Julle
moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is ’n teken tussen My en julle in
julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek Yahuwah is wat julle heilig. Onderhou dan die Sabbat, want dit moet vir
julle heilig wees….’n ewige verbond. (Lees Eksodus 31 verse 13 tot 14 en 16.)
![]() |
Die Sabbat is ʼn “ewigdurende verbond,” ʼn nimmereindigende ooreenkoms, tussen Yahuwah en Sy mense. |
Die Sabbat is ʼn
“ewigdurende verbond,” ʼn nimmereindigende ooreenkoms, tussen Yahuwah en Sy
mense. Dit is ʼn teken wat onderskei tussen
Yahuwah se volgelinge, en die res van die wêreld. Dit is nie net sommer enige dag wat die
Bybelse Sabbat is, ”maar die sewende dag Sabbat is die Sabbat van Yahuwah jou Elohim.”
(Lees Eksodus 20 vers 10.) Baie
Christene aanbid op Sondag as eerbetoon aan die opstanding. Hulle noem die Sondag “die dag van die Here,” en
glo dat die sewende dag Sabbat aan die “kruis
vasgenael is.” Yahuwah se wet is ewigdurend. Yahushua het ook die Sabbat onderhou toe Hy
op aarde was, en so ook al die apostels en die vroeë Christene. Yahushua het eienaarskap van die Sabbat
opgeëis toe Hy verklaar het: “ want die Seun van die mens is Here ook van die
Sabbat.” (Mattheus 12 vers 8.) Die ware
“Dag van die Here,” volgens die Skrif is die sewende dag Sabbat!
Omdat die ware
Sabbat ʼn bepaalde dag is, is dit lewens belangrik dat die regte metode van
berekening van tydmeting gebruik moet word vir die bepaalde dag. Regdeur die geskiedenis, is verkillende
metodes gebruik vir die meting van tyd. In
Afrika en Suid Amerika, was daar weke met die en vyf dae wat gebruik is. Egiptenare en die Franse Republiek het son
kalenders gebruik met weke wat tien dae lank is. Die hedendaagse Ismaelitiese kalender is ʼn
kalender wat alleenlik gegrond is op die bewegings van die maan. Die jare volgens die maan is korter as die
jare volgens die son, so blyk dit dat Ramadan terug beweeg gedurende die
Gregoriaanse jaar kalender. Die
Gregoriaanse kalender is gegrond op die tyd wat dit neem vir die son om een
omwenteling in die hemelgewelf te voltooi, van die een ewening tot dieselfde
ewening. Dit is ʼn son kalender.
Daar is niks
verkeerd met die meting van tyd volens enige van hierdie metodes. Hulle almal
meet tyd net op verskillende maniere. Soortgelyk,
soos die metrieke sisteem wat meters gebruik en die imperiale sisteem wat
jaarts gebruik: beide sisteme word gebruik vir die meting van lengte. Tyd meting kan ook verskillende metodes
gebruik. Alhoewel, die ware Sabbat dag ʼn
bepaalde dag is. In orde om daardie
bepaalde dag te vind, moet daar van ʼn bepaalde metode van tydsberekening
gebruik word gebruik gemaak word. ʼn Man
wat aangesê word om na die “sewende huis op die regterkant” te gaan, sal hy nie
in staat wees om die regte huis te vind as hy in die verkeerde straat is. Hy moet eers in die regte straat wees voordat
hy kan tel tot die sewende huis. Die
enigste metode van tydhouding wat die ware sewende dag openbaar, is die maan –
son kalender vanaf die Skepping. Alleenlik
die Bybelse kan akkuraat die bepaalde dag bereken wat ʼn teken is tussen Yahuwah
en Sy mense.
Dit is waar dat
Saterdag die sewende dag van die hedendaagse week is. Alhoewel, dit nie maak dat dit die Saterdag
sewende dag die van die Skrif is. Die
hedendaagse week het sy oorsprong vanaf die heidense week volgens die planete. Dit was deur die Juliaanse kalender aangeneem
wat op ʼn Saterdag begin het! Die
hedendaagse Gregoriaanse kalender kan nie die fases van die maan gebruik vir
die berekening van die ware sewende dag Sabbat omdat te kort skiet aan
belangrike Bybelse eienskappe vir die meting van tyd en die maande volgens die
maan. Die Skepper se kalender begin elke
maand op die dag van die Nuwemaan.
“Toe sê Dawid vir
Jónatan: Kyk, môre is dit nuwemaan, en ek moet sekerlik met die koning saam
aansit om te eet….
Verder het Jónatan
vir hom gesê: Môre is dit nuwemaan, en jy sal gemis word, want jou sitplek sal
leeg wees…….
Daarop het Dawid
hom in die veld weggesteek. En toe dit
nuwemaan was, gaan die koning aan die maaltyd sit om te eet…. maar Dawid se
plek was leeg.” (1 Samuel 20 verse 5 en 18 en 24 tot 25.)
Die Hebreeuse woord
vir “maand,” is chodesh, en dit
beteken in werklikheid:
“nuwemaan, maand,”Chodesh kan verwys na ʼn “maand,” of na
die periode van een nuwemaan na die ander. (Chodesh, #2320, The New Strong’s Expanded Dictionary of
Bible Words.)
Aangesien die
Bybelse maand begin met die Nuwemaan, is die weeklikse Sabbatte opsigself
verbind aan die maan. Die dag van die Nuwemaan hernu die weeklikse siklus. Yahuwah het die ligte aan die hemel vir die
uitsluitlike doel geskep vir die berekening van tyd.
“Laat daar ligte wees aan die uitspansel van
die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as
tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare.” (Genesis 1 vers 14.)
Die woord
“seisoene” kom van die woord mo’ed.
Mō’ĕd of mō’ādāh; vergadering,
feestelike byeenkoms, aangewese, teken…..
Aangesien die Joodse feestye met gereelde tussenposes plaasgevind het,
word hierdie woord met hulle geïdentifiseer.
Mō’ĕd word in ‘wye sin vir al die godsdienstige vergaderings. Dit was in ʼn noue verband geassosieer met die
tabernakel self… [Yahuwah] het Israel daar ontmoet op bepaalde tye, en om Sy
wil aan hulle bekend te maak. Dit is ʼn
algemene term wat gebruik word vir aanbiddingvergadering van….. [Yahuwah] se
mense. (# 4150, Hebrew-Greek Key Word
Study Bible)
![]() |
“Hy het die maan gemaak vir die vaste tye [mo’ed]. |
Hierdie Psalm
bevestig die feit dat die maan vir ʼn bepaalde doel gemaak is vir die berekening
van “seisoene” of [mo’ed].”
“Hy
het die maan gemaak vir die vaste tye [mo’ed].”
(Psalm 104 vers 19. )
Nuwemane is
gekoppel aan die sewende – dag Sabbatte regdeur die Skrif.
“So sê Yahuwah Elohim: “Die poort van die
binneste voorhof wat na die ooste kyk, moet gedurende die ses werkdae gesluit
wees; maar op die sabbatdag moet dit oopgemaak word; ook moet dit op die dag
van die nuwemaan oopgemaak word.” (Lees Esegiël 46 vers 1.)
Die jaarliksefeeste is ook onafskeidbaar gekoppel aan
die Nuwemane omdat dit ontmoontlik is om hulle te bereken volens enige iets
anders as die maanmaand.
“Blaas
die basuin op nuwemaan, op volmaan vir ons feesdag. Want dit is ʼn insetting vir Israel, ʼn
verordening van die Elohim van Jakob.” (Lees Psalm 81 verse 3 en 4.)
Die dag van die
Nuwemaan was ʼn tyd hertoewyding tot Yahuwah.
Geen handel het plaasgevind op die dag van die Nuwemaan. Die teruggevalle Israeliete was dikwels
ongeduldig oor die beperkinge wat godsdiensonderhouding geplaas het op hulle
besigheid en aktiwiteite.
“wanneer
is die nuwemaan verby, sodat ons koring kan verkoop, en die sabbat, sodat ons
die graanskuur kan oopsluit.” (Amos 8 vers 5.)
Omdat elke
maanmaand begin met die dag van die Nuwemaan, kom die datums van elke maan – maand
voor op dieselfde dag van die week. Die
dag van die Nuwemaan is die eerste van elke maand. Dit word opgevolg deur die eerste dag van die
werksweek op die tweede dag van elke maand.
Die Sewende – dag Sabbatte kom voor op die 8ste,die 15de, die22ste en
die 29ste van elke maanmaand.
Omdat die weeklikse
siklus hernu met die begin van die Nuwemaan, blyk dit dat die Sabbatte “sweef”
deur die Gregoriaanse week. In die
werklikheid is dit die Gregoriaanse maande wat sweef deur die konstante formaat
van die maan – maande. Toe die Skepper
Sy volkome metode van tydmeting ontwerp het, Hy beide die son en die maan
geskape vir ʼn akkurate en pragtige kalender: die maan – son kalender. Die maan reguleer die maande, en die son
reguleer die jare.
Saterdag is ʼn namaaksel
van die ware sewende dag Sabbat. Die Gregoriaanse
kalender is ʼn son kalender. Dit gebruik
alleenlik die son as ʼn grondslag vir tydhouding. Die Nuwemane word nie eers geag volgens die
Gregoriaanse kalender. Hulle word
verseker nie gebruik vir die bepaling van die sewende dag Sabbat. Terwyl enige kalender gebruik mag word vir
die telling van tyd, dit alleenlik die gekombineerde handeling van beide die
maan en die son, volgens die maan – son kalender van die Skepping gebruik mag
word vir die bepaling van die Hemel se heilige mo’ed: die weeklikse sewende
– dag Sabbat en die jaarlikse feeste.
Satan het verklaar
dat hy “tyd en wette” sal verander. (Lees Daniel 7 vers 25.) Hy het dit gedoen deur die wêreld te lei om
te verenig in die gebruik van ʼn namaaksel sisteem van tydhouding, die
Gregoriaanse son kalender.
Yahuwah verklaar:
Want Ek, Yahuwah, het nie verander nie.” (Lees Maleagi 3 vers 6.) Die Sabbat is net so bindend vandag as wat
dit was aan die einde van die Skeppingsweek toe Hy “die sewende dag geseën en
dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat… [Elohim] geskape
het deur dit te maak.” (Genesis 2 vers 3.) Regdeur tot in alle ewigheid in die toekoms,
sal elkeen wat lojaal is aan die Koninkryk van die Hemel voortgaan om die
Skepper te aanbid op Sy kalender. Die
kalender wat dan gebruik sal word vir die berekening van die Sabbat sal die
maan – son kalender wees. Die dag van
die Nuwemaan en die sewende dag Sabbat sal weereens ʼn tyd van verheuging, en
danksegging wees wanneer daar ʼn stroom van harmonie en liefde en dankbaarheid
voortvloei van ʼn verenigde Skepping terug na die bron van liefde, en alle
vreugde en geluk, na Yahuwah die Skepper.
“Want soos die
nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek maak, voor my aangesig sal bestaan, spreek
die HERE, so sal julle nageslag en julle naam bestendig wees. En elke maand op die nuwemaan en elke week op
die sabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor my aangesig, sê Yahuwah.” (Lees
Jesaja 66 verse 22 en 23.)