Wanneer
ons van verlossing praat, dink baie
van ons eers aan die sendbriewe van Paulus aan die Romeine, omdat dit die
volledigste verduideliking van die geregtigheid van Christus is. As daar enige
plek in die Bybel is waar ons mag uitvind omtrent die verwantskap tussen
gehoorsaamheid en verlossing, is dit hier waar ons moet kyk. Maar inderwaarheid
is dit nie wat ek gedoen het nie. Ek het `n ondersoek na die woord
gehoorsaamheid in die Ou Vertaling gedoen, en het gevind dat die woord
gehoorsaamheid meer dikwels voorkom in die boek van Romeine as in enige ander
Bybelboek: vyf keer in totaal. Paulus het hierdie wonderlike tema so eenvoudig
ontwerp, sodat dit maklik onthou kan word, op net vyf vingers van die hand.
Die
tema van gehoorsaamheid word deur die apostel aan die Romeine in `n liefdevolle
handdruk toegevou van die heel eerste woorde tot by die laaste een. “Paulus, `n
dienaar van Yahushua,
`n geroepe
apostel, afgesonder tot die evangelie van Yahuwah, — Wat Hy tevore beloof het
deur sy profete in die heilige Skrifte, aangaande sy Seun wat gebore is na die
vlees uit die geslag van Dawid en na die Gees van heiligheid met krag verklaar is as
die Seun van Yahuwah deur die opstanding uit die dode, Yahushua Messias, onse
Meester deur wie ons genade en die apostelskap ontvang het om
geloofsgehoorsaamheid te verkry onder al die heidene terwille van sy Naam,
onder wie julle ook is, geroepenes van Yahushua.-” Romeine 1:1-6.
Paulus
begin met gehoorsaamheid in die geloof. Dit is die heel eerste stap, en dit is
waar baie fouteer, reg van die begin af. Hulle skei gehoorsaamheid van geloof,
asof hulle skeibaar is, of selfs wedersyds uitsluitend is. Volgens Paulus se
evangelie sal dit nie so wees nie. Hy leer nie gehoorsaamheid aan die een kant
en geloof aan die ander kant nie. Hy leer gehoorsaamheid aan geloof. Die wêreld
het `n kerk en `n geloof, en veel te sê oor geloof in Yahushua. Maar dit is `n
nietige geloof, want dit is geloof alleen. Die geloof wat Paulus ken is die
gehoorsaamheid van geloof.
Wat
is die gehoorsaamheid van geloof waarvan Paulus praat? Hy beskryf dit nie direk
nie, maar gee aan ons `n goeie leidraad. Die gehoorsaamheid van geloof onder al
die nasies vir die Naam van Christus was sy handeling en gewilligheid om as `n
apostel vorentoe te tree om die boodskap van Christus te verkondig. Die duim,
die eerste punt van verlossing, is nie iets wat ons moet doen of glo nie. Dit
is iets wat vir ons gedoen is. Dit is die oproep wat ons van Christus ontvang.
Gehoorsaamheid aan geloof verteenwoordig in die eerste plek die oproep van
Christus.
Heel
van die begin van Christus se bediening soos beskryf in die Evangelies, vInd
ons dat Christus dit die eerste stap van verlossing maak. Hy het die dissipels
een vir een geroep. Die gehoorsaamheid aan geloof is nie dat ons die gebooie
onderhou of soek na of probeer om verlossing te vind nie. Dit is om die
roepstem van Christus te hoor.
Geregtigheid deur Gehoorsaamheid
“Want
soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so
sal ook die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word.” Romeine
5:19
Predikers
sowel as die gelowiges neig om te fokus op wat die mens moet doen. Omdat hulle
besef dat die onderhouding van die wet hulle nie kan red nie, faal hulle
dikwels met die besef dat geregtigheid deur gehoorsaamheid kom. Almal wie in
regskapenheid met Yahuwah leef is geregverdig deur gehoorsaamheid en niks
anders nie. Hulle word geregverdig deur gehoorsaamheid van Christus, wat
volmaak en perfek is. Dit is die tweede stap in die verlossingsplan, van Paulus
se vyf punt voorstelling van gehoorsaamheid.
Ellen
White verduidelik dit so. “Die oomblik as die sondaar in Christus glo, staan hy
in die teenwoordigheid van . . . [Yahuwah] onveroordeeld; want die geregtigheid
van Christus is syne: Christus se volmaakte gehoorsaamheid is aan hom toegeskryf.”
Fundamentals of Christian Education, bl. 429.
Alhoewel
daar alle rede is om die konsep van algehele verderf of oorspronklike sonde, te
verwerp, bring Paulus `n logiese ewewig hier na vore. Sonde en die dood het die
wêreld ingekom deur die optrede van een persoon. Ongeag hoe goed ons deesdae
die wet onderhou, word ons steeds deur die dood in die gesig gestaar, deur geen
fout van ons kant nie. Daarom is dit maar net reg dat die oplossing in
dieselfde manier voorkom as die probleem: deur die handeling van een mens om
die onthalwe van ander. Daar is `n logiese grondslag vir die gehoorsaamheid wat
nodig is in ons verlossing van sonde en die dood nie uit ons eie is nie, maar
uit dit van `n ander.
Gehoorsaamheid
tot Geregtigheid
“Want sonde sal oor julle nie heers nie; want
julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade. Wat dan? Sal ons sonde
doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee stellig
nie! Weet julle nie aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om
hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam
is nie – óf van die sonde tot die dood, óf van die gehoorsaamheid tot die
geregtigheid? Maar ons dank Yahuwah dat julle wel diensknegte van die sonde
was, maar van harte gehoorsaam geword het aan die voorbeeld van die leer wat
aan julle oorgelewer is, en, vrygemaak van die sonde, het julle diensbaar
geword aan die geregtigheid.” Romeine 6: 14-18.
Die
visioen van die dood, opstanding, hemelvaart, bemiddeling en die versoenende
Christus verander die karakter
van die mens. Liefde ontwaak die verlange om `n getroue gehoorsame dienskneg te
wees, waar eens net diensbaarheid aan sonde was.
Ellen
White gee `n duidelike verklaring van hierdie ondervinding. “Die evangelie van
die Nuwe Testament is nie die Ou Testamentiese standaard wat verlaag is om die
sondaar tegemoet te kom en hom in sy sondes te red nie. [Yahuwah] . . . vereis
van al Sy onderdane gehoorsaamheid, algehele gehoorsaamheid aan al Sy gebooie.
Hy verwag nou soos altyd volmaakte geregtigheid as die enigste titel tot die hemel. Christus is ons hoop
en ons vesting. Sy geregtigheid is slegs aan die gehoorsames toebedeel. Laat
ons dit deur geloof aanvaar, dat die Vader geen sonde in ons vind nie. Maar
hulle wie die heilige wet vertrap het geen reg om aanspraak op daardie
geregtigheid te maak nie. O, dat ons die enormiteit van die verlossingsplan mag
insien as gehoorsame kinders aan .
. . [Yahuwah se] vereistes, glo
dat ons vrede het met . . . [Yahuwah] deur . . .[Yahushua], ons soenoffer!”
Review & Herald, Sept. 21, 1886.
Niemand
hoef ontmoedig te wees deur die hoë vlak van die maatstaf nie. Die mate van die offer is die waarborg
van die mag van Yahuwah om tot die uiterste toe te red. Die boetvaardige
ontvang die seëninge van Christus se geregtigheid wat die vrugte in
gehoorsaamheid aan Sy gebooie voortbring. Dit is Satan wat sê dat die gebooie
te moeilik is om gehou te word. Ellen White skryf dat “almal wie die gebooie
van . .
. [Yahuwah] oortree ondersteun Satan se aanspraak dat die wet
onregverdig is, en nie gehoorsaam kan word nie. Daarom sekondeer hulle die
misleiding van die groot vyand, en bring oneer op . . .
[Yahuwah].” Hoeveel predikers verkondig díe einste aanmatiging week na week!
Dit
was algemeen in die verlede gehoor uit die preekstoel dat die “liefde van
Christus ons dring. Ons gehoorsaam die gebooie vir die liefde van Yahuwah en Sy
Christus, wie so `n groot verlossing aan ons verskaf het.” Nou blyk die
boodskap so dikwels te wees dat omdat Yahuwah ons liefhet en in elk geval sal
red, kan ons Hom ongehoorsaam wees soveel as ons wil.
Maar
Paulus se konsep van regverdigmaking is nie dieselfde nie. Die ware
heiligmaking dra vrugte in gehoorsaamheid aan die tien gebooie.
Eenheid deur Gehoorsaamheid
“En
ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot
veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle. Want sulke mense
dien nie onse Meester Yahushua nie, maar hulle eie buik; en hulle verlei deur
hulle vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges. Want julle
gehoorsaamheid het algemeen bekend geword. Daarom verbly ek my oor julle, en ek
wens dat julle wys mag wees teenoor wat goed is, maar onskuldig teenoor wat
sleg is. En die Yahuwah van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete
verbrysel. Die genade van onse Meester Yahushua sy met julle! Amen.” Romeine
16: 17-20.
Die
vierde stap in Paulus se studie van gehoorsaamheid is eenheid in leerstelling.
Dit mag as `n verrassing kom, maar dit is inderwaarheid baie logies. Dit is nie
werklik verskille in uiterlikes, logiese gedagtes, of temperament wat verdeling
bewerkstellig nie, selfs doktrinale verdelings nie. Dit word inderwaarheid
geskep deur eenvoudige ongehoorsaamheid, die verlange om teen Yahuwah se
duidelike woord te rebeleer. Die gees van gehoorsaamheid bring eintlik eenheid
in leerstellings vorendag.
Ten
spyte van al die argumente wat die mense gee om nie die Sabbat van die gebod te
onderhou nie, kom dit net daarop te neer of daar `n gees van gehoorsaamheid is
of nie. Al die verwysinge na skadubeelde, die gebooie aan die kruis vasgenael, aanspraak van vryheid in
Christus, dat Yahushua onse Sabbat is, het sy motivering in die eenvoudige
verlange om nie die Sabbat te onderhou nie. Indien diegene wie die aanmatiging
gemaak het die kwessie benader met die verlange om te gehoorsaam, sou hulle die
teks met `n anderste intensie gelees het. Hulle sou dit gelees het met die hoop
om regverdiging vir Sabbat onderhouding te vind eerder as `n verskoning om dit nie
te gehoorsaam nie. En so is dit met elke vraagstuk van doktrinale tweespalt.
Sommige van hulle is onbelangrike sake wat opgehaal word om die verstand af te
lei van ons plig teenoor Yahuwah en ons medemens.
Volle
Sirkel: Gehoorsaamheid van Geloof
“Aan
Hom wat magtig is om julle te versterk volgens my evangelie en die prediking
van Yahushua, ooreenkomstig die openbaring van die verborgenheid wat eeue lank
verswyg is, maar nou geopenbaar is en deur die profetiese Skrifte bekend gemaak
is onder die heidene, volgens die bevel van die ewige Eloah, tot gehoorsaamheid
van die geloof – aan die alleenwyse Eloah, aan Hom die heerlikheid deur
Yahushua tot in ewigheid! Amen.” Romeine 16:25-27.
Paulus
sluit die boek van Romeine af, nes hy dit begin het, met byna dieselfde woorde.
Hy keer terug na die tema van gehoorsaamheid van geloof. Maar hierdie keer, is
gehoorsaamheid van geloof nie die roepstem van Christus nie. Instede van die
begin, die roepstem, vind ons die einde, die doel. Gehoorsaamheid aan geloof is
nou, aan die vyfde stap, die “mag om julle te bevestig.” Aan die einde nes aan
die begin is dit nie `n menslike vermoeë
wat ons bevestig nie. Van die begin tot die einde, is die gehoorsaamheid van
geloof die handeling van Yahuwah in die menslike lewens.
Die
gehoorsaamheid wat verskyn in die indiwiduele lewe van die gelowige, in
handelinge gedoen volgens die gebooie, is omsingel, verskans en beskerm deur
die begin en eind stappe, optredes van goddelike genade. Die tweeling arms van
goddelike liefde omsingel die menslike handeling van gehoorsaamheid. Christus
staan ongesiens agter die kind by sy letters, plaas albei sy arms om hom, en
gaan met Sy eie hand die bewerige hand voor wat die pen vashou. Die gevolg is
die respons aan die Dekaloog, daardie heilsame liefdesbrief gevul met die beloftes
van Yahuwah. Die gevolg is `n lewe wat `n minne brief aan Yahuwah is.
Die
roepstem van Christus lei na Christus se gehoorsaamheid wat aan die gelowige
deur genade gegee is. Die besef van hierdie liefdesgawe dring die gelowige na gehoorsaamheid aan die wet van
Yahuwah deur die mag van genade. Sulke gehoorsaamheid is die uitvloeisel
van doktrinale eenheid en die te kort aan skeiding onder gelowiges. Die einde
van dit alles is dat die mag van Yahuwah ons in die Evangelie bevestig. En dit
is die belangrikheid van gehoorsaamheid
van die begin tot die einde.