World's Last Chance

Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

While WLC continues to uphold the observance of the Seventh-Day Sabbath, which is at the heart of Yahuwah's moral law, the 10 Commandments, we no longer believe that the annual feast days are binding upon believers today. Still, though, we humbly encourage all to set time aside to commemorate the yearly feasts with solemnity and joy, and to learn from Yahuwah's instructions concerning their observance under the Old Covenant. Doing so will surely be a blessing to you and your home, as you study the wonderful types and shadows that point to the exaltation of Messiah Yahushua as the King of Kings, the Lord of Lords, the conquering lion of the tribe of Judah, and the Lamb of Yahuwah that takes away the sins of the world.
WLC Free Store: Closed!
Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

Onder die Wet? Of Onder Genade?

riotOns leef in `n tydperk van hardnekkige
rebellie en uittarting.

Sonde het vanaf die sondeval van Lucifer hoogty gevier.
Satan het die Hemelse wet oortree en wil nou hê dat alle mense ook vir Yahuwah
moet uitdaag. Maar sal hy daarin slaag?

Satan het `n menigte taktieke gebruik om
Yahuwah se volk te bemoedig om die geestelike wet te oortree. Die effektiefste
metode was deur die insypeling van ons geloof met die oortuiging dat ons nie
meer langer die wet van
Yahuwah hoef te onderhou nie.

Baie Christene bely `n hoë agting vir
Yahushua en Sy woord: tog, minwetend dat sommige van hulle oortuiginge blindelingse
misleidinge is om die rebellie van Satan te ondersteun.

Die konsep van “wet en genade” word dikwels
misverstaan, en, gevolglik veroorsaak dat vele daaroor gestruikel het. `n Verkeerdelike
opvatting oor hoe goddelike genade verwant is aan die wet het miljoene
belydende Christene gelei om te glo dat hulle nie meer langer die Gebooie hoef
te onderhou nie.

Om onsself van hierdie dwaling te bevry,
moet ons verstaan wat dit beteken om volgens die Skrifte “onder genade” te
wees. Beteken genade dat ons nie langer die Tien Gebooie moet onderhou nie?

“Wat sal ons dan
sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! .
. . (Sien Romeine 6:1-2.)

Die Skrifte is duidelik: Ons moet nie in
sonde voortgaan as gevolg van die genade nie.

Maar wat is sonde?  

“ . . . sonde is
die oortreding van die wet.” (1 Johannes 3:4)

SONDE = DIE OORTREDING VAN DIE WET (1 JOHANNES 3:4)

Genade maak ons dan nie vry om die Gebooie
te oortree nie, want sonde volgens definisie is die oortreding van Yahuwah se
wet. Om voor te stel dat genade ons bevry om die 10 Gebooie te onderhou, sou
wees om die voorstelling te maak dat genade die vergunning is om te sondig!
Stellig nie.

Oor die oortreding van die wet [sonde], het
die Bybel veel te sê:

“Want die loon van
die sonde is die dood . . .” (Romeine 6:23)

“Want wie die hele
wet hou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword.” (Jakobus
2:10)

Die onderhouding van die wet is
onteenseglik belangrik. Maar aan die ander kant kan ons nie gered word deur net
die wet te onderhou nie:

Aangesien uit die
werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie . . . .”
(Romeine 3:20)

Die Skrifte is duidelik dat geeneen gered
sal word deur die werke van die wet nie. Hoe sal ons dan gered kan word? Hoe is
die wet dan verwant aan genade? Openbaring 14:12 vertel ons dat die heiliges
sal diegene wees wie die gebooie onderhou EN die geloof van Yahushua het. Dit
is slegs deur Yahuwah se genade dat hulle by magte is om die gebooie te
onderhou.

“Hier kom die
lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van Yahuwah en die geloof
in Yahushua bewaar.” (Openbaring
14:12.)

GENADE

GENADE

`n Algemeen misverstane vers wat gebruik
word om genade te verduidelik:

“Want die sonde
sal oor julle nie heers nie, want julle is nie onder die wet nie, maar onder
die genade.” (Sien Romeine 6:14.)

Wat wil hierdie teks vir ons meedeel?
Voordat ons enige gevolgtrekking maak, laat ons na die volgende vers gaan:

“Wat dan? sal ons
sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie, maar onder die genade? Nee,
stellig nie! (Sien Romeine 6:15.)

Soos ons vroeër opgemerk het, is sonde die oortreding van Yahuwah se wet.
(1 Johannes 3:4). Die vers sê uitdruklik: 
“Wat dan, Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie, maar
onder die genade?” Maar die antwoord: “Nee, stellig nie!”

Die wet tree as `n spieëlbeeld op om te wys
waar ons gesondig het.

“Ek sou die sonde
nie anders as deur die wet geken het nie.” (Sien Romeine 7:7.)

Die wet wys aan ons waar ons gesondig het
sodat ons na Yahushua gelei kan word. Ons onderhou nie die gebooie om gered te
word nie. Ons onderhou die Gebooie omdat
ons gered is.
Deur die gebooie te onderhou is die vrug van onse verlossing,
nie die oorsprong nie. Ons word deur goddelike genade gered.

Yahushua het die gebooie onderhou, en
wanneer ons Hom ken, sal ons meer soos Hy word.

“Hy wat sê: Ek ken
Hom – en Sy gebooie nie bewaar nie – is `n leuenaar en in hom is die waarheid
nie.” (1 Johannes 2:4)

Die heiliges is diegene “wat die gebooie
van Yahuwah en die geloof in Yahushua bewaar.” (Openbaring 14:12) 

 “Want soos die liggaam sonder die gees dood
is, so is ook die geloof sonder die werke dood.” (Jakobus 2:26)

man being pulled over by the police for breaking the lawOnder die Wet? Of Onder Genade? image`n Kar wat in `n jaagtog was is afgetrek omdat dit die wet oortree het. Die bestuurder wie die spoedgrens oortree het, moes daarvolgens beboet word. Maar met sy versoek op genade, laat die beampte die man gaan met slegs `n waarskuwing. Die bestuurder was nou onder genade. Sal die bestuurder nou wegtrek en die wet oortree omdat hy onder genade is? Of sal hy nou verantwoordeliker bestuur uit dankbaarheid vir die genade aan hom toevertrou?   

Dit het alles met een sonde begin. Omdat
die wet oortree is, het Yahushua besluit om die boete van die dood te betaal om
ons te verlos. So na Sy dood
is die wet nie langer meer van waarde nie? Yahushua, Self het die Gebooie
onderhou.

“As julle My
gebooie bewaar, sal julle in My liefde bly, net soos Ek die gebooie van My
Vader bewaar en in Sy liefde bly.” (Johannes 15:10)

Hoe word ons liefde vir Yahushua openbaar?

“As julle My
liefhet, bewaar My gebooie.” (Johannes 14:15)

Hoe word ons verhouding met Yahushua
duidelik gemaak?

“Hy wat sê: Ek ken Hom, en Sy gebooie nie bewaar nie – is `n leuenaar en in hom is die waarheid
nie.

“Baie sal in
daardie dag vir My sê: Meester, Meester, het ons nie in u Naam geprofeteer en
in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek
aan hulle sê: Ek het julle nooit geken
nie
. Gaan weg agter My, julle wat
die ongeregtigheid werk
!” (Sien Matthéüs 7:22-23.)  

As ons werklik lief is vir Yahuwah, sal ons
voortdurend soek na Sy genade wat ons in staat sal stel om  al Sy Gebooie te onderhou.

“Want dit is die
liefde tot Yahuwah, dat ons Sy gebooie bewaar; en Sy gebooie is nie swaar nie.”
(Sien 1 Johannes 5:3.)

happy family
This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.