Die
oorsprong van elke sondige handeling word altyd gevind in een of
ander sondige tendens, in die hart gekoester. Waar sonde ookal in die
hart gekoester word, kry Satan die voordeel daarvan. Deur
versoekinge, beide subtiel en sterk, deur die plasing van idees en
die bewerking van emosies, gebruik Satan elke gekoesterde sonde om
die siel te bind en die wil aan hom te verslaaf. `n Persoon wie
vashou aan bewuste sonde word `n speelbal van die duiwel.
`n
Persoon wat `n waarskynlike “goeie” lewe lei sal lyk asof hy
skielik in sonde verval het. Maar die sondige daad, is maar net die
uitwendige openbaring van wat alreeds in die inwendige hart
plaasgevind het. Wanneer bederflikheid die versoeking van binne
ontmoet, val die persoon.
Een
sonde wat met rasse skrede pandemiese proporsies oor alle ouderdoms
kategorieë, onder getroude paartjies en net sowel as onder enkelinge
inneem, is pornografie. Met die maklike toegang tot die Internet, is
pornografie boonop geredeliker beskikbaar as ooit te vore. Waar `n
persoon die risiko van verleentheid van blootstelling aan die koop of
huur van pornografie van winkels blootgestel is, kan enigeen nou
toegang tot porno in die privaatheid van sy eie woning via die
Internet verkry.
Pornografie
is `n sielsvernietigende onsedelikheid wat verantwoordelik is vir die
vernietiging van meer verhoudinge as wat mense besef. `n Man wie
toegee aan pornografie begin om sy vrou of vriendin te objektifiseer,
en beskou haar as `n seksobjek. Omdat geen vrou in só `n lig beskou
wil wees nie, sal emosionele verwydering intree waar voorheen
emosionele intimiteit gedeel was. Dit geld selfs vir paartjies wie
mekaar die hof maak, wie nie seks het nie.
Maar
meer as dit, as `n vrou eers eenmaal geobjektifiseer is, is dit maar
`n vinnige stap om haar as `n seksobjek met pornosterre te vergelyk.
Geen normale vrou kan kompeteer met die kosmeties en snykundig
verbeterde, onberispelike voorstellings te vinde in die pornosterre
nie. Maar dit is nie net haar liggaam wat nie kan voorbly nie-nóg
kan haar response.
Wanneer
`n vrou ontwaardigd voel as `n persoon van waarde, sal haar response
aan haar man die emosionele verandering reflekteer. `n Man wie sy
vrou as `n seksobjek sien, sal haar ook op daardie wyse hanteer. Dit
lei die vrou om emosioneel te onttrek wat haar liggaamlike
respons aan hom sal beinvloed. As resultaat van wat hy in sy vrou
sien as `n te kortkoming, sal hy meer en meer terugtrek na porno. So
`n man is `n slaaf van Satan.
Dit
is onmoontlik vir `n ware vlees-en-bloed vrou om te kompeteer met die
verbeeldingsvlugte van `n man. In werklikheid, verander `n vrou se
liggaam, nes die van `n man, met die ouderdom. Dit is onrealisties
vir `n man om van `n vrou te verwag wie in haar 30s, 40s en ouer is
om dieselfde kurwes en ywer te hê van die jeug. `n Vrou sal altyd te
kort kom wanneer sy vergelyk word met pornografiese uitbeeldinge van
`n hittige verbeelding.
In
verbeeldingsvlugte is die man nie beperk tot die werklikheid nie. Die
objek van sy opwekking kan enigiets en enige ding wees wat hy
uitdink. Nes Satan die persoon vaster verstrik in sy greep wie
homself oorgegee het aan listige verbeeldingsvlugte, neem die persoon
meer en meer toe in korrupsie en sedeloosheid. Wat hom in die eerste
plek gestimuleer en opgewek het, verloor oor die tyd, effektiwiteit .
Om dieselfde toestand van opwekking soos voorheen bereik, te
ervaar, keer hy hom na hoër vlakke van verderflike pornografie.
Die
beskikbaarheid van sulke vervullings-verheffende bedwelmende middele
soos Viagra het die probleem net vererger. Daar is selfs
dosisse ontwerp vir die daaglikse gebruik van Viagra. Dit het die man
van sy Yah-gegewe hoedanigheid beroof en hom tot `n seksslaaf
verlaag, verslaaf aan sensuele stimulasie. Satan kan dan met sy
verbeelding speel en hulle in sonde lei deur denke van elke vrou wie
verbystap.
Yahuwah
se intensies was dat `n man en vrou altyd nader en nader aan mekaar
moes leef soos die lewensjare gedeelde ondervindinge en gedeelde
herinneringe bring. Die onafwendbare veranderinge van `n vrou se
liggaam wat teweeggebring is deur geboorte en ouderdom moet deur die
man gesien word as merke van eer, van die gewillige opoffering van
haarself vir haar kinders. Die verbygaande jare moet die harte van
die man en vrou altyd nouer met mekaar verbind nes hy haar koester en
sy, veilig in sy liefde, daardie liefde met haar hele hart teruggee.
Onder
die illustrasie van water, waarsku die boek Prediker almal om
vervulling in hulle eie lewensmaat te soek:
“Sing
die lof van jou eie fontein, verheug jou oor jou eie vrou, so vol
liefde so mooi soos `n takbok, soos `n ribbok, geniet voluit haar
liefkosings, laat dit jou deurentyd bedwelm. Waarom sou jy jou laat
bedwelm deur `n slegte vrou, my seun, waarom sou jy in die arms van
`n ander vrou gaan lê?
`n
Mens se lewe lê oop voor [Yahuwah] elke tree wat hy gee, sien Hy.
Die oortredinge van die goddelose agterhaal hom, hy draai vas in sy
sonde. (Spreuke 5:18-22, NV)
Wat
beelde aan die man is, is woorde aan `n vrou. Pornografie was lank
reeds `n middel wat veral mans tot verslawing gedryf het. Maar `n
onlangse toename in uitermate seksueel eksplisiete novelles het
gesorg vir `n toename aan hierdie verslawing onder vroue. Hierdie
area van fiksie, bekend as “Sagte porno,” is ewenwel net so
verslawend aan vroue, soos die vernietiging van visuele porno aan die
siele van mans. Hoewel erotika altyd beskikbaar was, het onlangse
publikasies pornografie sosiaal aanvaarbaar gemaak.
Net
voordat die Israeliete Kanäan ingetrek het, het Satan hulle uitgelok
in die groot sonde van Baäl-Peor. Die Skrifte sê uitdruklik dat die
Israeliete owerspel met die vroue van Moab bedryf het:
Terwyl
Israel in Sittim was, het van die Israelitiese mans met Moabitiese
vroue gemeenskap gehad. Dit het gebeur toe die mans deur die
Moabitiese vroue uitgenooi is na die offers ter ere van hulle gode.
Die mans het aan die offermaaltye deelgeneem en die gode van die
vroue aanbid. So het die Israeliete vir Bäal-Peor aangehang. . .
(Númeri 25:1-3, NV)
Hierdie
groot sonde het die lewens van oor die 24,000 Israeliete gekos wie
andersyds Kanaän sou ingetrek het. Dit sal die ewige lewe van almal
kos wie vaskleef aan pornografie en nie die oorwinning in hierdie
geval behaal nie.
Yahushua is die enigste hoop vir sondaars. “Omdat Hy self versoek
is en gely het, kan Hy dié help wat versoek word.” (Hebreërs
2:18, NV) Eenmaal in die sataniese kettings van lis vasgevang, kan
niemand homself bevry nie. Eenvoudige vasbeslotenheid om nooit weer
in pornografie toe te gee nie, is nie genoeg nie. “Soos `n hond wat
na sy braaksel toe terugkom, so is `n dwaas wat dieselfde dwaasheid
weer begaan.” (Spreuke 26:11, NV)
Oorwinning
oor lis vereis die reiniging van binne na buite. Die Israeliete in
Yahushua se tyd was baie nougeset oor uitwendige reinheid. Om te
verseker dat hulle nooit iets onreins geëet het nie, het hulle reëls
baie moeilike reinigings rituele voorgeskryf. Toe hulle sien dat die
dissipels nie deur hierdie rituele reinigings gegaan het nie, het die
godsdienstige leiers gevra: “Hoekom verontagsaam U dissipels die
oorgelewerde gebruike van die voorgeslagte? As hulle gaan eet, was
hulle nie hulle hande nie.” (Matthéüs 15:2, NV)
Yahushua
se antwoord ignoreer al die voorwendsels van uitwendige geregtigheid
en sny regdeur die hart van die saak. “Toe het Yahushua die menigte
nader geroep en vir hulle gesê: “Julle moet nou luister en mooi
verstaan! Dit is nie wat by die mond ingaan wat die mens onrein maak
nie. Maar wat by die mond uitkom, dit maak `n mens onrein.”
(Matthéüs 15:10, 11, NV)
Die
dissipels was verward. Hulle het nie die geestelike toepassing van
wat die Heiland geleer het, verstaan nie. Toe Petrus vra dat Yahushua
dit moes verduidelik, het Hy sagkens geantwoord:
“Verstaan
ook julle dit nog nie? Antwoord Yahushua. Begryp julle nie dat alles
wat by die mond ingaan, na die maag toe gaan en daarna uit die
liggaam uitgaan nie? Maar wat by die mond uitkom, kom uit die hart,
en dit is die dinge wat die mense onrein maak. Uit die hart kom
slegte gedagtes: moord, owerspel, onkuisheid, diefstal, vals
getuienis, kwaadpratery. Dit is die dinge wat die mens onrein maak,
maar om met ongewaste hande te eet, maak `n mens nie onrein nie.”
(Matthéüs 15:16-20, NV)
Pornografie
open die poorte van skuldgevoelens oor almal wie daaraan toegee. Baie
wie nie owerspel in die vlees bedryf nie, doen dit deur in hulle
verbeelding en is net so skuldig asof hulle die daad self gedoen het.
Sondes van die verbeelding is steeds sondes alhoewel die daad nie
gedoen word nie weens die gebrek aan geleentheid. Menigtes, beide
mans en vroue, sondig in hierdie wyse wanneer hulle wellustige films
kyk.
Yahushua
het die vér rykende karakter van die goddelike wet verduidelik in
verband met seksuele reinheid met Sy stelling:
Julle
het gehoor dat daar gesê is: Jy mag nie egbreek pleeg nie. Maar Ek
sê vir julle: Elkeen wat na `n vrou kyk en haar begeer, het reeds
in sy hart met haar egbreuk gepleeg. (Matthéüs 5:27 & 28, NV)
Yahuwah
is rein en heilig en almal wie Sy teenwoordigheid betree moet rein
wees nes Hy rein is. “Geseënd is dié wat rein van hart is, want
hulle sal [Yah] sien. (Matthéüs 5:8, NV) Hierdie diepte van
reiniging is onmoontlik deur ons eie werke.

Yahuwah
het die man en vrou gemaak om sterk te wees. Ware manlike mans en
ware vroulike vrouens het `n ferme doelwit en sterkte van karakter.
Diegene wie aan pornografie toegee reis op die weg wat eintlik eindig
in totale verderf van hulle eie karakter. Dit wat `n man werklik
manlik en `n vrou werklik vroulik maak sal verlore gaan as gevolg van
begeerlikheid, wat die man en die vrou verhard sal laat in hulle
vleeslike wese.
Almal
wie daarna verlang om Satan se verslawende passies te oorwin en vry
te wees as reine, eervolle seuns en dogters van die Aller Hoogste,
sal verlossing as `n vrye gawe in Yahushua vind. Die Bybel verseker
almal: “Yahuwah sorg vir die opregtes en luister na hulle
hulpgeroep, maar Hy tree op teenoor die wat kwaad doen.” (Sien 1
Petrus 3:12.)
Wanneer
u deur sonde versoek word, óf deur die vlees óf deur die
verbeelding, vlug onmiddelik na jou Heiland, die enigste een wie jou
kan help. In die oggend, wanneer jy jouself
vir die dag aan Yahuwah
wy, vra dat Hy jou verstand moet bewaak en dit vir
Hom rein hou, en jou selfs waarsku vir wanneer jy op die punt staan
om versoek te word, sodat jy vir goddelike hulp kan vra.
Wanneer
jy voor `n versoeking te staan kom, is daar slegs een van twee opsies
aan jou beskikbaar: 1) Om in te gee; 2) Om goddelike hulp te kry.
Yahuwah bied enige bemoediging aan om hoop te inspireer in die harte
van die sondaar. Die Skrifte gee die versekering: “Maar as ons ons
sondes bely-Hy is getrou en regverdig. Hy vergewe ons ons sondes en
reinig ons van alle ongeregtigheid.” (1 Johannes 1:9, NV.)
Yahuwah
sal nooit maar nooit die wil forseer nie. Hy sal nooit die hart
reinig van die een wie verlang om aan sonde toe te gee nie. Om gered
te word, moet jy vra vir `n verandering in jou hart, jou verstand. Sy
oor is altyd gereed om te hoor; Sy arm is altyd uitgestrek om te red.
“Roep My aan in die dag van benoudheid; Ek sal jou uithelp en jy
sal My eer.” (Psalm 50:15, NV.)
Almal
wie Yahuwah opsoek vir vergifnis en reiniging sal dit kry. Niemand,
ongeag van hoe verslaafd hy of sy aan Satan is, sal weggewys word
nie.
Ek
sal reinigingswater oor julle uitgooi sodat julle rein kan word. Ek
sal julle reinig van al julle onreinheid en al julle afgodery. Ek sal
julle `n nuwe hart en `n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle
liggaam uithaal en julle `n hart van vleis gee. Ek sal My Gees in
julle gee en Ek sal maak dat julle volgens my voorskrifte leef en my
bepalings gehoorsaam en nakom . . .
Ek
sal julle bevry van alles waarmee julle julle verontreinig het .
(Esegiël 36:25-27, 29, NV)
Vlug
na die Heiland vir verlossing van elke verstrikkende sonde. Hy sal
jou red. Hy sal jou vergewe, jou reinig en jou na Sy eie beeltenis
herskep.