World's Last Chance

Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

While WLC continues to uphold the observance of the Seventh-Day Sabbath, which is at the heart of Yahuwah's moral law, the 10 Commandments, we no longer believe that the annual feast days are binding upon believers today. Still, though, we humbly encourage all to set time aside to commemorate the yearly feasts with solemnity and joy, and to learn from Yahuwah's instructions concerning their observance under the Old Covenant. Doing so will surely be a blessing to you and your home, as you study the wonderful types and shadows that point to the exaltation of Messiah Yahushua as the King of Kings, the Lord of Lords, the conquering lion of the tribe of Judah, and the Lamb of Yahuwah that takes away the sins of the world.
WLC Free Store: Closed!
Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

Katolieke Geleerde Bevestig dat nie een van die Twee Saterdag of Sondag die Bybelse Sabbat is

Sabbatariërs het
vir ʼn lang tydperk Roomse Katolieke aangehaal vir die bewys dat die Katolieke
Kerk erken dat sy die Sabbat verander
het na Sondag. Een van die mees bekende is Die Groot Stryd, Bladsy 448:

Romaniste
verklaar dat “die onderhouding van Sondag deur die Protestante dit ʼn eerbetoon
is wat hulle aanbied, ten spyte van hulself, aan die gesag van die
[Katolieke].” – mgr. Segur, Openhartige Gesels oor die Protestante van Vandag,
bladsy 213.

Gedurende die 5de
Januarie, 2006, het die Roomse Katolieke geleerde en apologeet, Patric Madrid,
ʼn verrassende verklaring gemaak waarvan elke persoon wat lief is vir die ware
Sabbat bewus van moet wees. EWTN, Die Wêreldse Katolieke Netwerk, wat gasheer
is vir ʼn inbel radio program getiteld, Oop Lyn. Het ʼn luisteraar ingebel met
die vraag ten opsigte die aantygings dat die Katolieke Kerk die Sabbat verander
vanaf Saterdag na Sondag.

Madrid het
geantwoord dat die huidige Saterdag nie die oorspronklike Bybelse Sabbat is,
maar dat dit verander is deur die Katolieke Kerk, en in werklikheid was dit ʼn
kalender verandering. Hier volg ʼn transkripsie van sy verklarings,

Wel
ons moet eerste onthou, dat eerste van alles wat Jesus gesê het: Hy het gesê
moenie vergeet dat die mens nie gemaak was vir die Sabbat, die Sabbat was
gemaak vir die mens. Dat die Here self, vertel het dat Hy die Here van die
Sabbat is, omdat Hy die gesag daaroor het, en sovêr as die manier hoe ons die
gebooie moet onderhou.

Wat
jou broeder in die wet nie verstaan is dat die Katolieke Kerk nie daardie gebod
verander het nie. Die Katolieke Kerk onderhou die gebooie om die dag van die He…..
die Sabbat heilig te hou, maar dit doen nie so op die Dag van die Here, en dat
die vroeë Christene hulle onderhouding van daardie gebod verander het vanaf
Saterdag na Sondag.

Eerste
van alles is, omdat daar ʼn onderskeidende verbreking is tussen die vereistes
van die Ou Testament: en die rituele van die Mosaïese verbond, en bevele wat
handel oor die Sabbat aanbidding, en die diere offerandes asook daardie soort
van ding. Hulle wou wys dat die Christendom afsonderlik is van Judaïsme. Dit
het onstaan uit Judaïsme, maar is dit afsonderlik.. O, die viering van die Here
se koms, ek is jammer, die viering van die Here se opstanding, en dood op die
dag dat Hy herrys het van die dood is die mees gepaste.

O,
die ander ding wat ons ook moet onthou, is die kalender wat ons gebruik,
insluitende die Sewende – dag Adventiste, is dit nie die kalender wat beplan is
deur die Katolieke Kerk, maar is dit ook ʼn kalender wat gegrond is volgens die
jaar volgens die son, en nie die jaar volgens die maan. Die Joodse kalender wat
onderhou was ten tye van Christus, het hulle die maan – kalender gebruik, wat
verskeie dae korter is as die son – kalender.

Dus
is die groot ironie dat die Sewende –
dag Adventiste self nie aanbid op die presiese selfde Sabbatdag as die Jode ten
tye van Christus, omdat dit nou verkeie dae verskil, o, der dit, o, oorgeskakel
het [vanaf?] die gebruik van die kalender volgens die maan

___________________________________________________________________

Verwante Inhoud:

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.