Kerk.” American Catholic Quarterly Review, Januarie
1883. - Sondag…is
die wet van die Katolieke Kerk by uitsluitsel…” American
Sentinel (Catholic), Junie 1893. - “Sondag
is `n Katolieke Instelling en haar aanspraak vir onderhouding kan
slegs verdedig word op Katolieke beginsels…Van die begin tot die
einde van die Skrifte is daar nie `n enkele gedeelte wat die
verplasing van die weeklikse publieke aanbidding van die laaste dag
van die week na die eerste waarborg nie.” Catholic Press,Sydney Australia, Augustus 1900.
Dit
is `n bedrog wat oop en bloot versteek is omdat dit veronderstel dat
Saterdag die sewende dag Sabbat van die Skrifte is en Sondag die dag
van Christus se opstanding.
- “Natuurlik
maak die Katolieke Kerk daarop aanspraak dat die verandering
(Saterdag na Sondag) haar handeling was…En die handeling is `n
merk van haar geestelike gesag in godsdienstige dinge.”
(H.F.Thomas, Kanselier van Kardinaal Gibbons.) - “Sondag
is gebaseer, nie op die skrifte nie, maar op tradisie, en is
uitsluitlik `n Katolieke Instelling. Omdat daar geen skriftuur vir
die verskuiwing van die rusdag van die laaste na die eerste dag van
die week is nie, is die Protestante veronderstel om hulle Sabbat op
Saterdag te hou en dus die Katolieke in volle besit van Sondag
laat.” (Catholic Record, September 17, 1883.)
Dit
is `n bedrog wat oop en bloot verberg is.
`n
Leuen wat oop en bloot verberg is is gewoonlik die mees effektiefste.
Dit word nie bevraagteken of krities ondersoek nie. Die bestaan
daarvan word eenvoudig as vanselfsprekend aanvaar. Die moderne
kalender is een so `n bedrog wat presies dit doen.
Die
veronderstelling is gemaak dat omdat tyd onafgebroke is, was
die weeklikse siklus altyd aaneenlopend. Deur uitbreiding, word dit
veronderstel dat die moderne week op Sondag begin en eindig op
Saterdag maar altyd so was.
Dit
vereis min soeke om die feite wat die teenstrydigheid van hierdie
veronderstelling te ontrafel. Die laaste land wat die Gregoriaanse
kalender aangeneem het, was Turkye, in 1927, kort op die hakke van
Griekeland, wie dit in 1923 aangeneem het. Maar dit was nie totdat
kommunisme in China oorgeneem het na die Tweede Wêreld Oorlog toe
die gebruik daarvan universeel geword het nie.4
Nicolaus
Copernikus, die Katolieke geleerde wie se teorie oor `n bolvormige
aarde gebruik was deur die Jesuïete om hulle eind-tyd agenda te
bevorder, was reeds so vroeg as die begin van die sestiende eeu deur
`n pouslike kommissie genader. Hulle wou sy siening aangaande die
kalender hervorming hê. Aanvanklik het hy die antwoord omsuil.
Copernikus
was in 1514 deur die pouslike afvaardiging versoek om sy stellings te
verdedig, en sy besluit was, dat die bewegings van die son en die
maan nog nie behoorlik bekend was om `n hervorming van kalender te
weeg te bring nie. Die afvaardiging moes definitiewe voorstellings
maak in die tiende sessie van die raad. Alhoewel dit uitgestel was
van 1514 tot 1515, was geen uitsluitsel verkry nie. Na die Lateraanse
Raadsitting was merkwaardige vooruitgang gemaak. Copernikus het
belowe om met die waarnemings van die son en die maan voort te gaan
en het so gedoen vir tien jaar daarna. Die resultate neergestip in sy
ewige werk “De Revolutionibus Orbuim Coelestium” (1543) het
Erasmus Reinholdt bemagtig om Prutentiese Tabelle uit te werk
(Wittenberg, 1554), wat agterna die grondlegging van die
Gregoriaanse kalender hervorming was.5
Volgens
die Catholic Encyclopedia, was Aloisius Lillus die “hoof
argitek” van die Gregoriaanse kalender. Lillus was `n Rooms
Katolieke geneesheer en professor van geneeskunde. Sy manuskrip oor
kalender hervorming was aan die Roman Curia
in 1576 voorgestel, deur sy broer, Antonius. Sy idees was deur sy
broer Jesuïete ruimtewetenskaplike-priester, Christopher Clavius,
vir die nuwe kalender gebruik. Die kalender self is vernoem na PousGregory XIII. Dit is deur en deur `n pouslike uitvindsel.
Alhoewel
die wêreld verenig is in die gebruik van die Gregoriaanse kalender,
toe dit in die eerste plek bekend gestel is, was dit oorspronklik wyd
verwerp deur die Protestantse lande as `n Katolieke instelling.
`n Pouslike bul, Inter Gravissimas,
in Feb. 24, 1582, het Katolieke geestelikes beveel om dit te
aanvaar en het Katolieke monarge aangeraai om dieselfde te doen. In
die tyd, was die enigste wat dit aanvaar het die Katolieke lande van
Italië, Spanje, Portugal, Poland en die meeste Franse gebiede. Dit
het byna 350 jaar geneem voordat alle lande die pouslike kalender
aangeneem het.
Dit
moet duidelik verstaan word dat die pouslike kalender in gebruik
regdeur die wêreld van vandag `n uitvindsel vir godsdienstige beheer
is.
Katolieke
erken self: “Die hervorming van die kalender was van meet af
verbind met die algemene rade, bv, dié van Nicaea (325), van
Constance (1414-1418), van Basel (1431), die Vyfde van die Lateraanse
(1512-1517), en dié van Trent (1545-1563).”6
Mense
verbind gewoonlik nie godsdienstige onderhouding met ruimte wetenskap
nie, maar daar is `n noue band. Vanaf die vroegste tye het die
Jesuïete die velde van astronomie en ander naby verwante areas
gedomineeer. Selfs die teorie van die Oer Knal was deur die
Jesuïet-opgeleide priester, Vader Georges Lemaître, uitgedink.
Kennis van ruimte wetenskap was krities vir die Jesuïete om te hê
want daarsonder kon hulle nie die kalender hervorm nie omdattyd-afmeting altyd steun op die beweging van die hemel liggamme.
Die
Gregoriaanse kalender, nes elke ander vertakking van die Boom van
Kennis, was bedink met een primêre motief: om die waarheid te
verdoesel en bedrog te pleeg. Dit het meer verbergende, kamoeflerende
“lower” voorsien sodat die soeker na waarheid afgelei sou word in
hul pogings om waarheid te ontdek.
Die
verskuiwing van die Juliaanse kalender na die Gregoriaanse word
dikwels gebied as onweerlegbare bewys dat Saterdag die Sabbat van die
Bybel moet wees. Die rede is bedrieglik eenvoudig. Wanneer die
Juliaanse kalender verplaas word met die hersiende Gregoriaanse
kalender, het geen dae van die week verlore gegaan nie.
Donderdag, 4 Oktober, was deur Vrydag, 15 Oktober gevolg. Net die
datums was verander omdat 10 dae uit die kalender weggelaat is. Dis
maar al.
Dis
`n feit. En uit hierdie feit, is `n foutiewe veronderstelling gemaak:
sedert daar geen skeuring in die dae van die week was toe die
Gregoriaanse kalender bekend gestel was nie, het die moderne
weeklikse Sabbat sedert die Skepping onveranderd gebly. Hierdie
intervoeging is nie reg nie maar dit skep `n rookskerm
wat die waarheid verberg: die Sabbat, soos onderhou deur patriarge,
apostels, en Yahushua, was bereken deur `n ander kalender, met `n
anderste weeklikse siklus, wat nie in lyn is met Saterdag as die
sewende-dag van die week nie.
Die
kalender verandering het oor die 430 jaar gelede plaasgevind. Die
gewig van die leuens self het `n kunsmatige gewig van gesag. Dit blyk
te bewys dat die veronderstelling van `n aaneenlopende weeklikse
siklus onversteurd sedert die Skepping gekom het. Soekers na waarheid
verwys na hierdie vloeiende vervanging van die Juliaanse met die
Gregoriaanse kalender en dan doen hulle nie verdere navorsing nie.
Maar
die Gregoriaanse kalender was net maar nog `n laag van bedrog. Deur
hierdie laag weg te skil, ontdek mens … die post-Niceaanse
Juliaanse kalender. Jesuïete ruimtewetenskaplike Christopher Clavius
homself het dit erken:
Clavius
…het bevestig dat die Juliaanse kalender gewortel is in suiwer
paganisme en hoegenaamd geen band met die Bybel se kalenderbeginsels
het nie…In sy boek, Romani Calendarii A Gregorio XIII
P.M.Restuti Explicato, stel Clavius bekend toe die Juliaanse
kalender die geestelike kalender van die Kerk gemaak is tydens die
Raadsitting van Nicene, het die Kerk met opset die Bybelse kalendasie
verwerp en instede daarvan paganistiese kalenderbeginsels aangeneem.7
Boonop
kan die moderne week, Sondag regdeur tot Saterdag, terug gespeur
word, verby die kalender oorplasings van 1582, na die Raadsitting van
Nicene. Die week, soos ons dit vandag ken, was in daardie tyd
gestandaardiseer.
Die
paganistiese name van die planetêre week was vir ewig in die
kalender in gebruik onder die sogenaamde Christen nasies. Elke keer
wanneer ons na die kalender kyk wat ons voor ons het word ons
voortdurende herinner van die amalgamasie van paganisme en
Christelikheid wat plaasgevind het as gevolg van die groot
godsdienstige afvalligheid….8
Voor
die Raadsbesluit van Nicene, was daar gebiedelike verskille omtrent
hoe die Juliaanse kalender regdeur die Romeinse Ryk gebruik was. Die
planetêre week het nie, soos Christene veronderstel het, van die
Jode en die Skeppingsweek gekom nie. Maar wel van die Persiese
mistieke godsdienste.
Daar
is geen twyfel dat die verspeiding van die Irakese [Persiese]
mistisisme `n noemenswaardige deel in die algemene aanvaarding, deur
die paganisme, van die week met die Sondag as `n heilige dag gehad
het nie. Die name wat ons onbewustelik gebruik, vir die res van die
ses dae, het in gebruik gekom in dieselfde era toe Mithraïsme haar
dissipels in die Westelike provinsies gewerf het, en mens is nie
haastig in die bevestiging van `n verband met toeval tussen haar
triomf en die samehangende verskynsel nie.9
Neem
notisie dat selfs die moderne week nagespeur kan word na `n
paganistiese godsdiens.
Dit
lyk asof een of ander geestelike genie wie beheer het oor die
paganistiese wêreld dinge so bewimpel het sodat die heidense
planetêre week op die regte tyd voorgestel moet word vir die mees
populêre Son kultus van alle eeue om sy verskyning te maak en om die
dag van die Son as `n dag bo en meer heiliger as die hele res
daarvan. Waarlik, dít was nie per toeval nie.10
Teen
die tyd toe dit ingelyf was by die Juliaanse kalender, het dit op
Saterdag begin (dies Saturnior “dag van Saturnus”) en het
dit geëindig op Vrydag (dies Veneris of “dag van
Venus”)! Dit was later verander namate Mithraïsme meer
volgelinge en invloed onder die vroeë Christene verkry het. “Die
voor-afverhewendheid wat aan die dies Solis [dag van die Son]
toegeken is het seersekerlik bygedra tot die algemene erkenning van
Sondag as `n vakansiedag. Dit is nie omdat die vroeë Europeërs nie
`n week gehad het nie, maar omdat die week wat hulle gebruik het,
anders was.
Die
Mithraïsme wou hê dat die week op Sondag moes begin, ter ere van
hulle songod, Mithras. Baie vroeë Christene, het die sewende-daglunar Sabbat
bereken volgens die
Bybelse kalender,
verwerp en begin om ook op Sondag te aanbid. Dit was
uitsluitlik gedoen ter herdenking van Yahushua se opstanding op die
eerste dag van die week. Tertullian, `n Christen apologeet van die
tweede eeu, het probeer om hierdie Christen toegewing aan `n
paganistiese aanbiddings dag weg te redeneer, met die stelling:
![]() |
Hierdie |
Andere,
definitief meer geskoold, dink die Son is die god van die Christene,
omdat dit bekend is dat ons na die ooste bid en feestelikhede op die
dag van die Son hou. Doen julle minder? Maak die meeste van julle, in
aandoening van aanbidding van die hemel liggame, nie beweging met
julle lippe in die rigting van die opkomende son nie? Julle is
definitief diegene wie ook die Son in die register van die sewe dae
ontvang, en wie dit onder die dae verkies. . . .12
Wanneer
die kalender teruggewerk word, wanneer die lower van die Boom van
Kennis se oorsprong gevind word, openbaar argeologiese bewyse sonder
weerga dat die moderne week uit die paganistiese mistieke godsdienste
kom. Die Juliaanse kalender het dit nie uit die Bybelse week gekry
nie. Die vroeë Juliaanse kalender
het `n agt dae week gehad, nie sewe nie. Dit is redelik
dat die oorspronklike week op die Juliaanse Kalender `n agt dae week
gehad het. Die week op die kalender van die Romeinse Republiek het
ook `n agt dae week gehad, en dit was waaraan die Romeine
tradisioneel gewoond was.
Die
Jode in Yahushua se tyd het nie die agt-dae Juliaanse week vir hulle
kalender gebruik nie. Hulle het nog steeds die kalender van Moses
gebruik, dieselfde luni-solar kalender wat vanaf die Skepping
oorgelewer was. Die Apostels en die vroeë Christene het almal op die
sewende dag Sabbat van die Bybelse kalender aanbid, alhoewel
sommige Christene teen die tweede eeu genoeg deur Mithraïsme
beïnvloed was om op Saterdag of Sondag van die paganistiese,
planetêre week te aanbid.
Die
verskeidenheid van aanbiddings dae met sommige wie op die sewende dag
lunar Sabbat van die Bybel aanbid, andere op Saterdag, nog ander op
Sondag, het voortgegaan tot en met die Raadssitting van Nicea. Teen
dié tyd, was die antieke kalender opsy gesit vir godsdienstige
doelwitte. Die Raad het besluit dat die paganistiese Juliaanse
kalender voortaan vir alle godsdienstige aanbidding gebruik sal word.
Hierdie eenparige verklaring kon afgedwing word omdat die Raadsitting
gerugsteun was deur die keiserlike mag van Konstantyn die Grote.
Joodse
geleerdes herken die
impak
wat Nicea op die antieke Bybelse kalender gehad het. Die
Joodse Uitgewers Gemeenskap van Amerika het Hienrich Graetz se
monumentale werk, Geskiedenis van die Jode, gepubliseer. In sy
verslag aangaande die Raadsitting van Nicea, het Graetz gesê:
“Die (Universal Jewish Encyclopedia, p. 410) |
By
die Raadsitting van Nicene was die laaste band wat Christendom met
die hoofstam verbind, afgesny. Die Paasfees was tot op hede vir die
grootste gedeelte gevier op dieselfde tyd as die Joodse Pasga, eninderwaarheid op die dae bereken en vasgestel deur die Sanhedrion
[Sanhedrin] in Judea vir die viering daarvan; maar in die toekoms sal
die viering daarvan heeltemal onafhanklik van die Joodse kalender
wees.13
Dit
is merkwaardiger as wat baie hedendaagse mense – Joodse leke
ingesluit – ooit besef. Die kalender deur Vader Yahuwah tydens die
Skepping ingestel het inderdaad `n sewe dae week gehad. Maar die wyse
waarop die weke gesirkuleer het, was totaal en al anders.
Die Bybelse kalender,
nes alle antieke kalenders
wat voor die vloed oorgelewer was, was luni-solar. Dit het beteken
dat die maand met die aanskoue van die nuwe
maan was. Inderwaarheid was
die einste woord “moon” oorspronklik as “moonth” uitgespreek.
Die eerste dag van elke maand was `n aanbiddings dag. Die werksweek
begin op die tweede van elke maand. Die grootste verskil tussen die
kalender van die Skepping en die Juliaanse/Gregoriaanse kalenders is
dat die Juliaanse/Gregoriaanse kalenders `n voortdurende weeklikse
siklus het. Op die Bybelse kalender, begin die weeklikse siklus
maandeliks weer van voor af.
Die
penwortel van hierdie massiewe kompleksiteit van boosheid, is beslis
“die draak, daardie ou slang, wie die Duiwel, Satan genoem word.”
(Openbaring 20:2) Net soos `n boom baie lote het, wat uitspruit van
die stam, so ook, die wortel stelsel van `n boom. Inderwaarheid, kan
die wortelstelsel baie groot, baie diep, en baie wyd wees, omdat dit
die ganske bo-grondse boom wat sigbaar is, ondersteun.
Uitspruitend
van die penwortel, die duiwel, is alle nie-menslik, demoniese magte
wat met hom saam werk. Uitspruitend van hulle, is `n sekere groep
manne, deur demone geïnspireer, wie werk om die Slang se doelwitte
te bevorder. Die Bybel verwys na hulle as “Manne van Aansien.”
Genesis 6:4 verklaar: “In dié dae was daar reuse op die aarde, en
ook daarna, toe die seuns van Elohim by die dogters van die mens
ingegaan en dié vir hulle kinders gebaar het. Dit was die geweldiges
uit die ou tyd, die manne van naam.”
![]() |
Die |
Hierdie
“Manne van Aansien” was nie nederige dienknegte van die
Allerheiligste nie. Net die volgende vers gaan voort om te sê: “Toe
Yahuwah sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en
al die versinsel wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was.”
Hierdie
“Manne van Aansien” is nie nou nooit en was nog nooit,
godsvrugtige manne nie. In die algehele aard geskiedenis, word mense
nie Manne van Aansien tensy hulle met die magte van die bose saamwerk
nie. Manne van Aansien is en word deur Satan bevoordeel en bevorder
om sy agenda verder te verhef.
Regdeur
die geskiedenis, was hulle die toonaangewers; die manne aan die werkagter die skerms. Hulle was tale name gegee. Hulle was
biskoppe, Vrymesselaars; die Illuminati; die Bilderbergers; die Klub
van Rome genoem. Hulle was na verwys as “die elite” en, weens die
tekort aan `n beter term “die-magte-wat-regeer.” Een van die
magtigste en invloedrykste van hierdie groepe Manne van Aansien was
die Jesuïete Orde,
of anders bekend as die Jesuïete.
Vir
byna 500 jaar, het die Jesuïete gearbei ter
bevordering
van die Slang se agenda. Reg vanaf die begin, was hulle onder die
direkte instruksie van demoniese intelligensie deur die “Geestes
Inoefeninge” van hulle stigter, Ignatius Layola.
A.
Hulle het `n leuen van `n bolvormige aarde in `n uitgestrekte heelal
geskep en vir ewig om die wêreld verhoog vir `n finale, eindtyd
bedrog
op te stel.
B.
Hulle het die Gregoriaanse kalender uitgedink om net nog `n ander
laag van bedrog by te voeg om die waarheid van die Bybel se kalender
en die oorspronklike lunar–solar Sabbat van die Skepping weg te
steek. Hulle intensie was om dit so diep te verberg sodat hierdie
waarheid nooit ontdek en herstel moet word nie, om almal in slagorde
te stel om die Merk van die Dier
te ontvang.
Die
Manne van Aansien het van die okkultiese bronne geweet wanneer kennis
sal vermeerder. Hulle wou die kennis vir hulleself hou. Deur dit van
die menigtes weg te hou, het hulle begin met `n veldtog om die
intelligensie van die gewone man “te benewel.” Hierdie veldtog
het begin met die vorming van die Jesuïete orde op dieselfde
tydstip dat goddelike waarhede begin herstel word deur die
Protestantse Hervorming. Die Jesuïete word wêreldwyd vir drie dinge
onthou: 1) hulle wrede sending ywer; 2) hulle teenwoordigheid in die
astronomiese veld; 3) hulle opvoedkundige stelsel.
Die
Jesuïete agenda agter beide die bolvormige aarde en `n valse
kalender kan onderskei word deur enigeen wie gewillig is om die
bewyse te studeer:
Bolvormige
Aarde: Oortuiging in `n bolvormige aarde het die fondasie vir die
finale bedrog gelê: `n valse Tweede Koms
wat bedoel is om die hele aarde te mislei net voor Yahushua se ware
Tweede Koms.
Gregoriaanse
Kalender: Die ontwerp van die Gregoriaanse kalender binne-in
dieselfde eeu waarin die Rooms Katolieke kerk die Jesuïete orde in
die lewe geroep het, het die teorie van die bolvormige aarde
bevorder, en nog `n laag misleiding opgehoop. Dit het die
veronderstelling dat die moderne, aaneenlopende weeklikse siklus
altyd bestaan het, verstewig. Sodoende sal enige bewyse wat
demonstreer dat Saterdag nie die Sabbat van die Bybel is nie
onmiddelik as `n onmoontlikheid verwerp word.
Beide
dwalinge is so ferm ingewortel in die algemeen aanvaarde kennis sodat
hulle deesdae “algemene kennis” is. Met ander woorde, word
dit sonder voorbehoud aanvaar as van selfsprekende feite. Om beide
die vorm van die aarde of die veronderstelling dat Saterdag die
Bybelse Sabbat is te bevraagteken laat die ondersoeker oop om bespot,
belaglik te laat lyk, en verwerp te word. Hierdie belaglikheid sal
suiwer druk op enigeen bring wie durf waag om onafhanklike denke te
hê. Dit het die netto effek van voorkoming dat die menigtes baat sal
vind van die vermeerderende kennis wat die Hemel beskikbaar maak.
Die
Jesuïete het deur hulle sendelinge, hulle invloedryke
teenwoordigheid in die wetenskaplike wêreld, en hulle skole en
universiteite, `n aktiewe rol gespeel in die vorming van die denke
van generasies. Wanneer mens die lees, skrywers en meetkundige
vaardighede van die gemiddelde graad 8
gegradueerde in Amerika van
die 20ste eeu, met die van die bevolking in Amerika
deesdae vergelyk, is dit duidelik dat die elite suksesvol was om die
mensdom dommer te maak. Die mens se
aandag span, hulle bekwaamheid om te fokus, om van oorsaak tot gevolg
te redeneer, om aangeleerde konsepte tot hulle lewens toe te pas, is
so verminder, dat hulle maklik beïnvloed word deur die magte wat
heers.
Die
gemiddelde persoon het nie meer die bekwaamheid om stil te sit, en
lank genoeg te fokus op `n onderwerp om dit deeglik te ondersoek nie.
Hulle word gou vervelig. Die onderwerp sal op sy gesit word voordat
dit ooit opgelos is. Min het die bekwaamheid om `n slotsom te vorm
gebaseer op die versamelde gewig van bewyse.
Nog minder kry dit reg om die nuwe inligting prakties in hulle
daaglikse lewenswyse toe te pas in `n impakvolle wyse. Kritiese denke
het verlore gegaan en dit ook is deel van die Jesuïete se
meesterplan.
Sonder
kritiese denke, kyk mense na buite na ander gesagsfigure. Instede
daarvan om hulle eie bekwaamhede te vertrou om by `n logiese slotsom
uit te kom, draai hulle na gerespekteerde geleerdes, hulle pastore of
priesters, selfs hulle staats-beheerde media, om aan hulle te sê wat
die waarheid en wat hulle moet glo. Sodoende kan die magte wat heers
die die publiek se optrede beheer omdat hulle hulle denke
beheer deur die vloeibaarheid van inligting wat toegelaat word om die
menigtes te bereik.
Dit
is wel verby die tyd om waarheid van dwalinge los te torring. Moenie
prooi word van inligtings bevooroordeeldheid nie! Engelse geestelike
en filosoof, William Paley het `n korrekte opmerking gemaak: “Daar
is `n beginsel wat `n dwarsleêr is teen alle inligting wat bewys
teen alle argument is en wat nie kan misluk om `n mens in ewige
onkunde te hou nie. Daardie beginsel is minagting voor navorsing.”
![]() |
William |
Deur
`n openhartigheid te hê beteken dat jy gewillig is om te aanvaar
watter slotsom die Heilige Gees ookal aan jou openbaar as waarheid,
ongeag wat dit is. Dit is onmoontlik om by waarheid uit te kom as jy
begin studeer om te soek vir bewyse om die nuwe idee verkeerd te
bewys. Dit mag verkeerd wees. Aan die ander kant, mag dit net volmaak
reg wees! Moenie jou denke bevooroordeeld maak en jou navorsing buig
deur te probeer om dit verkeerd te bewys voordat jy weet wat alle
bewyse openbaar nie.
Wees
nie bevrees om vrae te vra nie. Vader Yahuwah het die menslike brein
geskep om logies te dink. Hy nooi jou: “Kom nou en laat ons die
saak uitmaak.” (Jesaja 1:18) Dit mag vreesaanjaend wees om
mens se verstand oop te stel vir die aanvaarding van die moontlikheid
dat wat jy as die waarheid gesien het, inderdaad dwaling is. Maar
nietemin het Vader Yahuwah plegtig belowe om dit wat aan Sy sorg
toevertrou is, veilig te bewaar. Die woorde van die apostel Paulus
kan `n getuienis wees aan almal wie hulle siele aan die sorg van die
Vader se veilige bewaring toevertrou: “Want ek weet in wie ek geglo
het, en en ek is oortuig dat Hy mag het om my pand te bewaar tot dié
dag toe.” (2 Timótheüs 1:12, OV)
Omdat
die finale toets oor aanbidding gaan, is dit lewensbelangrik om
kennis te hê van die korrekte aanbiddingsdag. Om die regte
aanbiddingsdag te bereken, is dit nodig om die regte kalender te
gebruik. As julle net die outoriteite verander, (byvoorbeeld van `n
Rooms Katolieke priester na `n Protestantse pastoor) kan jy weereens
op `n dwaal gelei word. Geestelike leiers wie se salaris tjek van `n
godsdienstige organisasie getrek word wat leer dat aanbidding op
Saterdag of Sondag van die Gregoriaanse kalender is, het `n
gevestigde belang om die tradisionele teologie te behou.
Om
net outoriteit te verander is nie genoeg nie. Jy moet vir jouselfna die bron van alle kennis, die Skepper, gaan. Vertrou op Hom om
jou alle waarhede te leer namate die winde van waarheid en leuen in
stormsterkte rondom jou siel waai.
Die
Jesuïete is die moderne Manne van Aansien. Met bonatuurlike
intelligensie, het hulle twee van die grootste misleidings ooit vir
ewig oor die mensdom: `n geloofsoortuiging in `n bolvormige aarde; en
die veronderstelling dat Saterdag die Bybelse Sabbat is en Sondag die
dag van Yahushua se opstanding. Albei hierdie geloofsoortuiginge is
gevaarlike dwalinge want albei stel die wêreld in slagorde om die
Merk van die Dier te aanvaar.
Onder
die laaste woorde aan Daniël gespreek, was die belofte:”En jy,
Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd
van die einde toe:
baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.”
(Daniël 12: 4) Christene vertolk onveranderlik hierdie vers as die
verbeterde tegnologie. Dit is seker dat tegnologie eksponenteel oor
die laaste 120 jaar verbeter het.
Maar
die vermeerdering van kennis wat aan die finale generasie gegee word
is ver meer besonders as die blote tegnologie. Hierdie vermeerdering
van kennis verwys na die ontbloting van al die leuens wat as
waarheid geleer was.
Die
derde hoofstuk van Joël verwys na die gevolge wat hierdie
vermeerdering van kennis het: elke persoon op aarde het `n keuse om
te maak voor die finale oordeel.
Haas
julle en kom aan, alle nasies rondom, en versamel julle. Laat u
helde, Yahuwah, daarheen aftrek!
Die
nasies moet hulle klaarmaak en optrek na die dal van Jósafat; want
daar sal Ek sit om gerig te hou oor al die nasies rondom.
Steek
die sekel in, want die oes is ryp! Kom trap, want die parskuip is
vol, die parskuipe loop oor! Want hulle boosheid is groot.
Menigtes,
menigtes in die dal van beslissing, want naby is die dag van Yahuwah
in die dal van beslissing! (Joël 3:11-14, OV.)
Vandag
is menigtes in die vallei van beslissing. Die wetenskap en
georganiseerde godsdiens was albei gebou op menige lae leuens. Die
groot dag van Yahuwah is voor die deur en elke persoon wie deesdae
lewe word deur `n besluit in die gesig gestaar: “ Volg ek
ongerieflike waarheid? Of houvas ek aan gemaklike leuens? “Onthou:
deur nie waarheid te weet nie verander nie die
werklikheid van wat waarheid is nie.
Om
die waarheid ongeag die koste daarvan
te volg verg opoffering. Dit benodig toewyding. Om ongewilde
waarheid te aanvaar stel mens bloot aan bespotting deur diegene wie
vasklou aan die leuen. Dit kan selfs `n impak op mens se werk en
selfs jou huwelik hê. Dit is `n besluit wat elke persoon hier op
aarde raak: Die waarheid? Of die leuen?
Die
leuen blyk gemaklik te wees. Aanneemlik. Weelderig. Dit is die
fundamentele insig waarop ander geloofsoortuiginge gebou is. Maar
nou, met die waarheid wat herstel word, met vermeerdering van kennis,
is dit van lewensbelang vir elkeen se lot om die leuens openbaar te
maak en om die waarheid te aanvaar, maak nie saak hoe verspot dit is,
of wat die impak daarvan op jou lewe is nie.
Aanvaar
die waarheid ongeag die koste daarvan. `n Ewige gewig van vreugde wag
op almal wie hulle voorafopgestelde idees opgee en Yahuwah volg
waarheen Hy hulle ookal mag heen lei in Sy waarheid.
1 Zecharia Sitchin, When Time Began, Santa Fe, New Mexico:
Bear & Co., Publ., 1994, klem verskaf.
2
Noah Webster, American Dictionary of the English Language, 1828
ed. Klem verskaf
3 Sien The American Heritage Dictionary of the English Language, 4de
Uitgawe.
4
In 1912, I Januarie het China die Gregoriaanse Kalender aangeneem.
Maar kort daarna het China in politieke onrus verval met verskeie
dele van die land wat verskillende kalenders gebruik. Dit was nie
totdat die Volks Republiek van China in 1949 gestig was, dat daar `n
eenstemmige gebruik van die Gregoriaanse kalender sisteem was nie.
5 http://www.newadvent.org/cathen/09247c.htm
6 Ibidem
7 eLaine Vornholt & Laura Lee Vornholt-Jones, “ ‘Continuous
Weekly Cycle Theory’ Proven False By Julian Calendar.”
8
R. L. Odom, Sunday in Roman Pganism, bl. 202.
9 Franz Cumont, Textes et Monumnets Figures Relatifs aux
Mysteres de Mithra, (Brussels: H. Lamertin, 1899), Deel 1, bl.
122.
10 Odom, bl. 157
11 Franz Cumont, Astrology and Religion among the Greeks and
Romans, bl. 163.
12
Tertullian, Ad Nationes, Boek 1, Hoofstuk 13, in J. P. Migne,
Patrialogiae Latinae Cursus Completus, (Parys, 1844-1855) Deel 1,
kolomme 369-372.
13
Sien Heinrich Greatz, History of the Jews, Deel II, bls.
563-564, klem verskaf.