World's Last Chance

Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

While WLC continues to uphold the observance of the Seventh-Day Sabbath, which is at the heart of Yahuwah's moral law, the 10 Commandments, we no longer believe that the annual feast days are binding upon believers today. Still, though, we humbly encourage all to set time aside to commemorate the yearly feasts with solemnity and joy, and to learn from Yahuwah's instructions concerning their observance under the Old Covenant. Doing so will surely be a blessing to you and your home, as you study the wonderful types and shadows that point to the exaltation of Messiah Yahushua as the King of Kings, the Lord of Lords, the conquering lion of the tribe of Judah, and the Lamb of Yahuwah that takes away the sins of the world.
WLC Free Store: Closed!
Bybelse Profesie, Bybel Studies, Videos, Artikels, & Nog Baie Meer!

Sy Naam is Wonderbaarlik │ Deel 4 – Sy Naam in My Voorhoof

“Aan hom wat oorwin……Ek sal hom gee ‘n wit
keursteen, en op dié steen ‘n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe
hy wat dit ontvang.” (Openbaring 2 vers 17)

“Wie oorwin,…. Ek sal op hom die Naam van my
Eloah skrywe en die naam van die stad… nuwe Jerusalem,
…….  nuwe Naam. (Openbaring 3
vers 12)

Die Skrif bevat baie, baie beloftes aan diegene wat die ewige lewe sal
beërwe. Een van die mees pragtige en tog die minste verstane gedeelte is, dat die
belofte dat die goddelike naam geskrywe sal word, op diegene se voorhoofde van
elkeen wat oorwin. Omdat die meeste mense nie verstaan wat die betekenis is,  van so ʼn belofte . Dit was vir ʼn lang tydperk
nie opgemerk.  Alhoewel, dit een van die
mees  bemoedigende, en hoop bemoedigende
beloftes is wat in die Bybel gevind kan word.

Name word gebruik om individue, families en stamme te identifiseer.
Volgens verskeie kulture, neem die bruid die man se familie naam as sy trou. By
enkele kulture, sal die man die bruid se familie naam aan neem as hulle trou.
Alhoewel, die punt wat gemaak word, is dat hulle name saamgevoeg, net soos
hulle beskou word as “een vlees,” as hulle trou (Genesis 2 vers 24)

father and infantMet die vader en die baba is dit Soortgelyk, wanneer die baba gebore
word, neem die kind gewoonlik die naam van die vader aan, alhoewel in sommige kulture
neem die kind die saamgevoegde naam van beide ouers aan. Weereens wat gedeel
word, is die naam. Deur die naam uit te brei om die baba in te sluit is dit ʼn
manier om die nuwe kind te identifiseer as deel van die groter familie.

Gedurende die afgelope twintig jaar, het verskeie plekke se name gewild
geraak as gewilde name soos bv.: Dakota, Sjina, Sierra, Asië, ens. Name word
dikwels afgelei van dinge in die natuur soos bv. Rose, Dawn, Aspen, Rain,
Brooke, ens. Somtyds skep ouers ʼn seldsame naam wat geen betekenis het en
heeltemal gegrond is op klanke wat aangenaam is vir die aanhoor daarvan, soos byvoorbeeld
die gewilde La Toya, Lakheisha, Shanique Jimarr, ens.

Gedurende die Bybelse tye was name gekies volgens hulle betekenis.
Ouers sou die baba vernoem na ʼn fisiese karater of vir ʼn persoonlikheid wat
hulle gehoop het om in hulle kind waar te neem. 
Esau, “rof” was die naam gegee omdat dit “uitgespreek het as rooi,” heeltemal
bedek soos ʼn harige mantel.” (Genesis 25 vers 25) Toe Ragel gesterwe met geboorte,
het sy haar jongste seun genoem Benoni, wat beteken “seun van my smart,” Sy
vader het sy naam verander na Benjamin wat beteken “ seun van my regterhand.” (Genesis
35 vers 18)

Dit was ook ʼn algemene gebruik om kinders te vernoem na die god wat die
ouers aanbid het. Koning Nebukadneser was vernoem na die Babiloniese god van
literatuur en wetenskap, Nebo.  Sy naam
se betekenis is: “Nebo, beskerm die grens.” 
Nebukadneser se seun, Evil – merodach, het baie goedheid aan Koning Jojakim
getoon, en hom vrygelaat nadat hy 37 jaar deur koning Nebukadneser in die
gevangenis gewerp is. Alhoewel, die naam Evil – Merodach beteken “Soldaat van
Marduk.” Die vader van die goddelose Jesebel, Koning Etbaäl, het die naam gehad
wat beteken het “met Baal.”

Israelitiese ouers het dikwels hulle kinders
vernoem na Yahuwah. Die Skrif bevat honderde name wat deel uitmaak van die naam
soos, deur die volgende te gebruik het nl., Yah of Yahu.

Name
wat eindig met YAH:

#29 Abijah (AbiYAH) – my Vader is YAHUWAH)

# 138 Adonijah ((AbiYAH) – my Meester is
YAHUWAH)

# 223 Uriah (UriYAH – my vuurvlam is YAHUWAH)

# 274 Ahaziah (Achaz YAH – besitting van
YAHUWAH)

#452 Elijah (EliYAH – my Eloah is YAHUWAH)

# 3414 Jeremiah (YrimeYAH – verhoogde van
YAHUWAH)

# 5662 Obadiah (ObadYAH – Dienskneg van
YAHUWAH)

#6846 Zephaniah (TsephanYAH – versteek deur
YAHUWAH)

# 2899 Tob – Adonia ( Tob AdoniYAH – aangenaam
vir my Meester YAHUWAH)

Name
wat begin met YAHU:

#3059 Jehoahaz (YAHUachaz – YAHUWAH besit)

#3075 Jehozabad (YAHUzabad – YAHUWAH bedeel)

#3076 Jehohanan (YAHUchanan – YAHUWAH  se guns)

# 3078 Jehoiada (YAHUyakin – YAHUWAH – weet)

#3079 JEhoiakim (YAHUyaqim – YAHUWAH sal
ophef)

#3088 Jehoram (YAHUram – YAHUWAH – verhoog)

#3085 Jehoadah (YAHUaddah – YAHUWAH versier)

#3092 Jehoahaphat (YAHUshaphat – YAHUWAH
oordeel)

#3100 Joel (YAhwEl – YAHUWAH is my [God]

Name
met YAHU in die middel:

#454 Elihoenai (ELYAHUenai – na YAHUWAH is my
oë gerig)

Daar is nog baie meer name wat EL gebruik het
as ʼn verwysing na “YAHUWAH.”

  • Elisabet – Elisabet: EL van (die)
    eed
  • Esegiël – YechzqEL: EL sal
    verstersterk
  • Gabriel – Gabriy`El: man van EL
  • Micheal- Miyka’El: wat soos EL is
    ?
  • Mishael – Mysha’El: Hy wat soos El
    is.
  • Samuel – Shemuw’El: die verhoor  van El
  • Daniel – DaniEL: regter van El

Hierdie gebruik om die kind te vernoem na die algemene Hebreeuse
godheid was so wyd verspreid in Israel, dat self die goddelose konings hulle
seuns vernoem het na Yahuwah. Agas, een van die slegste konings wat Israel ooit
gehad het, het sy seun Hiskia (YechizqiYAH) vernoem en dit beteken “my sterkte
is YAHUWAH.” ( Lees 1 Kronieke 3 vers 13.)

Jójagin (YAHUWAHkeen) “ het gedoen wat boos is in die aangesig was” van
Yahuwah (2 Kronieke 36 vers 9), selfs al het sy naam beteken “YAHUWAH sal
begin.”  Sy broer Sedekia , die laaste
koning van Israel, was net so bedorwe, alhoewel sy naam (TsidekiYAH)  beteken “my geregtigheid is YAHUWAH.”

Met sulke gebruike, was dit dan ook moontlik, dat daar sommige mense
was wat nie daarvan gehou het dat sulke name aan hulle gegee is. Een persoon in
die besonder was die aardsvader, Jakob, As die jongste van ʼn tweeling, het hy
sy broer se hakskeen vasgehou, met hulle geboorte. ( Genesis 25 vers 26) Dit
was vir die rede dat hy vernoem was na die naam van Jakob wat beteken
“onderkruiper.”

Die woord “Onderkruiper” word beskryf as: “ om die plek in te neem van
[iets], en om die plek in te neem veral deur geweld, konkelary, of valsheid, of
om weg te neem en te ontwortel sodat dit vervang kan word met iets anders.1
Wat ʼn naam om ʼn kind daarmee te belas! Hy kon net sowel vernoem  gewees het as, Sluiper of Bedrieër.”      

Die goddelike wysheid het voorsien in die verhaal van Jakob, die
sleutel vir die verstaan van die belofte, dat die Vader se naam sal geskrywe
sal word op hulle voorhoofde, op almal wat die ewige lewe verdien. Dit is die
verhaal wat hoop moet inspireer in die hart van almal wat nooit gesondig het,
en smag na vergiffenis en vernuwing.   

Die geskiedenis van Jakob se lewe, soos dit
bewaar is in die Bybel, is ʼn lang lys van oneerlikheid, van sy pogings in die
werklike lewe, en van die onderkruipery van sy ouer broer, Esau.  Wat as die eerste geborene hy geregtig was op
drie dinge:  

  1. Die
    doel van die familiehoof van die familie, was dat die familielyn sal voortleef
    deur sy nakomelinge en,

  2. Om al die vader se rykdom te vererwe,
  3. Priester en geestelike leier van die huis,
    en as  die voorvader van die beloofde
    Messias.

Terwyl hy nog jonk was, was Esau ongeduldig om hom in toom te hou. Hy
was ʼn jagter en was lief vir vryheid van die buitelewe en die jagveld.  Sy versmading van die hoë eer as die
erfgenaam van die belofte, dat deur sy saad die Messias gebore sal word, moet
gesien word in die feit dat hy heidense vroue getrou het.  Hierdie vroue was tot droefheid van die
verstand van Isak en Rebeka. (Genesis 26 vers 35) Die negatiewe invloed wat die
twee heidense vroue in die huishouding ingebring het, en die oorsaak was van
ongelukkigheid, en was dit so groot was dat Rebeka aan Isak gesê het: “Ek is
moeg vir my lewe vanweë die dogters van Het. 
As Jakob ‘n vrou neem uit die dogters van Het, soos húlle is, uit die
dogters van die land—waarvoor lewe ek dan?” (Genesis 27 vers 46)

Jakob in teëstelling, “was hy ʼn eenvoudige man, en ʼn vredeliewende man
wat in tente gewoon het.” (Genesis 25 vers 27) Sy sageaarde, gegewe natuur het
meer plesier gevind in die teenwoordigheid van die skape en lammers, en om sy
moeder te help in die huis, as die omswerwinge in die wildernis, en om te soek
na diere om hulle dood te maak.  Jakob
was jaloers op Esau se posisie as eerste geborene wat hom die voorreg verleen
het, en tot al die rykdom, en om die hoof te wees oor die familie.  Die een ding wat Jakob meer begeer het as
enige ander iets, is om die geestelike geboortereg te erf.  Jakob het daarna verlang om priester te
wees,van die familie, en as die voorvader van die beloofde Messias   

Esau se versmading van die hoë voorreg as, om die een te wees wat as
die voorvader van die Beloofde Een, het alleenlik gedien vir Jakob, as die verhoging
van die begeerte vir dit as, vir homself. Op ʼn dag, was Jakob in die veld om
toesig te hou oor die skape, en besig met die voorbereiding van kos vir homself
oor ʼn kampvuur, Kom Esau daaraan waggelend, en rasend van honger, en uitgeput. Hy
kry toe die reuk van van Jakob se kooksel, “  
Toe sê Esau vir Jakob: Laat my tog sluk van die rooigoed daar, want ek
is moeg.” (Genesis 25 vers 30)     

Jakob het hierdie geleentheid aangegryp en
gesê “Verkoop eers jou eersgeboortereg aan my.” (Genesis 25 vers 30)

Esau maak toe beswaar: “Kyk, ek gaan sterwe,
en wat baat die eersgeboortereg my dan? (Genesis 25 vers 31)

Maar Jakob het daarop aangedring. Geen geboortereg: geen kos. “Sweer
eers vir my. En hy het vir hom gesweer en sy eersgeboortereg aan Jakob verkoop.
En Jakob het aan Esau brood en die kooksel lensies gegee; en hy het geëet en
gedrink en opgestaan en weggegaan. So het Esau dan sy eersgeboortereg verag.”
(Genesis 25 verse 33 en 34)

Terwyl Esau gewis sy geboortereg verag het, en onder druk was om vir
geboortereg te onderhandel, asook vir die afstand doening daarvan, was dit ook
nie reg. Hierdie sonde van Jakob was vererger toe Isak later elk geval die
seëninge sou aankondig van die geboortereg van Esau. Het Jakob na sy blinde
vader gegaan en hom bedrieg om aan hom die geboortereg te gee,en hom te seen.

Esau was briesend oor hierdie leuen, dat hy
gedreig het om Jakob dood te maak. Toe vlug Jakob na Haran en het daar gelewe
vir meer as 20 jaar. Gedurende hierdie tyd was verwyt soos ʼn vretende kanker
wat sy siel wegvreet het. Jakob het geweet dat Yahuwah dit nie goedgekeur het
wat hy gedoen het: om die geboortereg te verkry deur bedrog. Elke keer as as sy
naam aangehoor was dit die herinnering van sy sonde: “Jakob! Onderkruiper!
Sluiper! Bedrieër!”

Toe hy uiteindelik na kannaan terugkeer, het
hy die boodskap dat Esau in aantog is met 400 man, sonder twyfel vir die soek
van wraak.

Die hoogte punt van Jakob se lewe het gekom:   Toe hy
 gesoek vir vergiffenis vir sy groot
sonde, maar as hy net verseker kon wees dat hy dat hy vergewe is, en dat hy tot
goddelike guns herstel is. In groot angs van verstand en gees, het hy sy
familie en diere oor die Jabbok spruit gestuur, terwyl hy agtergebly het om te
bid.

‘n Man het met hom geworstel tot dagbreek. En
toe Hy sien dat Hy hom nie kon oorwin nie….Toe sê Hy: Laat My gaan, want die
dag het gebreek. Maar hy (Jakob) antwoord: Ek sal U nie laat gaan nie tensy dat
U my seën.” (Genesis 32 verse 25 tot 26)

Jacob wrestling with the angelDeurdat Jakob met die engel geworstel het, en as Hy nie voorheen sy
groot sonde bely het nie, sou sulke vermetelheid gepaard gegaan het met die
onmiddellike dood. Ewenwel was dit die pleidooi van ʼn sondige siel wat bekend
was met sy sondigheid, en vertrou het in die beloftes van ʼn verbond
onderhoudende Vader, en wat dit alles op Hom gewerp het. Die genadige antwoord
wat aan Jakob verskaf is , en die versekering vir almal is. Toe Jakob gesmeek
het vir ʼn goddelike seën en die handeling daarop was: 

 “En Hy
vra hom: Hoe is jou naam? En hy antwoord: Jakob. Toe sê Hy: Jy sal nie meer
Jakob genoem word nie, maar Israel; want jy het geworstel met God en met die
mense en het oorwin. (Genesis 32 verse 27 en 28)

Wat ʼn geskenk! Wat ʼn herversekering! Jakob het dit verstaan dat sy
naam, Onderkruiper, was ʼn weerspieëling van sy sondes. Nou dat sy naam verander
is na “Israel” wat beteken die “prins van El.” Deur die onderstreping van die
betekenis van sy nuwe naam, sodat daar geen
twyfel bestaan, het die Engel verduidelik, as ʼn prins het u geworstel met die
Elohim en met mense, en het oorwin”    

Die merkwaardigheid van hierdie verklaring was
nie verlore met naams verandering van Jakob na Israel. Sy sondes was vergewe!
Hy was herstel tot die guns van Yahuwah. Boonop, die feit dat hy “oorwin” het
met die Almagtige was dit  ʼn belofte dat
hy die volgende dag sou oorwin in sy ontmoeting met Esau.   

Die feit is dat hierdie naam was verander in ʼn antwoord op sy versoek
vir seën, en beklemtoon dit dat sy sondige natuur gereinig is in die beeld van
sy Skepper. Dit is die seën waarop Jakob se siel begerig was en die betekenis
wat in die nuwe naam openbaar word  en
aan hom verleen is.

Net soos Jakob, het elkeen wat lewe sondig, en ook tekort skiet aan die
heerlikheid van Yahuwah. Amal het neigings tot sonde wat beide deur oorerwing
en asook gekweek word. Dus is daar hoop vir die hedendaagse Jakobs ook. Jesaja
58, is ʼn hoofstuk wat doelgerig is tot die laaste geslag en verklaar:” Roep uit
die keel, hou nie terug nie, verhef jou stem soos ʼn basuin! En verkondig aan my
volk hulle oortreding en aan die huis van Jakob hulle sondes.” (Jesaja 58 vers
1)

Dit is ʼn merkwaardige verklaring. Dit is gemaak eeue na Jakob vergewe
is en as ʼn gif, ʼn nuwe natuur en nuwe naam ontvang het: Israel. Die feit dat
die naam “Jakob” gebruik is in hierdie gedeelte is dit ʼn openbaring. Die oproep
word gemaak aan diegene wat verklaar dat hulle Yahuwah se volgelinge is, maar
aanhou sondig. Dit is ook ʼn oproep vir, om te bely en  te vra om vergewe te word.

Sonde skend die beeld van die Skepper in Sy
menslike kinders. Die herskepping van die verstand kan alleenlik gedoen word
deur die Skepper. Heiligmaking is ʼn gawe. Eksodus 31 vers 13 verklaar: “Julle
moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is ‘n teken tussen My en julle in
julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek Yahuwah is, die Elohim is wat
julle heilig.”

Gehoorsaamheid aan die wet van Yahuwah word benodig in alles wat
geheilig sal word. Natuurlik, is dit nie moontlik  uit eie menslike krag.  Dit is waarom die Skrif herhaaldelik daarop
aandring dat almal “die naam van Yahuwah moet aanroep.:

Jesaja 
58 sluit die hoofstuk met die pragtige belofte vir almal in berou
terugkeer na Yahuwah en in Sy krag, Sy wet onderhou.

As jy jou voet terughou van die
sabbat—om nie jou sake op my heilige dag te doen nie, en as jy die sabbat ‘n
verlustiging noem en die heilige dag van ….[ Yahuwah ] hooghou; en as jy dit
eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake soek of
ydele taal spreek nie; dan sal jy jou verlustig in Yahuwah, en Ek sal jou laat
ry oor die hoogtes van die aarde en jou laat geniet die erfdeel van jou vader
Jakob; want die mond van Yahuwah het dit gespreek. (Jesaja 58 verse 13 en 14)

Die erfenis van ons vader is ʼn nuwe naam, en die aantonende van ʼn nuwe,
veranderde en herskepte persoonlikheid! Die naam van die Verlosser is as sulks
ʼn aanmoedigining  aan almal “om Hom  aan te roep” omdat in die heel besonderse
naam, is die belofte dat “Yahuwah red!”

Roep Hom vandag aan. Hy wag met geopende arms om almal te ontvang wat
na Hom toe kom. Jy mag ook ʼn nuwe en gereinigde en herstelde persoonlikheid
ontvang – ʼn nuwe naam wat op jou voorhoof geskrywe is, die setel van die denke
van die onderbewussyn. Sy belofte aan jou is: ” Al wat die Vader My gee, sal na
My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie.” (Johannes 6
vers 37)

Ek was geseënd om ʼn aantal talentvolle en toegewyde Sabbat skool
onderwysers te gehad het, terwyl ek opgegroei het.  Een van hulle, ʼn vrou was een van die beste
en was sy die gunsteling van al die kinders. 
ʼn Kundige openbare spreker en ʼn toegewyde Christen, het sy goed verstaan
wat die nut is van goeie visuele hulp middels is.  Vanaf seerowers trommels wat gevul is met skatte
van wêreldse “aanloklikhede,” en tot die gebruik van haar kristal blomme vaas
wat gevul is met pragtige blomme, verrotte voedsel, en selfs honde poe om te
illustreer hoe die geheime sonde wat in ʼn “goeie Christen skuil”, haar visuele
hulpmiddele het die aandag gevange geneem terwyl sy diepgaande geestelike
waarhede verduidelik het, vir die jong verstand om dit te begryp.      

Die voordeel van die gebruik van goeie visuele hulpmiddels om die
moeilik verstaanbare konsepte te illustreer moenie onderskat word nie.  Yahuwah self het uitgebreide visuele
hulpmiddels gebruik, vir die onderrig om een van die moeilikste konsepte, die
plan van verlossing: en die self reiniging van die siel te verduidelik. 

Die goddelike noodplan om die sonde te oorwin, is die plan van
verlossing, en was dit nie net ʼn eenvoudige toevallige handeling wat in die
laaste minute bedink is. Dit was deel van daardie dinge  wat in stilte gehou is, vanaf die vroegste
tyd, en wat vir altyd bewaar sou bly, as Adam en Eva nie gesondig het.  

Die plan van verlossing behels veel meer as die vergewing van sondes.  Daar is meer betrokke as net om belydende
sondaars die ewige lewe te skenk. Die hoofdoel van hierdie plan was om die
mensdom presies in die beeld  van Yahuwah
te herstel: en om die menslike verstand so te omskep dat dit nie meer soos die
van Satan sal wees.

Geestelike dinge word geestelik waargeneem. Die vermoë om diepgaande
heilige waarhede te verstaan was verlore met die sondeval toe die mensdom die
nature van Satan aangeneem het. Agtereenvolgens, om die sonde verdorwe verstand
te leer oor die waarhede van die plan van verlossing, het die Skepper ʼn visuele
hulpmiddel ontwerp: die baie pragtige, en komplekse struktuur van die ʼn visuele
hulpmiddel wat tot nog toe gemaak is. Yahuwah het ons die heiligdom gegee.  

Die heiligdom het simbole gebruik om die beginsels wat betrokke is vir
verlossing, die herstel van die menslike ras. Omdat “Want die loon van die
sonde is die dood.” (Romeine 6 vers 23) “ en sonder bloedvergieting vind daar
geen vergifnis plaas nie” van sonde (Hebreërs 9 vers 22), die dood wat vereis was
om aan die vereistes van die oortreding  goddelike wet te beantwoord. Dit was die
simboliek van die diere offers. Alhoewel, dat die bloed van die lammers was
alleenlik net ʼn simbool wat heen wys  na
die bloed wat uigegiet sal word deur Yahushua, “die Lam van Yahuwah wat die
sonde van die wêreld wegneem!” (Johannes 1 vers 29)

Die bloedbevelkte lamers, bokke en bulle het
nooit enige iemand van sonde grereinig! Hulle was nie in staat om die siel te
herskep, omrede was hulle niks anders as net ʼn simbool.

“Want die wet, wat ‘n skaduwee
het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan
nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die wat toetree,
tot volmaaktheid lei nie.  Anders sou
hulle opgehou het om geoffer te word, omdat die wat die diens verrig, nadat
hulle een maal gereinig is, geen bewussyn meer van sondes sou gehad het nie.  Maar in dié offers is daar jaar na jaar ʼn
herinnering aan die sondes;  want die
bloed van stiere en bokke kan onmoontlik die sonde wegneem.” ( Hebreërs 10
verse 1 tot 4)

Met ander woorde, die wet vereis diere as offerande maar dit maar ʼn vae
verteenwoordiging van wat bereik sal word met die ware offerande: die dood van
Yahushua aan die kruis. Dit kan gesien word in die feit dat die mense aangehou
het met offer van hulle offerandes. Hulle het voortgegaan om te sondig, omdat
die bloed van diere het nie die mag besit om hulle siele te herskep in die
goddelike beeld!  

Daarom, toe ….. [ Yahushua] die wêreld binne
kom, sê Hy: 

Daarom sê Hy [ Yahushua ], as Hy in die wêreld
inkom:

Slagoffer en spysoffer wou U nie hê nie,
maar U het vir My ‘n liggaam berei.
Brandoffers en sondoffers het U nie behaag
nie.
Toe het
Ek gesê: Kyk, Ek kom—in die boekrol is dit van My geskrywe—
om u wil te doen, o Yahuwah.

“Nadat …..[ Yahuwah] hierbo
gespreek het: Slagoffer en spysoffer en brandoffers en sondoffers wou U nie hê
en het U nie behaag nie—wat volgens die wet geoffer word—het Yahushua daarna
gesê: Kyk, Ek kom om u wil te doen.” o Yah. Hy neem die eerste weg om die
tweede te stel. Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam
van Jesus Christus, net een maal.”  Dit
beteken dat daar wegedoen met die ou bedeling van offerandes, en ʼn nuwe
bedeling gevestig is van gehoorsaamheid tot die wil van Yahuwah, en dat deur
een offer het Hy die vervolmaak die wat geheilig word deur die liggaam van
Yahushua ons Verlosser. (Hebreërs 10 verse 5 tot 10.)

 Die Israeliete het in die dae
van Yahushua die offerandes gesien as dit wat hulle heilig maak.  Alhoewel, die offerandes meer en deels net
sigbare handelinge was.  Hulle bedoeling
was om te wys na die ware reiniging wat kan plaasvind in die verstand en hart
van elke mens na Yahushua se dood. 

Die tabernakel in geheel was ʼn gisbare simbool
van die plan vir verlossing.

earthly sanctuary in the wilderness
Die tabernakle is in sy geheel ʼn simbool, ʼn sibare heenwyse  as hulpmiddel om te wys na die plan van verlossing.

Baie wonderlike studies was gedoen oor die mooiheid en die betekenis
wat vervat is in die diens van heiligdom. 
WLC. moedig elke leser aan om ʼn studie te maak van hierdie belangrike
onderwerp.  Daar is blaaie vir blaaie van
waardevolle lesse wat vervat is in hierdie sigbare veeldoelige gebruik.  Die mees belangrike betekenis wat begryp moet
word, is egter, wat die heiligdom leer oor die menlike siel. 

Die heiligdom het bestaan uit drie afdelings:

  1. Die
    binnehof
    waar die offerandes uitgevoer was.

  2. Die
    Heiligdom
    waar die bloed van die van die geofferde dier gesprinkel is, en
    die oorplasing van sonde van die belydende persoon na die heiligdom.

  3. Die Allerheiligste.
    Dit was net binnegegaan eenkeer op ʼn jaar deur die Hoëpriester alleen met die
    dag van Verootmoediging. Hierdie gewyde diens het die heiligdom “gereinig” van
    die lys van sondes wat opgehoop het gedurende die vorigr jaar

 Elkeen
van hierdie drie afdelings verteenwoordig ʼn faset van die meslike lewe.

Die Binnehof:

sanctuary courtyard
Die binnehof verteenwoordig die woorde en dade. ( Prent met die vergunnig van BrainMorley.com)

Die binnehof is ʼn simbool van die woorde en handelinge van elke mens.  Elke mens se woorde en handelinge word gesien
en gehoor deur ander.  In die binnehof
is  daar niks wat bedek is van die lewe
van ʼn persoon. Wat plaasvind in die binnehof, is die woorde wat gespreek is, en
die die dade wat gepleeg is, en is dit die resultaat van wat plaasvind in die
persoon se denke en gevoelings

Die Heiligdom:

Die Heiligdom verteenwoordig die karakter van ʼn persoon, sy denke en
gevoel.  Dit is die enigste iets wat
iemand hemel toe kan vat.  Niemand kan sy
rykdom of sy sosiale status, en ook geeneen het die waarborg dat hy sy vriende
of familie kan saam neem.  Die enigste
ding wat na die hemel toe gevat kan word, is die persoonlikheid wat ontwikkel
het gedurende die genade tyd op aarde.  Daarom
is dit so uiters belangrik dat elkeen beheer moet uitoefen oor sy denke en
gevoel.  Niemand moet dit toelaat, dat
daar aan hulle emosies vrye teuels gegee word , en ook om dit  toe te laat dat daar,  woorde soos ʼn verwoestende haelbui val, op ʼn
ander een. Dit is ons plig om genoegsame beheer uit te oefen  oor die denke asook die gevoel.   

Die Allerheiligste:

ʼn Persoon se denke en gevoel vloei direk uit van sy of haar siening en
geloof.  Net soos die gemiddelde
Israeliet nie toegang gehad tot die Allerheiligste, so kan die individu nie
toegang verkry tot sy of haar onderbewussyn. 
Dit is in die voorste lob van die brein, net na die voorkop.  Dit is waar die Allerheiligste van elke
individu is, die onderbewussyn van die verstand, waar goddelike reiniging  deur die Lam van Yah moet geskied, wat die
sondes van die wêreld verwyder.

Dit kan nie gedoen word deur enige woorde of van handelinge wat
uitgeoefen word in die “binnehof” van die lewe. 
Die Skrifgeleerdes en die Fariseërs het  met Yahushua se eerste koms het net  gekonsentreer op die “binnehof”van hulle lewe.  Hulle het geprobeer om deur werke gered te
word, en hulle het probeer om hulle weg na die hemel te verkry deur hulle baie
offerandes, en deur te vas verskeie kere van die week, en deur hulle
nougesetheid van die onderhouding van die wet tot volkomenheid.

Op ʼn dag kom daar skrifgeleerdes en Fariseërs na Yahushua en beskuldig
die dissipels “ Waarom oortree u dissipels die oorlewering van die ou mense?
Want hulle was nie hul hande as hulle brood eet nie.” (Mattheus 15 vers 2)

Die Fariseërs was nougeset en versigtig wanneer dit gekom het by die
onderhouding van die Levitiese wette rakende netheid.  Hulle het self tot die wette van Moses
bygevoeg, en gedink deur die byvoeging van tradisies en deur die onderhouding
daarvan, dat dit sal verseker dat die goddelike wet nooit oortree sal word. Hulle
algehele fokus was op woorde en handelinge van die mense, en  het hulle 
oor die hoof gesien,  en dat die
inner reiniging die mees belangrikste is. 

Yahushua het duidelik onderskei dat die Fariseërs gekonsentreer het op
die uiterlike “buitehof” lewe terwyl daar heeltemal die “Allerheiligste” se skoonheid
geïgnoreer word van almal wat die ewige lewe sal beërwe.  Hy het nadruklik verklaar: ”Luister en
verstaan!  Nie wat in die mond ingaan,
maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan.” (Mattheus 15 verse 10
tot 11.)

Later, toe die dissipels Hom gevra het om aan
hulle te verduidelik het die Verlosser gesê:

 “Begryp julle nog nie dat alles
wat in die mond ingaan, in die maag kom en in die heimlikheid uitgewerp word
nie? Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is dié wat
die mens onrein maak.Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord,
egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal. Dit is hierdie dinge
wat die mens onrein maak; maar om met ongewaste hande te eet, maak die mens nie
onrein nie.” (Matus 15 verse 17 tot 20.)

Die woorde en handelinge van die binnehof, is meer en deels die
uitwendige openbaring wat die denke en gevoel gewees het, alles waarvan die
oorsprong is, van die sieninge en van geloof wat diep begrawe is in die
onderbewussyn van die verstand.  Ons kan amper
die grinniklag hoor van die Verlosser as Hy byvoeg, “ maar om met ongewaste
hande te eet, maak die mens nie onrein nie.” (Mattheus 15 vers 20)

Dit was telkens die gebruik van die Verlosser
se leerstellings.

 “Want dit is nie ‘n goeie boom
wat slegte vrugte dra nie, en ook nie ‘n slegte boom wat goeie vrugte dra nie.
Want elke boom word geken aan sy eie vrugte. Van dorings pluk ‘n mens tog nie
vye nie, en ‘n mens sny ook nie druiwe van ‘n doringbos nie. Die goeie mens
bring uit die goeie skat van sy hart te voorskyn wat goed is; en die slegte
mens bring uit die slegte skat van sy hart te voorskyn wat sleg is; want uit
die oorvloed van die hart spreek sy mond.” (Lukas 6 vers 43 tot 45)

In die volgorde vir die gebruik van die “binnehof” om suiwer te wees, moet
die denke en die gevoel wat van die “Heiligdom” voortvloei onbesoedeld
wees.  In die volgorde vir die die denke
en die gevoel om heilig te wees en onbesoedeld, moet ingesteldheid en die
geloof binne in die onderbewussyn “Mees Heiligdom” moet dit gereinig word en
een wees met die goddelike natuur.  

So ʼn diep reiniging van die voorste lob is ontmoontlik vir enige iemand
om dit vir homself te doen. Dit kan alleenlik deur die Verlosser vir die
persoon gedoen word. My onderwyser se kristal blommevaas wat die pragtige
afodille wat ingesteek was in die verrotte voedsel en honde poe kon hom nie
self reinig. Alleenlik ʼn mag van buite kon die vaas van die vullis reinig.Dit
word in die hart van die mens gedoen alleenlik deur die een mag: die goddelike
mag wat uigeoefen word vir en onthalwe vir die sondaar wanneer hy die beloftes
eis in geloof.

Wanneer die onderbewussyn van die verstand
gerinig is en in eenheid met goddelike vestand is, dan oorvloei die die hart
met liedfe, vreugde, vreugde,geduld, vriendelikheid, verdraagsaamheid en elke
ander goddelike eienskap. Petrus het dit verstaan toe hy die volgende geskrywe
het:    

 “Mag genade en vrede vir julle
vermeerder word deur die kennis van God en Jesus, onse Here!

 Immers, sy goddelike krag het ons alles
geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons
geroep het deur sy heerlikheid en deug, 
waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat
julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur…….” ( 2 Petrus
1 verse 2 tot 4)

Die Allerheiligste Plek van die individuele hart is gereinig wanneer
Yahushua, die groot Hoë Priester die Sataniese natuur verwyder waarmee almal
gebore word, en die onderbewussyn van die verstand herskep word, om die
goddelike beeld te reflekteer.  Die hele
boek van Hebreërs is ʼn verduideliking oor die hoë priesterlike bediening van
Yahushua, en wat die siel van onderbewussyn reinig van almal wat na Hom gaan in
geloof.

Geloof is nie gevoel. Die twee is heeltemal afsonderlik. Baie mense wag
om te voel dat hulle gereinig is voor hulle dit glo. Sommiges maak so ʼn fout. Geloof is: “die instemming
van die verstand tot die waarheid, wat deur die gesag en [ geloofwaardigheid]
van iemand anders.”2 Met ander woorde, geloof is om Yahuwah op Sy
woord te neem, omdat vir wie Hy is, sonder enige ander bewys. Dit is die geloof
dat Hy sal Sy beloftes sal nakom omdat Hy so
sê.      

 “Die geloof dan is ʼn vaste
vertroue op die dinge wat ons hoop, ʼn bewys van die dinge wat ons nie sien nie.”
(Hebreërs 11 vers 1.)  Geloof is ʼn
geskenk van Yahuwah, maar dit is ons keuse, of ons dit wil, of nie wil uitoefen,
om daardie geloof te eis volgens die begeerte na die belofte.  “as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die
een wat glo.” (Markus 9 vers23)

Wil jy gereinig word? Wil jy herstel word? Wil jy die goddelike beeld
besit wat herskep is in onderbewussyn van jou verstand? Die belofte is daar vir
jou om dit te eis, as dit jou begeerte is.

Die werklikheid van die mag van Yahuwah is geen geheim, om dit aan
elkeen te gee,  wat nog nooit die
herskeppende mag  ondervind het.

Dit was ʼn vreemde groep om uit genooi te word  na ʼn Bybelstudie,
maar Henrietta Mears was vasbeslote. Sy was geseënd  deur die besoek van ʼn jong besoekende
evangelis, en het velang dat haar vriende die selfde seeninge moet ondervind.
So was dit ʼn skitterende klomp gewilde Hollywood persoonlikhede wat in die
Mears woning vergader het in Beverly Hills vir Bybel studie. Tussen diegene wat
gekom was die harde drinker Stuart Hamblen, asook dat hy het ook  ʼn rowwe lewenstyl geleef het, en was hy  boonop ook  ʼn filmster van die “Westrens” flieks.

Stuart Hamblen
Stuart Hamblen: filmster, sanger, radio persoonlikheid.

Alhoewel, Stuart amper net so gewild vir sy dobbelary , en bakleiery as
wat hy vir sy sang, toneelspel en gewilde radio program was, het die leraar en
die filmster saam afgeskop. Toe die evangelis vir Stuart na die byeenkoms
genooi het en Hamblem dit aanvaar het, en nog voor die reeks oor was, het hy sy
lewe oorgegee aan die Verlosser.

John Wayne
John Wayne

Die nuus het versprei. Stuart Hamblem het hom
bekeer! Nuusblaaie het storie opgeraap en gou het die hele  Los Angeles gegons oor hierdie tawwe tiennie
ster wat nou ʼn Christen geword het.Stuart self het nie stilgebly oor die
verandering wat in sy lewe plaasgevind het. Met sy radio program, het hy
vreugdevol sy getuienis gedeel. Hy het gou die  toorn van sy borge hom op die hals gehaal toe,
hy geweier het om enge bier maatskappye te laat adverteer tydens sy program.

Op ʼn dag het hy ʼn ontmoeting gehad met ʼn vriend,
en mede akteur met wie hy saam opgetree het in rolprente.

 “
Stuart wat is dit wat ek van jou hoor?” vra John

 “Wel,
Duke, dit is geen geheim wat God kan doen,” het Hamblen geglimlag.

 “Ja, dit klink nogal na woorde
vir ʼn lied,” het John Wayne waargeneem.  Stuart
het huis toe gegaan en hierdie verklaring veranderin ʼn lied, die eerste van meer
as 220 liedere wat hy geskryf het voor sy dood in 1989.  Dit is so eenvoudig en tog so ʼn  kragdadige verklaring van liefde van die
hemelse Vader, om sondaars te aanvaar en te verander deur Sy genade.

Dit is
geen geheim wat Yah kan doen.
Wat Hy
gedoen het vir ander, sal Hy vir jou doen.
Met wyd
ope arms sal Hy jou vergewe.
Dit is
geen geheim wat Yah vir jou kan doen.3

In die hart van elke persoon wat tot nou nog geleef het, of dit die indrukwekkendste
koning of die skelm dief is, of sal sy die  gekoesterde vrou wees of die verharde hoer is,
wat smag na liefde om aanvaar te  word
vir wat hulle werklik is – en dit ondanks wie jy nie werklik is. Elkeen smag om
verstaan te word. 

Dit word dikwels gesê dat daar ʼn “ God gevormde gat “ in die hart van
elkeen is.  Diep binne in die hart smag
almal om een te wees met die Skepper.  Deur
die sonde word dit nie altyd erken vir wat dit is, Vrees vir Yahuwah, en die
twyfel oor sy Sy liefde, maak die begeerte ʼn onvervulde pyn van verlange.

Hierdie beklemende hart uitroep was so goed
gestel in een lied dat ʼn snaar geraak het wat reaksie in baie harte te weeg
gebring het. Baie mense word geidentifisser met die verlange wat weergee word
in die lied. 

As ek
net een wens kon kry,
Net een
versoek,
Ek hoop
hy is nie soos ek.
Ek hoop
hy sal verstaan…..4

Sonde het die kennis van Yahuwah in die harte van die mensdom
vernietig.  Dit het omtrent heeltemal die
goddelike beeld in die siel geskend. 
Alhoewel, almal wat Yahuwah aanroep, en vra om vergiffenis, en reiniging
sal herstel word. Die goddelike beeld sal herstel word, en die mense sal
heerlikheid  van die persoonlikheid van
die Skepper, reflekteer.

Die Skrif bevat 360 unieke saamgestelde name van Yahuwah.  Elke naam reflekteer ʼn verskillende eienskap
van die vele eienskappe van die goddelike persoonlikheid.  Die verlange van die Vader om Sy
persoonlikheid te openbaar, aan Sy verlore aards gebonde kinders kan gesien
word, in die baie verskillende maniere hoe Hy, Homself  bekend maak in hierdie pragtige name. 

Somige van die name is sterk mansname: EK IS
jou Sterkte; EK IS jou Skild; EK IS jou Bloedverwant;EK IS ʼn Man van Oorlog.
Hierdie name herverseker Sy kinders van Sy sterkte en krag.; Sy vemoë om te
voorsien aan elke nood.

Ander name, tot die menslike oor klink vroulik: Roos of Saron; Lelie
van die Veld; die Een met die groot Hart. Hierdie name is ‘n vertroostende
beloftes van sagmoedigheid en van verstaan, liefdevolle vriendelikheid en
vertroetelde sorg.    

Die hele aarde sal gevul word met die kennis van die “heerlikheid”
(persoonlikheid) van Yahuwah, wanneer sy volgelinge, bely vergewe, gereinig en
herskep is, tot die volkomenheid om Sy persoonlikheid te reflekteer.  Dit is om die Vader se naam op jou voorhoof
geskryf te hê.  Die beperkte mensdom sal
herstel word in die beeld van die goddelike en sal die hoë eer hê om die
eienskappe van die goddelike persoonlikheid te reflekteer.  

Dit vernietig nie die individuele persoonlikheid, en individualiteit,
en is dit nie geabsorbeer en
uitgewis. Dit is eerder die ware
persoonlikheid en een van sy eie soort en van die skoonheid van ʼn persoon wat
ontvou. Gesuiwer van al die Sataniese neigings waain die ware persoonlikheid
gehul was, die ware persoonlikheid skyn nou voort soos dit beplan is om te
wees: ʼn openbaring van ʼn unieke eienskap van die goddelike persoonlikheid.

Moses and ten commandmentsDie Skrif beskryf Moses as die sagmoedigste mens op aarde.  “Maar die man Moses was baie sagmoedig, meer
as al die mense op die aardbodem.” (Numeri 12 vers 3.)  Baie nuwe vertalings vertaal die woord as “nederig”
wat baie ongelukkig is.  Die woord
nederig het nie dieselfde betekenis as sagmoedig.  Verskeie verklaring van nederigheid sluit in
eenvoudig, onderdanig, om skaam te wees en om te verlaag.  Die mense stel dikwels “sagmoedigheid”
gelyk  met “nederigheid” in hulle
verstand.

Maar ʼn persoon wat sagmoedig is baie meer as bloot net nederig.  Saggeaardheid is te dikwels vergelyk met veragting
as swak of sonder ruggraat.  Meer
spesifiek is waar daar deur Westerse kulture die individualiteit opgehemel word
in liedjies soos “I did it My Way” en wat veral gewilde treffers geword het.  Alhoewel, 
ʼn persoon  wat saggeaard sal atyd
ʼn sterker persoonlikheid besit, as ʼn persoon wat ʼn slaaf is van sy emosies, en
geen beheer uitoefen oor sy tong en emosies.

Die woorde boek se beskrywing  werp
meer lig oor hierdie kosbare persoonlikheid en soms onderskatte goddelike
eienskap.

Sageaarheid: Goedaardige humeur, sag,
vriendelik, word nie maklik kwaad of geiriteerd, verleen hulpvaardigheid by
beserings.5 

ʼn Persoon wat saggeaard is nie swak in gees.  Moses het ʼn kwaai humeur gehad!  Een van sy vertonings van sy humeur was, wat
daar toegelei het vir die vermoor van die Egiptiese toesighouer. (Eksodus 2
verse 11 en 12) Tagtig jaar later was daar weer ʼn ander vertoning van sy humeur
(terwyl hy onder uiterste druk verkeer het) en wat daar toe gelei het dat hy
geweier was om die Israeliete die Beloofde Land in te lei. (Numeri 20 vers
12.)  Ahoewel, in die goddelike skool,
waar daar  onderrig  gegee is deur die Grootste Leermeester wat
die wêreld ooit sou ken, nooit aan Moses bekend gemaak is, dat hy moet leer om
sy humeur moet beteuel.    

Dit wat ʼn groot swakheid in sy persoonlikheid wat daartoe gelei na die
daad van moord, en dit was geheilig onder die goddelike invloed.  Moses het groot self beheersing verkry.  Hy het een geword wat sageaard geword het; ʼn
man “wat verdraagsaamheid verkry het met beserings.6 “Verdraagsaamheid”
is eenvoudig “selfbeheersing,” geduldig en weerhouding.7
Sagmoedigheid ontken nie wat verkeerd is, en 
of ongeregtigheid wat gepleeg is. Dus, in die aangesig van erkende
belediging en seerkry, sal ʼn saggeaarde persoon “selfbeheersing” uitoefen en is
hy geduldig en vergewendgesind. Moses se persoonlikheid was nie ruggraatloos en
sonder gevoel, nadat dit self gereinig is. Was dit sterker as vantevore in die
ware stekte van sy karakter.    

Meer as enige iemand anders op die aangesig van die aarde, was Moses
bevoorreg om die mooiheid van ʼn goddelike karater te reflekteer ʼn eienskap, wat
 selde in die seuns van die mensdomchild with flowergesien word. Yahuwah self se sagmoedigheid is kinderlik en soos die sagtheid
van blomme. Hy beoefen groot selfbeheersing en is geduldig onder seerkry. “Want
Ek IS…. Yahuwah, het nie verander nie; en julle, kinders van Jakob, is nie
verteer nie.” (Maleagi 3 vers 6.)

Elke persoon wat gered word sal ʼn goed gebalanseerde persoonlikheid
besit.  Daardeur, sal elkeen ook ʼn
afsonderlike persoonlikheid besit wat tot ʼn groot mate ontwikkel het met ʼn
eienskap van die goddelike persoonlikheid. 
ʼn Kind deur sy eie lewe openbaar die Vader se persoonlikheid as een wat
“gewillig is om goed te doen aan ander, en om hulle gelukkig te maak en toe te
stem tot hulle versoeke en te voorsien aan hulle behoeftes en hulle te
ondersteun in angs,”8 sal die naam kry as GOEDHARTIGHEID wat op sy
voorhoof geskrywe is.  Goedhartigheid is
die goddelike eienskap wat in die besonder ontwikkel is in sy eie karakter.

ʼn Persoon wat geloof in Yahushua besit, sal ontwikkel word in die
goddelikke bekwaamheid om altyd die aan die behoeftes te voorsien omdat dit
gedoen moet word, ongeag die koste daarvan, vrees of gevaar, sal die naam kry as
MANMOEDIGHEID wat op sy voorhoof geskrywe sal wees.Manmoedigheid is die
goddelike eienskap van sy besonderse persoonlikheid en wat duidelik in sy lewe
gedemonstreer sal word.

Aan ander wat in hulle lewe Yahuwah se eie welwillendheid, goedhatigheid
en teerderheid van hart openbaar, en wat gewillig is om seerkry oor te sien of
om ʼn oortreder beter te bahandel wat hy verdien,”9  sal die naam Genade ontvang op sy voorhoof,
want dit is die eienskap van Yahuwah se persoonlikheid wat hulle duidelik wys
in hulle eie persoonlikheid.

ʼn Persoonlike kennis van my het op ʼn keer dit aan my meegedeel, as ʼn
jongmens het sy gelees dat die Verlosser “ in verewigheid leef om ander te
seën.”  Op daardie tydstip het sy in haar
hart vasgestel dat sy dieselfde verlang om waar te wees vir haar ook.  Nou ʼn paar jaar later is sy die mees
onselfsugtige en vrygewige persoon wat ek ken. 
Haar onbaatsugtigheid en vrygewigheid is nie beperk tot geld alleen,
alhoewel wanneer omstandighede dit noodsaak is sy vrygewig met geld ook.  Sy stel haarself ook beskikbaar in menigvuldige
ander maniere.  Waarlik, sy leef atyd tot
seën van ander.

Die Bybel sluit met ʼn belofte.  Die
sluier word weg geskuiwe en ons word vergun om ʼn blik op die ewige toekoms te
aanskou van die grenslose gebied van die saligheid.  Die beskrywing van die water van die lewe,” ʼn
suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom
uit die troon,” (Openbaring 22 vers 1.) die belofte is gegee vir al die tye wat
moet kom: “En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van Yahuwah
en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien.  En hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees (Openbaring 22
verse 3 en 4)

 group of smiling peopleDie Seun het openbaar wat die Vader
sou wees as Hy in die menslike gedaante sou wees.  Alhoewel Yahushua nooit gesondig het.  Hy het geen gekweekte neigings gehad om die
verkeerde dinge te doen en wat oorwin moes word.  Die lange stryd tussen Goed en Kwaad,
Heiligheid en Boosheid is verby toe Yahuwah ʼn groep van mense gegee is wat ten
volle aan Hom oorgegee het, wat gereinig is en herstel is tot die goddelike
beeld.  Mense wat gesondig het maar wat
deur belydenis en vergiffenis, nou die die goddelike afdruk in hulle
onderbewussyn  besit: Sy Naam op hulle
voorhoofde.

Die aarde sal verlig word met die heerlikheid
van die Ewige Een wanner Sy persoonlikheied openbaar word in Sy wagtende
volgelinge.

Die wêreld sal verstaan wat Yahuwah se persoonlikheid is, en watter
woorde Hy sal sê, en hoe Hy sal handel, as ʼn 55 jarige man in die aangesig
staar om sy werk te verloor omdat hy weier om die Sabbat te verbreek.  Aan die wêreld sal getoon word die handelinge
van Yahuwah, wat Hy sal doen as ʼn 34 jarige moeder van drie, haar huwelik verloor
omdat sy die waarheid volg. Die goddelike persoonlikheid sal in ʼn jong persoon
gemerk word wanneer hy, in die aangesig van groot loopbaan moontlikhede, en
gewillig is om  eerder te verkies om
alles prys te gee,  en verkies om getrou
te wees aan die beginsel.

Die wêreld sal aanskou hoe Yahuwah sal handel
in alle omstandighede, en in alle situasies omdat Sy persoonlikheid, Sy denke
en gevoel, sal die denke en gevoel, die woorde en handelinge wees van Sy
volgelinge.

Almal wat die Hemel beërwe sal Yahuwah se naam op hulle voorhoofde
geskrywe hê, omdat Hy die middelpunt van hulle denke is.  Niemand 
is in staat om homself gereed te maak, maar Yahuwah se naam is die
belofte dat Hy alles sal Wees wat jy benodig Hy moet wees, om jou gereed te
maak.

Roep die naam aan van Yahuwah aan. Vertrou op
Hom. Jy kan ook die heerlikheid reflekteer van die goddelike persoonlikheid.

 “Daarom
kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot Yahuwah gaan, omdat Hy altyd leef
om vir hulle in te tree.” (Hebreërs 7 vers 25.)

Kliek hier om
na die video te kyk!

__________________________________________________________________________________

1 Webster’s New Universal Unabridged
Dictionary, Second ed., 1983.

2 American Dictionary of the English Language,
Noah Webster, ed., 1828.

3 Adapted from “It Is No Secret (What God Can
Do)” by Stuart Hamblen, copyright © 1950 (Renewed) Songs of Universal, Inc.

4 “With Arms Wide Open,” written by
Scott Stapp.

5 American Dictionary of the English
Language,Noah Webster, ed., 1828.

6 Ibid.

7 Webster’s New Universal Unabridged
Dictionary, 1983.

8
“Kind,” American Dictionary of the English Language, Noah Webster,
ed., 1828.

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.