(Gen 2:1)
So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag. (Gen 2:2) En Elohim het op die sewende dag Sy werk
voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al Sy werk wat Hy
gemaak het. (Gen 2:3) En Elohim het die
sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al Sy werk
wat Elohim geskape het deur dit te maak.
Hoewel die woord Sabbat nie in die Engelse
teks verskyn nie, verskyn dit twee keer in die oorspronklike Hebreeus, waar dit
as “omdat Hy daarop gerus het”. Die idee van rus in die Hebreeuse woord Shabbat
is `n nuwe skepping, en steun op die konsep van die Sabbat dag eerder as andersom.
Die oorspronklike, vroeë betekenis van die woord is om op te hou, soos in
Genesis 8: 22. Die tekstuele gebruik van die woord dui daarop dat dit ook
beteken om “te sabbateer”of “om die Sabbat te herdenk”.
`n Noukerige ondersoek van die Hebreeuse
Bybel stel dit baie duidelik dat die Sabbat uit die skepping kom, of dit nou
duidelik is in die bevooroordeelde vertalings of nie in ons besit. Maar die
eerste bekendmaking van die Sabbat in die O.V. is steeds voor die wet op die
Sinaï gebergte gegee. Daarom val die aanspraak dat die Sabbat eers aan die Jode
gegee was tydens die Sinaï verbond, plat op sy gesig in hierdie geval.
Die
Sabbat en die Manna
(Ex. 16:23)
Toe sê hy vir hulle: Dit is wat Yahuwah gespreek het: Môre is dit rusdag, `n
heilige Sabbat van Yahuwah. Wat julle wil bak, bak dit; en wat julle wil kook,
kook dit; en bêre vir julle alles wat oor is, om dit te bewaar tot die môre
toe. (Ex. 16:24) En hulle het dit gebêre tot
die môre toe, soos Moses beveel het; en dit het nie bederwe nie, en daar het
geen wurms ingekom nie. (Ex. 16:25) Toe sê
Moses: Eet dit vandag, want dit is vandag die Sabbat van Yahuwah. Vandag sal
julle dit nie in die veld kry nie. (Ex 16:26)
Ses dae lank moet julle dit insamel,
maar op die sewende dag is dit Sabbat; dan sal dit daar nie wees nie. (Ex 16:27) En op die sewende dag het van die mense
uitgegaan om in te samel, maar hulle het niks gekry nie. (Ex 16:28) Toe sê Yahuwah vir Moses: Hoe lank weier
julle om my gebooie en my wette te onderhou? (Ex
16:29) Kyk, omdat Yahuwah julle die Sabbat gegee het, daarom gee Hy vir
julle op die sesde dag brood vir twee dae. Laat elkeen bly waar hy is; laat
niemand op die sewende dag van sy woonplek af weggaan nie.
Uit hierdie teks kan ons seker wees van die
volgende aansprake: 1) Yahuwah het die Sabbat onderhouding aanbeveel; 2)
Yahuwah het die dag van die Sabbat afgebaken deur die drievoudige wonderwerk
van die manna: dit was twee maal soveel op die sesde dag, die dubbele porsie
het nie bederf nie, geen manna het op die sewende dag geval nie, en manna wat
oorgehou was op die eerste tot die vyfde dae het bederf; 3) sommige mense het
die Sabbat geïgnoreer en was daarvoor blameer; 4) die volk moes nie uitgegaan het
om manna op die Sabbat te versamel nie.
Hieruit kan ons die volgende
gevolgtrekkings maak. 1) Die feit dat die manna in `n dubbele porsie op die
sesde dag geval het, dat geen manna op die sewende dag geval het nie, dat die
manna bederf het wanneer oorgelos was op die ander dae, en dat die manna nie
bederf het op die sewende dag nie, demonstreer dat die Sabbat `n besonderse dag
van die week is en nie een in sewe is soos gekies deur `n indiwidu of `n “kerk”
nie. 2) Yahuwah het aangedring op gehoorsaamheid aangaande die Sabbat
onderhouding. Dit was nie opsioneel nie.
Daar is vier prominente argumente teen die
onderhouding van die Sabbat soos gebaseer op die Hebreeuse Geskrifte. Dit is
dat 1) dit verwys na een dag in sewe, 2) dat dit opsioneel is, 3) dat dit `n
tydelike seremoniële wetgewing is, en 4) dat dit slegs vir die Jode was. Hierdie
teks vernietig duidelik die eerste twee daarvan.
Die
Sabbat en die Dekaloog (Die Tien Gebooie)
(Ex 20:8)
Gedenk die Sabbat dag, dat jy dit heilig. (Ex 20:9)
Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; (Ex
20:10) maar die sewende dag is die Sabbat van Yahuwah jou Eloah; dan mag
jy géén werk doen nie – jy of jou seun of jou dogter of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling
wat in jou poorte is nie. (Ex 20:11) Want in
ses dae het Yahuwah die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin
is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het Yahuwah die Sabbat dag
geseën en dit geheilig.
Hierdie woorde maak deel uit van die
Dekaloog wat beskryf was as direk en in die publiek deur Yahuwah Self
uitgespreek, aan die ganse bevolkings groep, wat miljoene getel het, wie die
uittog uit Egipte meegemaak het. Ons kan seker wees van die volgende aansprake
in hierdie teks: 1) Die gebooie verwys na die weeklikse siklus, nie net na een
dag daarvan nie; 2) die gebooie spesifiseer ses dae vir werk en die Sabbat soos
aangedui deur die verskyning van die manna om sonder werk te wees; 3) die gebod verbied dat owerstes enige
verpligtinge op die onderdane op die Sabbat plaas; 4) onderdane word beskryf as
kinders, werknemers, vreemdelinge, en mak diere, waarvan almal
nie-onderhandelbare regte het om vry van verpligtinge op die Sabbat te wees; 5)
die Sabbat moet onthou word deur die ses voorafgaande dae, sodat werk
georganiseer en beplan word regdeur die week om die versoeking te voorkom dat
onvoorsiene gebeurlikhede nie op die Sabbat gedoen word nie; 6) die grond eienaar
is verantwoordelik om toe te sien dat die Sabbat deur al diegene wie Sy eiendom
betree, onderhou word; 7) die geestelike reg om die Sabbat op te lê is gebaseer
op die aanmatiging van geestelike soewereiniteit ingesluit by skeppingsmag, wat
die dag uitgesit, geseën, en sedert die skepping geheilig het.
Uit hierdie teks kon ons die gevolgtrekking
maak dat 1) die verpligtinge en seëninge van die Sabbat strek verby die gewone
omstandighede van die gawe van die manna; 2) dat die sosiale familie kontrakte,
werkers, en verhoudinge met vreemdelinge, en die gebruik van mak diere vir
arbeid van waarde is; 3) dat die Sabbat nie net vir Israel alleen was nie maar
ook van toepassing is op vreemdelinge en diere; 4) dat die Sabbat verwant is
aan die proses om `n basiese lewensonderhoud te verdien; 5) dat die Sabbat die
gesag van die heersers oor die ondergeskiktes beperk.
Hierdie teks vernietig die laaste twee
argumente teen die Sabbat gebaseer op die Hebreeuse Geskrifte. Dit is duidelik
`n morele instelling eerder as `n seremoniële een, omdat dit die regte van die
onderdane bevestig en die magte van die gesaghebbendes inperk. Dit strek vér
verby die Joodse regte na die regte van mense in die algemeen. Dit waarborg nie
net menseregte nie, maar ook diere regte. Met inagneming om `n bestaan te maak
nie net beperk is tot een mense ras nie, maar dat dit `n universele menslike
noodsaaklikheid is, om die onverhandelbare regte ingesluit in die Sabbat vir
nie-Jode te ontken is ongelooflike vooroordeel.
Hoewel die karakter van die Sabbat duidelik
universeel is, kan dieselfde gesê word van sy strekking in tyd. Dit is logies
dat die Sabbat nie afgeskaf kan word solank as wat die mensdom gedring word om
voedsel te bekom nie. Baie beskou dat die Sabbat tot `n einde gekom het met die
kruisiging van Christus. Maar omdat die kruisiging van Christus nie die mensdom
bevry het van die verpligting om voedsel te bekom nie, kan dit nie van nature
die mensdom bevry van die noodsaaklikheid van rus van sulke arbeid nie.
Sabbat:
`n Ewigdurende Verbond
(Ex 31:13)
Spreek jý met die kinders van Israel en sê: Julle moet sekerlik My Sabbatte
onderhou, want dit is `n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die
mense kan weet dat dit Ek Yahuwah is wat julle heilig. (Ex 31:14) Onderhou dan die Sabbat, want dit moet vir julle
heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet sekerlik gedood word; want elkeen wat
daarop werk verrig, die siel moet uitgeroei word onder sy volksgenote uit. (Ex 31:15) Ses dae lank moet werk verrig word, maar
op die sewende dag moet dit wees `n dag van volkome rus. (Ex 31:16) En die kinders van Israel moet die
Sabbat onderhou deur die Sabbat te vier in hulle geslagte as `n ewige verbond.
Die Sabbat was alreeds ingestel deur vroeë
tekste wat uit die skepping dateer, as `n volmaakte dag van die week, met
noodsaaklike verpligting, `n sosiale eerder as `n seremoniële insetting vir die
hele mensdom deur die eeue heen. Hierdie stelling verleen aan die Sabbat `n
algehele nuwe dimensie. Die nuwe aansprake wat in die stelling te vinde is, is
1) dat die Sabbat `n teken tussen Yahuwah en Israel is; 2) die Sabbat
funksioneer om Israel te laat besef dat Yahuwah hulle heilig of afsonder; 3)
die doodstraf gegee word vir Sabbats-oortreding; 4) die Sabbat is `n
ewigdurende verbond met Israel; 5) die nuwe besonderhede in verband met die
Sabbat wat hier gegee word verwys spesifiek na Israel. Vreemdelinge en diere is
nie ingesluit, soos in die Dekaloog genoem nie.
Op grond van hierdie inligting, kan ons die
gevolgtrekking maak dat daar universele aspekte van die Sabbat is, soos genoem
in die Dekaloog, en aspekte van die Sabbat wat spesifieks net op Israel van
toepassing is. Die besonderhede is as ewigdurend genoteer, wat daarop dui dat
die algemene ook ewigdurend moet wees. Die feit dat daar universele en
permanente aspekte van die Sabbat en spesifieke en moontlike tydelike aspekte
van die Sabbat is, het bygedra tot verwarring. Christene was dikwels sonder om
te dink gelei om weg te doen met die universele en die permanente op grond van
die spesifieke en die tydelike.
Die Dekaloog word geparafraseer in Moses se
preekrede in Deuteronómium 5, maar in hierdie geval is dit spesifiek op die
ondervinding van Israel van toepassing. Daardie aspek van die Sabbat is duideliker
verwoord in die volgende vers.
(Ex 35:2)
Ses dae lank kan daar werk verrig word, maar op die sewende dag moet daar vir
julle `n heiligheid, `n dag van volkome Rus wees tot eer van Yahuwah. Elkeen
wat daarop werk verrig, moet gedood word. (Ex 35:2)
Julle mag op die Sabbat geen vuur aansteek in enige van julle woonplekke nie.
Die nuwe inligting in hierdie gedeelte is
die verbod van die aansteek van `n vuur in die wonings op die Sabbat dag. Dit
is nie duidelik of dit `n algemene of spesifieke aspek van die Sabbat is nie.
Die assosiasie met die doodsvonnis en die insluiting in dieselfde konteks soos
voorheen genoem, stel voor dat dit spesifieks op Israel van toepassing is.
(Lev 19:3)
Elkeen moet sy moeder en sy vader vrees, en my Sabbatte hou. Ek is Yahuwah jou
Eloah.
Dit is `n herhaling van die positiewe
bevele van die Dekaloog. Al die ander is as negatiewes uitgespreek. Die
universele en permanente aspekte van die Sabbat word hier hervestig.
(Lev 19:30)
Julle moet my Sabbatte hou en my heiligdom ontsien. Ek is Yahuwah.
Hierdie teks is onduidelik. Dit is nie
duidelik of hier na die jaarlikse feestelikhede, die weeklikse Sabbat, of een
of albei verwys word nie. Maar in die geval kan dit beskou word as bevestiging
van die weeklikse Sabbat.
(Lev 23:3)
Ses dae kan werk gedoen word, maar op die sewende dag is dit `n dag van volkome
rus, `n heilige vierdag; géén werk mag julle doen nie – dit is `n Sabbat van
Yahuwah in al julle woonplekke.
Die nuwe aspek van die Sabbat in die geval
is dat dit `n heilige byeenkoms is. Enigiets anders genoem plaas hierdie teks
in dieselfde kategorie van die permanente en universele aspek van die Dekaloog.
Aan die ander kant blyk dit dat die byeenkoms `n seremoniële gebruik is. Of dit
op die Mosaïese verbond alleen van toepassing is of op alle mense deur alle tye
is nie duidelik nie. Maar om op die Sabbat dag byeen te kom is vir seker nie
net behoorlik tot die gees van die dag nie, maar dit word gefasiliteer deur die
feit dat ons duidelik meegedeel word om nie te werk om `n bestaan te maak op
daardie dag nie. Ons word daarvan vrygestel vir aanbidding.
Seremoniële verpligting in verwysing na die
Sabbat en die ander jaarlikse feeste van die
Mosaïese verbond word in Levítikus 23 en Númeri
28:9, 10 genoem. Dít sluit die spys en drank en offerandes in. Dit is
belangrik om te onthou dat hierdie seremoniële verpligtinge vir die Sabbat in
hierdie teks onderskryf word, omdat hulle `n kwessie geword het in die vroeë ekklesia. Hier word na die jaarlikse feeste ook as
Sabbatte verwys, nes die Versoendag in Levítikus 16, maar dít is anders as die
weeklikse Sabbat. Nog `n seremoniële aspek van die Sabbat was die plasing van
die toon brode op die tafel binne in die heiligdom. (Lev
24:8) Elke Sabbat moet hy dit gedurig voor die aangesig van Yahuwah regsit,
van die kant van die kinders van Israel as `n ewige insetting.
Die indeling van die Beloofde Land het die
Sabbat rus vir die land in sewe jaar soos beskryf in Levítikus
25 ingesluit. Dít het geen invloed in verband met die weeklikse Sabbat
nie. Dieselfde onderwerp word steeds in die volgende hoofstuk behandel, maar
die weeklikse Sabbat word in vers twee herbevestig. (Lev
26:2) My Sabbatte moet julle hou en my heiligdom ontsien. Ek is Yahuwah.
Die laaste teks in die boek van Moses is `n
tragiese verhaal. (Num 15:32) En toe die
kinders van Israel in die woestyn was, het hulle `n man gekry wat op die Sabbat
hout bymekaarmaak.
Die doodstraf vir Sabbatsontheiliging was
deur goddelike openbaring bevestig en in hierdie geval uitgevoer. Die ernstige
verpligting wat rus op die Sabbat was dan op die plegtigste manier in hierdie
saak uitgewys. Yahuwah was ernstig omtrent die Sabbat volgens wat die boeke van
Moses openbaar.
Ter opsomming kan ons sê dat die boeke van
Moses wys dat die Sabbat uit die skepping dateer, as `n spesifieke,
onbeweeglike dag van die Bybelse week, die sewende dag, as verpligtend, as `n
beveiliger van mense – en diere regte, om universeel en permanent te wees, wat
aanbeveel dat daaglikse take op sy gesit moet word en as `n gereelde tyd
wanneer mense vry is van daaglikse sorge om byeen te kom vir aanbidding. Ten
spyte van sy universele en permanente aspekte, het dit ook `n spesifieke en
tydelike toepassing aan Israel, `n teken van die verbond wat spesifieks met
Israel gemaak is, waar deur die doodstraf vir Sabbats – oortreding wettig
gemaak is as bykomend tot die seremoniële aspek van bykommende diere
slagoffers, spys en drank offers, en die verandering van die toonbrode in die
tabernakel.
Sabbat:
Geskiedenis van die Konings
In die historiese boeke word die Sabbat in
die algemeen net so terloops genoem. So `n geval is in die verhaal van die
Sunamitiese vrou gevind. (2 Konings 4:23) En
hy sê: Waarom gaan jy vandag na hom? Dit is geen nuwemaan of Sabbat nie. En sy
antwoord: Wees maar gerus!
In 2 Konings 11
is die verhaal van die verheerliking van Josia. Adam Clarke in sy kommentare
oor die Bybel teken die volgende in verband met die Sabbat in hierdie hoofstuk
aan. “Dit wil voorkom of Jójada die Sabbat uitverkies het om die jong seun as koning
aan te kondig, omdat daardie dag `n dag van openbare samekoms was, die
vergadering van die volk met mekaar want sou dit in die geheim was, nie
opgemerk wees nie. Hierdie verhaal word in 2
Kronieke 23 herhaal.
Die finale verslag van die Sabbat in die
boek van Konings is (2 Konings 16:18) En die
oordekte gang vir die Sabbat wat by die tempel gebou is, en die buitenste
ingang van die koning, het hy uit die huis van Yahuwah verwyder terwille van
die koning van Assirië.
Die Kroniek boeke lewer meer kommentaar oor
die wetlike aspekte in die boeke van Moses. Die eerste verwysing is verwant aan
die toonbrode op die Sabbat. (1 Kronieke 9:32)
En een van die kinders van die Kehatiete, van hulle broers, moes sorg vir die
toonbrode om dit elke Sabbat klaar te maak.
Daar word ook gepraat van spesiale Sabbat
offergawes: (1Kronieke 23:31) En vir al die
offerwerk van die brandoffers van Yahuwah op die Sabbatte, op die nuwe mane, en
op die feestye, in getal volgens die verordeninge daarvoor, gedurigdeur voor
die aangesig van Yahuwah. (2Kr 2:4) Kyk, ek
gaan `n huis bou vir die Naam van Yahuwah my Eloah, om dit aan Hom te heilig –
om voor sy aangesig reukwerk van speserye aan die brand te steek en die
toonbrode gedurig reg te sit en die
brandoffers smôrens en saans te bring
op die Sabbatte en op die nuwemane en die feestye van Yahuwah onse Eloah – `n
ewige verpligting op Israel. (2Kr 8:13) Daarop
moes hulle na die eis van elke dag offer volgens die gebod van Moses, op die
Sabbatte en op die nuwemane en op die feestye, drie maal in die jaar – op die
fees van die ongesuurde brode en op die fees van die weke en op die huttefees.
(2Kr 31:3) En die bydrae van die koning uit
sy goed vir die brandoffers was: die môre – en die aandbrandoffers vir die
Sabbatte en die nuwemane en die feestye, soos voorgeskrywe was in die wet van
Yahuwah.
Kronieke het net nog een wenk van die
morele boodskap wat aangeheg is aan die Sabbat soos in die profete later te
sien sal wees. (2Kr 36:21) Sodat die woord
van Yahuwah deur die mond van Jeremia vervul sou word: totdat die land vir sy
Sabbatte vergoeding gekry het; al die dae van die verwoesting het dit gerus om
sewentig jaar vol te maak.
Die idee van die vernalatiging van die
Sabbat saam met die Sabbatiese lands instelling was die rede vir die Babiloniese
ballingskap en gee kleur aan elke verklaring van die Sabbat in die boek van
Nehemia, veral in hoofstuk 13. Daar was die groot besorgdheid om nie dieselfde
of `n groter ramp te veroorsaak deur die vernalatiging van die Sabbat nie.
Nehemia het besef dat die Sabbat `n direkte goddelike openbaring was, eerder as
`n Mosaïese verpligting. (Neh 9:14) En U
heilige Sabbatte het U aan hulle bekendgemaak, en gebooie en insettinge en `n
wet deur die diens van u kneg Moses hulle beveel. Maar Nehemia ignoreer nie die
seremoniële aspekte van die Sabbat nie. (Neh 10:33)
Vir die toonbrode en die voortdurende spysoffer en die voortdurende brandoffer,
die offers van die Sabbatte, van die nuwemane, vir die feestye en vir wygawes
en vir sondoffers om vir Israel versoening te doen, en vir enige dienswerk in
die huis van onse Yahuwah.
Die Sabbat in die Mosaïese boeke word
grootliks gekoppel aan die aktiwiteite van voedsel, voorsiening. Die universele aspek van die
Sabbat, soos teengestaan deur die seremoniële aspekte, word deur Nehemia erken.
Hy neem daarvan notisie dat nie net oes, insamel en voorbereiding van voedsel
op die Sabbat verbied is nie, maar ook die aankope daarvan. (Neh 10:31) En as die volke van die land koopware
en allerhande soorte koring bring om op die Sabbatdag te verkoop, dat ons niks
van hulle sou neem op die Sabbat of op `n heilige dag nie; en dat ons in die
sewende jaar die land braak sou laat
lê en van elke skuldvordering afsien.
Die
Sabbat: Vertoue in Yahuwah
Daar is `n diepe sielkundige geskilpunt betrokke
in die ophou van voedsel–voorsiening op die Sabbat. Dit is bewys van beide die
Skeppings verhaal en die verhaal van die manna, maar dit verskyn uit sy eie in
die tyd van Nehemia. Die primêre doel van die Sabbat was om die natuurlike
neigings van die volk in ag te neem sodat hulle selfversorgend kan wees in hul
eie werk. Die ophou vir her-evaluasie op die Sabbat was ontwerp vir die besef
dat die volk afhanklik van die Skepper vir selfbehoud was.
Die aspek van voedsel-insameling in verband
met die Sabbat word baie sterk uitgebring in hoofstuk 13. (Neh 13:15) In die dae het ek in Juda mense gesien
wat op die Sabbat die parskuipe trap en vragte koring, op esels gelaai,
inbring, en ook wyn druiwe en vye en allerhande vragte met goed , en dit op die Sabbatdag in Jerusalem inbring; en ek het
hulle gewaarsku op die dag toe hulle lewensmiddele verkoop het. (Neh 13:16) Ook die Tiriërs wat daar gewoon het,
het vis en allerhande koopware ingebring en op die Sabbat aan die kinders van
Juda selfs in Jerusalem verkoop. (Neh 13:17)
En ek het met die edeles van Juda getwis en vir hulle gesê: Watter verkeerde
ding is dit wat julle doen, dat julle die Sabbatdag ontheilig? (Neh 13:18) Het julle vaders nie so gehandel, sodat
onse Eloah oor ons en oor hierdie stad al hierdie onheil gebring het nie? Ja,
julle vermeerder die toorngloed oor Israel deur die Sabbat te ontheilig! (Neh 13:19) En sodra dit in die poorte van
Jerusalem voor die Sabbat donker was, het ek gesê dat die deure gesluit moes
word; en ek het gesê dat hulle dit nie mag oopmaak tot ná die Sabbat nie, en
van my mense het ek by die poorte aangestel: geen vrag moes op die Sabbatdag
inkom nie. (Neh 13:20) Toe het die Koopmans
en handelaars in allerhande koopware `n paar keer buite Jerusalem vernag. (Neh 13:21) Maar ek het hulle gewaarsku en vir
hulle gesê: Waarom vernag julle voor die muur? As julle dit weer doen, sal ek
die hand aan julle slaan. Van díe tyd af het hulle nie meer op die Sabbat gekom
nie. (Neh 13:22) Verder het ek aan die
Leviete gesê dat hulle hulle moes reinig en kom as poortwagters om die Sabbat
te heilig. Dink ook hierom aan my, my Eloah, en ontferm U oor my na die
grootheid van U goedertierenheid.
Die praktiese aspekte van die vermyding van
werk om lewensbehoud op die Sabbat is nie goed ontwikkel in die boeke van Moses
nie. Daar is die verhaal van die manna, en die besonderhede om nie vuurmaakhout
vir kokery te versamel nie, maar tenspyte daarvan is die besonderhede maar min.
Die gedeelte van Nehemía fokus op vervoer en die aankoop en die verkoop daarvan
as verbode.
Ter opsomming voeg die historiese boeke min
by tot die kennis van die seremoniële aspekte van die Sabbat. Maar hulle
verbreed ons insig waarom ons ons daelikse werksaamhede op daardie dag moet
opsysit. Eerstens is die besonderhede van koop en verkoop en vervoer van
voedsel verbied, wat `n verduideliking
aangaande die boeke van Moses is. Die verbintenis van die proses van
voedsel-insameling word meer spesifiek gemaak, sodat ons meer insig kan hê op
die belangrikheid van die Sabbat in `n praktiese hoedanigheid dat ons afhanklik
is, nie in ons eie werke om ons te onderhou nie, maar op die goddelike seëninge
en die voorsienigheid wat daardie werk effektief maak.
Dit is die presiese verhouding van die
menslike pogings om voedsel te verdien op die ses werksdae en die rusperiode om
aangaande die realiteite van voortdurende afhanklikheid van Yahuwah vir lewe en
voeding te reflekteer dat die Sabbat op `n praktiese wyse openbaar word. Die
mislukking aan die kant van die Christene om te besef dat die Sabbat `n
praktiese openbaring is vir algehele afhanklikheid aan Yahuwah vir lewensbehoud
is die wortel van die Christene se feilbaarheid om die proses van genade in die
voorsiening van redding en sowel as ewige lewe te verstaan.
Die
Sabbat en die Psalms
Hoewel die Psalms die gebede boek van die
tweede tempel is, met sy vertoning van aanbidding op die Sabbat en ander
heilige dae van Joodse oorsprong, is daar meestal stilte oor die Sabbat. In die
Psalms word dit slegs eenmaal in die titel daarvan aangedui. (Ps 92:1) `n Psalm. `n Lied vir die Sabbatdag. Dit
is goed om Yahuwah te loof en tot eer van U Naam te psalmsing, o Allerhoogste.
Daar is groot waarskynlikheid dat die ganse
vierde boek van die Psalms, die gedeelte wat Psalm 92 bevat, vir die doel van
herdenking van die Sabbat saamgestel is.
Die
Sabbat en die Profete
Heeltemal voorspelbaar, fokus die profete
op morele kwessies in verband met die Sabbat, nes hulle maak in verband met die
vele aspekte van die Wet. Ons sien dít in die onmiddelike begin van Jesaja.
Jesaja
(Jes 1:13)
Bring nie meer skynheilige offergawes nie; gruwelike reukwerk is dit vir My.
Nuwemane en Sabbatte, die uitroep van samekomste – Ek verdra geen
ongeregtigheid en feestyd nie!
Hier spreek Yahuwah sy ontevredenheid deur Jesaja
uit omtrent die huigelary van die onderhouding van vormgodsdiens as `n
dekmantel vir ongeregtigheid. Dit is die sentrale tema van die meerderheid van
die profete, selfs wanneer ander bekommernisse bestaan. Hierdie teks in Jesaja
verwys spesifieks na die seremoniële aspekte van Sabbats onderhouding.
Maar Jesaja erken die morele aspekte van
die Sabbat ook. Hier erken Jesaja die rol van Sabbats viering in die werking
van geregtigheid, en sy effektiwiteit om volke te verhoed om die verkeerde
dinge te doen. (Jes 56:2) Welgeluksalig is
die mens wat dit doen en die mensekind wat daaraan vashou; wat die Sabbat hou,
sodat hy dit nie ontheilig nie, en sy hand terughou dat dit geen kwaad doen
nie.
Jesaja herken dat die Heidense bekeerling
tot die aanbidding van die ware Eloah, Yahuwah, ook verantwoording het om die
Sabbat te ondersteun. Hy moet nie `n onderskeid tussen homself en Israel maak
nie. (Jes 56:3) En laat die uitlander wat
hom by Yahuwah aangesluit het, nie spreek en sê: . . . Yahuwah sal my gewis afskei
van Sy volk nie; en laat die ontmande nie sê: Kyk, ek is `n droë boom nie.
Die Joodse en die hele Midde Oosterse
kulture beskou die nageslag as een van die allerbelangrikste dele van die lewe.
Jesaja neem die belangrikheid verbonde aan kinders in die Midde Ooste en
gebruik dit om die belangrikheid van die Sabbat te beklemtoon. Hy wys dat
Sabbat onderhouding `n skat in die hemel wegbêre wat selfs van groter waarde is
as om kinders te hê. (Jes 56:4) Want so sê
Yahuwah aan die ontmandes wat My Sabbatte hou en verkies wat My behaag en
vashou aan My verbond: (Jes 56:5) Ek sal aan
hulle in My huis en binnekant My mure `n gedenkteken en `n naam gee wat beter
is as seuns en dogters; `n ewige naam gee Ek aan hulle, wat nie uitgeroei sal
word nie. (Jes 56:6) En die uitlanders wat
hulle by Yahuwah aangesluit het, om Hom te dien en om die Naam van Yahuwah lief
te hê deur sy knegte te wees – elkeen wat die Sabbat hou, sodat hy dit nie
verontheilig nie, en hulle wat vashou aan My verbond.
Hulle wie beweer dat die Sabbat afgeskaf is
fokus oor die algemeen op die Sabbat as `n wetlike seremoniële verpligting.
Hulle fokus nooit op sy ware rol van die bevestiging van afhanklikheid op
Yahuwah se hand om die nie-onderhandelbare regte van die ondergeskiktes te
beveilig nie. Deur dieselfde teken, bespreek hulle nooit die feit dat die
Sabbat nie maar net nog`n verpligting is nie, nie eers `n beveiliging van mense
en diere regte nie, maar ook `n verlustiging. Elke ware Sabbat houer het sulke
verlustiging ondervind. Jesaja bemerk ook hierdie aspek van Sabbat
onderhouding. (Jes 58:13) As jy jou voet
terughou van die Sabbat – om nie jou sake op My heilige dag te doen nie, en as
jy die Sabbat `n verlustiging noem en die
heilige dag van Yahuwah hooghou; en
jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake
soek of ydele taal spreek nie; . . .
Ten slotte wys Jesaja na die toekomstige
viering van die Sabbat. Afhangende van mens se siening van die profesie, is die
Sabbat die sentrale deel van die verlustiging van die terugkeer uit ballingskap
aan die kant van die Jode of in die herstelling van die nuwe aarde wat sal
wees. (Jes 66:23) En elke aand op die
nuwemaan en elke week op die Sabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor My
aangesig, sê Yahuwah.
Jeremia
Jeremia noem die Sabbat in `n beperkter
konteks as wat Jesaja doen. Hy herbevestig slegs die beginsels van Sabbatsonderhouding
soos deur Nehemia voorgestel. Jeremia het eintlik voor Nehemia geskryf en het
sonder twyfel `n strek invloed op die geskrifte van Nehemia gehad. (Jer 17:21) So spreek Yahuwah: Neem julle in ag om
julle siele ontwil, dat julle geen las dra op die Sabbatdag en dit inbring deur
die poorte van Jerusalem nie. (Jer 17:22)
Ook mag julle geen las uit julle huise op die Sabbatdag uitdra of enige werk
doen nie; maar julle moet die Sabbatdag heilig soos Ek julle vaders beveel het .
. . (Jer
17:24) As julle dan aandagtig na My luister, spreek Yahuwah, om geen
laste in hierdie stad deur die poorte op die Sabbatdag te bring nie en om die
Sabbat te heilig deur géén werk daarop te doen nie, . . . (Jer 17:27) Maar as julle na My nie luister om die
Sabbatdag te heilig nie en om geen las te dra of deur die poorte van Jerusalem
op die Sabbatdag in te gaan nie, sal Ek `n vuur in sy poorte aansteek, wat die
paleise van Jerusalem sal verteer en nie uitgeblus sal word nie.
Dit is ook uit die geskrifte van Jeremia
dat Nehemia die rol besef wat die vernalatiging van die Sabbat gespeel het in
die Babiloniese ballingskap. (Klaagliedere 1:7)
Jerusalem dink, in die dae van haar ellende en haar omswerwinge, aan al haar
kosbaarhede wat gewees het van die dae van die voortyd af. Toe haar volk deur
die hand van die teëstander geval het en daar vir haar geen helper was nie, het
die teëstanders haar aanskou, hulle het gelag oor haar ongelukkige uiteinde. (Klaag 2:6) En Hy het sy eie omheining soos `n tuin
verniel, sy eie feesplek verwoes; Yahuwah het in Sion feestyd en Sabbat laat
vergeet, en in Sy grimmige toorn, koning en priester verwerp.
Esegiël
Esegiël bring weer `n heeltemal ander tipe
aspek na vore. Hy baseer sy uitgangspunt in verband met die Sabbat op Exodus 31: 13-16 . Sodoende beklemtoon hy die Sabbat as `n
teken tussen Yahuwah en Israel. (Eseg 20:12)
Daarby het Ek ook my Sabbatte aan hulle gegee om `n teken te wees tussen My en
hulle dat hulle kan weet dat dit Ek, Yahuwah is wat hulle heilig. (Eseg 20:13) Maar die huis van Israel was
wederstrewig teen My in die woestyn; hulle het nie in My insettinge gewandel
nie en My verordeninge verwerp, wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan
lewe; en my Sabbatte het hulle ontheilig. Toe het Ek gesê dat Ek my grimmigheid
oor hulle sal uitgiet in die woestyn om hulle te vernietig…. (Eseg 20:16) Omdat hulle my verordeninge verwerp
het en in my insettinge nie gewandel het nie en my Sabbatte ontheilig het; want
hulle hart het agter hulle drekgode aan geloop…. (Eseg
20:20) En heilig my Sabbatte; en hulle sal `n teken wees tussen My en
julle, dat julle kan weet dat Ek Yahuwah julle Eloah is.
Alhoewel Esegiël die Sabbat beklemtoon as
`n teken van die spesiale verbond tussen Yahuwah en Israel, erken hy ook ander
kwessies in verband met die Sabbat. Hy fokus spesifiek op afgodery, en die feit
dat die Sabbat kennis van Yahuwah teweegbring. Ons het alreeds gesien hoedat
die Sabbat kennis van Yahuwah in `n praktiese wyse teweegbring, deur te wys dat
die mensdom voortdurend afhanklik is van Yahuwah vir lewe en voeding, en deur
te wys dat gesaghebbendes beperkte magte oor hulle onderdane het. Esegiël
noteer dat sulke kennis noodsaaklik is vir die vermyding van afgodery. Die
afgodery van Israel was geassosieër met die vernalatiging van Sabbatsonderhouding.
Daar is `n direkte verwantskap tussen die toenemende verontagsaming van die
Sabbat in die vroeë eeue van die Christendom en die opkoms van `n valse teorie
van Yahuwah en die Drie-enigheid. Díe gaan hand aan hand, en vind plaas in
dieselfde tydsduur.
Esegiël misluk nie in die beskrywing van
die gevolge van afgodiese Sabbats-oortreding in Israel nie, met die konsekwente
implikasies vir dieselfde fenomeen onder die latere Christene. (Eseg 20:21) Maar die kinders was wederstrewig teen
My: hulle het nie gewandel in my insettinge en my verordeninge nie onderhou om
dit te doen nie – wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe; hulle het my
Sabbatte ontheilig. Toe het Ek gesê dat Ek my grimmigheid sal uitgiet, om my
toorn te laat uitwoed teen hulle in die woestyn.
Sabbats-oortredende afgodery in die boek
van Esegiël word ook geassosieer met die vernalatiging van geregtigheid in die
uitvoering van goddelike geregtigheid in sake van twis. (Eseg 20:24) Omdat hulle my verordeninge nie gehou
het nie, maar my insettinge verwerp het en my Sabbatte ontheilig het en hulle
oë agter die drekgode van hulle vaders aan was.
Twee hoofstukke later toon Esegiël hoe
menslike insig deur Sabbats-oortreding geaffekteer word, sodat `n persoon
onbevoeg is om te kan onderskei tussen wat heilig is en wat onheilig is, rein
en onrein. Die Sabbats-oortreding gaan hand aan hand met die idee dat
onreinheid en Christelikheid
verenigbaar is. Afgodery, Sabbats-oortreding, en die etes van verfoeisels
sonder gewetensbeswaar word oral rondom
ons waargeneem, wat net `n herhaling is van wat Esegiël in sy eie tyd gesien
het. (Eseg 22:8) My heilige dinge het jy
geminag en my Sabbatte ontheilig…. (Eseg 22:26)
Sy priester verkrag my wet en ontheilig my heilige dinge; tussen heilig en
onheilig maak hulle geen onderskeid nie; en die verskil tussen rein en onrein
gee hulle nie te kenne nie, daarby maak hulle hulle oë toe vir my Sabbatte; ja,
Ek word onder hulle ontreinig. (Eseg 23:38)
Verder het hulle My dít aangedoen: hulle het my heiligdom op dieselfde dag
verontreinig en my Sabbatte ontheilig –
Esegiël keer na die kwessie van sosiale
geregtigheid en die Sabbat terug, wat maar net vlugtig in hoofstuk 20 genoem
is. In sy laaste voorspellings van die komende opkoms van geregtigheid, maak hy
melding van die herinstelling van die Sabbat onderhouding saammet regverdigheid
voor die wet. (Eseg 44:24) En oor `n regsaak
moet hulle optree om reg te spreek, volgens my verordeninge moet hulle dit
uitoefen; en hulle moet my wette en my insettinge hou op al my feeste en my
Sabbatte heilig.
Esegiël se voorspelling van die tweede
tempel was nooit in besonderhede vervul nie. Maar die herstel van die
seremoniële aspekte van die Sabbat tot op `n sekere mate was reflekteer in die
dienste daarvan. (Eseg 45:17) Op die vors lê
die verpligting van die brandoffers en die spysoffers en die drankoffer op die
feeste en op die nuwemane en op die Sabbatte, op al die feestye van die huis
van Israel; hy moet die sondoffer en die spysoffer en die brandoffer en die
drankoffers berei, om versoening te doen vir die huis van Israel. (Eseg 46:1) So sê Yahuwah die Soewereine: Die poort
van die binneste voorhof wat na die ooste kyk, moet gedurende die ses werksdae
gesluit wees maar op die Sabbatdag moet dit oopgemaak word; ook moet dit op die
dag van die nuwemaan oopgemaak word. (Eseg 46:4)
En die brandoffers wat die vors aan Yahuwah moet bring op die Sabbatdag, is ses
lammers sonder gebrek en `n ram sonder gebrek. (Eseg
46:12) En as die vors `n vrywillige offer gereedmaak, `n brandoffer of
dankoffers as vrywillige offers aan Yahuwah, dan moet hulle vir hom die poort
oopmaak wat na die ooste kyk; en hy moet sy brandoffer en sy dankoffers berei
soos hy op die Sabbatdag doen; en as hy uitgaan, moet hulle die poort sluit
nadat hy uitgegaan het.
Sodoende onderskei Esegiël met
versigtigheid tussen die sosiale en die morele aspekte van die Sabbat aan die
een kant, en die seremoniële en waardige aspekte aan die ander kant. Hy het van
albei gepraat, maar in verskillende dele.
Hoséa
Twee kleiner profete verenig hulle stemme
aangaande die Sabbat boodskap. Hoséa praat oor die staking van die seremoniële
sinnebeelde. (Hos 2:10) En Ek maak `n einde
aan al haar vreugde, haar feeste, haar nuwemane en haar Sabbatte, ja, aan al
haar feestye.
Die boodskap van Hoséa komplimenteer díe
van Jesaja 1:13 . Omdat die seremonies van
die geloof gebruik was as `n dekmantel vir morele en sosiale ongeregtighede,
moes hulle weggeneem word as bestraffing, sodat Israel naak gelaat word,
kwesbaar en sigbaar in haar ontrouheid. Die Sabbat is `n sentrale kwessie in
hierdie saak, eenvoudig maar net omdat sy beide die morele en die sosiale
elemente en die seremoniëles bevat. Hier vind ons selfs vandag `n treffende
parallel. Nes Israel van ouds misluk het om die sosiale geregtigheid wat die
Sabbat impliseer, uit die oog verloor het, terwyl hulle al die tyd die
slagoffers en die seremonies behou het, net so is Sabbat-houer in díe tyd sterk
daarop uit om `n spesifieke dag te verdedig en die Sabbat as `n teken van
gehoorsaamheid, maar misluk oor die algemeen om die Sabbat te herken as `n
getuienis van voortdurende menslike afhanklikheid aan Yahushua vir lewe en voeding en as `n
praktiese verskansing van mense en diere regte wat die magte van die
gesaghebbendes inperk.
Amos
Die sosiale en morele aspekte van die
Sabbat, so verontagsaam deur Sabbat-houers van ouds, word ook deur Amos
opgemerk. (Amos 8:5) Deur te sê: Wanneer is
die nuwemaan verby, sodat ons koring kan verkoop, en die Sabbat, sodat ons die
graanskuur kan oopsluit – om die efa
te verklein en die sikkel te vergroot en bedrieglik te handel met die valse
weegskaal.
Die profete verbreed ons insig baie in die
karakter van die Sabbat. Die eerste kwessie wat die profete ophaal is die
seremoniële onderhouding van die Sabbat as `n vorm van hipokrasie onder diegene
wie dit gebruik as `n dekmantel vir sosiale ongeregtighede. Jesaja, Hoséa en
Amos lê klem op hierdie punt. Jeremia fokus op die Sabbat as `n teken van
Yahuwah se verbond met Israel. Jeremia bring meer besonderhede in die
behoorlike Sabbats-onderhouding uit en toon hoe die verontagsaming daarvan
aanleiding tot die Babiloniese Ballingskap gegee het. Esegiël beklemtoon die
rol van die Sabbat as `n teken van die spesiale verbond tussen Yahuwah en
Israel. In dieselfde tyd wys hy hoe die verontagsaming van die Sabbat
afgodsaanbidding veroorsaak, onbevoegdheid om te onderskei tussen heilig en onheilig,
rein en onrein, en die sosiale ongeregtigheid voor die wet. Hy voorspel die
herinstelling van die seremoniële aspek van die Sabbatsonderhouding in die
tweede tempel. Jesaja gaan voort om te wys dat die seëninge van die Sabbat aan
die Heidense bekeerlinge sowel as aan Israel behoort, en hoedat Sabbat-viering
`n groter skat is as selfs die grootste skat in Midde Oosterse denke,
nakomelinge. Jesaja wys uit dat die Sabbat nie `n las is nie, maar `n
verlustiging. En hy voorspel die herstel daarvan na die Ballingskap en in die
aanskoue van die menigte in die nuutgeskepte aarde.
Die
Sabbat en die Evangelies
Die Sabbat word meer dikwels in die
Evangelies genoem as in die boeke van Moses. As dit die voorneme van Yahushua was om die Sabbat af te skaf, sou Hy dit gesê
het, instede om in so baie besprekinge omtrent behoorlike Sabbats onderhouding
gewikkeld te raak. Maar die doel van die Evangelies in verband met die Sabbat,
is nie om dit af te skaf nie, maar om ons te leer hoe om dit beter te onderhou.
Die uitdrukking die Wet en die Getuienis is
`n ou uitdrukking en was dikwels herhaal. Maar meer dikwels as nie, was dit
genoem met die voorneme om die twee te skei en met mekaar te laat kontrasteer,
as om dit eerder as een bymekaar te hou. As soos baie Christene blykbaar
beweer, die Evangelie die plek inneem van die wet en daarmee wegdoen, moes die
sogenaamde Ou Testament nooit in die Bybel bewaar gewees het nie. Maar die
realiteit is dat Yahuwah die Bybel onder die Christene met albei testamente
behoue laat bly het. Hierdie feit moet ons op die hoede stel vir die valsheid
van die skeiding van die wet van die Evangelies. Die een is die fondament van
die ander, en die tweede is `n liggewer vir die vorige. Christus het werklik
gesê: “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet en die profete te vernietig
nie,” Matthéüs 5:17 .
Die eerste keer dat die Sabbat in die
Evangelies genoem word is in Matthéüs 12. (Matt
12:1) En in daardie tyd het Yahushua op die Sabbat deur die gesaaides
geloop, en sy dissipels het honger geword en are begin pluk en eet. (Matt 12:2) Maar toe die Fariseërs dit sien, sê
hulle vir Hom: Kyk, u dissipels doen wat nie geoorloof is om op die Sabbat te
doen nie. (Matt 12:3) Maar Hy sê vir hulle:
Het julle nie gelees wat Dawid gedoen het nie – toe hy en die wat saam met hom
was, honger gehad het. Hoe hy in die huis van Yahuwah gegaan en die toonbrode
geëet het wat vir hom en die wat saam met hom was, nie geoorloof was om te eet
nie, maar vir die priesters alleen? (Matt 12:5)
Of het julle nie in die wet gelees dat die priesters op die Sabbat in die
tempel die Sabbat ontheilig en onskuldig is nie? (Matt
12:6) En Ek sê vir julle: Een wat groter is as die tempel, is hier. (Matt12:7) Maar as jullle geweet het wat dit
beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie, sou julle die
onskuldiges nie veroordeel het nie; (Matt 12:8)
Want die Seun van die mens is Meester óók van die Sabbat.
Hierdie verhaal word in Markus 2:23-28 en Lukas
6:1-5 herhaal. `n Paar kwessies moet opgehaal word. In die eerste plek,
deur een verduideliking van die wet, solank as wat die graan nie uit die veld
verwyder was nie, was daar nie `n oortreding van die Sabbat deur daarvan te oes
en te eet nie. Sodoende, deur die Rabbynse eie metodes sou die beskuldiging van
Sabbats-oortreding platval. Ten tweede, die tekort aan gasvryheid aan die kant
van die einste mense wat die kritiek uitgespreek het was `n bres in die wet.
Die dissipels was forseer om voedsel te versamel in die geval, om nie die
Sabbat te oortree, deur te vas nie. Die kritiseerders self het hulle in die
situasie geplaas as `n dubbele geleentheid vir ongasvrye doelwitte.
Interresantheidshalwe maak Yahushua nie
beskuldiging aan die kritiseerders nie, maar voer `n Skriftelike insident uit
die verlede aan vir hulle optrede op die Sabbat, die voorbeeld van Dawid. Deur
hierdie Skrifte op die wyse te interpreteer, het Yahushua voordeel getrek uit
die geleentheid om Sy messiaanse gesag as die seun van Dawid te bevestig, en Sy
goddelik gegewe rol in die verduideliking en implimentasie van Skrifte.
Daardeur verwerp Hy die gesag van Rabbynse metodes, en vervang dit met
messiaanse gesag. Sy verduideliking is spesifieks nie in akkoord met die reëls
van die Rabbynse interpretasie nie. Instede daarvan is dit gesaghebbend.
Hierdie bevestiging van messiaanse gesag
aan die kant van Yahushua kom tot `n hoogtepunt in die laaste vers. Hierdie
gedeelte sê regtig min omtrent die Sabbat-onderhouding as sulks. Die onderwerp
van hierdie episode is messiaanse gesag. Wel, die sin in Markus 2:28 verskaf `n rustyd. (Mark 2:27) En Hy sê vir hulle: Die Sabbat is
gemaak vir die mens, nie die mans vir die Sabbat nie.
Alhoewel die sin primêr die implikasie
veroordeel agter die Farisese denkwyse, dat die Sabbat in homself waarde het om
deur die menslike optrede gedien te word, kom `n ander idee in die begin van
die sin na vore. Die Sabbat was gemaak vir die mens. Dit is, die Sabbat was nie
vir die Jode gemaak nie, maar vir die ganse mensdom. Verder was die Sabbat `n goddelike
skepping, `n genade geskenk, vir die mensdom. Die manier hoe mens verwant is
aan die geskenk openbaar wat hy dink van die Gewer.
Die tweede verhaal verskyn in Matt 12:9-14 . (Matt
12:9) En Hy het daarvandaan weggegaan en in hulle sinagoge gekom. (Matt 12:10) En daar was `n man met `n verdorde
hand, en hulle het Hom gevra en gesê: Is dit geoorloof om op die Sabbat gesond
te maak? – sodat hulle Hom kon aankla. (Matt 12:12)
Hoeveel meer is `n mens dan nie werd as `n skaap nie! So is dit dan geoorloof om
op die Sabbat goed te doen. (Matt 12:13) Toe
sê Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit uitgesteek, en dit is
herstel, gesond soos die ander een. (Matt 12:14)
Daarop het die Fariseërs uitgegaan en saam raad gehou teen Hom, sodat hulle Hom
sou kan ombring.
Hierdie verhaal word in Markus 3:1-6 en Lukas 6:6-11 herhaal. Dit is vér
anders in hoedanigheid van die vorige. Hier bevestig Yahushua dat genesing
wettig is deur te verwys na die Rabbynse uitslag. Daar was Rabbynse tweedrag
oor die kwessie van of `n dier wat in `n put geval het gered moes word sonder
om die Sabbat te oortree. Sommige Rabbi`s het bevestig dat dit wettig was.
Yahushua se antwoord was totaal en al met die Rabbynse konteks. Wat impliseer
word in die verhaal is Yahushua se aanvaarding van die waardigheid van die
Sabbatswet. Terwyl hulle wie die Sabbat oor die algemeen sal afskaf oortuig is
dat die afskaffing plaasgevind het voor die kruisiging en funksioneel met die
dood van Christus, verwys hulle steeds na die Evangelie tekste vir `n
pre-kruisigings era ter ondersteuning van afskaffing. Dit is `n duidelike
skriftuurlike dwaling. As dit sonder weerga bewys kan word dat die Sabbat
afgeskaf is voor die kruisiging, dan moet die Christen se argument aangaande sy
afskaffing ook platval.
Vir die Sabbathouer is hierdie verhaal
belangrik in die bevestiging dat handelinge van genade gepas is vir die Sabbat.
Die volgende teks om na vore te bring is (Matt 24:20) En bid dat julle vlug nie in die
winter of op die Sabbat mag plaasvind nie.
Sabbat-houers verwys na hierdie teks as
bewysstuk dat die bedoeling van Christus is om Sabbat-onderhouding na die
opstanding te bevestig, in `n tyd waar die meeste Christene aanspraak maak dat
die Sabbat as `n voorafskaduwing is van dinge wat nog moet kom, wat tydens die
kruisiging in vervulling gegaan het. Die reaksie tot hierdie argument is dat
die wet maar net die situasie in Joods gedomineerde Palestina erken net voor
die verwoesting van Jerusalem in 70 A.D. Die Sabbats-onderhouding van die Jode
sou dit moeilik gemaak het vir die veronderstelde nie-Sabbat-houdende
volgelinge van Christus om te vlug nie. Daar is verskeie probleme oor die
argument, die mees prominentste waarvan daar geen bewyse is van nie-Sabbat
onderhouding onder die volgelinge van Christus was in daardie tyd nie. Selfs
teen die opkoms van Sondag onderhouding naby die begin van die tweede eeu
volgens Mozna en Bacchiocchi, was die Sabbat steeds deur alle Christene
onderhou. (Samuele Bacchiocchi, From Sabbath to Sunday: A Historical
Investigation of the Rise of Sunday Observance in Early Christianity, Biblical
Perspectives, 1977). Dus moes die profesie verwys het na `n Sabbathoudende
gemeenskap. Sou Yahushua bedoel het dat Sy dood die Sabbat-onderhouding moes
afskaf, het Hy die geleentheid verspil om aan sy volgelinge te vertel om nie
meer die Sabbat te hou nie, omdat dit hulle vlug uit Jerusalem sou fasiliteer.
Instede, het Hy hulle Sabbat-onderhouding bevestig.
Of hierdie gebod toepaslik vir latere
generasies is, is die bevestiging van Sabbat-onderhouding deur Sy volgelinge so
laat as 70 C. E. verswak dit die argument dat dit afgeskaf was met Sy dood deur
foutiewe skrifverklaring, die mislukking om alle relevante tekstuele bewyse te
harmonieër. Matt 24:20 is positiewe bewys
dat Yahushua nie die idee van Sabbat afskaffing aanvaar het by die kruis nie.
Dit bevestig `n voorbeeld wat van ons verlang om `n harmoniese skrifverklaring
van Kollosense 2:16,17
te vind, en daarin faal om die kanonieke van die sendbriewe aan die Kollossense
te ontken. Dit is vér meer aanvaarbaar om Sabbat onderhouding te aanvaar en om
Kolossense in harmonie met Matthéüs te interpreteer sou dit moontlik wees.
Die
finale verwysing na die Sabbat in die eerste Evangelie is (Matt 28:1) En laat ná die Sabbat toe dit begin lig
word, teen die eerste dag van die week, kom Maria Magdaléna en die ander Maria
om na die graf te gaan kyk.
Alhoewel sommige Bybel lesers baie stof
opskop oor die Grieks in hierdie en soortgelyke tekste, is die KJV vertaling in
wese die korrekte een. Die woord vir week beteken eintlik week in die konteks
en die woord vir dagbreek, hoe dit ookal geïnterpreteer word, affekteer nie die
feit dat die Sabbat net so in die verbygaan genoem en bevestig word nie. Met
die gedagte dat die dissipels nog nie geweet het van die opstanding nie, is die
Sabbatariese argument dat dit die Sabbat na die kruisiging bevestig, maar swak.
`n Soortgelyke deel is te vinde in Markus.
(Markus 16:1) En toe die Sabbat verby was,
het Maria Magdaléna en Maria, die moeder van Jakobus, en Salóme speserye gekoop
om Hom te gaan salf.
Markus bevat boonop gedeeltes wat handel
oor die Sabbat wat nie in Matthéüs weerspieël word nie. Die eerste is (Markus 1:21) En hulle het in Kapérnaüm gekom, en
dadelik op die Sabbat het Hy in die sinagoge ingegaan en begin leer. (Markus 1:22) En hulle was verslae oor Sy leer,
want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het en nie soos die skrifgeleerdes
nie. (Markus 1:23) En daar was in hulle
sinagoge `n man met `n onreine gees, en hy het uitgeskreeu. (Markus 1:24) en gesê: Hou op! Wat het ons met U te
doen, Yahushua, Nasaréner? Ek ken U, wie U is, die Heilige van Yahuwah! (Markus 1:25) En Yahuwah het hom bestraf en gesê:
Bly stil en gaan uit hom uit! (Markus 1:26)
En die onreine gees het hom stuiptrekkings laat kry en met `n groot stem
geskreeu en uit hom uitgegaan. (Markus 1:27 )
En almal was verbaas, sodat hulle onder mekaar vra en sê: Wat is dit? Watter
nuwe leer is dit dat Hy met gesag ook aan die onreine geeste bevel gee en hulle
Hom gehoorsaam is?
Die Sabbat word net in die verbygaan in
hierdie gedeelte genoem. Die fokus in hierdie gedeelte is die Messiaanse gesag
van Yahushua, baie soos in die geval van die eerste Sabbat gedeelte van
Matthéüs. Die Sabbat hervorming wat Yahushua na vore bring word raakgesien deur
beide Matthéüs en Markus as vertrouelik met mekaar verbind in Sy rol en status
as Messias. Die implikasie is dat as die Sabbat verwerp word, is om die Messias
self te verwerp. Inderwaarheid sien ons in die praktyk dat die nie-Sabbatariese
Christendom dikwels Yahushua verwerp, deur Hom ten minste die tweede persoon te
maak in die Drie-Enigheid, eerder as die Eniggebore Seun van Yahuwah of
Christus. Dieselfde verhaal word uitgebeeld in Lukas
4: 31- 37.
Markus 6:1-5 vertel van Yahushua se
besoek aan Sy tuisdorp op die Sabbat. Meer as selfs Matthéüs fokus Markus op
Yahushua se messiaanse gesag in verband met die Sabbat. In hierdie gedeelte wys
Yahushua Sy mag in Sy gesaghebbende leer. (Markus
6:2). En toe dit Sabbat geword het, begin Hy in die sinagoge te leer, en
baie wat Hom gehoor het, was verslae en sê: Waar kry Hy hierdie dinge vandaan,
en watter wysheid is aan Hom gegee, dat ook sulke kragte deur Sy hande
plaasvind?
Maar Hy word tegemoet gegaan met die
ongeloof wat uit familiëriteit gebore word. Daarom het Hy nie baie wonderwerke
daar gedoen nie, en het terselfdertyd konflik vermy deur op die Sabbat te
genees. Dalk verwys hierdie verhaal na dieselfde gebeurtenis soos opgeteken in (Lukas 4:16) Toe kom Hy in Násaret waar Hy opgevoed
was; en soos Hy gewoond was, gaan Hy op die Sabbat na die sinagoge en staan op
om te lees.
Yahushua se interpretasie van die haftarah
voorlesing as `n profesie van Sy eie bediening was bereken om die reaksie voort
te bring wat dit verwek het.
Die Sabbat word net nog eenkeer in Markus
genoem, toe Josef van Arimathéa Pilatus versoek vir die liggaam van Yahushua. (Markus15:42) En toe dit aand geword het, omdat dit
die voorbereiding was, dit is die VoorSabbat.
Dieselfde aand word in Lukas vermeld. (Lukas23:54) En dit was die dag van voorbereiding
en die Sabbat wou aanbreek. (Lukas23:56)
Daarop het hulle teruggegaan en speserye en salf berei en op die Sabbat gerus
volgens die gebod.
Hoewel dit geen verrassing is dat die
Sabbat onderhou moet word nie, is dit dalk betekenisvol dat dit in die
Evangelie as `n geskenk genoem word, nie as iets vreemds nie. Die uitdrukking
van Johannes in sommige plekke wys effens meer distansiëring.
Hoewel die fokus van Matthéüs op die
bespreking van Joodse interpretasie is van hoe die Sabbat gehou moet word, en
die fokus van Markus op die Sabbat as `n indikasie van Yahuwah se messiaanse
gesag, is die fokus van Lukas nog steeds verskillend van hulle s`n. Net in
Lukas vind ons dat al die wonderwerke
van genesing soos aangeteken dat Yahushua uit Sy eie uit bewerkstellig het,
sonder om daarvoor gevra te word, op die Sabbat uitgevoer was. Die Sabbat is
sodoende geassosieër met Yahushua se genade optredes. Hierdie verskille in die
sinoptiese Evangelies weerspieël die verkille oor die algemeen tussen die drie.
Matthéüs het `n meer Joodse karakter as die ander Evangelies, Markus fokus op
mag en gesag, en Lukas fokus op genade en sosiale kwessies. Dit sal te wagte
wees dat hierdie verskille van persepsie ook in die Sabbat weerspieël sou word.
Sommige genesings wat die inisiatief van
Yahushua op die Sabbat was, word slegs deur Lukas genoem. Die eerste hiervan is
(Lukas 13:10) En Hy was besig om op die
Sabbat in die sinagoge te leer. (Lukas 13:11)
En daar was `n vrou wat `n gees van krankheid agttien jaar lank gehad het, en
sy was inmekaargtrek en glad nie instaat om regop te kom nie. (Lukas 13:12) En toe Yahushua haar sien, roep Hy
haar en sê: Vrou, jy is van jou krankheid verlos. (Lukas
13:13) En Hy het haar die hande opgelê, en onmiddelik het sy regop
gestaan en Yahuwah verheerlik. (Lukas 13:14)
Maar die owerstes van die sinagoge, wat verontwaardig was dat Yahushua op die
Sabbat genees het. Antwoord en sê vir die skare: Daar is ses dae waarop `n mens
behoort te werk; kom dan op díe dae en laat julle genees, en nie op die
Sabbatdag nie. (Lukas 13:15) Toe antwoord
die Meester hom en sê: Jou geveinste, maak elkeen van julle nie op die Sabbat
sy os of sy esel van die krip los en lei hom weg om te laat drink nie? (Lukas 13:16) Maar hierdie vrou wat `n dogter van
Abraham is, wat die Satan – dink daaraan! – agtien jaar lank gebind het, moes
sy nie van hierdie band op die Sabbatdag verlos word nie? (Lukas 13:17) En toe Hy dit sê, het al Sy
teëstaanders beskaamd geword, en die hele skare was bly oor al die heerlike
dinge wat deur Hom gebeur het.
Hier wend Yahushua Hom tot die kalf in die
put, wat weerspieël word in die Talmoediese woord die Mishna, boek 4, Qama Bava
3:10. Dit blyk die enigste belangrikste Rabbynse argument te wees wat Yahushua
gebruik om sy optrede te regverdig van genesing op die Sabbat. Wat van waarde
is om te let op is dat Hy in sulke besprekinge deelneem, en sodoende die
verpligting van die Sabbat bevestig deur te bespreek hoe dit onderhou moet word.
Dit is ook waardig om op te let dat Hy Sy kritiseerders op hulle eie grond met
hulle eie metodes oor die kole haal.
Dieselfde argument word beklemtoon is die
volgende hoofstuk, in verband met nog `n genesing inisieër deur Yahushua en wat
sodoende wys dat die Sabbat `n ikoon van goedertierenheid is. (Lukas 14:1)
En toe Hy in die huis van een van die Fariseërs gegaan het om brood te eet op
die Sabbat, het hulle Hom in die oog gehou. (Lukas
14:2) En daar was voor Hom `n man wat die water gehad het. (Lukas 14:3) En Yahushua het gespreek en aan die
wetsgeleerdes en Fariseërs gesê: Is dit geoorloof om op die Sabbat te genees? (Lujkas 14:4) Maar hulle het stilgebly. Toe neem Hy
hom en maak hom gesond en laat hom gaan. (Lukas
14:5) En Hy antwoord en sê vir hulle. Wie van julle se esel of os sal in
die put val, wat dit nie dadelik op die Sabbatdag sal uittrek nie? (Lukas 14:6) En hulle kon Hom daarop nie antwoord
nie.
Die Sabbatskwessie in Johannes verskil van
dit in die sinoptiese in dieselfde wyse met die verskille in die gebruik van
die term seun van Yauwah. In die sinopsis is die term seun van Yahuwah net maar
`n ekwivalent vir die term Christus of Messias. In Johannes is hierdie konsep
verbreed om op Yahushua te fokus as lewe-gewer. Die beskuldiging van die
aanspraak van goddelikheid soos gevind in Johannes word geassosieër met die
aanklag van Sabbatsoortreding. As reaksie daarop, is die konsep van Yahushua as
skenker van die lewe, geassosieër met genesings op die Sabbat.
Die assosiasie van idees is alreeds sigbaar
in die eerste gebeurtenis van Johannes. (Joh 5:9)
En dadelik het die man gesond geword en sy bed opgeneem en geloop. En daardie dag was die Sabbat. (Joh 5:10)
Die Jode sê toe vir hom wat genees was: Dit is Sabbat; dit is jou nie geoorloof
om jou bed te dra nie. . . (Joh 5:18) Hieroor
het die Jode nog meer probeer om Hom dood te maak, omdat Hy nie alleen die
Sabbat gebreek het nie, maar ook Yahuwah Sy eie Vader genoem het en Hom met
Yahuwah gelykgestel het.
Hierdie teks vermeld die twee
beskuldigings, van die aanspraak van goddelikheid en duidelike Sabbatsoortreding. Ongewoon, eerder as om te
fokus op die bediening en boodskap van Yahushua, wat sy rol as Christus
uitbeeld om lewe en oorwinning oor die dood op die Sabbat te bring, aanvaar die
meeste Christene die aanklag teen Yahushua as waar, en stel Hom voor as `n
Sabbatsoortreder en wie aanspraak daarop maak dat Hy Yahuwah die Almagtige is.
Mens kan dit maar net nie sien as iets anders as godslastering sowel as
mislukking om die boodskap van Yahushua te verstaan soos uitgebeeld deur
Johannes nie. Waarom die aansprake van onvriendelike getuienisse as
skrifverklaring aanvaar moet word maar nie in ander kontekste nie, is `n
raaisel.
Volgens Johannes, het Yahushua `n ander
argument gebruik om die optrede van genesings goedertierenheid te regverdig op
die Sabbat. (Joh 7:22) Daarom het Moses julle die besnydenis gegee –
nie dat dit van Moses is nie, maar van die vaders – en op die Sabbat besny
julle `n mens. (Joh 7:23) As `n mens op die
Sabbat die besnydenis ontvang, sodat die wet van Moses nie verbreek mag word
nie, is julle kwaad vir My, omdat Ek `n mens op die Sabbat heeltemal gesond
gemaak het?
Instede van die kalf-in-die-put argument
gebaseer op Rabbynse bespreking, maak hy direk aanspraak op die harmonie van
Torah wet. Dit vorm eintlik `n argument wat aan die Sadduseërs gerig is, wie
die mondelingse wet ontken het. Sodoende beeld die Evangelies Yahushua uit in
verdediging van Sy Sabbat optredes deur beide die Farisese Rabbynse argumente
en Saddusese Torah argumente te gebruik.
En op `n oulike manier bring Johannes nog
`n ander tipe Sabbats optrede aan die kant van Yahushua na vore. (Joh
9:14) En dit was Sabbat toe Yahushua die klei gemaak en sy oë geopen
het…. (Joh 9:16) En sommige van die
Fariseërs sê: Hierdie man kom nie van Yahuwah nie, omdat Hy die Sabbat nie hou
nie, ander sê: Hoe kan `n sondige mens sulke tekens doen? En daar was
verdeeldheid onder hulle.
Baie Evangelie verhale wys dat Yahushua se
kritiseerders probeer het om Hom te vang met drogredenasies. Yahushua het altyd
die saak met `n oulike antwoord laat swaai. Johannes 9 stel Yahushua voor deur
die Sabbat te gebruik om verdeling onder Sy kritiseerders te veroorsaak.
Weereens sal die denkelose leser versoek word om die onvriendelike
beskuldigings teen Yahushua te kies as `n oppervlakkige leser. Sodoende mis hy
die hoedanigheid van die konflik tussen Yahushua en sy kritiseerders, en met
die wysheid waarmee Yahushua bevoeg is om met diesulke af te reken.
Die laaste vermelding van die Sabbat in die
Evangelies is Johannes se aanmerking aangaande die kruisiging. (Joh 19:31) En dat die liggame nie op die Sabbat
aan die kruis sou bly nie, aangesien dit die voorbereiding was – want die dag
van daardie Sabbat was groot – het die Jode Pilatus gevra dat hulle bene
gebreek en hulle weggeneem moes word.
Ter opsomming wys die Evangelies Yahushua
se interaksie op die kwessie van die Sabbat. Hy stel nooit die Sabbat af nie.
Hy gaan in indiepte besprekings met sy kritiseerders oor hoe die Sabbat
onderhou moet word. Hy regverdig sy optredes van goedertierenheid deur die
gebruik van beide die Rabbynse en Sadduseuse metodes, en draai sodoende die
tafels op sy aanklaers. Hy bevestig Sy Messiaanse gesag deur Sy Sabbatsoptredes
in beide onderrig en genesing, en bevestig ten einde Sy messiaanse rol as
lewe-gewer deur Sy Sabbatshervorming.
Die
Sabbat: Handelinge en die Sendbriewe
Inteenstelling met die Evangelies, vermeld
die boek van Handelinge die Sabbat net so terloops, sonder om in te gaan in die
kwessie van Sabbat teologie en be-oefening daarvan. Die Sabbat is maar net `n
veronderstelling in Handelinge. Weens die eintlike komplekse struktuur van die
Sabbat soos voorgestel in die Hebreeuse Geskrifte en die Evangelies, sou komplekse
besprekinge eerder vereis word om dit te ontmantel. Dit is so verweef met die
sentrale kwessies van die Evangelie self, dat om dit op te gee sou dit die
uitvindsel van `n totale nuwe Evangelie sisteem vereis. Dit is inderwaarheid
wat nie-Sabbatariese Christene doen.
Die eerste vermelding daarvan is in (Handelinge 1:12) Daarop draai hulle om na
Jerusalem van die berg af wat genoem word Olyfberg, wat naby Jerusalem is, `n
Sabbatsreis ver.
Die tweede vermelding is (Hand 13:14) Maar hulle het van Perge af verder gegaan
en in Antiochië in Pisídië aangekom, en hulle het op die Sabbat in die sinagoge
gegaan en gaan sit.
Hierdie teks is dubbelsinnig, en moet nie
gebruik word om Sabbatsonderhouding te verdedig of te ontken aan die kant van
die apostels in daardie tyd nie. Vers vyf sou voorstel deur die uitdrukking
“sinagoge van die Jode” dat die gewone vermelding van die woord sinagoge nie `n
Joodse instelling bedoel in kontras vir `n plek van vergadering vir die
volgelinge van Christus nie. Maar die volgende verse identifiseer dit as `n
Joodse byeenkoms plek en wys dat Paulus en sy metgesel daar vertoef het, of
hulle nou deelgeneem het in die voorlesing van die wet of nie, ten minste om `n
Christelike boodskap aan die Jode van daardie plek te bring. Hierdie situasie
bevestig of verwerp nie Sabbats onderhouding nie.
Paulus sluit `n verwysing na die Sabbat in
in sy preek op hierdie geleentheid, en terwyl die algemene toon van die
vermelding daarvan positief is, is dit binne die konteks van spesifieke Joodse
gewoonte en kan dit nie as `n getuienis vir of teen Sabbats onderhouding deur
die apostoliese gemeenskap geneem word nie. (Hand
13:27) Want die inwoners van Jerusalem en hulle owerstes het hom nie
geken nie, en deur hom te veroordeel het hulle die woorde van die profete
vervul wat elke Sabbat gelees word.
Die toon in verband met die Sabbat as `n
Heidense gewoonte, word ietwat opgehaal, maar, eers later in die hoofstuk.
Hierdie teks wys duidelik dat geen Sondag byeenkoms was in daardie tyd vir die
Heidense gelowiges gemaak nie. Hulle het ook op die Sabbat byeengekom. (Hand 13:42) En toe die Jode uit die sinagoge gaan,
het die Heidene versoek dat daardie woorde op die volgende Sabbat tot hulle
gespreek sou word…. (Hand 13:44) En die
volgende Sabbat het byna die hele stad saamgekom om die woord van Yahuwah te
hoor.
Die veronderstelling dat die Heidense
gelowiges teenwoordig sou wees op die Sabbat om die voorlesing van die wet te
hoor verskyn in Handelinge 15 as `n argument
vir die oplegging van meer as net die vermyding van dinge wat aan afgode
geoffer is, owerspel, dinge wat verwurg is, en bloed. Die duidelike bedoeling
vir die woord “want” (gar) aan die begin van vers 21 is dat sou hulle nie na
die voorlesing van die wet geluister het nie, sou meer dan op hulle gelê word.
Verder verwys die woord hier duidelik na die Joodse instelling in verband met
“ou tyd”, maar is dubbelsinnig in verband met die tyd waartydens dit gespreek
was. Dit mag bes moontlik die plek van byeenkoms vir die volgelinge van
Christus ingesluit het, waar ons in hierdie geleentheid mag veronderstel dat
die kerkgebruik in daardie tyd die voorlesing van die Torah ingesluit het, dalk
in Grieks of miskien in die Palestynse manier, in Hebreeus met `n vertaling of
“targum” van elke vers. (Hand 15:21) Want in
die ou tyd het Moses in elke stad diegene wat hom verkondig, terwyl hy elke
Sabbat in die sinagoge gelees word.
Sabbatariërs verwys soms na die volgende
verse as bewys dat die Sabbat buite die Joodse instellings onderhou was. Dit is eenvoudig maar net nie
die geval nie. Ten tweede is dit gebaseer op die valse veronderstelling dat
Jode wie nie vir Christus geken het nie altyd `n gebou gehad het om op die
Sabbat byeenkomste te hou. Ook dít is duidelik nie die geval nie. Hierdie vers
kan goed verwys na enige gewone plek van byeenkoms vir gewone Jode. Dit
ondersteun of ontken nie Sabbat onderhouding onder die Heidene nie. (Hand 16:13) En op die Sabbatdag het ons uitgegaan
buitekant die stad langs `n rivier waar die gebruiklike bidplek was, en ons het
gaan sit en met die vroue gespreek wat daar bymekaargekom het.
Die volgende vers kan ook maar net as
gewone bewys beskou word van Paulus se gewoonte om by die Jode aan te sluit op
die Sabbat om Christus aan hulle te verkondig. (Hand
17:2) En volgens sy gewoonte het
Paulus na hulle gegaan en drie Sabbatte lank met hulle gespreek uit die
Skrifte. Maar die volgende vers sluit die Heidene in die byeenkomsplek in op
die Sabbat. (Hand 18:4) En hy het elke
Sabbat in die sinagoge gespreek en Jode sowel as Grieke oortuig. Meeste van die
boeke in Handelinge veronderstel maar net die Sabbat binne in `n Joodse
konteks. Slegs `n paar gedeeltes stel Sabbat onderhouding aan die kant van die
Heidene voor.
Die sendbriewe vermeld die woord Sabbat in
slegs een teks. (Kol 2:16) Laat niemand
julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot `n fees of nuwemaan
of Sabbat nie, (Kol 2:17) wat `n skaduwee is
van toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus.
Veel is gedoen met die teks as `n
afskaffing van die weeklikse Sabbat, wat veronderstel was, deur die voorafgaande gedeelte, “deur dit aan die kruis vas te nael.” Hierdie verduideliking
vernalatig die skrifverklarings beginsel in verband met die Nuwe Testamentiese geskrifte
om die Hebreeuse gedeeltes te ondersoek waarna die onderwerp verwysings maak.
Die Nuwe Testament is in `n groot mate `n kommentaarboek op die Hebreeuse Geskrifte.
Vele swakke skrifverklaringe is die gevolg van mislukking om hierdie
lewensbelangrike feit te oorweeg. Die vyf onderwerpe wat in vers 16 genoem word
is almal in net een plek versamel: Levítikus 23.
Daar word die dierslagofferandes en die spys en drankoffers voldoende vir die
weeklikse Sabbat, die eerste van die maand, en die jaarlikse feeste, uitgelê.
Baie sorg is nodig in die uitleg van Paulus
se sendbriewe. Petrus wat in daardie tyd geleef het en die omstandighede geken
het, vind dit nog steeds moeilik om dit te verstaan. Selfs die bekwaamste en
hoogsopgeleides in hierdie dag onder ons moet besef dat ons maklik tot valse
gevolgtrekkinge kan spring wanneer dit by Paulus kom. Ons moet dus versigtig
wees om nie dogmaties te wees in ons insig van Paulus nie.
Paulus se sendbriewe word in die algemeen
gerig aan spesifieke ekklessia aangaande spesifieke probleme wat nie in
besonderhede uitgelê word nie, maar slegs genoem word. Ons almal skiet te kort
aan die nodige agtergronds kennis. Deur die Hebreeuse Skriftuurlike verwysings
as `n leidraad te neem van watter probleem hier aangespreek word, mag ons die
tentatiewe veronderstelling maak. Daar was `n konflik in die ekklesia in
verband met die spys en drankoffers wat geoffer moes word op hierdie drie kategorie
dae wat genoem was. Paulus reageer daarop deur die kwessie oor te laat aan die
indiwiduele se gewete, of oor hoe om sulke offers te voorsien, synde dat hulle
in elk geval maar net spieëlbeelde is van toekomende dinge, wat alreeds vervul
is. Dit is die omvang van die lering, en om verder as dit te gaan, is om mens
se eie vooroordeel binne in die teks te sien.
Die teks stel voor dat die slagofferandes
wat nie genoem word nie, nie `n oorsaak van die twis is nie. Hulle kon slegs in
die tempel in Jerusalem geoffer word. Ongetwyfeld was daar sommige wat
dieselfde van die spys en drankoffers gesê het, en andere wat nie saamgestem
het nie. Die teks impliseer ook dat die mense van hierdie ekklesia betrokke was
in die onderhouding van al die genoemde
feeste, met die Sabbat ingesluit, maar nie eksklusief nie. Paulus se
opmerkings gee geen aanduiding of sulke onderhoudinge reg is nie, in plaas van,
verkeerd of noodsaaklik. Hy verwys geensins na daardie saak nie. Hy verwys slegs
na die kwessies van spys-en-drankoffers op daardie dae. Hy dink dat dit nie `n
saak van konflik hoef te wees nie.
Die woord Sabbat verskyn nie elders in die
sendbriewe nie, alhoewel sommige verwysinge na dae toepaslik mag wees. Die sewende
dag, in verwysing na die Sabbat, val in die smaak van Hebreërs
4 as `n teenbeeld vir die rus wat bly vir die Israel van Christus.
Daardie gedeelte het niks te doen met die eintlike Sabbatsonderhouding, of
positiewe of negatiewe sin nie.
Ter opsomming, verskaf Handelinge en die
sendbriewe min nuwe inligting omtrent die Sabbat. As sulks voorsien hulle geen
bespreking wat verandering waarborg nie. As hulle verder geleer het dat die
Sabbat afgeskaf en mee weggedoen was, wat sou dit bewys het? Dit sou net bewys
het dat die sendbriewe in teenstelling met die Wet en die Evangelies is. In
daardie geval, moet ons verplig wees om hulle te verwerp as onbybels en oneg,
as geen goddelike openbaring nie. Maar soos hulle is, kan hulle goed in
harmonie geplaas word met die Evangelies, wat `n lewensbelangrike, geestelike
insig van die Wet in verband met die Sabbat gee.
Die
Sabbat: Dink oor dit . . .
Deur `n buitengewone verdraaiing van wat
nie logies is nie, maak diegene wie die Sabbat teenstaan dikwels gebruik van
wettiese beskuldigings. Maar hulle self bevestig al die ander morele beginsels
van die wet as op alles bindend en verwag dat andere owerspel, moord diefstal
ensovoorts moet vermy. Waarom wetiesheid verbind is aan morele gewoonte en nie
tot `n ander nie, kan nie rasioneel verduidelik word nie. Dit is baseer op
doodgewone vooroordeel, of op die misverstand dat elke ding verwant aan die
Sabbat seremonieël en `n skaduwee van dinge wat moet kom is, net omdat sommige
dinge is. Vir hulle moet die Sabbat slagoffers, spys en drank offers,
doodstraf, en die hernuwing van die toonbrode insluit, of dan hoegenaamd niks
nie. Sulke mense begryp nie eens die morele en sosiale aspekte van die Sabbat
soos in die Dekaloog voorgestel nie, of die Sabbat as `n middel van goddelike
goedertierenheid soos deur die Evangelies verduidelik nie. Eintlik is dit húlle
wie wetties is in verband met die Sabbat.
Sabbatsonderhouding verswak nie die
belangrikheid van Paulus se gesprekke op die wet van die Galasiërs enigsins
meer as wat die vermyding van owerspel en moord doen nie. Dieselfde siening oor
die Wet en geloof kan behoue laat bly word deur die Sabbat-houer nes soos deur
die monogamis en die nie-geweldadige. Die Sabbat soos gesien in die Bybel
bevorder die konsep en ondervinding van verlossing
in geloof deur genade.
Dít is vier hoofargumente teen Sabbat
onderhouding voorgestel deur Christene op die basis van die Sabbat. 1) Daar is
direkte bevele vir al die ander gebooie van die Dekaloog in die Nuwe Testament,
maar nie vir die Sabbat nie; 2) Yahushua het die Sabbat oortree en dít wys dat
dit afgeskaf is: 3) Die Sabbat bestaan uitsluitlik uit seremoniële verpligtinge
wat voorafskaduwings is van toekomstige dinge en “deur
dit aan die kruis vas te nael” is. 4) Die teks van die Nuwe Testament
wys nie dat die vroeë ekklesia Sabbat gehou het nie. Hierdie sowel as die vier
hoof argument baseer op die Ou Testament was almal deeglik op gereageer tot
hiertoe in sommige besonderhede.
Ter opsomming, is `n Bybelse harmonie van
die gedeelte in verband met die Sabbat nie moeilik óf in konflik met die Evangelie
nie. Maar, dit dra by tot die better insig en implimentering van die Evangelie
self. Dit integreer die erkening van goddelike soewereiniteit op `n intieme
manier, dit stel Yahuwah in die lig van Skepper en Voorsiener, dit beperk die
magtiges en staan alleen onder die morele gebooie uit in die verandering van
menslike gemeenskappe na een van geregtigheid en orde van een wat onder die wet
van die natuur is. Die Sabbat word die middel vir die indringing van die
Evangelie van die lewe en genade in die wêreld. Sy vernalatiging is een van die
hoof faktore vir die beperkte invloed van die Evangelie van Christus in die
hedendaagse wêreld.