World's Last Chance

Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

While WLC continues to uphold the observance of the Seventh-Day Sabbath, which is at the heart of Yahuwah's moral law, the 10 Commandments, we no longer believe that the annual feast days are binding upon believers today. Still, though, we humbly encourage all to set time aside to commemorate the yearly feasts with solemnity and joy, and to learn from Yahuwah's instructions concerning their observance under the Old Covenant. Doing so will surely be a blessing to you and your home, as you study the wonderful types and shadows that point to the exaltation of Messiah Yahushua as the King of Kings, the Lord of Lords, the conquering lion of the tribe of Judah, and the Lamb of Yahuwah that takes away the sins of the world.
WLC Free Store: Closed!
Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

Plat Aarde: Laat Vaar die Bolvormigheid!

Die Aarde Is Nie`n Sfeer Nie!


Die waarheid sal jou skok

“Mag die naam van Yahuwah geprys word van ewigheid tot ewigheid, want die wysheid en krag is syne. . . Hy openbaar ondeurgrondelike en verborge dinge; Hy weet wat in die duister is, en die lig woon by Hom.” (Daniël 2:20, 22)

Leaning Tower of Pisa

Enigiets wat op `n foutiewe fondasie gebou is sal uiteindelik val. 

Die skewe Toring van Pisa is `n Italiaanse ikoon. Sy
rede tot bekendheid, is `n foutiewe fondasie wat die toring met 5.5 grade na
die kant toe laat oorhel het, voordat die laaste pogings dit teruggebring het
na `n veiliger 3.99 grade heling. Wanneer enige instelling op `n foutiewe fondasie
gebou is, sal dit uiteindelik val.

NASA se
“ruimte program” was gebou op `n enkele
oorspronklike leuen: die teorie dat die aarde `n bal is, wat om die son wentel.
Dit is nou tyd dat daardie leuen, en
alles wat daarop gebou is, in een tuimel.

Sedert sy begin, was WLK se doel van bestaan om `n
platform van vrystelling van waarheid aan soveel mense as moontlik te voorsien.
Meer nog, om aktief te wees in die

soeke nawaarheid en dit te deel namate dit
ontdek word. Om dit effektief te doen, het WLK onafhanklik gebly van enige
denominasionele bande, Ter voorbereiding van `n volk vir die Heiland se spoedige
wederkoms.

Die engel het Daniël meegedeel dat teen “die tyd van
die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.” (Daniël
12:4) Hierdie aanduidende belofte van meer lig wat sou kom het die WLK span geïnspireer
in hul werk. Dit het die volgende ingesluit:

  • Om tot nuwe lig oop te wees. Deur niks te verwerp sonder versigtige en
    deeglike navorsing nie.
  • Deur niks te aanvaar sonder versigtige en deeglike navorsing nie. Net
    omdat iets nuut is, mag dit nie vanselfsprekend korrek wees nie.
  • Verkondiging
    van waarheid,
    selfs as die verkondiging van waarheid `n openbare
    getuienis van wat in die verlede verkeerdelik geleer was, vereis.

Dit
was voorheen nodig om oortuigings wat in die verlede op foutiewe
veronderstellings  gebaseer was reg te
stel. Meer as eenkeer namate nuwe waarhede ontbloot was, moes die WLK span
bekeer van hul verkeerdelike leerstellings uit die verlede. Nou het `n nuwe
konsep opgeduik: die ware vorm van die aarde. Hierdie spesifieke onderwerp in
soos geen ander wat vooraf gebeur het nie. Geen ander waarheid wat deur die WLK
span studeer was, het in die eerste oogopslag, met soveel teenstrydigheid
gevlieg in die aangesig van wetenskaplike“feit” nie.

Die
oortuiging dat die wêreld `n sfeer is, wat om die son wentel is `n teorie wat
vir solank aanvaar is dat dit `n “oupa” geword het en nou wyd as “feit” aanvaar
word. Ywerige ondersoek het die skokkende waarheid bekendgemaak dat die aarde
eintlik nie `n sfeer is wat deur onmeetlike gebiede van die ruimte spin nie.
Hoewel dit nie “plat” is in die sin dat mens tot aan die rand daarvan gaan en
afval nie, nóg is dit die oop sferiese bol waarvan almal vir die laaste 500
jaar geleer is. Maar, dit is presies wat die Skrifte en al die mense van ouds
geleer het dit is: `n vaste massa land en oseane, wat omsluit is met `n
beskermende koepel.

Kulture regoor die wêreld en
regdeur die geskiedenis het almal die bestaan van `n geosentriese, onbeweeglike
plat aarde beskryf en verduidelik. Die Egiptenare, Indiaane, Mayane, Chinese,
Inheemse Amerikaners, en letterlik elke antieke beskawing op aarde het `n
geosentriese plat, aard kosmologie gehad. Vóór Pythagoras, was die idee van `n
spinnende aardbol ondenkbaar, en selfs ná Pythagoras, het dit `n verborge,
minderheids seining gebly tot 2,000 jaar later toe Copernicus die
heliosentriese teorie begin laat herleef het.1

WLK
aanvaar die waarheid van `n ingeslote, onbeweeglike aarde slegs na ywerige
navorsing van die beskikbare wetenskaplike en astronomiese data. Die Bybelse
ondersteuning van `n onbeweeglike aarde was maar altyd daar maar was misgekyk
as poëtiese vryheid. Die WLK span bekeer van die versuim om hierdie beeldskone
Skriftuurlike waarheid nie voorheen aan te neem nie. Yahuwah is die Skepper. Hy
werk binne Sy eie wette van wetenskap. Inderwaarheid ondersteun wetenskap,
astronomie en toegepaste wiskunde `n onbeweeglike aarde binne `n koepel
omsluit….   nes die Skrifte ons leer! Maar selfs as die wette van die wetenskap
nie die waarhede ondersteun het nie, sou WLK dit steeds omhels het. Die woord van die Almagtige is genoeg bewys
om enige oortuiging of leerstelling te ondersteun.

Met
hierdie nuwe insig oor die ware uitleg van die aarde, is boonop meer lig
aangaande die profesieë uitgebring, nes die Skrifte voorspel het: “Julle moet
weer profeteer” (Openbaring 10:11), die kennis van `n ingeslote aarde gee die volmaakte
en finale vervulling van die drie engele boodskap waarvolgens die wêreld geroep
word om die Skepper te aanbid (eerste
engel se boodskap). Namate die waarheid versprei, sal die verskeie
godsdienstige organisasies wat Babilon uitmaak, sonder uitsondering die
heerlike waarheid verwerp. Sodoende sal die tweede engel se waarskuwing van die val van Babilon sy algehele
vervulling bereik. Almal wie staan vir hierdie waarheid sal vervolging in die gesig staar, soos deur
die derde engel voorspel, wanneer die pous die leier van die nuwe een wêreld
godsdiens gemaak is, wie `n leersteling van `n sferiese aarde verkondig.

“Beef voor sy aangesig, o ganse aarde! Ook staan die wêreld vas sodat dit nie wankel nie.”

(1 Kronieke 16:30)

Oor
die opkomende weke en maande, sal WLK alle artikels en video`s korrigeer wat
verwys na die foutiewe feit van `n heliosentriese aard bol teorie. Die span vra
vir jou geduld tydens hierdie proses. Weens die omvang van hierdie webtuiste,
is dit `n skrikwekkende taak wat tyd sal verg. Maar, WLK is toegewy om elke
Hemelse toenemende waarheid wat openbaar gemaak is, te bevoordeel.

Die
WLK span sien daarna uit om u uit te nooi om die bewyse vir u self uit te
studeer.2  Dit is wel om die
onderwerp op die spreekwoordelike  lange
baan te skuif, terwyl u meer inligting versamel. Dit is ook wel om te erken,
“Ek weet nie!” Maar moet asseblief nie jou denke sluit vir die moontlikhede sonder
om eers noukerige hersiening van al die bewyse wat beskikbaar is te hersien
nie.

Die
gevaar van nuwe lig is nie dat dit nuut is en dus, deur versuim, verkeerd is
nie. Nie een openhartige soeker na waarheid sal so `n Laodisense
verondersteling maak nie. Die gevaar lê in die emosionele en selfs fisiologiese
beswaar om `n splinter nuwe, verskriklike anderste paradigma. Dit kan chaos in
die denke skep en `n streng verbetenheid om nooit weer so mislei te word nie.
Die versoeking is om al mens se oortuiginge te verwerp, selfs die waarhede wat
mens alreeds het. Verstaan hierdie reaksie vir die self verdedigings meganisme
wat dit is en moenie oorhaastig ander vasgestelde waarhede verwerp nie.

Moet asseblief nie hierdie onderwerp of enige ander een sonder
noukerige , deeglike en gebedvolle ondersoek verwerp nie. Wees voorbereid om
die waarheid te volg waar dit ookal mag lei. 

Flat Earth AE Map

Deur Strebe (Eie werk) [CC DEUR-SA 3.0 (http://creativecommons.org/licenses/by-sa/3.0)].
Via Wikipedia Commons

 


1 Eric Dubay,200 Proofs Earth Is Not A Spinning Ball. WLK
waardeer die goeie navorsing wat Dubay gemaak het oor die vorm van die aarde,
ons stem nie saam of bevorder nie ander, onchristelike oortuiginge wat deur hom
verdedig word nie.

2
Wees asseblief attent daarop dat sommige
ingeslote-aarde navorsers vas hou aan ander oortuiginge wat nie altyd in
harmonie is met die Skrifte nie. Alhowel baie kosbare inligting geleer kan
word, is die ywerige student bemoedig om aan te neem wat goed is en die ander
opsy te sit. Die skoonheid van die waarheid is so dat selfs sommige ateïste, in
die studering van die ingeslotenheid van die aarde, Christene geword het, wie
die woord van Yahuwah aanvaar.

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.