World's Last Chance

Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

While WLC continues to uphold the observance of the Seventh-Day Sabbath, which is at the heart of Yahuwah's moral law, the 10 Commandments, we no longer believe that the annual feast days are binding upon believers today. Still, though, we humbly encourage all to set time aside to commemorate the yearly feasts with solemnity and joy, and to learn from Yahuwah's instructions concerning their observance under the Old Covenant. Doing so will surely be a blessing to you and your home, as you study the wonderful types and shadows that point to the exaltation of Messiah Yahushua as the King of Kings, the Lord of Lords, the conquering lion of the tribe of Judah, and the Lamb of Yahuwah that takes away the sins of the world.
WLC Free Store: Closed!
Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

Praat in Tale


Hemelse
Gawe vir Evangelisasie

Yahuwah
het kosbare gawes aan Sy volk hier op aarde verskaf. Een van die
ingewikkeldste, en mins-verstane Hemels-gegewe gawes is die spreek
in tale.
Vandag glo baie Christene dat tensy `n persoon die “gawe
van die Heilige Gees” ontvang het en in “tale kan spreek” hy of
sy nie deur die “Gees gedoop is nie.” Spreek in tale word as `n
toets gebruik om te bewys of `n persoon gered is of nie. Die “spreek
in tale” wat deur vele hedendaagse Christene beoefen word as hulle
sê dat hulle bid en aanbid, is inteenstelling met die egte, Bybelse
spreek in tale.

Net
voordat Yahushua na die Hemel teruggekeer het, het Hy Sy dissipels
meegedeel:

“Gaan
uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele
mensdom. Die volgende wondertekens sal voorkom by díe wat glo: in my
Naam sal hulle duiwels uitdrywe; en in ander tale sal hulle praat.”
(Markus 16: 15, 17, NV)

Pentecost (Dore's Woodcut)Aan
die dissipels was die opdrag gegee om die waarheid van verlossing aan
die ganse wêreld te bring! Om hulle te bemagtig om dit te doen, het
Yahushua beloof dat hulle die gawe sal ontvang om in “nuwe of ander tale te praat.” Hierdie unieke gawe was vir die eerste keer
uitgestort op Pinkster en het tot
die redding van duisende kosbare siele gelei.

“ En
toe die dag van die pinksterfees aanbreek, was hulle almal op een
plek bymekaar. Skielik was daar `n geluid uit die hemel soos van `n
geweldige stormwind, en . . . Almal is met die Heilige Gees vervul en
het in ander tale begin praat, soos die Heilige Gees dit aan hulle
gegee het om onder sy leiding te doen.

“Daar
het godsdienstige Jode uit al die nasies onder die son in Jerusalem
gewoon. Toe die mense die geluid hoor, het `n groot skare saamgedrom.
En omdat elkeen gehoor het hoe dit in sy eie taal gepraat word, het
hulle nie geweet hoe hulle dit het nie.

“Verras
en verbaas sê hulle toe: “Die mense wat daar praat, is tog almal
Galileërs. Hoe hoor elkeen van ons dan sy eie moedertaal? Perse,
Mediërs en Elamiete, sowel as die inwoners van Mesopotamië, Judea,
en Kappadosië, Pontus en die Provinsie Asië, Frigië en Pamfilië.
Egipte en die dele van Libië om Sirene, mense uit Rome, Jode sowel
as heidene wat die Joodse geloof aangeneem het, Kretenser en Arabiere
– ons hoor hulle in ons eie tale praat oor die groot dinge wat …
[Yah] gedoen het.”

“ Hulle
was almal verbaas en uit die veld geslaan. Party het vir mekaar
gevra: Wat kan dit tog beteken?’” (Handelinge 2: 1-12, NV)

Daar
en dan kon Petrus aan die skare verduidelik wat aan`t gebeur was:

“Jode
en almal wat in Jerusalem woon, ek moet vir julle verduidelik wat
gebeur het. Luister na wat ek gaan sê: . . . hier gebeur wat [Yah]
deur die profeet Joël gesê het: ‘Só sal dit in die laaste dae
wees, sê [Yahuwah]: Ek sal My Gees uitstort op alle mense: julle
seuns en julle dogters sal as profete optree.’” (Handelinge 2:
14, 16, 17, NV)

Petrus
se preek was deur almal teenwoordig verstaan, ongeag van hulle
moedertaal. Die resultate was wonderbaarlik.

“Dié
wat sy woorde aangeneem het is gedoop, en omtrent drie duisend mense
is daardie dag by die gelowiges gevoeg. Hulle het hulle heelhartig
toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge
verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede.”
(Handelinge 2:41, 42 NV)

Die
ware “gawe
van tale”
sal
altyd Yahuwah verheerlik en is slegs gegee vir die doel om goddelike
waarhede aan diegene te gee wie nie op `n ander wyse die woorde wat
uitgespreek word verstaan nie.

Die
ware “gawe van tale” sal altyd Yahuwah verheerlik en is slegs
gegee vir die doel om goddelike waarhede aan diegene te gee wie nie
op `n ander wyse die woorde wat uitgespreek word verstaan nie.
Insteenstelling met die geluide wat deur baie gemaak word wie daarop
aanspraak maak dat hulle die “gawe van tale” het as niks meer as
net betekenislose gebrabbel nie. Die geluide gemaak is nie
gevestigde tale nie en hulle onderrig vir seker nie in enige
waarheid en geregtigheid nie. Inderwaarheid is die gebrabbel, of
“praat in tale,” wat deesdae deur die meeste van die mense
beoefen word direk inteenstelling met die Skriftelike leiding wat
verduidelik of dit eg of vals is.

Yahushua
het duidelik gewaarsku:

“Wanneer
julle bid, moet julle nie soos die heidene `n stortvloed van woorde
gebruik nie. Hulle verbeel hulle hulle gebede sal verhoor word omdat
hulle baie woorde gebruik. Moet dan nie soos hulle maak nie.”
(Matthéüs 6: 7, 8, NV)

Van
al die Nuwe Testamentiese skrywers, het Paulus die meeste oor die
gawe van tale gepraat. Hy het gewaarsku teen die moderne
betekenislose geluide wat baie vandag die “gawe van tale” noem.

“Maar
die onheilige en sinlose praatjies moet jy vermy, want die wat dit
versprei, sal nog verder in goddeloosheid verval.” (2 Timothéüs
2:16, NV)

Paulus
het verstaan dat alle tale `n goddelike gawe is, geskenk met die
doel om te kommunikeer. Maar as een persoon nie verstaan wat die
ander persoon sê nie, vind geen kommunikasie plaas nie! Enige taal
word dan net `n warboel van betekenislose geluide: sinlose
praatjies. Op `n tyd was die gelowiges te Korinte in gevaar,
begerig vir die gawe van tale oor dieselfde rede wat baie van vandag
dit begeer – hulle het geglo dat dit hulle heiliger en belangrik
laat voorkom. Paulus het hulle vinnig reggehelp dat om woorde te
spreek wat niemand verstaan nie, nie die waarheid kommunikeer en
vervul nie, die oorspronklike doel waarom die Hemel die gawe van
tale in die eerste plek gegee het nie!

“En
nou, broeders, as ek na julle toe kom en ongewone tale of klanke
gebruik, van watter nut sal ek vir julle wees? Ek sal vir julle net
van nut wees as ek `n openbaring of kennis of Yahuwah se boodskap of
lering aan julle meedeel.

“Dit
is net soos met lewelose instrumente wat `n klank afgee, soos `n
fluit of `n siter, as daar nie klankverskille is nie, hoe sal `n
mens weet wat op die fluit of siter gespeel word?

“So
is dit ook met julle. As julle ongewone tale of klanke gebruik en
nie `n verstaanbare woord praat nie, hoe sal `n mens weet wat daar
gesê word? Dan praat julle mos in die wind!

Maar as ek `n taal nie
ken nie, sal die een wat dit praat, vir my onverstaanbaar wees en ek
vir hom.” (1 Korinthiërs 14:6, 7, 9, 11, NV)

Paulus
het so ver gegaan deur te sê dat sou die taal wat gepraat word nie
verstaan word of uitgelê word deur iemand anders teenwoordig wie
ook daardie taal kan praat nie, dan moet die persoon wie in “tale
praat” eerder stil bly.

“Wat
die ongewone tale of klanke betref. . . en daar moet een wees wat
dit uitlê. As daar nie iemand is wat dit kan uitlê nie laat hy
stilbly in ekklesia. (1
Korinthiërs 14: 27-28, NV)

Paulus
het geglo in die gawe van tale. Hy het dit baie keer gebruik! Maar hy
het verstaan dat die ware “gawe
van tale” altyd
`n bekende verstaanbare taal was.

Paulus
het geglo in die gawe van tale. Hy het dit baie keer gebruik! Maar
hy het verstaan dat die ware “gawe van tale” altyd `n
bekende verstaanbare taal was.

Die rede waarom ons Ekklesia en nie kerk in verwysing na Yahushua se getroues in WLC inhoud

gebruik nie, is omdat die woord “kerk” nie met akkuraatheid die betekenis van die oorspronklike

Griekse, “Ekklesia” oordra nie. Regdeur die Nuwe Testament, verwys Ekklesia na die Uit Geroeptes.

Die woord “kerk” wat op `n groep klem lê, is dus dan `n verkeerdelike vertaling en moes nooit

gebruik word nie. Christene is letterlik die Uit Geroeptes.Die ware volgelinge van Yahushua is

inderdaad die Uit Geroeptes vanuit die georganiseerde denominasies en gevalle Babiloniese

godsdienste.Wanneer die boodskap om uit Babilon te vlug gehoorsaam is, moet niemand weer

terugkeer na Babiloniese kerke en godsdiensvorme nie.

“Ek
dank . . .Elohim dat ek meer ongewone klanke en tale gebruik as
julle almal. Maar in die ekklesia van die gemeente wil ek liewer vyf
woorde met my verstand praat om ook ander te onderrig, as duisend
woorde in [ongewone] tale en klanke. (1 Korinthiërs 14: 18-19, NV)

Paulus
het die verskil tussen diegene verduidelik wie sinnelose geluide
gemaak het teenoor diegene wie eintlik begunstig was met die
bekwaamheid om ander te onderrig met die waarheid in `n vreemde taal:

“Die
een wat ongewone tale of klanke gebruik, bou net homself
op, maar die een wat Yahuwah se boodskap verkondig, bou die ekklesia
op. Ek sou graag wou hê dat julle almal ongewone tale of klanke
gebruik, tensy hy dit ook uitlê sodat die ekklesia daardeur opgebou
kan word.” (1 Korinthiërs 14:4-5, NV)

Die
“gawe van tale” is maar net dit: `n GAWE, gegee deur die Hemel,
vir die uitdruklike doel om waarheid aan ander te kommunikeer. Paulus
het die Korinthiërs so bemoedig: Julle moet die liefde nastreef. Lê
julle toe op die gawe van die Gees.” (1 Korinthiërs 14:1) Maar die
Hemelse gawe word nie verkry op vraag en aanbod nie. Hulle word slegs
gegee aan diegene wie, in nederigheid van hart, gevul is met die Gees
van Yahushua en Sy werk doen. Nie almal word dieselfde gawe gegee nie
en niemand ontvang die gawe van die Gees wie dit gebruik vir
selfverheerliking nie.

gift wrapped in gold paper“Daar
is `n verskeidenheid van genadegawes, maar dieselfde Gees versprei
dit.” (1 Korinthiërs 12: 4, NIV)

Die vrug van die Gees,
daarteenoor, is die liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid,
goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.”
(Galasiërs 5: 22-23, NV)

Dit
verskaf Yahuwah vreugde om aan Sy kinders die gawe van die Heilige
Gees te skenk. Yahushua verseker almal:

“As
julle wat sleg is, dan weet om goeie dinge vir julle kinders te gee –
die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir
dié wat vra.” (Lukas 11: 13, NV)

Die
hemel is meer as gewillig om hierdie gawes van die Gees uit te stort
as wat die afvallige mens dit wil ontvang.

“Elke
goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die
Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle
verander en verduister nie.” (Jakobus 1: 17, NV)

Almal
wie hul harte sal verootmoedig, en volle gehoorsaamheid aan die wil
van Yahuwah soek, sal geseën word met die vrugte van die Gees. Dan,
wanneer Yahuwah hulle nodig het, sal Hy Sy kinders gee
van die gawes noodsaaklik vir hulle om Sy wil hier op aarde te
volbring. Onsinnige gebrabbel, hetsy in aanbidding of in gebed, dien
net tot verheffing van die een wie daarop aanspraak maak dat hy die
“gawe van tale” het. Dit stig of gee nie instruksies in
geregtigheid aan enigeen nie as niemand kan verstaan wat gesê word
nie. Sulke sinnelose brabbeltaal openbaar slegs `n te kort van die vrugte van die Gees wat uit
noodsaaklikheid die gawes van
die Gees moet vergesel. Liefde, lydsaamheid, en vriendelikheid gaan
verlore wanneer iemand roem in sy eie self-bewuste belangrikheid deur
die gebrabbel van onsinnige geluide. Die gebed en aanbidding
aanvaarbaar aan Yahuwah is dit wat kom uit `n hart met liefde gevul,
want so `n hart is gevul met die Gees van Yahuwah.

Hy
bid goed, wie goed liefhet

Beide
mens en voël en dier

Hy
bid die beste, wie die beste liefhet

Alle
dinge beide groot en klein;

Want
die liewe . . . [Yah] wie ons bemin

Het
alles gemaak en almal lief.”

(Samuel
Taylor Coleridge)

Laat
elkeen die Vader in die Hemel verheerlik, en die Vader wat alles sien
en weet sal die nederiges van hart gebruik om Sy heilige naam te
verheerlik en die waarheid en geregtigheid regdeur die aarde
versprei.


Kliek hier om na die video te kyk!

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.