Die grotendeels en mees gewilde
onderwyser in die skool was meneer D. Die feit dat hy baie aantreklik, en enkellopend was, en dat hy ook net ʼn paar jaar ouer was as die skoliere waarvoor
klas hy gegee het, dit hom baie gewild onder die meisies gemaak het. Die feit
is dat hy lief was vir motors, het hom ook gewild gemaak onder die seuns. Die een jaar was dit nogal ʼn ding waaroor die
hele skool van gepraat het, en dit was
die nuwe motor wat meneer D. bestel het: ʼn Ford Mustang, die beste van die
vuurwaens. Dit was ʼn groot
teleurstelling vir meneer D., en amper net so groot teleurstelling vir die
skoliere, toe daar in Januarie so ʼn groot aanvraag was vir die motor, en dit ʼn
paar maande geduur het vir die plaaslike handelaar om dit te voorsien.
Uiteindelik, is dit afgelewer! Wat
ʼn pronkstuk! Helderrooi geverf, blink
gepoleer chroom buffers, blink lyne en aërodinamies ontwerp, dit was ʼn masjien
van hoë werkverrigting en duidelik gebou vir spoed. Nadat die klasse verby was, het die seuns en
meisies rondgedrentel rondom die motor, en het hulle geluister na meneer. D. se
ophemeling van sy voortreflikheid, en die deeglikheid van die enjin, en hoe dit
om skerp draaie beweeg, en hoe vinnig dit 100 myl per uur kan bereik. Die heel
beste was dat meneer D. gewillig was, om
aan die kinders gedurende sy vrye periode, geleenthede aan te bied, vir ʼn rit
met hierdie baba van hom..
Een van my geliefkoosde herinneringe is, die dag toe dit eindelik my
beurt was vir ʼn rit in meneer D. se motor.
Ek was een van die laastes om die geleentheid te kry, vir ʼn rit in meneer
se motor, omdat ek altyd klas gehad het tydens meneer D. se vrye periode. Uiteindelik, na een dag, en na ʼn klas wat ek
by hom gehad het, het ons na sy motor genael, ingespring en gery na ʼn lank en reguit
strook van ʼn pad net buite die dorp. Toe hou ons daar stil, en draai ons om in
die rigting wat wys na die dorp, en meneer D. draai toe na my en hy grinnik. “Is jy gereed!”
“Gereed!”
Met ʼn brullende enjin en skreeuende bande trek meneer D. daar weg. Binne enkele sekondes jaag ons die straat af
en ry teen ʼn spoed van 115 myl per uur (185 km/h) – en op daardie tyd was die
wettige spoedgrens net 55 myl per uur (88 km/h)! Om hierdie onwettige sensasie
voldaan te maak, het mnr. D. ook nog die toestemmings nota vir die verskoning
geskrywe, en vir die feit dat ek ʼn goeie 10 minute laat was vir my volgende
klas!1
Toe tref die tragedie. Ongeveer net een maand voor die somer skool
vakansie se sluiting, steel iemand die Mustang van meneer D. Die hele
studenteraad was ontsteld, en niemand meer as meneer D. Sy geliefde motor
waarin hy soveel genot gevind het, sy baba, waarvoor hy lank gewag het, en
gespaar het, (en waarvoor daar nog soveel paaiemente oor is wat nog betaal moet
word), was weg! Toe was dit polisie
verklarings met eindelose papier verslae vir die versekering maatskappy, en
kennisgewings wat volg orals die hele dorp vol. Helaas was die polisie ook nie in staat om die
motor te vind. Dit het net so vinnig
verdwyn as meneer D. se vreugde.
Sommige het gewonder of dit nie opgeland
het in ʼn “opkap skrootwerf” en gestroop is vir onderdele wat verskeep is vir
oorsee.
So eindig die skool jaar en met geen Mustang
wat tot nog toe gevind is.
Toe die skool weer begin, was ons almal gretig
om te sien of meneer D. ʼn nuwe motor gekoop het. Maar nee hy het steeds gery in
die ou rammelkas wat hy gery voor hy die Mustang aangekoop het, en was hy ook
nog hartseer oor sy verlies.
Met die verloop van ses weke van die nuwe skool jaar, ontvang meneer D.
ʼn telefoon oproep. Die polisie het uiteindelik sy motor gevind! Die slegte nuus
was dat dit ʼn skrootwerf gevind is was 200 myl vêr weg is. Toe die VIN (voertuig
identifiserings nommers) nagegaan is, het werkers ontdek dat dit gesteel is, en
hulle het toe die polisie ontbied. Meneer D. het hom toe gehaas na die skrootwerf.
Watter hartseer was daar om in sy oë te sien! In die plek van ʼn goed
versorge motor was daar ʼn rommelhoop. Die eenkant se spieël was gebreek, en die
anderkant se een was heeltemal weg. Die voorste windskerm en sy venster was
gebreek. Diep groewe aan die kante vertel van die misbruik en die min
versorging waar dit teen te staan gekom het. Toe daar probeer is om die
enjinkap op te lig om na die enjin te kyk was dit glad nie moontlik. Vele duike en krake het ferm die
kap in posisie gehou, wat dit ontmoontlik gemaak het om dit op te lig.
Groot was die verontwaardiging die volgende dag toe die skool hoor dat meneer.
D. werklik moes betaal om sy wrak terug te kry wat aan hom behoort het! Om werklik $200 te moet betaal vir die
stropers om terug te kry wat regmatig joune is, was vir ons baie onregverdig
gewees. Dus het hy dit terug gekoop. Toe doen hy iets wat geen sin gemaak het vir ons: hy neem dit na ʼn
motor bak herstel werkswinkel!
Hierdie kar gaan deur meneer D. herstel laat word. Waarom hy nie net sommer ʼn ander een gekoop
het nie, het nie sin gemaak vir sommiges van ons, maar meneer D. het verstaan
wat hy wou doen. Hy was lief die
besonderde kar, en dit is enigste een wat hy wou hê. Die tydsame werk vir die
restourasie het begin. Die bak –
herstelwerkswinkel het die duike reggemaak wat hulle kon, en ander onderdele
vervang wat hulle kon, die bestuurder se sitplek is heeltemal vervang , en die
ander sitplekke moes herbeklee word.
Toe die dag finaal aanbreek dat die bak – herstelwerkswinkel meneer D.
laat weet het: dat hy sy kar kan kom haal.
Daar staan hy. Wat ʼn pronkstuk! Helderrooi geverf, blink gepoleer chroom
buffers, blink lyne en aërodinamies ontwerp, dit was ʼn masjien van hoë werksverrigtinge
en duidelik gebou vir spoed. Toe lig hy
die enjin kap op. Toe daardie gesig sy oë ontmoet was dit genoeg om ʼn volwasse
man te laat huil. Daar sal nie die
geleentheid wees om die pronkstuk te bestuur. Tot nog nie.
Die motor was deur meneer D. laat sleep na ʼn motorwerktuigkundige, en
die tydsame herstel werk het weer van vooraf begin. Dit was nodig dat daar ʼn nuwe enjin asook ander
herstel werk wat gedoen moes word. Dit
was werk wat maande lank geduur het, en baie onderdele wat vervang moes word
moes bestel word. Uiteindelik, een dag
gedurende die lente kom meneer D. trots na die skool ry met die Mustang. Dit was pragtig! Die waks glans van die nuwe spuitgeverfde
werk het geblink in die vroeë oggend son.
Die blink gepoleerde buffers het die gesigte reflekteer van die saamdromminge
studente. Dit was weereens ʼn enjin van
hoë werksverrigting en gebou vir spoed. Dit
was nogal eienaardig dat meneer D. meer van die motor gehou het as vantevore. Al het dit hom soveel tyd en moeite, verdriet
en bykomstige geld gekos het, om dit te herwin het van die skrootwerf, en dat
dit ook herstel is tot sy vorige glorie, was die kar vir hom meer kosbaar as
vantevore!
Die aanskou van hierde drama wat ontvou het voor my oë gedurende
tydperk van twee jaar, het ʼn groot indruk in my jong verstand gemaak. Afgesien
van die nie verstaan van die graad van toewyding tot ʼn kar, kon ek nie verstaan
hoekom meneer D. so baie bykomstige tyd en geld verkwis op daardie kar. Waarom
het hy nie weer van vooraf begin? As jy so baie geld moes bestee om dit te
herstel, waarom nie net sommer ʼn nuwe een koop?
Soos ek ouer geword het, het ek die redes begin verstaan waarom meneer
D. sulke opofferinge gemaak om die motor te herwin het, en dit so liefdevol
herstel het. Dit was nie sommer enige
kar: dit was sy kar. Ja, dit was gesteel van hom, maar nogtans het dit aan hom
behoort. Dit was waarom hy gewillig was
om $200 te betaal om dit te herwin van die skrootwerf. Hy was lief vir die kar,
en deur eenvoudig dit net te vervang met ʼn ander een sou nie dieselfde wees.
Dit is dieselfde wat Yahuwah deurgemaak het vir ons onthalwe. Toe Adam
en Eva gesondig het, kon Hy maklik weer van vooraf begin het! Hy kon hulle
uitgedelg het, asook vir Satan en sy engele en hulle bestaan. Hy kon hulle
geheue van hulle verstand uitgewis het oor die heilige en ongevalle wesens.
Want Hy was hulle Skepper in elk geval. Wie kon Hom verhoed om dit te doen?
Niemand sal dit ooit geweet het!
Maar Hy sou geweet het daarvan.
Dit sou ʼn baie maklike uitweg gewees het vir die Skepper om van vooraf
te begin met ʼn splinternuwe ras van geskapenes.
Veel eenvoudiger is dit om te red wat vernietig is. Maar dit is die pad verlossing wat Hy gekies
het.
Yahuwah het besluit om die skuldige ras te red wat dit ook al Hom sal
kos. Sy Seun, wat Een was met die Vader,
in doel en liefde het Hulle saamgestem oor hierdie dure besluit. Hulle het verbondooreenkoms gesluit. Dat die skuldige ras nie aan sy lot oorgelaat
moet word nie, of dat dit vervang moet word.
In plaas daarvan dat dit gered word, en as dit een keer gered is, dat
dit herstel word terug tot die guns met die Skepper.
Die goddelike liefde het ʼn plan bedink waardeur die mens gered kan
word. Die verbreking van die wet van
Yahuwah het vereis dat die sondaar moet sterwe.
In die geheel van die heelal was daar net een wat vir die onthalwe van
die mens, aan hierdie eis kan voldoen. Deur
dat die goddelike wet wat net so Heilig as Yahuwah self is, daar net een wat
gelyk aan Yahuwah is, wat boetedoening kan doen vir hierdie oortreding. Niemand anders as alleen die Seun kan die gevalle mens verlos van die
vloek van die oortreding van die wet, en hom weer in harmonie met die Hemel
bring…… Die Seun sal die skuld en skande van die sonde en die belediging
van sonde teenoor die heilige Eloah, op Hom neem en die ondeneming
om die Vader en die Seun skei
…. Die Verlosser sal uitreik na die dieptes van ellende vir die redding van
die verderflike ras.2
Dit was ʼn uiterste kosbare onderneming! Die
goddelike wet, die Wet van Liefde, was foutloos en dus kon dit nie verander
word. Die vereistes van die wet was een eenvoudig en duidelik:
Wees gehoorsaam en Lewe.
Wees ongehoorsaam en Sterwe.
In verband met die “redding “ van die menslike
ras, is dat hulle eers teruggekoop moet word. Om te verlos beteken om “terug te
koop deur die losprys,en om dit vry te maak of om te red uit die gevageneskap of van die slawerny of van enige
verbintenis of aanspreeklikheid… deur die betaling van die gelykwaardige … koopsom waarvoor
dit verkoop is, en om weer eienaarskap van dit te bekom….. deur die herbetaling van die
gelykewaarde daarvan om dit te red of te herwin.” Die verlossings prys wat
betaal moes word was die, dood, omdat “ En byna alles word met bloed gereinig
volgens die wet, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas.
(Hebreërs 9 vers 22)
Die Seun van Yahuwah was die enigste Lam van Yah wat die wêreld kon
verlos van sy sondes. (Lees Johannes 1 vers 29)
Die Seun van die Almagtige is die Verlosser van die Mensdom, omdat Hy die prys
betaal het vir die dood van die gevalle ras.
Die Verlosser het dit duidelik verstaan dat Sy dood die prys van
verlossing is. Die aand voor Hy verraai
was, het Hy die gemeenskaplike diens en Laaste Nagmaal ingestel,
“Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê:
Drink almal daaruit. Want dit is my
bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot
vergifnis van sondes.” (Mattheus 26 verse 27 en 28)
Die Verlosser het gepraat oor die dood as ʼn
toestand van slaap. Toe Lasarus gesterwe het. Het hy die disipels dit laat
verstaan dat Hy bedoel om hom op te wek en verklaar het: “ en daarna sê Hy vir
hulle: Lasarus, ons vriend, slaap; maar Ek gaan om hom wakker te maak.”
(Johannes 11 vers 11) Die gewer van Lewe vertel ons dat die die dood, is maar
net ʼn toestand van slaap – ʼn rus van jou arbeid. Dit is so omdat die prys vir
verlossing betaal is, vir die kind van Yah, dat dit ʼn toestand van slaap is.
Dit is nie die dood wat die Messias gesterwe het. Die Verlosser het die “tweede dood” gesterwe
sodat almal moet sterwe wat Sy aanbod vir verlossing verwerp. Dit is waarom die emosionele doodsangs aan
die kruis so geweldig was, dat die pyn weinig gevoel is van die kruisiging Die
tweede dood is voltooi en die algehele verwydering van Yahuwah, die bron van
alle lewe. Dit is dit wat die woorde van
Sy mond uitgepers het toe Hy uitgeroep het: “ Eli, Eli, lama sabagtáni? Dit is: My Elohim, my Elohim, waarom het U My
verlaat?” (Lees Mattheus 27 vers 46.) Aan die kruis het die Verlosser die
volle gewig gedra van die skuld van elke sonde wat deur elke enkele persoon
gepleeg is, van wat voorheen, en tot nog toe gelewe het en wat nog sal lewe.
Hy die sondelose, het die skuld
gedra van sondaars, dat hulle deur Hom hertel kan word, tot die guns van
Yahuwah. Sy opstanding was die bewys dat Hy ʼn sondelose lewe gelei het, omdat
die goddelike wet se verordeninge bepaal dat almal wat gehoorsaam is, sal lewe.
Dit is ʼn versekering vir almal wat vertrou in hulle Skepper dat hull ook sal
lewe selfs as hulle “slaap” in Hom.
Dus was dit die proses van verlossing wat tot nog nie voltooi is. Die terug
koop se prys was betaal maar dit was ook al. Die volgende stap was die
restourasie. Meneer D. het sy kar teruggekoop deur aan die skrootwerf $200 te
betaal maar dit was nog nie rybaar. Voor hy weereens die Mustang kon geniet
moes dit eers deeglik en liefdevol herstel word. Meneer D. kon vir eers nie
onder die enjin kyk om na die enjin te kyk. Die buite bakwerk moes eers eers
gedoen word.
Dit is soortgelyk aan die menslike lewe.
Dikwels sal die Verlosser eers aan die uiterlike van ʼn persoon werk. Soos die verslawing
aan troetel sondes, of dit alkhol, dwelms, siggarette flieks , musiek of
verhale of enige iets anders is, wat die verstand verduister moet dit
skoongemaak word sodat die verstand
gesuiwer is en gereed is vir die volgende proses van herstel. Die
volgende fase is onsigbaar vir die menslike oog.
Dit is ontmoontlik vir die mens se beperkte
verstand om die werking van verlossing te verstaan. Dit is ʼn raaisel wat vêr bo die
menslike verstand is, om dit te verstaan, en tog hy wat deur die poorte van die
dood na die ewige lewe gaan, begryp dit as ʼn goddelike waarheid. Die begin van verlossing hier op aarde, en mag ons dit verstaan deur ʼn persoonlike
ondervinding. Die resultate reik regdeur
die ewige eeue heen.4
Die aktiewe werktuig in die herstel van die mensdom is die Heilige
Gees. Die verlosser het dit verbind met
die wind: dit kan nie gesien word, en niemand weet waar vandaan dit kom en waarheen dit gaan, maar dit kan gevoel word en die
uitwerking kan gesien word.
Terwyl die wind sigself is onsigbaar, en bring dit ʼn uitwerking voor
wat gesien en gevoel kan word. So is ook
die werking van die Gees, en openbaar dit Homself in elke handeling, en aan
elkeen dat hulle dit kan voel van Sy verlossende krag. Wanneer Yahuwah se Gees besit neem van die
hart, verander dit die lewe. Sondige
gedagtes wyk en bose dade word laat vaar, liefde en nederigheid, en vrede neem
die plek in van woede en jaloersheid, en twis, Vreugde neem die plek in van
hartseer, en die gelaat uitdrukking reflekteer die lig van die hemel. Niemand aanskou die hand wat die las verlig,
of aanskou die lig wat afdaal vanaf bo uit die hemelse kamers. Die seëninge kom
wanneer daar deur in geloof, die siel
oorgee word aan Yahuwah. Dan skep daardie mag wat niemand kan sien ʼn nuwe mens
in die aangesig na die voorbeeld van Yahuwah.5
Die Skepper beskik oor ʼn diepgaande waarheid. Redding sonder om die hart
te herstel is in werklikheid nie redding. Ten einde vir die gevalle ras om
weereens die eenheid met die Skepper te geniet, moet die innerlike hart
gereinig word van alle sonde. Die verstand moet herskep word dat die beeld van
die Vader bewaar word in die siel.
Dit is nie ʼn handeling wat deur enige iemand, hy of sy uit homself kan
doen. Dit kan net gedoen word deur geloof in die Seun van Yah, alleenlik op Sy
verdienste kan iemand gered word. Die belofte word gegee aan almal wat glo:
“En
Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal
die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee. En Ek
sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel
en my verordeninge onderhou en doen. ….. en julle sal vir My ‘n volk en Ek
sal vir julle ‘n Eloah wees. En Ek sal julle verlos van al jul onreinhede.” (Esegiël 36 verse 26 tot 29)
Die plan van verlossing bevat baie meer as net bloot die prys wat
betaal is vir die redding van ʼn siel. Dit voorsien vir die algehele herstel van
die goddelike beeld in die menslike siel. ʼn Siel wat sodoende gered is en
herstel is, word self in ʼn nouer verhouding met die Godheid gebring, asof dit
nooit gefaal het omdat die Verlosser, eens op ʼn tyd die menslike liggaam
aangeneem het, en tot in ewigheid een sal wees met die menslike ras.
“Daar is dan nou geen
veroordeling vir die wat in Christus die Messias is nie, vir die wat nie na die
vlees wandel nie, maar na die Gees. Want
die wet van die Gees van die lewe in Christus die Messias het my vrygemaak van
die wet van die sonde en die dood.Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As Yah
vír ons is, wie kan teen ons wees? Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het
nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook
alles genadiglik skenk nie? Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes
van Yah? Yah is dit wat regverdig maak. Wie is dit wat veroordeel? Wie sal ons
skei van die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of
honger of naaktheid of gevaar of swaard? Maar in al hierdie dinge is ons meer
as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het. Want ek is versekerd dat geen
dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge
of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van Yah
wat daar in Christus die Messias, onse Elohim, is nie. (Lees Romeine 8)
Yahuwah het “in hierdie laaste dae tot ons
gespreek deur die Seun……Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die
afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag,….. terwyl
Hy soveel uitnemender geword het as die engele namate Hy ‘n voortrefliker naam geërf het as
hulle.” (Hebreërs 1 verse 2 tot 4)
Die naam van die enige gebore Seun van Yahuwah is baie besonder en vol
betekenis. Dit word onderstreep deur Paulus se verklaring dat die Seun verkry
het deur erflating ʼn naam wat baie in betekenis is as die van engele.
Om iets te vererf beteken om “die karakter van
die voorvader te ontvang.” Byvoorbeeld die seun het dit van sy vader geërf…”6
Omdat die Verlosser die Seun van Yahuwah is, het Hy ʼn naam geërf wat verhewe is
bo alle ander name.
Eeue voor die geboorte van die Verlosser, het
Yahuwah, Moses bemoedig met die versekering:
“Kyk, Ek
stuur ‘n Engel voor jou uit om jou op die pad te bewaar en om jou na die plek
te bring wat Ek gereedgemaak het. Neem jou in ag vir Hom en luister na sy
stem….. want my Naam is in Hom.
(Eksodus 23 verse 20 tot 21)
Die naam van die ewige Vader, Yahuwah, is in die naam van die Seun. Die
engel Gabriel was goddelik gestuur om aan Maria te beveel wat die naam van haar
Seun moet wees.
“En
die engel het by haar binnegekom en gesê: Wees gegroet, begenadigde! Die Meester
is met jou; geseënd is jy onder die vroue.”
“En toe sy hom sien, was sy baie ontsteld oor sy woord, en sy het daaroor
nagedink wat hierdie groet tog kon beteken.”
“En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by Yahuwah
gevind. En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Yahushua
noem. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die
Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee” (Lees Lukas 1 verse 26
tot 32)7
Soos met die persoonlike goddelike naam van
die Vader, word die belangrikheid van die naam van die Seun gevind in hierdie omskrywing.
Die besonderse betekenis wat bevat is in die
Verlosser se naam is omsluit in die openbaring van die magtige verlossing wat
aangebied word aan sondaars. Yahushua se betekenis is:
- Yahuwah Red! ( ʼn oproep vir hulp
aan die enigste Een wat kan help.) - Yahuwah Red! (Die feit van ʼn
vreugdevolle verklaring.) - Yahuwah is Verlossing! ( Die
teenwoordige tydvorm van onmiddelike handeling.) - Yahuwah is Verlossing! ( Die alles
omsluitende verklaring wie en wat die Verlosser is.)
Die plan vir die redding van die skuldige mensdom was nie net ʼn
nagedagtenis. Dit was ook nie net ʼn
ingewing van die oomblik “dinkskrum” na die sondeval. Die plan van verlossing
openbaar die stille geheim wat gehou was van eeue gelede. Hierdie geheim was
dat, sou daar weer sonde opduik, dat die Vader dat deur niks gestuit sal word
om Sy skepsels te red. Ten einde om die
menslike ras te red, was dit benodig dat daar ʼn self opgelegde opoffering deur
die Vader gemaak moes word, wat die selfsugtige menslike hart verbyster. Die
plan van verlossing waarborg nie dat almal gered sal word nie. Dit bied die
geleentheid vir sondaars, sonder dwang om die verlossing te aanvaar wat
aangebied word.
Yahuwah het Sy geliefde Seun opgeoffer ten einde om die mense die
geleentheid te gee om te kies! Wat ʼn wonderlike liefde. Met die
onvoorwaardelike waarborg dat iemand dit sal kies, vir die aanvaarding van
hierdie onbekostigbare geskenk, die Vader en die Seun het in ʼn
verbondsooreenkoms toegestem vir die redding van die skuldige ras al kos dit
wat ook al vir hulle Self.
Die heel besonderse naam van die Verlosser is ʼn aanmoediging om te glo
en die geskenk wat aangebied word te aanvaar. Dit inspireer geloof: Yahuwah red
tot die uiterste van almal wat na Hom toe kom deur Sy Seun.
Die belangrikheid van die Verlosser se naam word duidelik uitgedruk in
Handelinge 4 vers 12: “En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is
ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons
gered moet word nie.” Dit is ʼn diepgaande verklaring! “ Daar is geen ander naam
onder die hemele waardeur ons gered kan word!” Die apostels het dit duidelik
verstaan wat die belangrikheid is van die Verlosser se naam:
“Aangaande Hom getuig al die profete dat
elkeen wat in Hom glo, vergifnis van sondes deur sy Naam ontvang.” (Handelinge
10 vers 43)
“Daarom het Yahuwah Hom ook
uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is,
sodat in die Naam van Yahushua sou buig
elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die
aarde is, en elke tong sou bely dat
Yahushua die Christus die Here is tot
heerlikheid van Yahuwah die Vader.” (Fillipense 2 vers 9 tot 11)
“En
dit is sy gebod, dat ons in die Naam van sy Seun, Yahushua die Christus, moet
glo en mekaar liefhê soos Hy ons ‘n gebod gegee het.” (1 Johannes 3 vers 23.)
Met so ʼn ontsaglike betekenis van belangrikheid wat gevind word in die
heilige Naam, is dit Satan se ingestudeerde poging om die Naam te versteek,
waarby almal moet gered word.
Die naam “Jesus” kom van ʼn poging om die naam te translitereer deur
verskeie verskillende tale. Dit kom nie van Hebreeus of van die Nuwe
testamentiese Aramees.
Die naam“Yahushua” was gebruik deur ander soos opgeteken in die Ou Testament.
Die mees welbekende naam was Joshua, die seun van Nun, wie die kinders van
Israel in die Beloofde Land ingelei het. Terwyl die naam “Joshua” in hom self
ook nie ʼn korrekte getranslitereerde weergawe is van “Yahushua” is dit sekerlik
naaste aan “Jesus”! In die ondersoek van die Verlosser se naam, is die eerste
ding wat onthou moet word dat daar in Hebreeus nie die letter “J” bestaan het.
Die feit is dat letter eers redelik onglans ontdek is,selfs ook in Engels.
Die gebruik van die letter “J” in Engels, (wat die name van Joshua en
Jesus beïnvloed het) het onglangs in gebruik gekom gedurende die 17de eeu. Die
eerste boek wat in Engels gepubliseer is wat die veskil gemaak het tussen die
letters “I” en”J’ was eers gepubliseer in 1634. Dit was die laaste letter wat
toegevoeg is tot die alfabet wat bestaan uit 26 letters. Voor daardie tyd was
die letter “I” gebruik en uitgespreek is “Y.”
Die woord hallelujah is ʼn goeie voorbeeld van
die ontwikkeling van die letter. Toe Noah Webster sy woordeboek saamgestel het
in die 19de eeu, het hy daarop aangedring om die woord so te spel HALLELUIAH,
en onthou self in daardie tyd was dit gespel met die letter “J.” Die woord se betekenis is :”Prys Yah” of Prys
jy Yah.” Webster se nota oor die samestelling van die woord is:
Die woord is verkeerdelik geskrywe met ʼn J, in ooreenstemming met die
Duitse en ander kontinentale tale, waarin die “j” klank die klank van “y” het.
Maar om die woord uit te spreek volgens die Enegelse “J” vernietig die sy mooiheid. Dit is dielfde fout met in
Jehovah,8 Jordan Joseph, het dit die regte uitspaak verdraai, wat
dieselfde was met Yehovah,8 Yordan, en Yoseph. Hierdie verdraaide
weergawe moet ook nou voorgelê word, maar in Halleluiah moet dit nie geduld
word.9
Die omsetting van Yahushua na Jesus kan gesien word wanneer daar na die
Griekse weergawe gekyk word van die naam Joshua. Weer is Joshua dieselfde naam
as Yahushua volgens Hebreeus. Toe die Ou Testament vertaal is na Grieks gedurende
die tweede en derde eeue v.C., het die Griekse vertalers ʼn probleem gehad
wanneer die name Joshua / Yahushua
getranslitereer moes word. Die name bevat twee klanke wat nie voorkom in die
Griekse taal nl.: Y en Sh.
Deur ʼn poging om die Name so naby as moontlik
kry, maar nog darem leesbaar vir hulle Grieksprekende lesers was dit verskeie maniere gespel soos:
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Deur die gebruik te maak van die Engelse letters, sal dit IESOUS (ee-ay
–soos) wees. Wat daartoe bygedra tot die naam verandering is die feit, dat
wanneer die “ua” translitereer na Grieks, dit met ʼn vroulike enkelvoud geëindig
het. Dit het verwarring geskep vir die Griekse lesers, omdat dit te kenne gee
dat dit ʼn vrou se naam is, volgens die Griekse taal. Die meeste name vir
manspersone het geëindig met die letter S:
Achilles
Leonidus
Icarus
Erebus
Hermes
Aeneas
Lærtes
Apollos
Proteus
Aristedes
Ulysses
Midas
Minos
Odysseus
Die veranderse vorm van die Naam het die klag geopen van die heidense
skrywers dat die naam Iesoous was werklik dieselfde as die demoniese god, Zeus
en inderdaad kan daar gehoor word dat daar ʼn noue ooreenkoms tussen die
uitspreek van Zeus en ee –ay – soos is. Zeus was die hoof god van die Griekse Pantheon
en sy naam was talryk gevoeg tot name en geografiese bestemmings as ʼn manier om
aan hom eer te bewys. Die woord eindiging met sus,seus en sous is eenvoudig
fonetiese uitspraak vorme vir hierdie heidense god. Die heilige berg,
Parnassus, asook die held Odysseus, het beide sulkke naam eindigings. Twe van
Zeus se seuns het ook naam eindigings gehad wat hulle vader vereer. Dit was
Dionsus en Perseus.
Toe die Grieks na Latyn vertaal is, was die Naam nog verder verdorwe na
Iesus. Volgens die Latynse skryfwyse is die manlike geslag genoteer daardeur
het dit met “us” te eindig. (Dit kan waargeneem word in die manlike name soos:
Clauduis, Augustus, Aurelus, Marcus, ens.) Die Latynse skryfwyse was gebruik in
die een Engelse Bybel wat gedruk was in 1560. Let wel aldus volgens die
spelling blyk dit dat dit gespel is as “Iefus,” maar wat in werklikheid die
Latynse vorm vir “Iesus” is. Die Ou Engelse letters wanneer dit opgeneenm is in
ʼn woord vorm dit ʼn treffende ooreenkoms met die hedendaagse woord “f” sonder
die dwars streep.
Ou Engelse teksvers:
21 “When Peter therefore sawe him he said to
Iesus, Lord, what shal this man do?:
22 “Iesus said vnto him, If I wil that he
tarie til I come, what is it to thee? followe thou me.”
Sekere tale het die Latynse skryfwyse oorgeneem, en spel dit as volg
Jesu (yay-zoo) of Jesus (hay – soos). Die probleem met hierdie verdorweheid van
die heilige Naam, is dat daar niks is waarin die betekenis van die Vader se
naam gevind kan word, want in die naam van Yahuwah moet in die naam van Sy,
Seun wees. Om in geloof die naam aan te
roep van die Verlosser, moet jy die naam ken. Die naam is Yahushua, en nie
Jesus.
Yahushua het die betekenis van Sy naam herken
en alles wat daar ingesluit was oor Sy sending vir die redding van die
velorenes. Hy velkaar: “Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My
nie aan nie. As ‘n ander een in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem.”
(Johannes 5 vers 43)
Volgens die gewilde profesie van Jesaja oor die Messias, verklaar:
“Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom Immánuel noem.” (Jesaja
7 vers 14) “Immanuel” beteken letterlik, Yahuwah met ons. Dit is wat
Yahushua,die goddelike Seun van die Ewige Vader is, tot elke seun en dogter van
Adam.
Yahushua is absoluut vergestalt in Sy Vader se persoonlikheid. Vandat
Hy na die aarde gekom het, is dit bekend dat Yahuwah weet, en medelye het met
ons beproewinge en smart. Elke sondaar mag dit weet, dat die Skepper die vriend
is van sondaars. Deur Sy groot plan van verlossing, is die Almagtige, Alwetende en Alomteenwoordige
Yahuwah geopenbaar as Eloah van liefde. Die aanklagtes van Satan is tot
stilswye gedoem in die geskenk van Sy enige gebore Seun, wat gesterf het vir
die menslike ras. Deur die Seun mag almal die liefde aanskou van die Vader, en
regdeur tot in alle eeue van die ewigheid,
sal die verlostes Yahuwah prys vir Sy ewige gekenk.
Immanuel,
“Yahuwah met ons.”
Yahushua was geopenbaar in die menslike vlees.
“In die begin was die Woord,
en die Woord was by
Yahuwah,
en die Woord was Elohah.
Hy was in die begin by
Yahuwah.
Alle dinge het deur Hom ontstaan,
en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
In Hom was lewe,
en die lewe was
die lig van die mense.
En die lig skyn in die duisternis,
en die duisternis het dit nie oorweldig nie.
(Lees 1 Johannes 1 verse 1 tot 5)
Die pratige verhewe woorde van ‘geliefde
dissipel, Johannes wat aard van die sending openbaar vir die Verlosser van die
mensdom. Hulle wys na die voorbestaan en die eenheid met die ewige Vader deur
die werk van die Skepping.
Die studie van die goddelike Name is ʼn studie
van woorde. Johannes se keuse in hierdie gedeelte is baie interessant. Om die
Seun op te som vir die besonderse wese , vir Wie en Wat Hy is, vir sowel as vir
die Vader en vir ons, beskrywe Johannes Hom as “die Woord.”
Woorde is deurslaggewend vir die doel om te kommunikeer. Sonder enige woorde, kan geen akkurate
kommunikasie plaasvind. Deur te grom te
glimlag te frons en te beduie kan jou net sovêr bring. Om inligting oor te dra van enige aard, word
woorde benodig.
Woorde gee uitdrukking aan jou denke.
Dit is waarom Johannes vir Yahushua “die Woord” noem. Vanaf die verlede dae van die ewigheid was
Yahushua een met die Sy Vader. Hy was in
die besonderse beeld van Yahuwah, in die beeld van sy grootheid, Sy majesteit,
Sy glorie, en Sy goedheid. Dit was om die persoonlikheid van die Vader te
openbaar dat Yahushua na die aarde gekom het Die Seun het gekom om aan ons te
toon deur Sy eie lewe die denke en gevoel van Yahuwah.Soos geprofeteer deur
Jesaja, Het hy letterlik gekom om te wees, “Yahuwah met ons” (Jesaja 7 vers 14 en Mattheus 1 vers 22 en 23)
Deur te gekom het om met ons te wandel
het,Yahushua, Yahuwah openbaar aan die mens sowel as aan die engele. Hy was die
Woord van Yahuwah wat sy gedagtes hoorbaar gemaak het. In Sy gebed vir die dissipels
gesê: “ En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het,”… “en hulle
liefgehad het net soos U My liefgehad het.” U, Vader, in My en Ek in U; dat
hulle ook in Ons een mag wees.”( Johannes 17 verse 21 tot 23)
Maar nie alleenlik vir Sy aardgeborene kinders
was hierdie openbaring gegee. Ons klein
wêreld is die leerskool van die heelal…
Yahuwah se wonderlike doel van genade, is die raaisel van verlossende
genade, en is dit die onderwerp, wat die “engele begerig is om te sien,” en dit
sal hulle studie veld wees regdeur die eindelose eeue. Sowel as die geredde as die ongeredde wesens sal
in die kruis…hulle wetenskap en hulle lied vind. Dit kan gesien word dat die heerlikheid wat
vanuit die gesig van… Yahushua straal, asook die heerlikheid van selfopofferende
liefde. Deur die lig van Golgota wys dit
na die wet van selfverloënende liefde, wat die wet van
lewe is vir die aarde en die hemel, daardie liefde “wat nie sy eer soek” is die
bron van die ….. [die Vader] se hart, en wat in die sagmoedige en die
nederige Een openbaar is, en die persoonlikheid wat wandel in die lig wat geen
mens kan besit….10
Die Vader is geopenbaar in Sy Seun. In die aanskoue van Yahushua,
ontbloot dit die innerlike gedagtes en gevoelings van Yahuwah die Vader, en die
suiwere liefde en liefdadigheid, geduld, goedheid, en die lange lyding en die genade vir almal. As die vader
self sou neerdaal van die hemel en ʼn lewe geleef het op aarde, en Sy
heerlikheid verberg het en die menslike liggaam aangeneem sodat almal na Hom sou opkyk, en die
opgetekende geskiedenis wat ons oor die Verlosser besit sal dit geensins verander het nie. Deur elke handeling
van die Seun, en ook in elke les wat Hy ons geleer het, en in elke liefdevolle
woord en daad, kan ons die Vader sien en Hoor. In elke bepaling, openbaar die
lewe van die Seun, wat die Vader sou wees as Hy ʼn mens sou wees.
Yahushua is:
Yahushua is die enige
gebore Seun van die lewende …. Yahuwah. Hy is vir die Vader soos ʼn woord wat
uitdrukking gee aan ʼn gedagte, en ʼn gedagte wat hoorbaar is…[die Seun] is die
woord van …..[die Vader}……. [Yahushua] het aan Filippus gesê: “Wie My
gesien het die Vader gesien.” Sy woorde was die weerklank [Yahuwah] se
woorde….. [Die Seun] was die ewebeeld van …..[Sy Vader] die helderheid van
Sy heerlikheid,en die uitrukking van Hom as persoon. As ʼn persoonlike bestaande
wese het …. [Yahuwah], Hom geopenbaar in Sy Seun… [Yahushua], die glans van
die Vader se heerlikheid,” Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die
afdruksel van sy wese.” (Hebreërs 1 vers 3), was op aarde in die gestalte as ʼn
mens.11
Die doel van hierdie onbekostigbare openbaring was om aan die sonde besoedelde
verstand die, Vader se persoonlikheid van liefde te openbaar. Na die sondeval, was die mens nie meer in
staat om te onderskei, en ook om dit te verstaan, van die persoonlikheid van
oneindige, self opofferende liefde van Yahuwah.
Die goddelike persoonlikheid was aanskou in vrees. Dit was om die liefde van die Vader te openbaar,
dat die Verlosser gekom het in die vleeslike gedaante van die mens.
Elke goeie eienskap en peroonlikheid het sy oorsprong in die Vader
en dit is openbaar in Sy, Seun.
Goedhartigheid: “ Gegee om gewillig te wees om
goed te doen aan ander, en om hulle gelukkig te maak en om hulle versoeke te
verleen deur te voorsien aan hulle behoeftes of om hulle te ondersteun in hulle
bekommernis, en deur die natuur te besit
van deernis en goedheid.”12
Genade; “ Goedgesindheid, goedhartigheid en
vriendelikheid … liefdadig, medelye, en ontvanklik te wees om te vergewe en
die uitspeek onverdiende genade.”13
Liefdadigheid “ Om die gesindheid te besit om goed te doen, en
die liefde te openbaar vir die mensdom, en om te begeer om hulle voorspoed en
geluk te bevorder.”14
Medelye: “ Deel van die swaar kry van iemand
anders, pynlike meegevoel, gewaarwording van smart wat veroorsaak word deur
bekommernis of teëspoed, jammerte en meegevoel.15
Jammerte:” Om pyn te ervaar of om bedroef te wees vir diegene wat in
hartseer verkeer en om medelye te hê en…. om ʼn sagte gevoel vir iemand te hê,
en gevoelig te wees vir iemand se ongelukkigheid.”16
Barmhartigheid: “ Is liefdadigheid, sageaardheid of sagtheid van hart,
wat ʼn persoon gewillig maak om besering wat
veroorsaak is oor te, sien of om ʼn oortreder beter te behandel as wat hy
verdien, en die ontneming van geregtigheid, en ʼn persoon voortbring, wat
oortreders vergewe vir onberings, en om af te sien van straf. 17
Nêrens word hierdie mooi eienskappe meer duidelik gesien as in die
verhaal van die vrou wat in egbreek betrap is, en veroorsaak dat Yahushua in
veroordeling gebring is. Sonder om te aarsel is sy skuldig. Sy was op heterdaad
betrap! Toe die manne haar voor Hom gesleep het en aangedring het op straf wat
sy moes kry, het die Verlosser op dieselfde manier reageer as wat Yahuwah
daarop sou reageer sou hy daar gestaan het.
Sy Majesteit van die Hemel het neergebuk en op
die grond geskrywe met Sy vinger, asof Hy nie gehoor het. Toe hulle aanhou om
Hom te vra, het Hy Hom opgerig en gesê: “ En dit het hulle gesê om Hom te
versoek, sodat hulle iets kon hê om Hom te beskuldig; maar Jesus het neergebuk
en met die vinger op die grond geskrywe. Maar toe hulle aanhou om Hom te vra,
het Hy Hom opgerig en vir hulle gesê: Laat dié een van julle wat sonder sonde
is, die eerste ʼn klip op haar gooi. En weer het Hy neergebuk en op die grond
geskrywe. En toe hulle dit hoor, het hulle, deur hul gewete bestraf, een vir
een weggegaan, van die oudste af tot die laaste toe; en Jesus het alleen
agtergebly, en die vrou wat daar tussen hulle in gestaan het. (Johannes 8 verse
6 tot 9)
Die barmhartige Verlosser! Die goedhartige
Verlosser! Aanskou met met medelye haar skaam gevulde oë, en Hy vra aan haar:”
Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie?” (Lees johannes 8 vers 10.) Sy wie ingekrimp is van
vrees, en gewag het vir die eerste harde klip om in haar sagte vel binne te
dring, en sy antwoord: “Niemand nie, Meester.”
Hier word die twee voudige plan van herstel
geopenbaar:
- Yahuwah veroordeel ons nie, sodat ons harte aangetrokke tot Sy
liefde kan wees, wat openbaar is as oneindig. - Die Skepper se gebooie is om ons in staat, tot Sy bevel om. ” gaan
en sondig nie meer” en dit bevat die krag om die belydende sondaar in staat te
stel om die goddelike opdrag te gehoorsaam.
Dit is ʼn goddelike beginsel om Yahuwah te ken, is om Hom lief te hê.
Dit, is wat nodig is om die goddelike verstand te openbaar aan sondaars, sodat
hulle op hulle beurt aangetrokke tot Hom sal wees.
…. Yahushua is die lig van die wêreld, het die glans en die prag van
Sy goddelikheid verlaat, en het gekom om saam die mense te lewe, dat hulle nie
miskien verteer sou word sonder om bekend te wees met hulle Skepper…..
[Yahushua] gekom om die mensdom te leer wat… [die Vader] begeer vir hulle om te
weet. In die hemele daar bo, en op die aarde, en die wye water van die oseaan,
aanskou ons die kundige werk van
[Yahuwah]. Alle geskape dinge getuig van Sy mag, Sy wysheid, Sy liefde. Maar nie van die sterre of die oseaan of van
die waterval kan ons van die persoonlikheid van [die Vader] leer soos dit
openbaar is in [Sy seun]18
Deur die openbaring van die goddelike liefde, moet die verstand
aangetrokke word tot die goddelike verstand en herstel word tot die goddelike
beeld. Hierdie stap vir stap handeling
van oneindige vernedering waartoe die Seun gewilliglik Homself onderwerp
het, om Sy Vader se liefde te openbaar,
soos uiteengesit in die Skrifte.
Laat dit in jou verstand wees, wat ook in ….[Yahushua] is: Hy wat in
wese die gestalte van …. [Yahuwah] is, [ “Het nie vasgekleef aan Sy voorregte
as …. (Yahuwah) se gelyke”}: Maar Hy het Homself sonder aansien gemaak en het Hy die gestalte
van ʼn dienskneg aangeneem, en gelykvormig aan die gestalte van die mens: En as
ʼn wese wat gevind word in die wyse van ʼn mens, Hy het Homself verneder en het
gehoorsaam geword tot die die dood aan die kruis. Waardeur Hy verhoog is deur …[Yahuwah], en aan Hom is ʼn naam gegee wat bo alle name is: dat in die
naam van…. [Yahushua] waarna elke knie sal buig….. en elke tong sal bely
dat … [ Yahushua die Gesalfde Een is die Meester], tot die eer van
….[Yahuwah] die Vader. ( Filippense 2
verse 5 tot 11, genoteer volgens ,die J.B. Phillips vertaling.)
Omdat liefde ontwaak alleenlik wanneer daar liefde gegee word, die
openbaring van die Vader se persoonlikheid van liefde is, dat dit is wat
sondaars daartoe lei dat hulle gewillig is om in hulle eie hardkoppige wil oor
te gee aan die goddelike wil. Liefde vervang vrees en volle vertroue neem die
plek in van wantroue wanneer die persoonlikheid van die Vader gesien word in
die lewe van die Seun.
Tere, erbarming, meegevoel, en die altyd die
inagneming van ander, verteenwoordig Hy die persoonlikheid van [die Vader], en
voortdurend besig in diens vir…. [Yahuwah] en die mens. Soos… [Yahushua]
was in die menslike natuur, so bedoel …[ Yahuwah] dat Sy volgelinge moet
wees. Deur Sy srekte moet ons ʼn lewe, en
leef in opregtheid en waardigheid waarin die Verlosser gelewe het.19
Wanneer Liefde Vrees vervang, dan is die beloofde herskepping voltooi.
Die herstel is voltooi en die mens word volkome weerspieël in die beeld van die
goddelike. Elkeen wat deur geloof, Yahuwah
se Verlossing eis, volgens die belofte dat Yahuwah Red! Sal die geskenk
ontvang van volle herstel. Hulle
redding, het begin by die kruis, en is voltooi omdat hulle ten volle herstel is
om die persoonlikheid van die Vader te weerspieël, omdat Sy wet in hulle harte
geskrywe is.
Kliek hier om
na die video te kyk!
1 This story is not to condone this
sort of action. Such behavior on the part of a teacher today would likely get
him fired. Nevertheless, it remains one of my favorite high school memories!
2 E. G. White, Patriarchs and
Prophets, p. 63.
3 American Dictionary of the
English Language, Noah Webster, ed., 1828.
4 E. G. White, Desire of Ages,
p. 173.
5 Ibid., pp. 172-173.
6 American Dictionary of the
English Language, Noah Webster, 1828.
7 The Aramaic English New
Testament actually gives the Messiah’s name as Y’shua. “Y’shua”
is actually a contraction of the longer, more accurate Yahushua.
8 This spelling of Yahuwah with a V
was based on a lack of knowledge regarding ancient Hebrew. Hebrew did not
originally contain a V sound, thus the name is Yahuwah, not Yahovah.
9 “Halleluiah,” American
Dictionary of the English Language, Noah Webster, 1828.
10 E. G. White, Reflecting Christ,
p. 15.
11 E. G. White, Sons and Daughters
of God, p. 21.
12 American Dictionary of the
English Language, Noah Webster, ed., 1828
13 Ibid.
14 Ibid.
15 Ibid.
16 Ibid.
17 Ibid.
18 E. G. White, Sons and Daughters
of God, p. 21.
19 E. G. White, Sons and Daughters
of God, p. 21.