Keer op keer het ateïste en agnostici die verdoemende beskuldiging teen
Yahuwah en teen Sy woord gemaak,
Die God van die Ou Testament is `n
volksmoord maniak! Hy het baie nasies in die Ou Testament vir geen skynbare
rede wat ookal vernietig nie! Hy is sekerlik nie `n God van liefde nie!
Die volgende gedeelte word dikwels aangehaal om hierdie buitensporige beskuldiging
te ondersteun. Hier, het Yahuwah die Israeliete beveel om sewe nasies heeltemal
uit te wis:
As Yahuwah jou Elohim jou inbring in die land waarheen jy gaan om dit in
besit te neem, en Hy baie nasies voor jou uit verjaag: die Hetiete, Girgasiete,
Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, sewe nasies meer en
magtiger as jy; en Yahuwah jou Elohim hulle aan jou oorgee, dat jy hulle
verslaan, dan moet jy hulle geheel en al met die banvloek tref; Jy jy mag geen
verbond met hulle maak en hulle nie genadig wees nie. Jy mag jou ook nie met
hulle verswaer nie, en – jy mag jou dogter nie gee aan sy seun, en sy dogter
nie neem vir jou seun nie; want hy sal jou seun van My afvallig maak, sodat
hulle ander gode dien en die toorn van Yahuwah teen julle ontvlam en Hy jou gou
verdelg. Maar julle moet met hulle so doen: hulle altare moet julle omgooi en
hulle klippilare verbrysel en hulle heilige boomstamme omkap en hulle gesnede
beelde met vuur verbrand. (Deuteronómium 7:1-5)
![]() |
Kanaänitiese Nasies Voor die Israelitiese Inval |
Die sewe nasies wie vernietig moes word:
- Hetiete
- Girgasiete
- Amoriete
- Kanaäniete
- Peresiete
- Hewiete
- Jebusiete
In die volgende gedeelte maak Yahuwah `n duidelike onderskeid tussen die
nasies (die Kanaänitiese nasies) wat vernietig moes word, en die wie genade
betoon moet word.
Wees Genadig:
As jy naby `n stad kom om te veg, moet jy dit vrede aanbied. En as dit
jou `n antwoord van vrede gee en vir jou oopmaak, moet die hele volk wat daarin
gevind word, aan jou dienspligtig word en jou dien. Maar as hy geen vrede met
jou sluit nie, maar oorlog teen jou wil voer, moet jy dit beleër. En Yahuwah
jou Elohim sal dit in jou hand gee, en jy moet al die manne daarin met die
skerpte van die swaard verslaan; en net die vroue en die kinders en die vee en
alles wat in die stad is – die hele buit moet jy vir jou roof; en jy moet die
buit van jou vyande eet wat Yahuwah jou Elohim jou gegee het. So moet jy met al
die stede maak wat baie ver van jou af is, wat nie by die stede van hierdie
nasies behoort nie. (Deuteronómium 20:10-15)
Wis Heeltemal Uit:
Maar van die stede van hierdie volke wat Yahuwah jou Elohim jou as
erfdeel sal gee, moet jy niks wat asem het, laat lewe nie. Maar jy moet hulle
heeltemal met die banvloek tref: die Hetiete, en Amoriete, die Kanaäniete en
Feresiete, die Hewiete en Jebusiete, soos Yahuwah jou Elohim jou bevel het:
sodat hulle julle nie leer om te handel volgens al hulle gruwels wat hulle vir
hulle gode gedoen het, en julle teen Yahuwah julle Elohim sondig nie.
(Deuteronómium 7:16-18)1
Waarom het Yahuwah `n onderskeid tussen die Kanaänitiese nasies en die
ander nasies gemaak? Waarom het Hy hulle algehele
uitwissing aanbeveel? Skrifte stel dit duidelik dat die Kanaänitiese
aansteeklike afgodery (Deut. 7:4) die onderliggende rede was, maar daar is meer
as dit wat met die eerste oogopslag te siene is. Om die breër prentjie hier te
verstaan, moet ons terug keer na die dae van Noag. Genesis 6 is die sleutel
vers.
Toe die mense op die aarde begin vermeerder en daar vir hulle dogters
gebore is, sien die seuns van Elohim dat die dogters van die mense mooi was, en
hulle het vir hulle as vroue geneem almal wat hulle verkies het. . . . In die
dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van Yahuwah by die
dogters van die mense ingegaan het en dié vir hulle kinders gebaar het. Dit is
die geweldiges uit die ou tyd, die manne van naam. (Genesis 6:1-2, 4)
Die ware betekenis van hierdie gedeelte was lank reeds verberg, en word
dikwels oorgesien deur Bybel geleerdes en studente. Om die betekenis van
hierdie gedeelte te ontsluit, moet ons eers vasstel wie die “seuns van Elohim”
is. “Seuns van Elohim” in die Hebreeus is B`nai
HaElohim. Hierdie frase word in net drie ander tekste in die boek van Job
gevind.2
En op `n dag, toe die seuns van Elohim kom om hulle voor
Yahuwah te stel, het die Satan ook onder hulle gekom. (Job 1:6)
En op `n dag toe die seuns van Elohim kom om hulle voor
Yahuwah te stel, het die Satan ook onder hulle gekom om hom voor Yahuwah te
stel. (Job 2:1)
Daarna het Yahuwah Job uit die storm geantwoord en gesê: Wie maak die
raadsbesluit daar uit die duisternis met woorde sonder kennis? Gord dan nou
soos `n man jou heupe – dan sal Ek jou ondervra, en onderrig jy My. Waar was jy
toe Ek die aarde gegrond het? Gee te kenne as jy insig het. Wie het sy
afmetinge bepaal? – jy weet mos! Of wie het daaroor die meetsnoer gespan? Waar
is sy fondament klippe op ingesink? Of wie het die hoeksteen gelê? Toe die môresterre
saam gejubel en al die seuns van Elohim gejuig het? (Job
38:1-7)
In al die bogenoemde gedeeltes, maak die skrywer3 dit baie
duidelik dat die “seuns van Elohim” engeleis. Wat vertel Moses ons dan in
Genesis 6? Eenvoudig gestel, vertel Moses ons dat engele met vroue omgang gehad
het en dat hulle nageslag reuse (Hebreeus Nephilim)
was. So vreemd as wat dit aan sommige mag klink, is dit wat die teks sê.
Die vreemde gebeure wat in Genesis 6 aangeteken is was deur die antieke
rabbynse bronne, sowel as deur die Septuagint vertalers verstaan, as verwysend
na gevalle engele wat snaakse hybriede afstammelinge met vrou mense – bekend as die “Nephilim – verwek het.” So
was dit ook vestaan deur die vroeë kerk vaders. Hierdie bizarre gebeure word
ook oorvertel in die legendes en mites van antieke kulture hier op aarde: die
antieke Grieke, die Egiptenare, die Hindoes, die Suid See Eiland bewoners, die
Amerikaanse Indiane, en waarskynlik al die ander.4
Voordat ons enigsins voortgaan, laat
ons bondig sekere van die probleme met die gewilde “Setiet” vertolking van
Genesis 6 aanspreek.
Die teorie van Set verklaar dat die “seuns van Elohim” die afstammelinge
van Set en die “dogters van die mens”
die nageslag van Kaïn was. Hierdie teorie stel voor dat deur die ondertrouery
van Set se regverdige afstammelinge en Kaïn se onregverdige geslag, het die
wêreld onomkeerbaar vervalle geraak. Gevolglik was Yahuwah geforseer om die
wêreld te oorstroom en weer met die regverdige Noag en sy gesin te begin.
Probleem #1: Nêrens in die Skrifte word na die afstammelinge van Set verwys as die
“seuns van Elohim” nie. (B’ nai Ha
Elohim). B’nai Ha Elohim word uitsluitlik gebruik om na engele in die Ou
Testament te verwys. Job 38 is veral duidelik dat die B’nai Ha Elohim engele is, want watter mens was teenwoordig toe
Yahuwah die grondslag van die aarde gelê het?
Daarna het Yahuwah Job uit die storm geantwoord en gesê: … Waar was jy
toe Ek die aarde gegrond het? Gee te kenne as jy insig het. Wie het die
afmetings bepaal? – jy weet dit mos! Of wie het daaroor die meetsnoer gespan?
Waar is sy fondament klippe op ingesink? Toe die môresterre saam gejubel en al
die “seuns van Elohim” [B’nai Ha Elohim]
gejuig het. (Job 38:1-7)
Daar is geen Skriftelike voorrang vir die afleiding dat die “seuns van Elohim” in Genesis 6 die afstammelinge van Set is nie. |
Daar is geen Skriftuurlike voorrang vir die afleiding dat die “seuns van
Elohim” in Genesis 6 die afstammelinge van Set is nie.
Die “Seuns van Set en die dogters van Kaïn” vertolking verhinder en
verberg die bedoelde grammatikale antitesis tussen die Seuns van God en die
dogters van Adam. Pogings om enige ander siening aan die teks te heg
kontrasteer die insig van die Hebreuse teks onder beide die rabbynse en die
vroeë geleerdes. Die leksikografiese antitesis het ten doel om `n duidelike
kontras tussen die “engele” en die vroue van die aarde te maak.
Indien die teks bedoel was om die “seuns van Set en die dogers van Kaïn”
te kontrasteer, waarom het dit nie so gesê nie? Set was nie God nie, en Kaïn
was nie Adam nie. (Waarom nie die “seuns van Kaïn” en die “dogters van Set”
nie? Daar is geen grond om die teks te beperk om op die lyn van Adam te dui nie.
Verder is daar geen sprake van dogters van Elohim nie.)
En hoe dra die “geslag van Set” se interpretasie by tot die vertolking
van die onafwendbare gevolge van die Vloed wat die primêre punt van die teks
is? Die hele siening is afgelei van `n reeks veronderstellings sonder
Skriftuurlike ondersteuning….
Die poging om die term “Seuns van Elohim” in `n breër sin toe te pas,
het geen tekstuele grondslag en verberg die presiesheid van sy aangewese
gebruik. Dit bewys om `n veronderstelling te wees wat teenstrydig is met die
eenvormige gebruik van die Bybel se term.5
Nog `n punt om hier te oorpeins is dat Skrifte nie eens sê dat Set se
lyn regverdig was nie.
En ook vir Set is `n seun gebore, wat hy Enos genoem het. Toe het hulle
die Naam van Yahuwah begin aanroep. (Genesis 4:26)
Alhoewel bogenoemde gedeelte dikwels aangehaal word om die geregtigheid
van Set se lyn te bevestig, is daar twee duidelike probleme met hierdie
veronderstelling: (1) Die teks sê: “toe begin die mens om die Naam van Yahuwah
aan te roep.” (2) Daarmee saam, het vele geleerdes voorgestel dat hierdie vers nie
akkuraat vertaal is nie. `n Akkurater vertaling sal so lees: “En aan hom, ook
aan hom was `n seun gebore; en hy het hom Enos genoem: toe het die mens begin
om die Naam van Yahuwah te ontheilig.”
Daar moet nie geveins word dat baie uitstekende manne tevrede was dat הוחל huchal, wat ons as begin, vertaal, as begin ontheilig, weergee moet word, of dan het
ontheiliging begin, en vanaf hierdie tyd dateer hulle die oorsprong van
afgodery. Die meerderheid Joodse doktore het hierdie standpunt ingeneem, en Maimonides het `n lang
bespreking daaroor in sy Treatise on Idolatry gehad; omdat hierdie deel
merkwaardig is, en die waarskynlikste verslag van die oorsprong en ontwikkeling
van afgodery voorsien . . . (Adam Clarke’s Commentary on the Bible).
Die
Boek van Jasher, was deur
die Skrifte self aanbeveel (Josua 10:13; 2 Samuel 1:18), bevestig hierdie
begrip.
En Set het een honderd en vyf jaar oud geword, en hy het `n seun gehad;
en Set het die naam van sy seun Enos genoem, en gesê, Want in daardie tyd het
die seuns van die mens begin vermeerder, en om hulle siele en harte deur
oortreding en rebellie teen [Elohim] te bedroef. En in die dae van Enos het die
seuns van die mens voortdurend gerebelleer teen [Elohim], om die toorn van
[Yahuwah] teen die seuns van die mens te vermeerder. En die seuns van die mens
het uitgegaan en ander gode gedien, en hulle het van [Yahuwah] vergeet wie
hulle in die aarde geskape het: en in die dae het die seuns van die mens beelde
van koper en yster, hout en klip gemaak, en voor dit neergebuig en dit aanbid.
En elke mens het sy god gemaak en voor hulle neergebuig, sodat die seuns van
die mens [Yahuwah] versoek het al die dae van Enos en sy kinders; en die toorn
van [Yahuwah] het ontvlam weens hulle werke en gruwels wat hulle in die aarde
gedoen het. (Jaser 2:2-5)
Probleem #2: Daar is absoluut geen rede om te glo dat die “dogters van die mens” `n
spesifieke verwysing na die afstammelinge van Kaïn was nie. In konteks, is die
“dogters van die mens” eenvoudig net aardse vroue, bv, die dogters wat gebore
is aan die mens namate hulle oor die aarde vermeerder het.
Toe die mense op die aarde begin vermeerder het, en daar vir hulle
dogters gebore is, sien die seuns van Elohim dat die
dogters van die mense mooi was, en hulle het vir hulle as vroue geneem
almal wat hulle verkies het. (Genesis 6:1-2)
Probleem #3: Daar is absoluut geen rede om te glo dat die samesmelting van Set se
geslag en Kaïn s`n in reuse
[Nephilim] sal ontaard nie.
Voortplanting deur ouers van verskillende godsdienstige sieninge lewer nie
bonatuurlike spruite op nie….Dit was hierdie bonatuurlike voortplanting en
die gevolglike abnormale wesens wat as `n hoof rede vir die oordeel van die
Vloed beoog was.
Die einste teenwoordigheid van sulke owerspel van die menslike
geslagslyn in Noag se geval is ook gedokumenteer in Genesis 6:9: Noag se
familie stamboom was beslis rein.6
Probleem #4: Die Nuwe Testament ondersteun die begrip dat engele op een of ander wyse
met vroue in die dae van Noag voortgeplant het, en lewer selfs kommentaar oor
die oordeel van hierdie groot sonde. In die volgende gedeelte, vertel Petrus
ons dat engele voor die vloed gesondig het, en gevolglik in die hel gewerp is
[Grieks Tartarus] en verhoor
afwagtend is.
Want as Yahuwah die engele wat gesondig het nie gespaar het nie, maar hulle in die hel gewerp en aan kettings
van duisternis oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word; en
die ou wêreld nie gespaar het nie, maar Noag, die prediker van geregtigheid,
met sewe ander bewaar het toe Hy die sondvloed oor die wêreld van goddelose
mense gebring het; (2 Petrus 2:4-5)
In die volgende deel herhaal Judas, Petrus se getuienis aangaande die
engele wat gesondig het. Judas vergelyk uitdruklik die sonde van hierdie engele
met Sodom en Gomorra, wat hulleself aan “hoerery” oorgegee, en “agter vreemde
vlees aangeloop het.”
En die engele wat hulle eie beginsels nie bewaar het nie, maar hulle eie
woning verlaat het, het Hy vir die groot dag met ewige boeie onder die
duisternis bewaar; soos Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle, wat op
dieselfde manier as hulle mense gehoereer het en agter vreemde vlees aan geloop
het, as `n voorbeeld gestel is, terwyl hulle die straf van die ewige vuur
ondergaan. (Judas 1:6-7)
Veel meer kon hieromtrent gesê word,
maar om verder uit te brei sou oorbodig wees. Die punt hier is eenvoudig net
dat die “seuns van Elohim” in Genesis 6 gevalle engele is, nie mense (bv. die afstammelinge
van Set nie). Om vol te hou dat die “seuns van Elohim” eintlik die “seuns van
Set” is, sal eenvoudig net nie waar aan die teks wees nie. As ons eerlike Bybel
student moet wees, moet ons die Skrifte vir haarself laat praat. Hierin, nes in
alle ander studies, moet ons sonder
voorbehoud die waarheid volg waar dit ookal heen mag lei.
Vir hulle wie die Bybel ernstig opneem skyn die argument van die “Engel Siening” oorweldigend te wees. Vir hulle wie toegee aan `n gewilligheid om vryhede te veroorloof met die reguit voorstelling van die teks, kan geen houding ingeneem, finaal wees nie. |
Vir hulle wie die Bybel ernstig opneem skyn die argument van die “Engel
Siening” oorweldigend te wees. Vir hulle
met die reguit voorstelling van die teks, kan geen houding ingeneem,
finaal wees nie.7
Nota: Sommige maak kapsie teen die engelagtige inval interpretasie van Genesis
6 op grond daarvan dat “engele nie kan trou nie.” Maar die verse ingedien om
hierdie teenstrydigheid te staaf, hoort spesifiek aan engele van die hemel en huwelike. (Matthéüs 22:30; Markus 12:25; Lukas 20:34-36). Daar is niks in die Skrifte wat sê dat rebelse “engele wat hulle eie
beginsels nie bewaar het nie, maar hul eie woning verlaat het” (Judas 1:6) onbevoeg vir voortplanting is nie.
Laat ons nou die breër implikasie van
hierdie insig navors en hoe dit in verband staan met Yahuwah se bevel om die
Kanaänitiese nasies uit te wis.
Eenvoudig gestel, Yahuwah het die vernietiging van die Kanaänitiese nasies aanbeveel want hulle was ten volle bederf met die Nephilim (engel/menslike hybriede) genetika. Dit was teenstrydig met Sy plan vir die mensdom, wat in die begin volgens Sy beeld geskape is. Indien dit nie onderdruk was nie, sou hierdie genetiese onsuiwerheid alomteenwoordig wees sodat dit feitlik onmoontlik sou word dat die Messias rein en sonder gebrek gebore word.8 Sou Yahuwah nie met die swaard van Israel tussenbeide getree het nie, sou alle bloedlyne uiteindelik besoedeld wees met die Nephilim gene. En alle hoop op verlossing deur die beloofde Messias sou verlore wees.
|
Omdat Skrifte nie `n tweede engele inval noem nie9, kan
afgelei word dat die Nephilim genetika die vloed deur Noag se skoondogters wie
in die Ark was, oorleef het. Na afloop van die vloed, het die Nephilim gene
weer opgeduik soos Noag se geslag uitgespruit het en begin vermeerder op die
aarde. Dit is bewys deur die Nephilim nasies wat floreer het in die land van
Kanaän in die dae van Moses en Joshua. Terwyl hierdie voorstelling as `n skok
aan baie kom, is dit die redelikste afleiding op Skriftuurlike bewyse gebaseer.
Die Genesis 6 en Post-Vloed Orde
van Gebeure:
(1) Gevalle Engele trou met mense (aardse
vroue).
“In dié dae was die reuse [Nephilim] op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van Elohim [Engele] by die dogters van die mense ingegaan het en dié vir hulle seuns gebaar het. Dit is die geweldiges uit die ou tyd, die manne van naam.” (Genesis 6:4) |
Toe die mense op die aarde vermeerder en daar vir hulle dogters gebore
is, sien die seuns van Elohim [Engele] dat die dogters van die mens mooi
was, en hulle het vir hulle vroue geneem almal wat hulle verkies het. Toe sê
Yahuwah: My Gees sal nie vir ewig in die mens heers nie, omdat hy ook vlees is;
maar sy dae sal wees honderd en twintig jaar. In dié dae was daar reuse
[Nephilim] op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van Elohim [Engele]
by die dogters van die mense ingegaan het en dié vir hulle seuns gebaar
het. Dit is die geweldiges uit die ou tyd, die manne van naam. (Genesis
6:1-4)
Want baie engele van [Elohim] het by vroue ingegaan, en seuns gebaar wie
as onregverdig bewys is, en veragters van alles wat goed is,
weens die vertroue wat hulle in hul eie krag het; want die oorlewering is, dat
hierdie manne die handelinge van diegene wie die Grieke as reuse aangesien het, nageboots
het. (Flavius Josephus, Antiquities of the Jews, Boek 1, Hoofstuk 3,
1.3.1, http://www.biblestudytools.com/history/flavius-josephus/antiquities-jews/book-1/chapter-3.html)
Die begrip dat rebelse engele
voor die vloed met vroue gemeenskap gehad het (Genesis 6) was oorheersend in
die eerste eeu, soos gesien kan word in bogenoemde aanhaling deur Flavius
Josephus. Dit was slegs in die 5de eeu dat die “Setiese” interpretasie van
Genesis 6 begin vlam vat het.
Dit was in die 5de eeu a.d. dat die “engele” interpretasie van Genesis 6
toenemend as `n verleentheid beskou is wanneer deur kritici aangeval was. . . .
Celsus en Juliaan die Afvallige het die tradisionele “engel” oortuiging
gebruik om Christelikheid aan te val. Julius Africanus het geneig na die
Setiese interpretasie as `n gemakliker grondslag. Cyril van Alexandrië het ook
die orthodokse “engel” interpretasie opgegee vir die “lyn van Set” se interpretasie. Augustine het ook die
Setiese teorie aanvaar en so het dit tot in die Middel Eeue oorleef.10
(2) As gevolg van die engele inval vermeld in
Genesis 6:1-4, het die mense hart onverbiddelik verskans geraak in bose
gedagtes.
Toe Elohim sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en
al die beginsels wat hy in sy hart bedink, altyd deur net sleg was, het dit Yahuwah
berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in Sy hart.
(Genesis 6:5-6)
(3) Yahuwah het gesê dat Hy die mens van die
aarde af moes vernietig.
En Yahuwah sê: Ek sal die mens wat Ek geskape het, van die aarde
verdelg, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die
hemel, want dit berou My dat Ek hulle gemaak het. (Genesis 6:7)
Neem notisie dat Yahuwah sê Hy moet ook die “vee, en die kruipende diere,
en die voëls van die hemel.” uitwis. Waarom moes so baie van die diere ook uitgewis
word? Die Boek van Jaser vertel ons dat na die “rigters en heersers” (`n tipe
van verwysing na engele) die dogters van die mens van hulle manne gesteel het,
die mens begin om verskillende soorte diere met mekaar te kruis. Gevolglik was
selfs die diere korrup.
En die rigters en die heersers het na die dogters van die mens gegaan en
vir hulle vroue deur dwang van hulle mans geneem, volgens hulle keuse, en die
seuns van die mens het in dié dae vee van die aarde geneem, die diere van die
veld en die voëls van die hemel, en het die vermenging van diere11 een spesie met die
ander geleer, om daardeur [Yahuwah] uit te tart; en [Elohim] het die hele aarde
in sy korruptheid aanskou, want alle vlees het sy weë op die aarde bederf, alle
mense en alle diere. (Jaser 4:18)
Kliek die beeld12om te vergroot
Mens, diere hybriede, en Kimeras in die Bybel?(nie-WLK video)
Dit verduidelik Moses se herhaaldelike gebruik van die frase “na sy soort/hulle
soort” wanneer hy na die diere wat aan boord die Ark gegaan het. Hierdie diere
was geneties rein, elkeen volgens sy eie soort nes Yahuwah bedoel het (Genesis
1: 20-25).
Maar met jou sal Ek my verbond oprig; jy moet in die ark gaan, jy en jou
seuns en jou vrou en die vroue van jou seuns saam met jou. En van al wat lewe,
van alle vlees, moet jy twee van elke soort in die ark laat ingaan om dit saam
met jou in die lewe te hou: mannetjie en wyfie moet hulle wees. Van die voëls volgens
hulle soorte en van die vee volgens hulle soorte, van al die
kruipende diere van die aarde volgens hulle soorte, twee van elke
soort, moet na jou kom om in die lewe te bly. (Genesis 6:18-20)
Op dieselfde dag het Noag en Sem en Gam en Jafet, die seuns van Noag,
sowel as die vrou van Noag en die drie vroue van sy seuns saam met hulle in die
ark gegaan. Hulle en al die wilde diere volgens hulle soorte en al die vee
volgens hulle soorte en al die diere wat op die aarde kruip, volgens
hulle soorte, voëls van allerhande vere – (Genesis 7:13-14)
Nie net was die diere wat die ark binnegegaan het geneties rein nie,
maar die Skrifte vertel ons ook dat Noag geneties rein was.
(4) Van Noag was gesê dat hy geneties rein was.
Maar Noag het genade gevind in die oë van Yahuwah. Dit is die
geskiedenis van Noag. Noag was `n regverdige, opregte man onder sy tydgenote.
Noag het met Elohim gewandel. (Genesis 6:8-9)
Die woord as “volmaak” vertaal in die bovermelde deel is, is tamiym [Strong`s H8549]. In konteks,
blyk dit dat hierdie woord `n verwysing kan wees nie net aan Noag se optrede
nie, maar ook tot sy genetiese reinheid. Die pasga lam en die rooivers kalf, as
voorbeeld, moes tamiym wees (sonder
liggaamlike gebreke), nes dit was met alle soenoffers. (Sien Exodus 12:5,
Numéri 19:2, en Levitikus 4:3.)
Die einste afwesigheid van enige sulke verderwing van die menslike
stamboom in Noag se geval is ook gedokumenteer in Genesis 6:9: Noag se familie
stamboom was besonders sonder gebreke. Die term, tamiym, word vir liggaams
gebreke gebruik.13
Die Hebreeuse woord vir tamiym beteken sonder gebreke, en is die
tegniese woord vir liggaamlike en fisiese volmaaktheid, en nie moreel nie. Daarom
word dit gebruik vir diere met liggaamlike reinheid. Dit word as sonder
gebrek beskou in Exodus 12:5; 29:1. Levitikus 1:3, 10; 3:1,6;
4:3,23,28,32; 5:15,18; 6:6; 9:2,3; 14:10; 22:19; 23:12,18. Numéri 6:14;
28:19,31; 29:2,8,13,20,23,29,32,36. Esegiël 43: 22,23,25; 45:18,23; 46:4,6,13. Sonder
gebrek. Numéri 19:2; 28:3,9,11; 29:17,26. Opregtes Psalm 119:1. Dít
wys dat Genesis 6:9 nie praat van die Noag se morele volmaaktheid nie, maar
vertel ons dat hy en sy gesin alleen hul stamboom bewaar
en dit rein gehou het, tenspyte van die heersende korrupsie wat deur die
gevalle engele te weeg gebring is. [klem oorspronklik] 14
(5) Noag het drie geneties rein seuns gehad.
En Noag het drie seuns gehad, Sem Gam en Jafet. (Genesis 6:10)
Volgens die Boek van Jaser het Noag een van Henog se dogters as vrou
geneem.
. . . Noag het gegaan en `n vrou
geneem, en hy het Naäman die dogter van Henog gekies, en sy was vyf honderd en
tagtig jaar oud. En Noag was vierhonderd en agt en negentig jaar oud, toe hy Naäman
as `n vrou neem. (Jaser 5:15-16)
Uit Henog se onverbetterlike opregte lewenshandel (Genesis 5:18-24), is
dit redelik om te sê dat Noag se vrou (Henog se dogter) geneties opreg was en,
gevolglik, net so met Noag se seuns.
(6) Daar word gesê dat die aarde
en alle vlees korrup was.
Maar die aarde was verdorwe voor die aangesig van Elohim, en die aarde
was vol geweld. Toe sien Elohim die aarde aan, en – dit was verdorwe, want alle
vlees het sy wandel op aarde bederwe. (Genesis 6:11-12)
(7) Yahuwah sê dat Hy alle vlees sal
vernietig.
En Elohim sê vir Noag: Die einde van alle vlees het volgens My besluit
gekom, want die aarde is deur hulle vervul met geweld. En kyk, Ek gaan hulle
saam met die aarde verdelg. (Genesis 6:13)
(8) Noag word beveel om `n Ark te bou.
Maak vir jou `n ark van goferhout. Met afdelings moet jy die ark maak en
dit binne en buite met pik bestryk. So moet jy dit maak: drie honderd el die
lengte van die ark, vyftig el sy breedte en dertig el sy hoogte. `n Opening
moet jy aan die ark maak; en op die maat van `n el moet jy van die bokant
afwerk en die deur van die ark aan die sykant insit. Jy moet dit met `n
onderste, tweede en derde verdieping maak. Want kyk, Ék bring `n watervloed oor
die aarde, en van onder die hemel te verdelg alle vlees waar `n lewensgees in
is. Alles wat op die aarde is, sal wegsterwe. (Genesis 6:14-17)
(9) Die Skrifte maak vir die eerste keer van
Noag se skoondogters melding.
Maar met jou sal Ek my verbond oprig; jy moet in die ark gaan, jy en jou
seuns en jou vrou en die vroue van jou seuns saam met jou. (Genesis 6:18)
Dit is krities belangrik om op te let dat Moses nie melding maak van
Noag se skoondogters tot ná:
- Dit duidelik gestel is dat alle vlees
bederf geraak het nie. (Genesis 6:11-12) - Yahuwah gesê het Hy alle vlees sal
uitwis. (Genesis 6:13) - Noag gevra is om `n Ark te bou.
(Genesis 6:14-17)
Dit is `n sterk aanduiding dat Noag se skoondogters nie geneties rein
was nie. Hulle sou tenminste `n spoor van die Nephilim gene gehad het. Dit is
duidelik aan drie feite. (1) Die reuse het na die vloed weer verskyn, sonder `n
tweede engel inval. (2) Noag was geneties opreg en die bewyse in konteks stel
sy seuns ook so voor. (3) Daar was geen melding van die vroue gemaak nadat dit bevestig is dat alle vlees
verdorwe geraak het nie. Die Boek van Jaser bevestig die interpretasie deur ons
mee te deel dat die vroue nie gekies was tot na die Ark gebou was nie. (Sien Jaser 5:33-35.)
Weereens, hoewel hierdie stelling as `n skok vir baie mag wees, is dit
die redelikste afleiding op die Skriftuurlike bewyse gebaseer.
[Nota: Om die Nephilim geen te dra (nes enige ander geen) waarborg
nie dat dit na die nageslag oorgedra sal word nie. In die geval van Gam se
seuns, veral Kanaän, was dit duidelik. Die historiese verslag stel voor dat
Jafet se seun Magog, ook die gene kon gehad het. Daar is egter geen bewys dat
die gene in Sem se geslag gemanifesteer het nie. Dit is ook belangrik om op te
let dat mens nie kan bekeer van wie jou ouers is nie. Noag se skoondogters sou
nie outomaties verdoem wees indien hulle met `n spoor van die Nephilim DNA
gebore was nie.]
(10) Yahuwah oorstroom die aarde. (Sien
Genesis 7-8.)
(11) Nephilim (reuse) verskyn
weereens na die vloed.
Die Amalekiete woon in die Suidland, maar die Hetiete, en die
Jebusiete, en die Amoriete woon in die gebergte:
en die Kanaäniete by die see en aan die kant van die Jordaan.
Toe het Kaleb die volk stilgemaak teenoor Moses en gesê: Laat ons gerus
optrek en dit in besit neem; want ons kan dit sekerlik oorweldig.
Maar die manne wat saammet hom opgetrek het, het gesê: Ons kan nie teen
die volk optrek nie, want hulle is sterker as ons.
So het hulle
dan slegte gerugte onder die kinders van Israel versprei oor die land wat hulle
verken het, deur te sê: Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is `n
land wat sy inwoners verteer; en aldie mense wat ons daarin gesien het, is groot manne.
Ons het daar ook die reuse [Hebreeus Nephilim: dieselfde woord deur
Moses in Genesis 6:4 gebruik] gesien, die kinders van Enak, van die reuse
afkomstig; en ons was soos sprinkane in ons oë; so was ons ook in hulle oë. (Numéri 13:29-33)
Neem notisie dat die nasies van “reuse” (Nephilim) wat hier genoem word,
almal Kanaänitiese volke was (wat beteken dat hulle almal nasate van Noag se
kleinkind, Kanaän was) diegene vir wie Yahuwah opdrag gegee het om heeltemal te
vernietig. Alhoewel slegs vier van die sewe Kanaänitiese nasies hier deur die
verspieders genoem word, sou dit verstaan word dat die oorblewende drie (die
Girgasiete, die Peresiete, en die Hewiete) ingesluit was, omdat hulle deel van
Kanaän was. Dit is waarskynlik dat die verspieders nie die Girgasiete, die
Peresiete en die Hewiete op die naam genoem het nie weens die roete wat hulle
geneem het tydens die verkenning van die
land. Die verspieders het deur die woestyn van Sin, die land binnegekom en het
noordwaarts so ver as Rehob gevorder.
En hulle het opgetrek en die land verken van die woestyn Sin af tot by
Rehob, na die ingang van Hammat – hulle het in die Suidland opgetrek en tot by
Hebron gekom; en daar was Ahíman, Sesai en Talmai, die kinders van die
Enakiete. En Hebron is sewe jaar voor Soan in Egipte gebou. Daarop het hulle
tot by die dal Eskol gekom en daar `n rank met een tros druiwe afgesny, en twee
het dit aan `n draagstok gedra; ook van die granate en van die vye. Dié plek
het hulle die dal van Eskol genoem vanweë die tros wat die kinders van Israel
daar afgesny het. En ná verloop van veertig dae het hulle teruggekom van die
land te verken. (Numéri 13:21-25)
Kliek die beeld om te vergroot.
Alhoewel die Kanaänitiese nasies nie die enigste reuse (Nephilim) nasies
was nie, was hulle by verre die grootste en het gesamentlik meer land beset as
enige van die kleiner stamme.
Hieronder is sommige van die stamme van reuse soos in die Skrifte
opgeteken:
![]() |
Gefossiliseerde Ierse reus tydens myn operasies in die Streek Antrim, Ierland gevind(circa 1876): Hy was 12’2” lank met ses tone aan sy regtervoet. Skrifte maak melding van reuse (Refaïete) met ses tone. “En daar was weer oorlog in Gat; en daar was `n baie lang man, met ses vingers aan lke hand en ses tone aan elke voet, vier-en-twintig in getal, en hy was ook `n afstammeling van die Refaïete [H7498: râphâ’].” (2Samuel 21:20; Sien ook 1 Kron. 20:6.) |
- Die Refaïete: Die term “Refaïete” verskyn in die Skrifte
waar dit in die algemeen van toepassing is op die Kanaänitiese volke.15
Og, die Amoritiese koning van Basan, het aan die oorblyfsel van die Refaïete
behoort: “Daarna het ons weggedraai en oppad na Basan opgetrek; en Og, die
koning van Basan, het uitgetrek, ons tegemoet, hy en sy hele volk, om te veg by
Edréï. . . . Want Og, die koning van Basan, het net alleen oorgebly van die
Refaïete.[H7497: rapha’]. Is sy
ledekant, `n ysterledekant, nie daar in Rabba van die kinders van Ammon nie?
Nege el [13.5 voet16] is sy lengte en vier el [6 voet] sy breedte,
gewone elle. - Die Anakins: Die Enakins was afstammelinge van Enak, die
seun van Arba (Josua 15:13;21:11) en het in
die suidelike deel van Kanaän gewoon. Die kinders van Israel, onder aanvoering
van Josua, het baie van die Enakiete en hulle stede uitgewis. Maar sommige van
hulle het na Gasa, Gat, en Asdod gevlug (Joshua 11:21-23). Dawid en sy manne het later
verskeie van die Enakiete van Gat ontmoet, die bekendste een was Goliat. (1 Samuel 17:3-7; 2 Samuel 21:20-22). - Die Susimiete (die Samsummim): Die Susimiete, deur baie Bybel kommentators as dieselfde as die Samsummiete
beskou, het in die areas van antieke Ammon gewoon. Yahuwah het die Susimiete
verdelg sodat die kinders van Lot die land kon besit. (Deut. 2:19-21) - Die Emiete: Die Emiete het gewoon in die gebied
van antieke Moab. Yahuwah het die Emiete verdelg sodat die kinders van Lot die
land kon hê. (Deut. 2:10-12) - Die Horiete: Die Horiete (Horims) het in die
antieke Edom gewoon. Yahuwah het die Horiete verdelg sodat die kinders van Esua
die land kon besit. (Deut. 2:12, 21-22)
Volgens die International Standard Bible Encyclopedia, “Dit is waarskynlik dat hulle [die Refaïete, die Enakiete, die Susims,
en die Emiete] almal van dieselfde stamboom is, wie deur die verskillende
stamme wie met hulle in kontak gekom het, verskillende name gegee is.” Die
Skriftelike en geografiese aansluiting van die Horiete met die ander stamme
stel voor dat hulle deel van `n groter familie was.
Nota: Almal die bogenoemde stamme was betrokke in die Genesis 14 oorlog. Dit was geen gewone konflik nie; dit was `n stryd van mense en reuse (Nephilim)! Hierdie insig word ondersteun deur die geskrifte van die eerste eeuse historikus, Flavius Josephus, wie aanvoer dat die “kinders van die reuse” in hierdie oorlog oorwin was.17
|
(12) Yahuwah sê aan die Israeliete
om die Nephilim nasies uit te wis,
terwyl genade aan die ander betoon word.
Wees Genadig:
As jy naby `n stad kom om daarteen te veg, moet jy dit vrede aanbied. En
as dit jou `n antwoord van vrede gee en vir jou oopmaak, moet die hele volk wat
daarin gevind word, aan jou dienspligtig wees en jou dien. Maar as dit geen
vrede met jou sluit nie, maar oorlog teen jou wil voer, moet jy dit beleër. En
Yahuwah jou Elohim sal dit in jou hand gee, en jy moet al die manne daarin met
die skerpte van die swaard verslaan; net die vroue en die kinders en die vee en
alles wat in die stad is – die hele buit moet jy vir jou roof; en jy moet die
buit van jou vyande eet wat Yahuwah jou Elohim jou gegee het. So moet jy met al
die stede maak wat baie ver van jou af is, wat nie by die stede van hierdie
nasies behoort nie. (Deuteronómium 20:10-15)
Verdelg die Nephilim nasies:
Maar van die stede van hierdie volke wat Yahuwah jou Elohim jou as
erfdeel sal gee, moet jy niks wat asem het, laat lewe nie. Maar jy moet hulle
heeltemal met die banvloek tref: die Hetiete en Amoriete, die Kanaäniete en
Feresiete, die Hewiete en Jebusiete, soos Yahuwah jou Elohim jou bevel het;
sodat hulle julle nie leer om te handel volgens al hulle gruwels wat hulle vir
hul gode gedoen het, en julle teen Yahuwah julle Elohim sondig nie.
(Deuteronómium 20:16-18)
As Yahuwah jou Elohim jou inbring in die land waarheen jy gaan om dit in
besit te neem, en Hy baie nasies voor jou uitverjaag: die Hetiete, Girgasiete,
Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete, en Jebusiete, sewe nasies, meer en
magtiger as jy; en Yahuwah jou Elohim hulle aan jou oorgee, dat jy hulle
verslaan, dan moet jy hulle geheel en al met die banvloek tref; jy mag geen
verbond met hulle maak en hulle nie genadig wees nie. Jy mag jou ook nie met
hulle verswaer nie – jy mag jou dogter nie gee aan sy seun, en sy dogter nie
vir jou seun neem nie; want hy sal jou seun van My afvallig maak, sodat hulle
ander gode dien en die toorn van Yahuwah teen julle ontvlam en Hy jou gou
verdelg. Maar julle moet met hulle so doen: hulle altare moet julle omgooi en
hulle klippilare verbrysel en hulle heilige boomstamme omkap en hulle gesnede
beelde met vuur verbrand. (Deuteronómium 7:1-5)
![]() |
An Encyclopedia of Giants, deur Stephen Quayle |
Bewaar die saad…
Neem notisie van Yahuwah se duidelike bevel om nie met die Nephilim
nasies te ondertrou nie.
Jy mag jou ook nie met hulle verswaer nie – jy mag jou dogter nie gee
aan sy seun, en sy dogter nie neem vir jou seun nie. (Deuteronómium 7:3)
Dit sê duidelik dat Vader Yahuwah die saad waar deur die Messias sou
kom, bewaar het. Hy het Israel absoluut verbied om met die Kanaänitiese nasies
saam te woon. Nog `n afdoende bewys van
hierdie gevolgtrekking is te vinde in die feit dat Yahushua se lyn deur Juda se
ingaan met sy skoondogter, Tamar, eerder as deur die kinders wat hy van sy
Kanaänitiese vrou gehad het!
En Juda het daar die dogter van `n Kanaänitiese man
gesien met die naam van Sua; en hy het met haar getrou en by haar ingegaan . .
. En na verloop van geruime tyd, het die dogter van Sua, die vrou van Juda
gesterwe. En toe Juda klaar getreur het, het hy opgegaan na die skeerders van
sy kleinvee, na Timnat toe, hy en sy vriend Hira, die Adullamiet. En hulle het Tamar
[Juda se skoondogter] te kenne gegee en gesê: Kyk, jou skoonvader gaan
op na Timna, om sy kleinvee te skeer. Toe trek sy die klere van haar
weduweeskap uit en bedek haar met `n sluier en draai haar toe; en sy het gaan
sit by die ingang van Enaim wat op die pad na Timna lê. . . . Toe Juda haar
sien, het hy haar vir `n hoer gehou, omdat sy haar gesig toegebind het; en hy
het na haar uitgedraai by die pad . . . . en gaan by haar in, en sy het by hom
swanger geword. . . . En toe sy sou baar, was daar `n tweeling in haar
skoot. En terwyl sy baar, het een die hand uitgesteek; en die vroedvrou het dit
gegryp en `n rooi draad om sy hand gebind en gesê: Hierdie een is eerste
gebore. Maar toe hy sy hand teruggetrek het, word sy broer gebore! En sy sê:
Hoe kragtig het jy deurgebreek! En hulle het hom Peres genoem. En daarna
is sy broer gebore aan wiese hand die rooi draad was. En hulle het hom Serag
genoem. (Sien Genesis 38.)
Die geslagsregister van Yahushua die Gesalfde, die seun van Dawid,
die seun van Abraham: Abraham was die vader van Isak, en Isak was die vader van
Jakob, en Jakob was die vader van Juda en sy broers; en Juda [Judas] was die
vader van Peres [Perez] en Serag by
Tamar; en Peres was die vader van Hesron, en Hesron was die vader van Ram, . .
. (Matthéüs 1:1-3; Sien ook Lukas 3:33.)
Een laaste bewys van Yahuwah se intensie om te verhoed dat die
Israelitiese saad besoedel raak met die Kanaänitiese Nephilim genetika is te
vinde in Sy voorsiende beskutting van Israel in Egipteland, waar, geïsoleerd,
hulle tot mag en in getalle kon groei. Meer as 400 jaar voor die Exodus, het
Yahuwah aan Abraham gesê dat sy afstammelinge vreemdelinge in `n ander land
(Egipte) sal wees, maar daarheen terug sal keer (Kanaän), as “die
ongeregtigheid van die Amoriete is tot nou nog toe nie vol nie.”
Daarop sê Hy vir Abraham: Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge
sal wees in `n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar
wees en verdruk word vierhonderd jaar lank. Maar jý sal na jou vaders gaan in
vrede, jy sal in goeie ouderdom begrawe word. En die vierde geslag sal hierheen
terugkom, want die ongeregtigheid van die Amoriete is tot nou nog toe nie vol
nie. (Genesis 15: 13-16, klem verskaf)
Onmiddelik hierna, lees ons dat Yahuwah `n gelofte met Abraham gemaak
het waarin Hy belowe het om die land wat deur die Amoriete en ander Nephilim
bewoon word aan sy nageslag sou gee.
En ná sononder toe dit heeltemal donker was, gaan daar `n rokende oond
en `n vurige fakkel tussen die stukke vleis deur. Op dié dag het Yahuwah met
Abraham `n verbond gesluit en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van
die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier: die
Keniete en Kenissiete en Kadmoniete en Hetiete en Feresiete en Refaïete en
Amoriete en Kanaäniete en Girgasiete en Jebusiete. (Genesis 15:17)
Dit wil hier voorkom asof Vader Yahuwah Die Kanaänitiese nasies (Nephilim)
in sterkte sowel as getalle laat toeneem het, sodat in Sy volmaakte
tydsberekening, Hy die saad van rebellie kon vernietig en Homself as magtig
bewys deur die hand van die Israeliete
wie getrou gebly het.
Die Vader se bevel om die Kanaänitiese nasies uit te wis was alles behalwe willekeurig. Ver daarvan om `n toevallig handeling van volksmoord te wees, was die verdelging van die Kanaäniete `n handeling van ongeëwenaarde voorsienigheid en onselfsugtige liefde. |
Gevolgtrekking:
Die Vader se
bevel om die Kanaänitiese nasies te vernietig was alles
behalwe willekeurig. Ver daarvan om `n toevallige handeling van volksmoord te
wees, was die uitwissing van die Kanaäniete `n merkwaardige optrede van
ongeëwenaarde voorsienigheid en onselfsugtige liefde. Sou Vader Yahuwah
toegelaat het dat die Nephilim nasies onverstoord voortgegaan het, sou die
ganse aarde korrup wees, en die bloedlyn van die beloofde Messias besoedeld
geraak het, wat ons redding onmoontlk sou
maak.
[D]it maak veel sin waarom
[Yahuwah] mag toegelaat het dat `n mikroskopies genetiese kode (bv. `n
oorblyfsel genetiese inligting) oorleef het – net lank genoeg vir Sy volk om
hulle uit te wis. Waarom? Want . . . dit
was deur hierdie heldedade van die Hebreeuse volk dat die hele post-Vloed wêreld
hulle en YHWH, hulle [Elohim] – die enigste ware [Elohim] van Abraham, Isaak en
Jakob, gevrees het. [Yahuwah] was deur Sy uitverkore volk en hierdie nuwe nasie
van “vernietigers van reuse” ere bewys wat as `n getuienis dien aan alle nasies
van die ontsaglike mag en waarheid van die lewende Skepper van die hemel en aarde.
En voordat hulle gaan slaap het, het sy
op die dak geklim na hulle toe en aan die manne gesê: Ek weet dat [Yahuwah] die
land aan julle gegee het en dat die skrik van julle op ons geval het en dat al
die inwoners van die land vir julle bewe; want ons het gehoor dat [Yahuwah] die
water van die Skelfsee voor julle by jul uittog uit Egipte laat opdroog het en
wat julle die twee konings van die Amoriete, Sihon en Og, oorkant die Jordaan
aangedoen het, dat julle hulle met die banvloek getref het. Toe ons dit hoor,
het ons hart gesmelt, sodat daar by niemand enige moed meer oorgebly het
teenoor julle nie; want [Yahuwah julle Elohim], Hy is [Elohim] in die hemel
daarbo en op die aarde hieronder. (Josua 2:8-11)
Wanneer u in ag neem wat hierdie nietige nasie aan die hele kulture van
die massiewe post-Vloed reuse gedoen het, is dit baie maklik om te sien waarom
[Yahuwah] “toegelaat” het dat Nephilim genetika moet oorleef – lank genoeg om
deur Sy volk uitgewis te word. Deur so te doen, het [Yahuwah] aan die wêreld
gedemonstreer wat die mense in harmonie met Hom kan vermag.18
Loof Yahuwah vir Sy Naam sonder gelyke nou en tot in alle ewigheid. Hy
ken die einde van die begin is regverdig en geregtig in al Sy weë!
Baie meer kon aangaande die besonderhede van die engele inval van Genesis 6 gesê word, maar dit is nie in die omvang van hierdie spesifieke studie om verder as dit waarop alreeds uitgebrei is te gaan nie. Die feit hier word bondig in bogenoemde gevolgtrekking uiteengesit.
|
Die Boek van
Henog
Baie beweer dat Henog se Boek van Bewakers `n vertrouenswaardige
bron van kennis omtrent die engele inval is. WLK erken nóg ontken hulle hierdie
moontlikheid, maar het gepoog om uit die Skrifte alleen die ware karakter van
die Genesis 6 kwessie, bloot te lê. Terwyl die Boek van Jaser periodiek
gebruik was om op sommige van die feite uit te brei, is dit nie eens nodig om
die werklikheid van die engele inval en sy gevolge te bewys nie. Die
Bybel alleen, is onweerlegbaar voldoende.
Die Dae van
Noag
En soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die
mens wees. (Matthéüs 24:37)
Wanneer dit in hierdie nuwe lig beskou word, neem die betekenis van
hierdie profetiese waarskuwing selfs `n groter mening aan.
In die dae van Noag, was alle vlees bederf deur die gruwels en verbode
gewoontes van die vermenging van ongelyksoortiges.
Nephilireuse (Genesis 6:4) en kimeras (Jaser 4:18) het hul oorsprong uit
onheilige koppelinge en hoë rebellie. Deesdae sien ons weereens hierdie
veragtelike dade! “Wetenskaplikes” is besig om uit vermetelheid die mense en
diere genetika te besoedel; hulle is, sonder verskoning, besig om dit wat
Yahuwah as “baie goed” in die begin gesien het (Genesis 1:31) te bederf. Waarlik, ons leef in die “dae van Noag.”
Hier is net `n paar afskuwelike ondernemings van die moderne wetenskap.
- rot met mens ore
- rotte met mens breins
- vark-mens kimera
- tamaties met vis gene
- haas eiers met mens selle
- tabak plante met vuurvliegie gene
- skape met mens harte – 15% mens-dier kimera
Nie net het die vermenging van mens en dier algemene praktyk geword nie,
maar GVO (Geneties Verbeterde Organismes)word vinnig die standaard vir voedsel produksie en verbruik. GVOS is in werklikheid `n belediging aan Yahuwah! Manne wie beoefen wat
valslik as “wetenskap” beskou word, roem daarin dat hulle dit wat Yahuwah as
“baie goed” gesien het, kan verbeter, is sonder rede en dit is `n duidelike
teken van die tye waarin ons lewe.
Baie Bybel studente en hedendaagse Nephilim navorsers is oortuig dat ons
weer `n terugkeer van die Nepilim in hierdie laaste dae gaan sien. Dit is
sekerlik waar, en met inagname van alle dinge, selfs waarskynlik. “En soos dit
gebeur het in die dae van Noag, so sal dit ook wees in die dae van die Seun van
die mens.” (Lukas 17:26) Mag Yahuwah ons harte versterk en ons wysheid skenk
vir die dae wat voorlê.
*Alle aangehaalde Skrifte is die OV met die heilige Name voorsien
1 Die Girgasiete is uitgelaat uit die
Deuteronómium 20 lys van Kanaänitiese nasies, maar is by die volgende
ingesluit: Deuteronómium 7, Josua 3:10, en Josua 24:11.
2 “Seuns of Elohim” (B’nai HaElohim) is in 5 Ou Testamentiese gedeeltes te vinde: Genesis 6:2; Genesis 6:4;
Job 1:6; Job 2:1; Job 38:7
3 Die outeurskap van Job word oor die
algemeen aan Moses toegeskryf.
4 Chuck Missler, Textual Controversy: Mischievous
Angels or Sethites?, http://www.khouse.org/articles/1997/110/.
5 Ibidem
6 Ibidem
7 Ibidem
8As die teenbeeldige “Lam van Yahuwah,”
moes Yahushua sonder gebrek wees. “Julle moet `n [Pasgalam] hê sonder gebrek,
`n jaaroud rammetjie. Van die skape of van die bokke kan julle dit neem.”
(Genesis 12:5) “Omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer
of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer
is nie, maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van `n lam sonder gebrek
en vlekkeloos.” (1 Petrus 1:18-19)
9 Sommige het stelling ingeneem dat `n
tweede engele inval plaas gevind het, wat beteken dat engele met vroue voor en
na die vloed gemeenskap gehad het. Maar die bewyse stel voor dat dit net
eenkeer gebeur het. Vir meer hieroor verwys ons u na Archon Invasion: The Rise and Return of the Nephilim deur Rob
Skiba, bls. 31-64.
10 Chuck Missler, Textual Controversy: Mischievous
Angels or Sethites?, http://www.khouse.org/articles/1997/110/.
11 Legendes van kimeras (organismes met `n
mengsel van geneties verskillende vessel, bv. mens met dier gemeng,
verskillende soorte diere met mekaar gekruis, ens.) is opvallend regdeur die
aangetekende geskiedenis. Alhoewel baie hierdie verhale as fiksie afgemaak het,
is die waarheid dat kimeras was (en dalk is) `n realiteit. (Jaser 4:18; 36:32;61:25) “Mens,dier
hibriede en Kimeras in die Bybel?”
12 (1) The bronze “Chimera of
Arezzo” is one of the best known examples of the art of the Etruscans.
(400 BC)Die brons “Kimera van Arezzo” is
een van die bes bekende voorbeelde van die kuns van die Etruskane. (400 v.C.)
(2) “Sentaurus…” deur Laurent Marqueste (Frankryk, 1850–1920).
Marmer, 1892. In die Tuileries Tuine, Parys.
(3) Groot Sfinks van Gisa
(4) Kimera standbeeld by Fontaine Saint Michel, Parys, Frankryk.
(5) Egyptiese Griffioen
(6) Griffioen faas, trefoil-mond oinokoe, 420BC-400v.C, Geskep in: Attika (Europa,
Griekeland, Attika (Griekeland))
(7) Theseus fighting the Minotaur by Étienne-Jules Ramey (French, 1796–1852).
Marmer, 1826. In die Tuileries Tuine, Parys.
(8) The Black Obelisk of Shalmaneser III is `n swart kalksteen Neo-Assyrian
bas-reliëf beeld van Nimrod (antieke Kalhu), in noord Irak, herdenkingv van die
dade van Koning Shalmaneser III (heerser vanaf 858-824 v.C). Gedetileerde
aansig van twee verskillende pleister gietstukke.
(9) Assyriese Sedu
13 Chuck Missler, Textual Controversy: Mischievous
Angels or Sethites?,
http://www.khouse.org/articles/1997/110/.
14 Dr. E. W. Bullinger, Appendixes To The Companion Bible, Appendix 26, http://www.markfoster.net/rn/companion_bible_appendices.pdf.
15 “Dit was
moontlik dat “Raphah die stam-vader van die Refaïete was, `n antieke stam van
reuse statuur, waarvan slegs `n paar families in die tyd van Moses oorgebly
het.” Keil & Delitzsch, Commentary on the Old Testament, Volume 2, Joshua, Judges, Ruth, 1 en 2
Samuel, 2006, bl. 680.
16 Og se bed was omtrent 13.5 voet lank
en omtrent 6 voet wyd. Dit is `n konserwatiewe
skatting wat op 18” voorarmslengte gebaseer is.
17 Flavius Josephus, Antiquities of the Jews, Boek 1, Hoofstuk 9, 1.9.1, http://www.biblestudytools.com/history/flavius-josephus/antiquities-jews/book-1/chapter-9.html
18 Rob Skiba, Archon Invasion: The Rise, Fall and Return of the
Nephilim, 2012, bls. 157-158.