World's Last Chance

Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

While WLC continues to uphold the observance of the Seventh-Day Sabbath, which is at the heart of Yahuwah's moral law, the 10 Commandments, we no longer believe that the annual feast days are binding upon believers today. Still, though, we humbly encourage all to set time aside to commemorate the yearly feasts with solemnity and joy, and to learn from Yahuwah's instructions concerning their observance under the Old Covenant. Doing so will surely be a blessing to you and your home, as you study the wonderful types and shadows that point to the exaltation of Messiah Yahushua as the King of Kings, the Lord of Lords, the conquering lion of the tribe of Judah, and the Lamb of Yahuwah that takes away the sins of the world.
WLC Free Store: Closed!
Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

Lewe en Dood : Die Bybelse Waarheid

Baie opregte Christene word vandag mislei
deur die leerstelling dat die siel nooit kan sterwe nie, en dat afgestorwenes
in die dood nog steeds weet wat rondom hulle gebeur. Hierdie toenemende en
misleidende gewilde leerstelling  is
uiters gevaarlik, omdat dit die weg baan vir ontelbare miljoene om die komende
misleidings van Satan te aanvaar en te koester, een daarvan is die geeste van
duiwels wat verskyn in die persoon van afgestorwenes om onskriftuurlike
leerstellings te verklaar. Ons moet onsself nou  ferm 
stand inneem  op  die 
onfeilbare woord van Yahuwah – sodat wanneer die uur kom, ons nie deur
die leuenagtige wonders  van die bose een
meegesleur word nie. Die verklaring uit die Skrifte is baie duidelik: Die dode
weet glad niks. Enige sogenaamde
verskynsel van iemand wat
gesterf het
is die werk van Satan
.  

“En
Yahuwah Elohim het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus
die asem van die lewe geblaas. So het die mens dan `n lewende siel geword.”
Genesis 2:7

Nota: Asem/Gees vanYahuwah
+ die liggaam (wat uit die stof gemaak is) = “n Lewende Siel” 

 

Pred 9:5-6

5Want die
lewendes weet dat hulle moet sterwe,
maar die dooies weet glad niks nie,
en hulle het
geen loon meer nie,
want hulle nagedagtenis word vergeet.
6
Hulle liefde
sowel as hulle haat, ook hulle naywer,
het lankal verdwyn,en hulle het
vir ewig geen meer deel onder die son nie.

(Nota: Die
Bybel  verwys vir meer as 50 keer na
die dood as `n “slaap”.)

Pred 9:10

10 Alles wat jou
hand vind om te doen, doen dit met  jou mag; want daar is geen werk of
oorleg of kennis in die graf waar jy heengaan nie.

 

*Pred 12:7

7en die stof na
die aarde terugkeer soos dit gewees het, En die gees na Elohim terugkeer wat
dit gegee het.

Nota: Hier sien ons dat wanneer ons sterwe, keer die liggaam
terug na stof, en die gees/asem van die lewe keer terug na Yahuwah.  Die twee elemente wat`n “lewende siel”
uitmaak volgens Genesis2:7 (1-asem van Yahushua; 2-liggaam) word noodwendig
uitmekaar geneem by die dood. Gevolglik, is daar geen bewustheid in die dood
nie.

Om te onthou:
Asem/ Gees van Yahuwah + die liggaam (wat uit die stof gemaak is) = “`n
Lewende Siel” (Sien Genesis 2:7 bo aan die bladsy.)

Pred 3:20

20 Alles gaan na
een plek toe; alles is van die stof, en alles keer na die stof terug.

Pred 6:6

6 al lewe hy ook
twee maal duisend jaar —-gaan nie alles na een en dieselfde plek nie?

 

Ps 6:5

5 Want in die dood word aan U nie gedink nie;
wie sal U loof in die doderyk?

Nota: Dit maak geen sin as Yahuwah se getroues onmiddelik na die Hemel
geneem word as hulle sterf nie , want almal in die Hemel sal hul dank aan
Yahuwah betuig!  Nes Dawid , het koning
Hiskia verstaan dat daar geen bewustheid in die graf is nie; dit is waarom hy
met bitterlike geween  by Yahuwah om sy
lewe gepleit het –   Jesaja 38.

 

Ps 17:15

15 Maar ek sal U
aangesig in geregtigheid aanskou; ek sal versadig word met U beeld as ek
wakker word.

Nota: Hier sien Dawid uit na die dag wanneer hy opgewek [uit die slaap van die dood] in die beeltenis van Elohim
tydens die
wederkoms van Yahushua.

“ Geliefdes, nou is ons kinders van Elohim, en dit is nog nie geopenbaar wat
ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal
wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is. (1 Johannes 3:2)

 

Ps 30:10

10Watter
voordeel is daar in my bloed, as ek neerdaal in die kuil [graf]? Sal die stof
U loof.   Sal dit U trou verkondig?

Nota: Weereens erken die psalmdigter dat daar geen bewustheid in die
dood is nie. Tydens die intrede van die dood, keer ons asem/gees terug na
Yahuwah en ons liggamme terug na die stof. Yahuwah se getroues sal bly
slaap(bewusteloos wees) tot met die Tweede Koms van Yahushua.  Die goddelose en die onbekeerdes sal bly slaap (bewusteloos wees)
totdat hulle opgewek word om die “ tweede dood” na die millennium in die gesig te staar.

Ps 49:16

16Maar Elohim sal
my siel loskoop van die mag van die doderyk, want Hy sal my opneem.

Ps 71:20

20U wat my baie
bange node laat sien het , sal my weer lewend maak en my weer ophaal
uit die watervloede van die aarde.

 

Ps 88:11-13

11Kan U aan die
dooies `n wonder doen?"
Of kan skimme opstaan en U loof?
12
Kan U goedertierenheid  vertel word in die graf,
U trou in die plek van vertering?
13
Kan U
wondermag in die duisternis bekend word
En U geregtigheid in die land van die
vergetelheid?

 

Ps 104:29-30

29U verberg U
aangesig, hulle word verskrik.
U neem hulle
asem weg, hulle sterwe en keer terug tot hul stof.
30
U stuur U gees
uit, hulle word geskape;
En U maak die gelaat van die aarde nuut.


*Ps 146:3-4

3 Vertrou nie op
prinse, op die mensekind, by wie daar geen heil is nie.
4
Sy gees gaan
uit, hy keer terug na sy aarde toe; op daardie dag is dit met sy planne
gedaan.

(Vergelyk met: 
Genesis 2:7 . . . Prediker 12:7. . . Job 27:3 . . .)

 

Jes 38:18-19

18 Want Sheol  [die doderyk] sal U nie loof nie. Die
dood u nie prys nie;
Die wat in die kuil [ doderyk]
neerdaal , sal op u trou nie hoop nie.
19
Die lewende, die lewende , die sal U loof, soos ek vandag;
Die vader maak aan die
kinders u trou bekend.

Nota: Die profeet  Jesaja, nes Koning Salomo, Koning Dawid, en
al die geinspireerde outeurs van die Bybel het herhaaldelik erken dat daar
geen bewustheid in die dood is nie. Slegs die lewendes kan Yahuwah loof.
Wanneer iemand sterf. . . “Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy aarde toe; op daardie dag is dit met sy planne gedaan.”  (Ps 146:4)

Joh 3:13

13En niemand
het opgevaar in die hemel nie,
behalwe Hy  wat uit die hemel neergedaal het ,naamlik die Seun van die Mens . . .

 

*Joh 5:25-29

25 Voorwaar,
voorwaar Ek sê vir julle, dat daar kom `n uur , en dit is nou, wanneer die
dode die stem van die Seun van Yahuwah sal hoor, en die wat dit gehoor het
sal lewe. 26Want soos die Vader lewe het in Homself, so het Hy aan
die Seun ook gegee om lewe in Homself te hê. 27 En Hy het Hom mag
gegee om ook te oordeel, omdat Hy die Seun van die Mens is.28
Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom `n uur wanneer almal wat in
die grafte is, Sy stem sal hoor. 29 en  sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot
die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding
van die veroordeling.

Nota: Yahushua se woorde kon nie enigsins hier duideliker gewees het
nie. Die hoop van die getroues is in die” opstanding van die lewe” aan die
einde van dae.
Hierdie deel sal absoluut geen sin maak as Yahuwah se
getroues alreeds in die Hemel is voor Sy Wederkoms.


Joh 11:11-13

11 Dit het Hy
gespreek, en daarna sê Hy vir hulle: “ Lasarus, ons vriend, slaap;
maar Ek gaan om hom wakker te maak.” 12 Sy dissipels sê toe: “
Meester, as hy slaap, sal hy gesond word”  13 Maar Yahushua het gespreek van
sy dood
, terwyl hulle gedink het dat Hy van die rus van die slaap
praat.


Joh 11:24

 

24 Martha
antwoord Hom: “ Ek weet dat hy sal opstaan in die opstanding in die laaste
dag .”

Nota: Martha het goed verstaan dat ons hoop in die “opstanding in die
laaste dag” is. Sy het vas geglo dat Lasarus nie na die hemel is onmiddelik
na sy dood nie.

 

Joh 14:1-3

1 Laat julle hart
nie ontsteld word nie; glo in Elohim, glo ook in My. 2 In die huis
van my Vader is daar baie wonings; as dit
nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek
te berei.  3 En as Ek  gegaan het en vir julle plek berei het, kom
Ek weer en sal julle na My toe neem
, sodat julle ook kan wees waar Ek is.

Nota:  Yahushua vertroos Sy
dissipels hier met die belofte van Sy wederkoms.Hy deel hulle mee dat Hy vir hulle sal terug keer, dat hulle ook
kan wees waar
Hy is. Dit is baie
belangrik om hier uit te wys dat Yahushua nie Sy dissipels vertroos deur
hulle te vertel dat hulle met Hom sal wees onmiddelik na hulle gesterf het
nie.

Hand 2:29,34

29 Broeders, ek
kan vry – uit met julle spreek oor die aartsvader Dawid, dat hy gesterf het
en ook begrawe is, en sy graf is by ons tot vandag toe. 34 Want
Dawid het nie in die hemel opgevaar nie . . .

1 Kor 15:6

6 Daarna het Hy
verskyn aan oor die vyfhonderd broeders tegelyk, waarvan die meeste nou nog
lewe, maar sommige wel ontslaap [gesterf] het.


1 Kor 15:20,23

20 Maar nou,
Christus is opgewek uit die dode; Hy het
die eersteling geword van die wat ontslaap het. 23 maar
elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.  

Nota:  Weereens is ons
hoop in die opstanding van die regverdiges by Yahushua se Tweede Koms.

 

 

1 Thess 4:13-18

 

13 Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met
betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat
geen hoop het nie. 14 Want as ons glo dat Yahushua gesterwe en
opgestaan het, dan sal Yahuwah ook so die wat in Yahushua ontslaap het, saam
met Hom bring. 15 Want
dit sê ons vir julle deur die woord van Yahuwah , dat ons wat in die lewe
oorbly  tot by die wederkoms van die
Meester, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie. 16 Want die Meester self
sal van die hemel neerdaal met `n geroep, met die stem van die aartsengel en
met geklank van van die basuin van Yahuwah; en die wat in Christus gesterf
het sal eerste opstaan. 17
Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer
word  die Meester tegemoet in die lug;
en so sal ons altyd by die Meester wees.18 Bemoedig mekaar dan met
hierdie woorde.

Vergelyk: Joh 5:25-29.

Nota:  Paulus se geinspireerde
instruksies aan ons om mekaar te bemoedig 
wanneer ons `n geliefde verloor is nieom te sê dat die geliefde nou in die Hemel is nie. Paulus leer ons liewers om mekaar te
bemoedig met die gesëende belofte van die opstanding van die heiliges tydens
Yahushua se Wederkoms.
Dit is tragies om te sien hoe dikwels hierdie
eenvoudige instruksies geignoreer word. . . en die vyand se leuen herhaal
word. . . ‘hulle het gewis nie gesterwe nie’ 
(Gen. 3:4.) ‘Hulle is nou in die Hemel.’   

 

1 Tim 6:15-16

[Yahuwah] . . . 16 wat alleen
onsterflikheid besit,
en `n ontoeganklike lig
bewoon, wat geen mens gesien het of kan sien nie, aan wie toe kom eer en
ewige krag. Amen. 

Nota:  Net Yahuwah alleen is onsterflik. Die mens is sterflik “ Sou `n sterfling regverdig
wees voor Yahuwah.”  (Job 4:17)

 

2 Tim 4:8

8 Verder is vir
my weggelê die kroon van die geregtigheid, wat die Meester, die regverdige
Regter , my in die dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan
almal wat Sy verskyning liefgehad het.

Nota: Paulus het nie geglo dat hy sy beloning onmiddelik  na sy dood sal kry nie. Maar , hy het
uitgesien na die opstanding met Yahushua se verskyning op die laaste dag.

Open 20:5

 5 En die ander
dode [die goddelose]het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig
was nie. Dit is die eerste
opstanding


Open 22:12

12 En kyk, Ek kom
gou, en my loon is by My om almal te vergeld soos sy werk sal wees.

Nota: Yahushua bring die loon
saammet Hom wanneer Hy terugkeer. Die mens ontvang nie sy beloning (bv. die
ewige lewe) onmiddelik na hy gesterf het nie.


Slotsom:

Daar
is geen bewustheid na die dood nie.
Beide die
Regverdige en die Goddelose sal “slaap” totdat hulle uit hul grafte geroep
word, die regverdiges by die (1ste Opstanding) en die goddeloses by die “2de
Opstanding.” Vir meer sien (“Die Twee Opstandings.”)

“ Die laaste vyand wat vernietig
word,  is die dood.”
1 Korinthiërs 15:26


Algemene
Misverstande:

Baie sal verwys na die verskyning van Moses
en Elia op die Berg van Verheerliking (Mattheus 17:3) as bewys dat die
heiliges onmiddelik na die Hemel geneem word wanneer hulle sterwe. Maar ons
moet tog onthou dat Elia nooit gesterf het nie. Hy was direk na die Hemel
geneem. (2
Konings 2)  Maar Moses,
alhoewel hy gesterf het (Deut. 34:7) , was klaarblyklik opgewek , omdat
daar `n woordestryd met Satan was oor sy “liggaam” ( Judas 1:9 )

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.