World's Last Chance

Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

While WLC continues to uphold the observance of the Seventh-Day Sabbath, which is at the heart of Yahuwah's moral law, the 10 Commandments, we no longer believe that the annual feast days are binding upon believers today. Still, though, we humbly encourage all to set time aside to commemorate the yearly feasts with solemnity and joy, and to learn from Yahuwah's instructions concerning their observance under the Old Covenant. Doing so will surely be a blessing to you and your home, as you study the wonderful types and shadows that point to the exaltation of Messiah Yahushua as the King of Kings, the Lord of Lords, the conquering lion of the tribe of Judah, and the Lamb of Yahuwah that takes away the sins of the world.
WLC Free Store: Closed!
Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

Konstantyn I en Hillel II: Die Twee Manne Wat die Hele Wêreld Mislei het

2 Manne [Konstantyn + Hillel
II] ÷ 2 Agendas = 1 Reuse Misleiding
 

Gedurende die vierde eeu n.C, was die antieke Sabbat vervang deur Saterdag, en deur die verandering van kalenders.  Die Sabbat volgens die Bybel was verlore.

Konstantyn I en Hillel II: Die Twee Manne Wat die Hele Wêreld Mislei het imageEen van die wêreld, en die geskiedenis se grooste bedrog, was ongeveer
1,700 jaar gelede gepleeg, deur die handeling van twee manne.  Die Romeinse keiser Konstantyn 1, het ʼn
veelbetekende handeling gedoen: hy het sy koninkryk verenig deur die
bevordering van Sondag as die dag van Yahushua se opstanding, en die tot niet
verklaring van die gebruik van die Bybelse kalender vir die berekening van die
Paasfees.  Dit het ʼn mosie van verskeie
reaksie teweeg gebring. Die Joodse leier Hillel II het so daaroor reageer, oor die
wetgewing wat gevolg het oor die verandering van die Bybelse kalender.  Dit het die ware Sabbat vervang met die
heidense Saterdag. Dit was ʼn ketting van aksies en reaksies van epiese
afmetings.  Die gevolge gaan tot vandag
nog voort tot op hierdie dag, en vir elke Christen en Jood wat aanbid volgens
die Gregoriaanse kalender.       

AKSIE


Konstantyn

Gedurende die vierde eeu was daar ʼn geweldige gang van veranderinge in
die onstuimige koers van die gang van die geskiedenis.  Die Christendom het sedertdien ʼn groter
teenwoordigheid in die Romeinse Ryk bekom, terwyl heidenisme ʼn blywende
dominerende invloed behou het.  Die tyd
was ryp vir iemand met mag, en met ondernemingsgees om voordeel te trek van die
unieke tyd in die geskiedenis. 

Sy heilige Konstantyn die Grote (n.C. 272 tot 337 n.C.) is in die algemeen
beskou as die eerste “Christen” keiser van die Romeinse Ryk.  Die werklikheid oor hom is dat hy,  in die eersteplek was hy ʼn vooraanstaande heiden.
Hy het toegelaat om hom kort voor sy dood laat doop, maar het hy sy amp as hoof
van die staatsgodsdiens behou, met  die
titel as Pontifex Maximus, tot en met sy dood.1Self die Katolieke
erken dat Konstantyn sy pos as Pontifex Maximus behou het na sy sogenoemde “bekering.”2  

Konstantyn was ook ʼn briljante strateeg met ʼn politieke agenda.  Hy wou die twee mees invloedryke groepe in sy
ryk verenig: die heidene en Christene. Die Jode was ʼn veragtelike minderheid
wie se invloed beheers en uitgeskuif was. 
Op die manier kon Konstantyn, in sy poging vir die vereniging van sy ryk,
gefokus word vir die vind van ʼn algemene basis om die heidene en die Westerse
verheidense Christene te verenig.  Hy kon
dit vind in die Sondag volgens die planetêre week.  

Die vroeë Juliaanse kalender,
soos die een van die Romeinse Republiek vantevore, wat bestaan het uit ʼn agt
dae week.  Die letters vanaf A tot H het
die dae van die week verteenwoordig.  Gedurende
daardie tydperk het verskillende lande, verskillende maniere gebruik vir die meting
van tyd, en self ook in die Romeinse Ryk was daar streek verskille volgens die
Juliaanse Kalender.  Die sewedaagse
heidense kalender volgens die planete is in die eerste eeu VHJ in gebruik
geneem.3

Ten spyte  van die verskyning van
die planetêre week, het die vroeë Juliaanse kalender voortgegaan  om ʼn agtdae week te gebruik vir nog ʼn tydperk.
 “Die handel [agtdae] siklus was
uiteindelik vervang deur die hedendaagse sewedae week, wat in gebruik geneem is
deur Italië gedurende die vroeë vorstelike tydperk,4 en na die gebruik van die Juliaanse kalender wat
in gebruik was in 45 v.C.  Die sisteem
vir handel letters was ook aanvaar vir die sewedaagse week… Vir ʼn rukkie het die week en handel siklus
bestaan, maar met die tyd dat die week
amptelik  aangeneem is deur Konstantyn in
321
n.C., is daar weggedoen
met die gebruik van die handel siklus.”5 Terwyl die heidense week
van sewedae volgens die planete bekend was by die Romeine, en in streeks
gebruik, was die Juliaanse kalender in gebruik gedurende die onmiddellike  lewe van Yahushua ʼn agtdae week.

Hierdie feit word ondersteun deur argeologiese bewyse: die Juliaanse
fasti wat vandag nog steeds bestaan en verwys dit na een van die twee ʼn agtdae
week of na beide ʼn agtdae en sewedae weke op dieselfde kalender.

Die wegdoen van die agtdae week het saamgeval met die uitbreiding van
Rome…  Die astrologiese [planetêre] en
Christen sewedaagse week wat so pas in gebruik gestel is deur Rome het ook begin
om baie gewild te word.  Daar is bewyse
wat aandui dat die Romeinse agtdae week en die twee sewedaagse siklusse was vir
ʼn bepaalde tyd gelyktydig saam gebruik.  Alhoewel, die bestaan van twee weeklikse siklusse
was hulle heeltemal nie in harmonie met mekaar en kon dit in werklikheid nie
vir lank onderhou word.  Dit was duidelik
dat daar met een van die twee moes weggedoen word.  Soos ons dit ken is dit die agtdae week wat
van die rolle van die geskiedenis verewig verdwyn het.6   

Dit was nie ʼn onmiddellike transformasie.  Soos die sewedaagse week meer gewild geraak
het, was die letters (A ot G) wat 
aangewys was as die dae van die week ter syde gestel, en die dae van die
week is vernoem na die gode van die planete. 

Dit moet nie betwyfel word dat die verspreiding van die Iranse [Persiese]
verborgenheid ʼn groot aandeel gehad het vir die algemene aanvaarding van die
week deur die heidene, met Sondag as die heilige dag.  Die name wat ons  gebruik, en onbewus, van die ander ses dae,
het in gebruik gekom op dieselfde tyd toe Mithraïsme sy volgelinge vermeerder
in die provinsies van die Weste, en is daar  nie haas gewees in die vestiging van ‘n
verhouding van toeval tussen die oorwinning en die gepaardgaande verskynsels.7

Roman Stick Calendar from the Baths of TitusDie
Romeinse Stok Kalender by die baddens van Titus. Hierdie stok kalender
by die baddens van Titus, was opgerig gedurende 79 tot 81 n.C. wat
illustreer hoe Saturnus ʼn sekel hou as die gog van die eerste dag van
die week (Saterdag). Die songod is tweede (Sondag), wat gevolg word die
maangodin (Maandag) op die derde dag van die week.

Argeologiese bewyse wys op dubbele datering deur Christene op hulle
grafstene, wat beide bevat het van sowel, die son Juliaanse datum en die
ooreenstemmende datum volgens die son – maan kalender volgens die Bybel.  Een van sulke inskrywings wat so gedateer is en
verklaar dit dat: Vrydag die 5de November, 269 n.C. “ gedurende die konsulskap
van Claudius en Parternus op die 5de November, op die dag van Venus, en op die
24ste dag van die maanmaand, het Leuces hierdie [gedenksteen] opgerig vir haar
dogter Severa, en vir Sy Heilige Gees.  Sy is oorlede [ op die ouderdom] van 55 jaar,
en 11 maande, [en] 10 dae.”8

Dit was die omstandighede wat Konstantyn gebruik het vir die
bevordering van sy politieke agenda.  Dit
was ʼn fyn gebalanseerde handeling wat die heidense groep meer bevoordeel as die
Christen groep.  Eerstens het hy reeks
van wette verorden wat die dag van die Son, dies Solis, of Sondag vereer
het.  Volgens die oorspronklike planetêre
week, was Saterdag eintlik die eerste dag van die week.  Sondag was die tweede dag van die week en
Vrydag was die sewende dag van die week.

Alhoewel, die son Konstantyn se persoonlike kenteken was.  Het hy Sol Invictus (Die Onoorwinlike Son)
laat inskrywe op sy munte en dit het sy persoonlike leuse gebly vir die res van
sy lewe.  Die verheerliking van Sondag
was aanvaarbaar vir die heidene en dit waaroor sommige Christene alreeds
ooreengestem het.  Met die aanbreek van
die tweede eeu, het baie Christene (in die besonder in die weste) alreeds begin
om Sondag te eerbiedig as die dag van die Verlosser se opstanding.  Dit  was
die geleentheid wat Konstantyn benodig het vir die vereniging van die heidenisme
en die Christendom.

Die Sondag wetgewing van Konstantyn
moenie oorskat word.
 
Hy het die onderhouding daarvan geniet, of eerder het hy die publiek
verbied vir die ontheiliging van Sondag, nie onder die naam van Sabbatum
(Sabbat) of dies Domini [die dag van die Here] maar onder die ou astrologiese en
heidense benaming, die Solis [Sondag] wat bekend was aan al sy onderdane, sodat
die wet van toepassing was vir die aanbidders van Hercules, Apollo, en die
Mithraïsme asook vir Christene.  Daar is geen verwysing wat ook al na die
vierde gebod of na die opstanding van Christus.9   

Konstantyn word gesien as ʼn Christen as gevolg van sy Sondag wetgewing,
maar sy Sondag wetgewing was doelbewus en dubbelsinnig. Hy wou gehad het dat
dit aanvaarbaar is vir beide die leidende sowel as die Christene!

Deur so ʼn wetgewing sou dit die oogmerke van Konstantyn bevorder, en is
dit nie moeilik om dit te ontdek. Dit sou ook  ʼn spesiale eer verleen aan die fees van die
Christen kerke,10  en dit sou
ʼn klein guns  wees aan die heidene vir
hulle self. Die feit is, daar is niks in
hierdie edik wat nie mog geskrywe is deur ʼn heiden.
Die wet vereer die
heidense god wat Konstantyn aangeneem het as sy spesiale beskermheer en god,
Apollo of die Son. Hierdie spesifieke
naam van die dag verleen 
dubbelsinnigheid  aan homself.

Die term Sondag (dies Solis) was gebruik onder Christene sowel as heidene.11                                                    

Die sewedaagse week van die planete was die voertuig vir
verandering.  Beide die agtdae week en
die sewedae Bybelse week was ter syde gestel vir die planetêre van die
Mithraïsme.  Die week het sy oorsprong
verkry van die heidendom, en nie volgens die Bybel soos die Christene dit
vandag aanvaar.  “ Die tyd was ryp om die
staat en kerk te verenig, omdat beide mekaar benodig, dit was ʼn slag geslaan
deur die geniale persoon van Konstantyn om dit te besef en daarop te handel. Hy
het vrede aan die kerk gebied, om te voorsien dat sy die staat sal erken en die
ondersteuning van die keiserlike mag.” 12 

Konstantyn se Sondag wet het die heidene en baie Christene verenig.  Alhoewel, dit ook gedien het as om die ʼn
stryd na vore te bring wat meer as 100 jaar gewoed het oor: wanneer die
Verlosser se offer gebring is.  Tot op
daardie tyd, het baie Christene, veral in die ooste, wat steeds besig was om te
aanbid op die sewende- dag Sabbat, en ook
die onderhouding van die jaarlikse feeste van Yahuwah wat bereken is deur die Bybelse maan- son kalender. Het selfs baie wat
Sondag omhels het as aanbidding dag, steeds die Bybelse kalender gebruik vir
die berekening van Paasfees.     

Paasfees │ Die Heidense Pasga

Paasfees │ Die Heidense Pasga

Dit was ʼn lank bestaande debat oor die
betrokke twee verskillende kalenders.

Sedert die tweede eeu n.C. was daar ʼn verskil van mening oor die dag
van feesviering van die Pasga (Paasfees) die herdenking van Yahushua se lyding
(dood, begrafenis, en opstanding).  Die
mees antieke gebruik wat gegee word, blyk te wees vir die onderhouding is die
veertiende (die Pasga datum) die vyftiende en die sestiendedag van die
maanmaand ongeag die dag van die
[Juliaanse] week, en  ongeag die datum
waarop dit voorkom jaar na jaar.
  Die
biskoppe van Rome, en in hulle begerigheid vir die bevordering vir die
onderhouding van Sondag as ʼn kerklike feesdag, het hulle besluit dat die
jaarlikse feesvieringe moet altyd op die Vrydag, Saterdag en Sondag gehou word,
wat volg op die veertiende van die maanmaand. 
In Rome, is Vrydag en Saterdag van Paasfees vas dae gewees, en op Sondag
was die vas gestaak deur deel te neem aan die nagmaal.  Hierdie
teenstrydigheid het vir amper twee eeue geduur, totdat Konstantyn ingegryp het
vir die onthalwe van die biskoppe van Rome en die ander groepe verbied het.13   

Die verklaring van Eusebius van Caesarea het bekend gemaak dat die
kerke van Asië lank vasgekleef het vir die onderhouding  van Paasfees op die 14 van die maand Abib,
terwyl die kerke in die weste die heidense
Paassondag se oorgangstydperk verander
het. 

ʼn Vraag van geen kleine  belangrikheid
het opgeduik gedurende die tyd [laat tweede eeu] van die fariseërs van Asië, en
die gardes van die ouer tradisies, wat gehou was op die veertiende dag van die
maan, op die dag wat die Jode beveel is om ʼn lam te offer, en dat dit onderhou
moet word as die Verlosser se Pasga.  Dit
was daarom nodig om hulle vas te staak op daardie dag, wat ook al die dag is
volgens die [juliaanse] week en wat dit ook al sal wees.  Maar dit was nie die gebruik van die kerke op
daardie tyd in die res van die wêreld….14

Die aaneenlopende weeklikse siklus van die Juliaanse
kalender beteken
dit dat die Bybelse Pasga op die 14de van die maand Abib voor kan kom, en op
enige dag van die Juliaanse week.  Gevolglik,
is die 16de van die maand Abib, die dag van die opstanding, en het dit nie
altyd voorgekom op ʼn Sondag.  Diegene wat
daarop aandring om die Paasfees vieringe volgens die Juliaanse kalender te
vier, het ʼn dekreet uitgevaardig wat daar op aanspraak maak dat alle Christene
moet die opstanding onderhou op Paassondag, eerder as die Pasga vieringe
volgens die 14de van die maand Abib. Sodoende is die viering van die heidense
vakansie kwansuis die verering van Yahushua se opstanding en uitoorlê  dit Yahuwah se
fees wat Yahushua se dood gedenk.

Sinodes en vergaderings van was gehou oor hierdie aangeleentheid, en
almal in goedkeuring, en deur gemeenskaplike korrespondensie het hulle  ʼn kerklike dekreet opgestel, dat die
geheimenis van die opstanding van Yahushua moet gevier word op geen ander dag
as die dag van die Here [Sondag], en dat ons die onderhouding van die sluiting
van die Pasga op hierdie dag laat geskied. 15  

Die Skepper Se Kalender

Die Skepper Se Kalender

Die Opstanding: Paasfees? of die Eerste
Vrugte?

Diegene wat vasgehou het aan die Bybelse kalandering het onmiddellik
geprotesteer teen hierdie hooghartige dekreet van die Westerse biskoppe.  In ʼn brief wat gestuur was aan Victor, Biskop
van Rome, het Polycrates sy standvastige geloof verklaar, en aangehou om die
Bybelse kalender te gebruik vir die nakoming van die Pasga.  Sy brief is  besonderse waarde vir vandag se Christene
omdat dit verwys na Johannes die Geliefde 
en na die Apostel Phillippus as die onderhouers van die Pasga!  

Eusebius vertel:

Dus het die biskoppe van Asië,
onder leiding van Polycrates, besluit om vas te hou aan die gebruik wat aan
hulle oorgelewer is.
  Hy het
persoonlik in ʼn brief aan Victor en die kerk van Rome geskrywe, wat uiteen
gesit is, in die volgende woorde van die tradisie wat aan hom oorgelewer
is: 

Ons onderhou die presiese dag, deur niks by te voeg en niks weg te neem
nie. Nieteenstaande dat ook groot lig in Asië aan die slaap geraak het, wat
weer sal herrys met die koms van Yahushua, wanneer Hy kom in heerlikheid vanaf
die hemel, en al die heiliges bymekaar sal maak. Waaronder Phillippus as een
sal wees, een van die twaalf apostels…. en nog meer, Johannes wat beide
getuie is en leermeester was, en  wat hom
neergelê op die boesem van Yahushua en….. aan die slaap geraak het by Efese.
Asook Polycarpus in Smirna, wat biskop en martelaar was….. Al hierdie het die veertiendedag van die
Pasga  onderhou volgens die Evangelie, en
in niks daarvan afgewyk het, maar die riglyne gevolg het van geloof.16     

Soos die gelowiges in Asië geweier het om Bybelse kalender prys te gee
vir die berekening van die Pasga, is dit ook moontlik dat hulle andersyds
geweier het om die ware Sabbat prys te gee wat bereken is deur dieselfde kalender.  Die Biskop van Rome het “onmiddellik probeer
om hulle van die algemene eenheid af te sny as eenheid van al die gemeentes van
Asië, en almal wat saamstem  as heterodoks,
en het hy briewe geskrywe en verklaar dat alle broeders daar onder die kerklike
ban is.” 17

Dit is belangrik om op te let dat daar nooit ʼn argument was oor wanneer
die opstanding werklik plaasgevind het.  Beide
het erkenning verleen dat dit plaasgevind het op die 16de van die maand Abib
volgens die maan – son kalender.  Die
meningverskil was verby met die aanhaling van die boonste genoteerde gedeelte,
wanneer om dit te vier.  Datums word
vasgestel deur kalenders, en uiteindelik was die argument oor, watter kalender
moet gebruik word vir die vasstelling vir die feesviering.  Agtereenvolgens vir die ware eenheid tussen Christene
en leidende, vir die nalewing van die kruisiging
en die opstanding moes daar ʼn verplasing wees vanaf die Bybelse maan – son
kalender na die heidense Juliaanse son kalender.  Vier jaar later na die dekreet wat Sondag
verheffing moontlik gemaak het in die jaar 321n.C., het Konstantyn, die Konsilie
van Nicea byeen geroep vir die besleg van hierdie debat.

Daar sou nie meer langer die Verlosser se offer herdenk word op die
14de, 15de, en die16de dag van die maand van Abib volgens die maan – son
kalender. In die toekoms, sal sulke herdenkings verplaas word na die Vrydag,
Saterdag, en Paassondag van die Juliaanse kalender, wat kan wissel vanaf die
20ste tot 22ste Maart en tot die 22ste tot die 25ste April. Die biskop van
Rome, en begerig vir groter mag en invloed, het hy die gewig van sy invloed om
Konstantyn te beïnvloed. “ Gedurende die tyd van Konstantyn, en die afvalligheid
in die kerk was die tyd reg vir die hulp van ʼn goedgesinde regeerder, en om te
voorsien aan die wil van krag van dwang.”18

Konstantyn het dit benadruk dat die Joodse kalandering nie meer langer
gebruik moet word vir die berekening van hierdie datums.

Gedurende die Konsilie van Nicea was die naelstring afgesny wat die
Christendom verbind het aan sy voorouers. Die feesvieringe van Paasfees wat tot
nou toe nog gevier is vir die meerderheid van tyd saam met die Joodse Pasga, en
inderdaad op die dae wat bereken is en vasgestel is deur die Sanhedrin van
Judea vir feesvieringe, maar al die toekomstige onderhouding daarvan en die
nakoming daarvan sal algeheel onafhanklik wees vanaf die Joodse Kalender, “
Nieteenstaande is dit onvanpas en verhewe en bo die meting van hierdie heilige
feesvieringe dat ons die gebruike van die Jode moet volg.  Voortaan laat ons niks in die algemeen te
doen hê met hierdie verfoeilike mense, ons Verlosser het ons ʼn ander pad gewys.  Dit sal inderdaad dwaas wees as die Jode in
staat gestel word om te spog dat ons nie in die posisie is om Paasfees te vier
sonder hulle hulp en reëls (berekeninge).” 
Hierdie opmerkings is kenmerkend van die Keiser Konstantyn… [en dit
het] die beginsel en riglyn geword van die Kerk wat nou sal besluit oor die lot
van die Jode.19

Konstantyn het drie dinge bereik, en
die rimpelinge van die gevolge, het ʼn weerklank tot vandag:

1. Die standaardisering van die week
volgens die planete van sewedae en die skep van dies Solis (Sondag) as die
eerste dag van die week, en dies Saturni (Saterdag) die laaste dag van die
week.

2. Die Verheffing van Paasfees en die
waarborg dat die ware Pasga en die heidense Paasfees nooit weer sal voorkom op
dieselfde dag.

3. Die Verheffing van dies Solis as die dag van aanbidding vir beide
heidene en Christene.

Die lang termyn gevolge was dat “Paassondag” toegang verkry het in die
Christen paradigma as, Die Dag van Christus se opstanding.  Die verband tot hierdie herskikking van die
tydsberekening was dat voorafgaande Paassondag, en die Saterdag het vir altyd
daarna Die Ware Bybelse Sabbat geword. Dit is die ware betekenis van Konstantyn
se “Sondag wet,” en dit het die fondasie gelê vir die hedendaagse aanvaarding
dat die aaneenlopende weeklikse siklus altyd bestaan het.20   

Die resultaat van Konstantyn se handelinge het aan die heidense groep
van die ryk guns betoon.  Alhoewel, die
korrupte biskoppe van Rome in staat was om hierdie handelinge as goeie guns aan
die Christene voor te hou.  “ Gedurende
die tyd van Konstantyn, was afvalligheid in die kerk gereed tot hulp vir ʼn  goedgesinde regeerder om die afwagtendes te
voorsien vir die afdwing van mag.” 21 Die ware maan – son kalender,
wat oorgelewer is vanaf die Skepping en van Moses, was verlore.  

Die resultaat

Die resultaat van Konstantyn se ekumenisme was vlugtig gevoel. Almal
wat geweier het om afstand te doen van die gebruik van die Bybelse kalender vir
die berekening van die Pasga, het die swaar hand van onderdrukking gevoel wat
op hulle val. Konstantyn se seun Constantius het die handeling van sy vader ʼn
stap verder gevoer en die gebruik van die Bybelse kalender verban, asook vir
die gebruik deur Jode.  Die Historikus
David Sidersky het die volgende waargeneem: “dit was glad nie meer moontlik
onder Constantius vir die gebruik van die ou kalender.”22 

Gedurende die daaropvolgende jare, het die Jode deur “Yster en Vuur”
gegaan.  Die Christen keisers het die Joodse
berekening van die kalender verbied, en nie toegelaat dat die feesdae aangekondig word.  Graetz vertel: “ Die Joodse gemeenskappe was
gelaat onder uiterste vertwyfeling betreffende die mees belangrike
godsdienstige besluite: en met betrekking van hulle feesvieringe.”  Die onmiddellike gevolg was die vasstelling
en berekening van die Hebreeuse kalender deur Hillel II.23

Die Maan Sabbat | Die Verdediging – Deel 1

Die Maan Sabbat | Die Verdediging – Deel 1

Constantius se handeling het ook ʼn uitwerking gehad op apostoliese Christene.  Terwyl Tertullian24 bekend maak
dat verheidense Christene alreeds besig was om hulle aanbidding oor te plaas na
die “dag van die Son” so vroeg as die tweede eeu, en andere het aan die Sabbat
vasgehou vir meer as 1,000 jaar.  Amper
40 jaar na die Konsilie van Nicea, het die Konsilie van Laodisea (363 tot 364
n.C.) ʼn verklaring uitgereik war vereis het dat Christene moet werk op die
Sabbat en hulle weerhou van werk op die dag van die Here.  Hierdie dekreet wat in Afrikaans vertaal is,
verklaar:

Dat Christene nie na sal Judaïsme keer, en ledig wees op Saterdae, maar
dat hulle sal werk op daardie dae, maar op die dag van die Here sal hulle dit
besonder eer, en as Christene, sal hulle indien moontlik, nie werk op daardie
dag.  Alhoewel, indien daar gevind word
dat hulle Judaisfiseer, sal hulle van Christus afgesny word.

Volgens die Roomse Katolieke biskop en geleerde, Karl Josef von Hefele
(1809 tot 1893) die gebruik van die woord “Saterdag” in die bogenoemde
aanhaling is verkeerd.  Die oorspronklike
woord wat gebruik is was Sabbat of Sabbato en nie dies Saturni of Saterdag.

Quod non oportet Christianos Judaizere et otiare in Sabbato, sed operari in eodem die. Preferentes autem in veneratione Dominicum diem si vacre voluerint, ut Christiani hoc faciat; quod si reperti fuerint Judaizere Anathema sint a Christo.

 

Die Christene gedurende daardie tyd van die kalender verandering was
nie verward gewees oor Saterdag as die Sabbat. 
Almal het geweet dat dies Saturni onlangs verskuif is vanaf die eerste
dag van die heidense planetêre week tot die laaste dag… terwyl Sabbato die
sewende – dag van die Joodse maan – son kalender is, wat geeneen in ʼn posisie
van mag wens om mee geassosieer te word. 
Nogeens, was hierdie twee verskillende dae van twee onderskeie kalender
sisteme.25

Die politieke mag van Rome ondersteuning verleen het aan die
godsdienstige dekrete van Konstantyn en Constantius.  Terwyl sommige geleerdes verkeerdelik
aangeneem het dat die konflik was oor Saterdag teenoor Sondag, het die
historiese werklikheid bekend gemaak dat die mense van daardie tyd was baie
bewus van die bestaan van die Bybelse maan – son kalender en hoe om dit te
gebruik.  Baie gelowiges in die Ooste of
buite die bereik van die Romeinse Ryk was onwillig om die Bybelse tydhouding te
laat vaar.”Daardie Christene het gesoek na ʼn uitweg van hulle moeilike
omstandighede van Sabbat onderhouding en het beweeg na ʼn groter eerbied na die
eerste dag van die [Juliaanse] week. 
Daarom het ander aan die buitewyke van die Ryk, waar Anti-Semiete nie
bestaan het, aangegaan het met hulle verering van die sewende – dag Sabbat.” 26

Die
Reaksie


Hillel
II

Net soos Konstantyn die mag was agter die handeling wat uiteindelik
daartoe gelei het vir die vernietiging van die Bybelse kalender wat deur
Christene gebruik is, is daar ʼn ander man, ʼn Jood  wat verantwoordelik is vir ʼn handeling wat
net so ʼn  verreikende gevolg  gehad het 

“Die verlkaring van die die nuwe maan deur die waarneming van die nuwemaan, en die nuwe jaar by die aanbreek van die lente, kan alleenlik gedoen word deur die Sanhedrin. Gedurende die tyd van Hillel II, die laaste President van die Sanhedrin, het die Romeine hierdie gebruik verbied. Hillel II was toe gedwing om sy vaste kalender in te stel, en sodoende die gevolg om aan die Sanhedrin vooruit toestemming te gee vir alle jare en toekomstige kalenders.” 

“The Jewish Calendar and Holidays (incl.
Sabbath): The Jewish Calendar: Changing the Calendar,” http://www.torah.org.

Voor die vernietiging van Jerusalem, was die Hoëpriester in bevel van
die kalender. “ Terwyl die Sanhedrin (Rabbynse Hoofgereghof) voorsit in
Jerusalem, was daar nie so ʼn kalender. 
Hulle sou elke jaar evalueer om te bepaal of dit ʼn skrikkeljaar verklaar
moet word.27 Hierdie taak is gegee aan die president van die Sanhedrin
toe daar nie meer priesters was. “ Onder die regering van Constantius (337 tot
362) het die vervolgings van die Jode so ʼn hoogte bereik dat… dat die
berekening van die kalender verbied is, deur die toedoen van pyn en swaar
straf.”28 Dit was ʼn handeling wat veroorsaak is deur hierdie
omstandighede dat Hillel II, president van die Sanhedrin, die buitengewone stap
geneem het in 359 n.C. om die antieke Bybelse kalender te verander, sodat dit
sal toelaat dat die Jode meer gemaklik kon bestaan saam met die Christene.

Na Hillel II

Afgeleë gemeenskappe sou nie meer langer hoef te wag vir die boodskap
van die president van die Sanhedrin om hulle te bereik om te weet wanneer die
nuwe maand begin.  Elke gemeenskap sou
voortaan self in staat wees om vir hulle self te bepaal wanneer die nuwe maand
begin en wanneer ʼn 13de maand bygevoeg moes word.

Die “Vaste “ Kalender

Toe Hillel II die “vaste” kalender instel, het hy die opneming van ʼn
skrikkeljaar op ʼn permanente basis bygevoeg.29  Dit is moontlik, maar nie bewysbaar, dat
hierdie bepaalde siklus van die skrikkeljaar was gebruik vir die verstaan, en
was dit voor Hillel se tyd, en volg dit die 19 jaar maan
siklus. Hillel het sy kalender gegrond “op wiskundige en sterrekundige
berekeninge [eerder as waarnemings.] Hierdie kalender is steeds in gebruik, vir
die standaardisering van die lengte van die maande en die byvoegings van maande
oor ʼn tydperk van ʼn 19 jaar siklus, sodat die maan kalender in lyn kan kom met
die son jare.”30    Hy verklaar
dat ʼn dertiende maand inberekening gebring moet word op die 3de, 6de, 8ste,
14de, 17de, en in die 19de jaar van die 19 jaar siklus. 

Ewenwel het Hillel meer gedoen as wat bekend gemaak is,van die 19 jaar
siklus, en die byvoegings wat daar was, en in alle waarskynlikheid nog altyd
gebruik was. Hy het ook die onderhouding van die antieke Sabbat verander vanaf
die 8ste, 15de, 22ste, en 29ste dae van die maan maand, na elke Saterdag van
die Juliaanse maande. Hierdie verandering noodsaak steeds nog ander reëls vir
die verskuiwing. Die verandering van die weeklikse Sabbat van die maan – son
kalender na Saterdag is dit duidelik ingesluit vir ʼn behoefte aan reëls vir die verskuiwing, wat voor Hillel se “vasstelling”
van die kalender, en wat onnodig is. Volgens die Universal Jewish Encyclopedia
is, “Die Nuwemaan nog altyd daar, en dat die Sabbat oorspronklik afhanklik is
vanaf die maan siklus.”31 wanneer beide die Sabbat en die jaarlikse
feeste bereken word volgens die maan – son kalender. Is die reëls vir die
verskuiwing onnodig. Dit is alleenlik wanneer die jaarlikse feeste bereken word
deur een kalender, en die weeklikse Sabbat by ʼn ander een, dat daar
teenstrydigheid is wat benodig word in die reëls vir die verskuiwing.

Reëls vir Verskuiwing

1. Die Joodse Nuwe jaar, en die Fees van die Trompette , mag nie voorkom op ʼn Sondag, Woensdag of op ʼn Vrydag.

2. As die Nuwemaan (molad) vir die sewendemaand  op ʼn Sondag, Woensdag of Vrydag voorkom word, die Nuwemaan verskuif tot die volgende dag. 

3. As die molad van die sewende maand in ʼn gewone jaar voorkom op ʼn Dinsdag om 03h204/1080 vm., of later word die Nuwemaan verskuif tot Donderdag.

4. Gedurende ʼn algemene jaar wat opgevolg word deur ʼn skrikkeljaar, en as die molad voorkom gedurende die sewende maand  na 09h00 vm, en 589/1080, en gedeeltes van Maandag oggend, is die Nuwemaan verskuif tot Dinsdag.

Sonder die reëls van verskuiwing, is die jaarlikse feeste in
konfrontasie met Saterdag.  As voorbeeld,
as die fees van die Trompette (Nuwemaan vir die sewende maand) sou voorkom op ʼn
Sondag die laaste dag van die Huttefees en, as dit voorkom op ʼn Saterdag, sal
dit in konfrontasie wees met die tradisionele onderhouding vir die laaste dag
van die fees. Gevolglik is daar ʼn behoefte vir eerste en tweede reëls vir die
verskuiwing. Die derde reël van die verskuiwing verseker dat die gewone jaar in
bespreking nie langer as 355 dae sal wees. Die vierde reël van die verskuiwing
waarborg dat die gewone jaar wat volg op die skrikkeljaar, nie korter as 383
dae is.32

Hierdie “vaste” kalender is hoogs georden.

Daar is presies veertien verskillende vorme wat die Hebreeuse kalender
jare mag neem, wat hulle onderskei deur die lengte van die jaar en die dag van
die week waarop Rosh Hashanah voorkom. Omdat die reëls so ingewikkeld is, dat
die patroon homself kan herhaal vir verskeie kere in die loop van ʼn paar jaar,
en nie weer voorkom vir ʼn lang tyd. Daarom is die Joodse kalender bekend omdat
dit so uiters akkuraat is. Dit “verloor” of neem nie  “toe” in tyd soos wat sommige ander kalenders
doen.33

Dit was ʼn handeling vir oorlewing deur Hillel II. Dit was ook gemaak in
ʼn antwoord op die vervolings deur Konstantyn se seun Constantius.  

Met sy eie hand het die Aardsvader die laaste verbintenis vernietig, en
dit wat die gemeenskappe verenig het opgebreek, en dwarsoor die Romeinse en
Persiese ryke met hierdie Patriotisme. Hy was meer bekommerd vir die sekerheid
en die voortbestaan van Judaïsme as vir die waardigheid van sy eie huis, en
daarom het hy al daardie funksies vir wat sy voorvaders….. so oor jaloers was
en begaan was verlaat. Die lede van die Sanhedrin het hierdie vernuwing
ondersteun.34 

Toe Hillel II die kalender “vasgestel” het, het hy in sy amp as
President van die Sanhedrin, het hy met sukses toestemming verleen dat die Jode
vir alle tye in die toekoms kan aanbid op Saterdae.

Die Resultaat.

Vandag, amper 1,700 jaar later, is
hierdie handeling van Konstantyn, en die gevolglike handeling deur Hillel II,
het dit steeds gevolge vir honderde miljoene van mense oor die wêreld.

  • Die
    Katolieke aanbid op Sondae tot eer van die opstanding. Dit is
    inooreenstemming met die handeling van Konstantyn wat die onderhouding
    verander het volgens die maan – son  
    kalender en die berekening van Pasga volgens die heidense, son
    kalender vir die berekening van Paasfees.

  • Die Jode
    aanbid op Saterdag omdat die omdat die wette volgens die Talmoed, en
    hierdie handeling regverdig vir die ondrhouding van een dag in sewedae,
    omdat nie een weet wanneer die ware Sabbat voorkom. 

  • Die meeste
    Protestante verenig met die Katolieke vir aanbidding op Sondae, die eerste
    dag van die hedendaagse Gregoriaanse week, onder die veronderstelling dat
    dit die dag van die opstanding is.

  • Saterdag
    Sabbat Protestantse onderhouers aanbid op Saterdag omdat dit die sewende
    dag van  die hedendaagse week is, en
    hulle neem aan sedert die Jode op Saterdag aanbid, moet dit die Bybelse
    Sabbat wees.

  • Die Moslems
    doen dieselfde. In eerbetoon tot die heidense/pouslike Gregoriaanse metode
    van kalandering, en gaan na die Moskee vir gebede op Vrydae.

Dit is nie moontlik om die ware sewende- dag Sabbat te vind deur die
gebruik van die hedendaagse Gregoriaanse kalender. Hierdie son kalender is niks
meer as ʼn heidense metode van tyd berekening. Die vroeë Juliaanse kalender was
vasgestel deur heidense, vir heidene. Dit was amptelik aangeneem vir kerklike
gebruik by die Konsilie van Nicea. Dit was later verander deur die Jesuïtiese sterrekundige, Christopher Clavius, in
opdrag van Pous Gregory XIII – daarom is die naam vernoem na die Gregoriaanse
kalender, Clavius het dit bevestig dat die Juliaanse kalender (en sodoende die
Gregoriaanse kalender waarvan dit die oorsprong is) is gegrond op heidenisme en
het dit geen verbintenis wat ook al tot die Bybelse kalender. 

In sy verduideliking van die Gregoriaanse kalender, het Clavius erken
toe die Juliaanse kalender aanvaar is as die kerklike kalender van die Kerk, en
was die Bybelse kalender verwerp: “Die Katolieke
Kerk het nooit die Joodse seremonie gebruik vir die viering van die
Pasga, maar altyd in sy feesvieringe, die maan se beweging waargeneem 35
asook die son, en dit was tot dusvêr geheilig deur die mees antieke en mees
heilige pouse van Rome, maar is dit ook bevestig by die Konsilie van Nicea.”36
Die “mees antieke en mees heilige Pouse van Rome” waarvan hier gespreek word,
of verwys word is die heidense Kollege van Pouse waarvan Konstantyn, as Onties Maxims,
die hoof was.

Konstantyn was begerig vir eenheid. Hy het sy doel bereik deur die
Christelike Kerk en deur ʼn verbod te plaas op die gebruik van die Bybelse
kalender, vir die herdenking van Yahushua se dood.
Hillel II was begerig vir die fisiese oorlewing van Judaïsme. Hy het sy doel
bereik deur kompromieë met die heidenisme en die verandering van die Bybelse
kalender. Die resultaat van hierdie handeling en sy metgesel, en was die
reaksie dat dit die aanvaarding van die menigtes is, dat Saterdag is die
Bybelse Sabbat en Sondag is die dag waarop die Verlosser opgestaan het.
Sodoende het die Christene en die Jode die berekening vir hulle aanbiddings
dae, die heidense son kalandering gebruik, en daardeur die ware Sabbat van
Yahuwah versaak.  

Geeneen wat begeer om die Skepper te aanbid op Sy heilige Sabbat sal
hulle aanbidding dae bereken deur hierdie gruwel van
verwoesting wat Yahuwah oneer aan
doen en die siel verlate laat. Alleenlik kan die maan – son kalender vanaf die
skepping kan dit vasstel wanneer die ware Sabbat voorkom. Verlaat die tradisie
van die mens. Aanvaar alleenlik die woord van Yah en aanbid Hom volgens sy
geordende metode van tydhouding.


[1.] Die titel, wat nou deur die
pous geëis word kom vanaf antieke Rome. Die Pontifex Maximus was die
hoëpriester van die Kollege van Pouse van die heidense Romeinse geloof. Dit was
beide ʼn godsdienstige sowel as ʼn politieke 
setel.

[2] New Catholic Encyclopedia, Vol. 4, pp.
179-181.  Various inscriptions as
recorded in Corpus Inseriptionum Latinarum, 1863 ed., Vol. 2, p. 58, #481;
“Constantine I”, New Standard Encyclopedia, Vol. 5.  See also Christopher B. Coleman, Constantine
the Great and Christianity, p. 46.

[3] See Robert L. Odom, Sunday in Roman
Paganism, “The Planetary Week in the First Century B.C.”

[4] P. Brind’Amour, Le Calendrier romain:
Recherches chronologiques, 256–275.

[5] https://en.wikipedia.org/wiki/Roman_calendar#Nundinal_cycle

[6] Eviatar Zerubavel, The Seven-day Circle,
p. 46, emphasis supplied.

[7] Franz Cumont, Textes et Monumnets Figures
Relatifs aux Mysteres de Mithra, Vol. I, p. 112, emphasis supplied.

[8] E. Diehl, Inscriptiones Latinae Christianae
Veteres, Vol. 2, p. 193, No. 3391.  See
also J. B. de Rossi, Inscriptiones Christianac Urbis Romae, Vol. 1, part 1, p.
18, No. 11.

J. B. de Rossi, 

[9] Philip Schaff, History of the Christian
Church, Vol. III, p. 380, emphasis supplied.

[10] By this time, the paganized Christians in
the west had long been venerating Sunday as the day of Yahushua’s resurrection.

[11] J. Westbury-Jones, Roman and Christian
Imperialism, p. 210, emphasis supplied.

[12] Michael I. Rostovtzeff, The Social and
Economic History of the Roman Empire, p. 456.

[13] Odom, op. cit., p. 188, emphasis
supplied.

[14] Eusebius, Church History, Book V, Chapter
23, v. 1, emphasis supplied.

[15] Ibid., v. 2.

[16] Ibid., Chapter 24, v. 1-4, 6, emphasis
supplied.

[17] Ibid., v. 9.

[18] Michael I. Rostovtzeff, The Social and
Economic History of the Roman Empire, p. 456.

[19] Heinrich Graetz, History of the Jews,
(Philadelphia: The Jewish Publication Society of America, 1893), Vol. II, pp.
563-564, emphasis supplied.

[20] eLaine Vornholt & Laura Lee
Vornholt-Jones, Calendar Fraud, “Biblical Calendar Outlawed,” emphasis
supplied.

[21] Rostovtzeff, op. cit., p. 456.

[22] David Sidersky, Astronomical Origin of
Jewish Chronology, p. 651, emphasis supplied.

[23] Grace Amadon, “Report of Committee on
Historical Basis, Involvement, and Validity of the October 22, 1844, Position”,
Part V, Sec. B, pp. 17-18, Box 7, Folder 1, Grace Amadon Collection,
(Collection 154), Center for Adventist Research, Andrews University, Berrien
Springs, Michigan.

[24] Tertullian,Apologia, chap. 16, in J. P.
Migne, Patrologiæ Latinæ, Vol. 1, cols. 369-372; standard English translation
in Ante-Nicene Fathers, Vol. 3, p. 31.

[25] Vornholt, op. cit., “Changing the
Calendar: Papal Sign of Authority.”

[26] Leslie Hardinge, Ph.D., The Celtic Church
in Britain, p. 76.  Christians in
Scotland continued to calculate Passover by the Biblical calendar until they
got a Roman Catholic queen in the eleventh century.

[27] http://www.chabad.org/library/article_cdo/aid/526875/jewish/The-Jewish-Year.htm

[28] Excerpted from The Jewish Encyclopedia,
“Calendar, History of,” http://jewishencyclopedia.com/articles/3920-calendar-history-of,
emphasis supplied.

[29] For an explanation of how the rabbinical
calendar of Hillel II is calculated, see http://www.jewfaq.org/calendr2.htm.

[30] Judaism 101, “Jewish Calendar,”
www.jewfaq.org

[31] Universal Jewish Encyclopedia,
“Holidays,” p. 410.

[32]
http://www.ironsharpeningiron.com/postponements2.htm

[33]
http://www.chabad.org/library/article_cdo/aid/526875/jewish/The-Jewish-Year.htm

[34] Graetz, op. cit., Vol. II, p. 573.

[35] “Easter is a moveable feast, which means
that it does not occur on the same date every year. How is the date of Easter
calculated? The Council of Nicaea (A.D. 325) set the date of Easter as the
Sunday following the paschal full moon, which is the full moon that falls on or
after the vernal (spring) equinox.”  (http://catholicism.about.com/od/holydaysandholidays/f/Calculate_Date.htm)

[35] “ Die Paasfees is beweegbare fees, wat beteken dat dit nie voorkom
op dieselfde dag elke jaar. Hoe word die datum van Paasfees bereken? Die
konsillie van Nicea ( 325 n.C.) het die datum vasgestel van Paasfees as die die
Sondag wat volg op die Paas volmaan, wat die volmaan is wat voorkom na die voorjaarsnagewening
(lente) en die lentenagewening.”  (http://catholicism.about.com/od/holydaysandholidays/f/Calculate_Date.htm)

[36]
Christopher Clavius, Romani Calendarii A Gregorio XIII P.M. Restituti
Explicato, p. 54.

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.