Die vorige herfs het `n vrou na die
welbekende advies kolom “Liewe Abby” ingeskryf en van haar prettige idee
vertel. Vir die laaste paar jare het sy `n jaarlikse partytjie gehou, waarvan
dag, maand en jaar met die Gregoriaanse kalender in lyn was. Haar laaste
partytjie op 12/12/12 was in die pyplyn en hét sy gesoek na voorstelle vir
ander prettige temas. In antwoord het Abby spottenderwys gesê dat sy hoop die
13de dag van die 13de maand in 2013 val nie op `n Vrydag nie. `n Paar maande
daarna, het `n ander kolom in Liewe Abby verskyn waarin sy erken dat die streep
op haar getrek was omdat haar kantoor met briewe oorstroom was van lesers wie
gevoel het om dinge reg te stel dat daar nie so iets soos `n dertiende maand
was nie!
Dit is waar dat daar nie `n dertiende
maand op die solar, of son-gebaseerde, Gregoriaanse kalender is nie. Maar, die
Skepper se kalender is nie `n son kalender nie. Dit is `n luni-solar kalender:
`n Kalender wat lunar maande aan die son jaar anker. Die gemiddelde lunar jaar
is 354 dae lank. Dit is elf dae korter as die 356-dae lange solar jaar. Op
strenge lunar kalenders, nes die van die Moslim Hijri kalender, dryf dae
agteruit deur die jaar. Dit is waarom van een jaar tot `n ander, Ramadaan altyd
vroeër in die jaar plaasvind as in die vorige een.
Aan die anderkant gebruik Luni-solar
kalenders, `n sekere punt binne-in die son-jaar om die korter lunar jaar aan te
anker. Die ankerpunt vereis dat elke twee tot drie jaar `n dertiende maand
ingereken, of in die kalender gevoeg word. Dit maak van die jaar `n
embolismiese jaar, wat beteken dat `n groot segment van tyd by die jaar terug
gevoeg word. Die Bybelse kalender gebruik die lente (-dag-en-nag-) eweninge as
die ankerpunt. Die Bybelse
Nuwe Jaar begin met die Nuwe Maan die
naaste aan die lente-dag-en-nag-eweninge.
- Solar jaar = 365 dae of 12 maande/maansomwentelinge lank
- 1 ste Lunar jaar = 354 dae lank, of 12 maansomwentelinge lank. (Elf dae
korter as die solar/son jaar.) - 2 de Lunar jaar = 354 dae of 12 maande lank, (Nou 22 dae korter as die
solar jaar.) - 3 de Lunar jaar = 384 dae of 13 maansomwentelinge lank. Dit val nou saam
met die solar jaar.