Lente is een van die aangenaamste seisoen van
die jaar vir baie mense. Warmer sonnige dae, en nuwe lewe wat voorspruit uit
die aarde. Blomme, bottende bome en baba diertjies: almal is vreugdevol om aan
te kondig om aan te kondig dat die winter verby is.
Geen ander Lente gebruik vang hierdie
feesvieringe van nuwe lewe so vas as die van Paasfees. Vanaf baba diertjies, en
Paaseiers en die Paaseier skattejag, asook die Sondag diens met sonsopkoms en
vele meer, Paasfees is ʼn geliefde tradisie vir baie mense.
Paassondag is die hoogtepunt van die Roomse
Katolieke Kerk se liturgiesejaar wanneer die opstanding van Jesus Christus
gevier word.
Volgens hulle kategismus:
Is Paasfees nie net
eenvoudig een van die feeste van al die ander, maar is dit die Fees van feeste,
die “Plegtigheid van alle plegtighede,” en net soos die Eucharistie “Sakrament
van sakramente is” (die Groot Sakrament)
St. Athanasius noem Paasfees die “Groot Sondag” en die Oosterse Kerke
noem dit die Heilige Week “ die Groot Week.” Die geheimenis van die Opstanding,
waarin Christus die dood oorwin het…… ( Catechism of the Catholic Church, Part
2, Sec.1, Chapter 2, Article 1, #1169)
![]() |
Artemis van Ephesus (Semaramis in een van haar vele vermommings). 1ste eeu CE Romeinse afbeelding van die kultus standbeeld van die Tempel van Ephesus. Standbeeld in die Museum van Efes (Turkye) LW. Sy is geklee met eiers. |
Die oorsprong van
Paasfees word egter onthul, dat dit
direk afkomstig is van die antieke heidendom. Afgode aanbidding is kort na die sondvloed op die aarde
heringestel deur Nimrod. Na die dood van Nimrod is hy verhoog as die
oorspronklike songod. Sy weduwee Semiramis, was genoem die “hemel koningin.”
Verskeie kulture het voort gegaan in die aanbidding van die oorspronklike
afgode onder verskillende name. Semiramis, was vir die Egiptenare Isis. Sy was
as Beltis bekend vir die Babiloniërs, en ook die metgesel van die afgod Bel.
Vir die Kananiete was sy Astarte en die Assiriërs het haar Ishtar genoem
Die aanbidding van
hierdie godinne het plaas gevind, met okkultiese vrugbaarheid gebruike. Hierdie
vernederende gebruike was ook self deur die Israeliete gebruik tydens hulle
afvalligheid. Yahuwah het Israel sterk veroordeel oor hulle betrokkenheid by
heidense feesvieringe.
“Sien
jy nie wat hulle in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem doen nie?
Die kinders maak hout bymekaar, en die vaders steek die vuur aan, en die vroue
knie deeg om koeke te maak vir die hemelkoningin en vir ander gode drankoffers
uit te giet om My te terg.” (Jeremiah 7 verse 17 tot 18)
“En Hy
sê vir my: Jy sal nog ander groot gruwels sien wat hulle doen. Hy het my toe gebring na die noordelike
ingang van die poort by die huis van die HERE, en kyk, daar het die vroue gesit
wat Tammus beween.” (Esegiël 8 verse 13 tot 14)
Die hedendaagse Paasfees het geen grond om op
te staan in die ware godsdiens van die Hemel. Al die tradisies is van heidense
afkoms.
Paasfees (Ishtar) Eiers in ʼn mandjie. (Easter
die Engelse weergawe)
- Paashase en gekleurde eiers
simboliseer vrugbaarheid. - Paasbroodtjies was die “koeke” wat
geoffer was aan die hemel koniging. - Die veertigdae van geween oor
Tammuz is nou die 40 dae van Vastyd wat opgevolg word met Paasfees - Sonsopkoms dienste was gehou deur die heidense priesters
tot ere van die songod.
![]() |
Paaseiers (Ishtar) http://commons.wikimedia.org |
Paasfeesvieringe is nie tot eer van die sterwe
en die opstanding van die Verlosser. Deelname
aan heidense gebruike vereer Satan. Geen aantal naam veranderinge om dit
met Christen name te vervang kan Paasfees suiwer van heidense se oorsprong.
Paasfees is baie meer as net ʼn heidense bedrog
spul wat voorgee dat dit Christelik is. Verskuil agter die front van mooiheid,
is Paasfees die verbloeming van die grootste bedrog van alle tye: en ʼn kalender
verandering wat die ware dag van die opstanding en die ware sewende dag Sabbat
verberg.
Met die verloop van jare en die dood van die eerste Christene, het
heidenisme die eens ware geloof verdorwe. Die Kerk van Rome, en haar gulsigheid
vir altyd groter mag was altyd op soek na maniere om haar invloed te vergroot.
“Om die heidene oor
te haal in vennootskap met die Christene, het Rome in die nastrewe van sy
gewone beleid, is maatreëls geskep om die Christen en Heidense feeste saam te
voeg in ʼn moeilike maar kundige verandering van die kalender, dit nie ʼn
moeilike taak gewees het, en in die
algemeen, om die Heidene en Christene – wat nou reeds gedaal het in die
aanbidding van afgode – en dit en nog baie meer ander dinge om hande te
vat……. Die verandering in die kalender met betrekking tot Paasfees was
goedgekeer met gewigtige gevolge. Dit het met die afstootlikste verdorwenheid
en bygeloof die kerk binnegedring….. “ (Alexander Hislop, The two Babylons,
pp. 105 – 106)
Die verandering van die kalender het ook die
dae van aanbidding verander. Dit is erken deur die Roomse Katolieke Kerk wat
daarna verwys as die teken van hulle gesag.
“Sondag….
is ʼn suiwere skepping van die Katolieke Kerk.”( American Catholic Quarterly
Review, January 1833)
“Hulle [die Protestante] ag dit hulle plig om
die Sondag heilig te hou. Waarom? Omdat die Katolieke Kerk hulle aansê om dit
te doen. Daarom het hulle geen ander rede……. Die outeur van die
Sondagswet is die Katolieke Kerk. (
Ecclesiastical Review, February 1914 )
ʼn Katolieke Biskop gaan so vêr en verklaar:
“Dit was die
Katolieke Kerk wat die wet gemaak wat ons verplig om Sondag heilig te hou. Die
Kerk het hierdie wet uitgevaardig lank nadat die Bybel geskryf was. Daarom op
stuk van sake is dit nie in die Bybel.
The Kat[olieke ] Kerk het nie alleenlik die Sabbat verander nie maar ook al die
ander Joodsefeeste.” (T. Enright, Bishop of St. Alphonsus Churh. St. Louis,
Missouri, June, 1905, emphasis, supplied.)
Die Joodsefees wat
nietig verklaar was ten gunste van die
Paasfees was die Pasga. Al die vroeë
Christene het die feeste van Yahuwah onderhou soos wat uiteengesit is in
Levitikus 23. Verheidens se Christene wat steeds wou Paasfees vier terwyl die
Apostoliese Christene, vasgehou het aan die suiwere geloof, en het hulle die
Pasga onderhou.
“Sedert die tweede
eeu n.C. was daar ʼn verskil van mening oor die datum waarop die paschal
(Paasfees) die herdenking van die Here se lyding en (dood, begrafenis en
opstanding.) Die oue gebruik wat blyk
die meeste in gebruik was vir die onderhouding was die veertiende (die datum
vir die Pasga), dit is die vyftiende, en die sestiende dag van die maan maand,
ongeag die dag van die [Juliaanse ] week en waarop hierdie datums voorkom jaar na jaar. Die Biskoppe van Rome
was in begerigheid vir die versterking
en die onderhouding van Sondag as ʼn kerklike feesdag, en het beveel dat
die jaarlikse feesvieringe moet altyd gehou word op die Vrydag, Saterdag en
Sondag wat volg op die veertiende van die maan maand….. hierdie twispunt het
amper vir twee eeue bestaan, totdat [die Keiser] Constantine ingegryp het
namens die Roomse Biskoppe, en die ander groep nietig verklaar het.”(Robert L.
Odom, Sunday in Roman Paganism, p.188, emphasis supplied.)
“Hierdie standpunt
het geblyk om die misleiding eenvoudig
te maak: die Pasga teenoor die Paasfees. Hierdie saak op die spel was egter
groot. Die enigste manier om te bepaal wanneer die Pasga plaasvind is om die
maan – son kalender van die Bybel te gebruik….”. (eLaine Vornholt & L.L.
Vornholt – Jones, Calendar Fraud,p.49)
“Hierdie standpunt
het die kerke van Asië verontrus sedert die tyd van die Roomse Biskop Victor,
wat die Kerke van Asië vervolg het vir die navolging van die 14de dag dwaalleer
soos hulle dit genoem het, met die verwysing na die Pasga….. Die toekomstige
Paasfees se onderhouding en berekening
is onafhanklik van die Joodse berekeninge gedoen.” (Grace Amodon, Report of
Commitee, Part V, sec. B, p. 17)
Hier is die ware
belangrikheid van Paasfees. Sondag word gehou as ʼn dag van aanbidding as gevolg
van Paassondag! Dit word beweer dat die Verlosser opgewek is op Paassondag.
Gevolglik word dit aangeneem dat die dag voor Paassondag, Saterdag is die
sewende – dag Sabbat is.
Die Jode van vandag
aanbid op Saterdag, eerder as op die Bybelse sewende – dag Sabbat. Alhoewel, Joodse geleerdes erken dat die kalender in
gebruik vir vandag vir aanbidding is nie dieselfde as die een wat gebruik was
in die Bybelse tye:
“Die
Nuwemaan is steeds daar, en die oorspronklike Sabbat was afhanklik van die maan
se siklus.” ( “Holidays,” Universal Jewish Encyclopedia, p. 410.)
Die Jode wys daarop
van die uiterste vervolging na die besluit van die Konsilie van Nicea, om die
Joodse tyd berekeninge ter syde te stel
as die een rede hoekom hulle nie meer die Bybelse kalender gebruik.
“Die aankondiging
van die nuwe maand….. kon net deur die sanhedrin gedoen word. Ten tye van
Hillel II [ 4de eeu C.E.]… het die Romeine hierdie gebruik verbied.” ( The
Jewish Calender; Changing the Calendar,” www.torah.org)
Joodse geleerdes
verstaan dit, dat die Christendom vry kan wegstap van die grondlegging van die
heidense Paasfees toe dit vervang is met die Pasga.
“Tydens die
Konsilie van Nice [ Nicea] was die laaste naelstring geknip wat die Christendom
verbind het met sy vaderlike verbintenisse. Die feesvieringe van Paasfees wat
tot nou toe nog gevier is, en vir die grootste deel daarvan op dieselfde tyd as
die Joodse Pasga, en inderwaarheid op die dae wat vasgestel was vir fesvieringe
deur die Sanhedrin in Judea, maar die toekomstige onderhouding was bereken,
heeltemal onafhanklik van die Joodse kalender.
“[Keiser
Constantine het verklaar:” want dit is onvanpas en bomatig dat ons op hierdie
heilige feesvieringe, die gebruike moet volgens die Jode. Voortaan laat ons
niks in gemeen het met hierdie gehate mense, ons Verlosser het ons ʼn ander pad
gewys. Inderdaad sal dit belaglik wees as die jode kon spog dat ons nie in
staat is om Pasga te vier sonder die hulp van hulle voorskrifte vir [tyd]
berekeninge.”) Heinrich Graetz, History of the Jews, The jewish Publication
Society of America, vol.II, pp. 563 – 564, emphasis suplied.)
Paasfees is ʼn
verdoeselling. Die waarheid is, Paasfees is bedrog. Dit is nie die dag waarop
die Verlosser herrys het uit die graf en ook nie is Saterdag die sewende – dag Sabbat van die Bybel.
Paasfees is en was nog altyd ʼn heidense vakansiedag ter viering van
vrugbaarheid. Dit is die plaas vervanger vir Yahuwah se Pasga deur die Konsilie
van Nicea gedurende die vierde eeu, toe die Kerk van Rome besluit het om die
tydsberekeninge volgens die Hebreeuse berekeninge van tyd ter syde te stel.
Nou, gedurende laaste geslag, word die
waarheid herstel. Almal wat wens om hulle dankbaarheid te bewys vir die dood
van hulle Verlosser sal dit gedenk op die dag toe Hy gesterwe het: Pasga. Dit
kan alleenlik net bereken word deur die oorspronklike kalender soos by die
Skepping. Enige ander onderhouding verleen eer aan Satan, die een wat homself
verhef het in die stryd tot die Hemel.
Vandag kan jy besluit wie verteenwoordig jou
geloof: Pasga of Paasfees
Jy kan kies tot watter mag jy wens om te eer
en te aanbid: die Verlosser of Sy vyand
satan.
Jy kan kies op watter dag om te aanbid,
bereken volgens die kalender van jou keuse om te aanbid.
Die keuse is joune.
Kliek hier om na die video te kyk!