World's Last Chance

Berei harte en verstande voor vir Yahushua se skielike terugkeer!

WLC Free Store: Closed!
Berei harte en verstande voor vir Yahushua se skielike terugkeer!

WLC

alt

WAAK,
WAG, WERK IS ONS SLAGSPREEK

Ons
is `n span nie-dominasionale vrywilligers wie toegewy is om die
laaste boodskap van genade soos gegee in die Bybel en die wonderlike
nuus van die spoedige wederkoms van Yahushua, uit te deel. Ons het
hierdie aanlyn bediening in 2004 begin as gevolg van gebed en
navorsing uit die verlede.

Die
Bybel is ons reël van geloof en in die strewe om die influisteringe
van Yahuwah se Gees en die leerstellinge van Sy woord te gehoorsaam
inspireer ons om aandag aan sy waarhede te skenk. Ons is oortuig dat
Yahuwah Homself inderdaad aan almal wie Hom met hulle hele hart soek,
openbaar. (Jeremia 29:13).

Ons
is lief vir al die broeders en susters van alle gelowe en ons is
oortuig dat die Woord van Yahuwah vir die mensdom gegee is. Matthéüs
24 sê dat “hierdie evangelie sal aan die hele wêreld verkondig
word, as `n getuienis aan alle nasies; en dan sal die einde kom.”
Dit is waarom ons probeer om die evangelie te versprei en almal
bemoedig om gereed te maak vir die hemel.

Ons
is verward met die baie denominasies wat deesdae bestaan en aanvoer
dat hulle die Bybel volg. Die feit is, dat as ons almal een verwysing
het, moes ons almal dan een basiese geloof hê. Ons is oortuig “dat daar geen ander ekklesia is as die byeenkoms van diegene wie die woord van Yahuwah het en wie daardeur gereinig is nie.” Dit is
waarom ons almal bemoedig om hulle Bybels te studeer. Die woord van
Yahuwah is die enigste veilige skans teen misleiding. Sonder die
Bybel is die weg geopen vir verstande om mislei te word. Die groot
stryd van hierdie aarde is tussen die wet van Yahuwah en die
tradisies van die mens, die hangende vraag is, ‘Sal ons Yahuwah
gehoorsaam of die mens?’

Die rede waarom ons Ekklesia en nie kerk gebruik
wanneer ons na Yahuwah se getroues verwys in die WLK inhoud is omdat
die woord “kerk” die betekenis van die oorspronklike Grieks vir
“Ekklesia” nie ten volle oordra nie. Regdeur die Nuwe Testament, verwys Ekklesia na
die Uitverkorenes. Die woord “kerk,” wat klem op `n groep plaas, is
daarom `n foutiewe vertaling en moes nooit in gebruik geneem wees nie.
Christene is letterlik die Uitverkorenes. Die ware volgelinge van Yahushua is inderdaad die Uitverkorenes
van die georganiseerde denominasies en gelowe van gevalle Babilon.

Wanneer die oproep om uit Babilon te vlug gehoorsaam is, moet niemand
weer terugkeer na Babiloniese kerke en geloofsvorme nie.

As
u enigiets in ons webtuiste sien wat teenstrydig is met die Bybel,
wys dit asseblief uit en ons belowe om dit in oënskou te neem met `n
ope verstand en hart. Ons sal alles beproef wat u stuur met die Bybel
toets. Indien ons fouteer het, was dit aan die kant van liefde vir
ons broeders en susters in die mensdom en onder pligsbesef aan
Yahuwah.

Yahuwah
is so goed, so liefdevol, dat Hy Homself openbaar het in Sy woord en
ons Sy Profetiese woord gegee om Sy kinders te help in hulle
voorbereiding. Loof Yahuwah!


World’s Last Chance® en WLC® is albei geregistreerde Handelsmerke met die
Verenigde State se Patent en Handelsmerk Kantoor.

Comments

Leave a Reply

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.